Daar is ‘n groot gaping tussen leer en lewe; tussen geloof en gedrag; tussen dit wat Sondag bely word en dit wat Maandag beleef word.
Christene se Sondae is eintlik vol rituele. Dink maar net wat in eredienste gebeur. Daar is verskeie rituele wat plaasvind. gebeure wat ‘n ryk en mooi simboliese waarde het. Rituele wat heenwys na iets groters en mooiers as dit wat nou daar gebeur. Daar is inherent niks verkeerd met rituele nie, ek dink die probleem ontstaan wanneer rituele outomaties gedoen word sonder dat ‘n mens met jou emosies (hart) en jou keuses (krag) en jou denkpatrone (verstand) daarby betrokke is.
So het die profeet Jesaja die Here God se gevoel hieroor opgesom: Lees voort “DIE GAPING TUSSEN LEER EN LEWE”