AS GESTUURDES VAN GOD

Hier is my preek van gister. Dankie vir elkeen wat deur die loop van die week ‘n inset gelewer het.

Teks: Lukas 10: 25-37

Tema: As Gestuurdes van God.

Inleiding.

Ons gemeente se missie is:

As gestuurdes van God, eer ons Hom, versorg ons mekaar, verleen ons hulp en bring ons hoop. Ons missie sê wie ons is en wat ons doen.

Ons is gestuurdes van God (IDENTITEIT) en ons eer Hom; ons versorg mekaar, ons verleen hulp en ons bring hoop (AKTIWITEIT).

Ons as gemeente het saam hierdie missie geformuleer en ons glo dat wanneer ons as gemeente hierdie missie leef, dan leef ons God se wil en plan vir ons NG Bergsig. ‘n Gemeente moet besig wees met dit waarmee God besig is. In besonder moet ons besig wees met dit waarmee God in hierdie wêreld besig is. As ‘n missionêre gemeente is ons God se teenwoordigheid in hierdie wêreld. Wanneer ons as gemeente ons missie leef, dan word God sigbaar in hierdie wêreld. Lees voort “AS GESTUURDES VAN GOD”

BYBELLEESPROGRAM

Ons lees hierdie week hierdie gedeeltes:

Maandag: Matteus 13:31-33

Dinsdag: Hebreërs 11:1-40

Woensdag: Jakobus 2:14-26

Donderdag: Romeine 12:1-8

Vrydag: Filipense 1:27-2:4

Saterdag: Matteus 16:1-4

Sondag: Romeine 4:18-21

JÝ KAN LANGER BID!! (1)

Dankie vir die reaksie oor die onderwerp van gebed. Interessant dat die meeste reaksies via e-pos gekom het. Ek gaan oor ‘n tydperk ‘n paar verduidelikende woorde skryf oor elkeen van die 12 fasette van gebed. Onthou een moontlikheid is om jou gebedstyd elke week met vyf minute te verleng. Ek waarborg jou een van die mees bevredigende ervarings van jou lewe saam met God.

LOF EN AANBIDDING

Lof en aanbidding is ‘n uitdrukking van verwondering oor en toewyding aan God. “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.” (Psalm 115:1)

Aanbid God in hierdie oomblikke vir wie Hy is: Lees voort “JÝ KAN LANGER BID!! (1)”

DEBIETE EN KREDIETE EN EK EN GOD

‘n Rekenmeesters het by geleentheid ‘n baie interessante ding gedoen. Hy het ‘n rekenkundige joernaal oopgemaak. Hy wou alles neerskryf wat die Here vir hom gee en dan ook alles neerskryf wat hy vir die Here gee. Hy het dus met ‘n debiet en krediet boek tussen hom en God begin.

As iemand vir hom iets goeds of iets moois gedoen het, het hy dit opgeskryf. Hy het die son wat skyn en die skoonheid in die natuur neergeskryf as iets wat God vir Hom gedoen het. So ook die weer wat hy het, die kos wat hy eet, sy gesondheid, sy vriende, sy familie en baie ander mooi en goeie dinge in sy lewe.
Aan die ander kant het hy alles neergeskryf wat hy vir die Here gedoen het. Op die ou end het hy moed opgegee en gesê: “Dit is onmoontlik vir my om hierdie boeke te balanseer. Ek besef nou dat God se goedheid enige iets wat ek ooit kan doen by verre oortref. Ek sal nooit vir God kan terugbetaal vir dit wat Hy vir my gedoen het nie.”

Paulus het so gevoel oor alles wat God vir hom gedoen het. Hy kon net nie uitgepraat raak daaroor nie. Efesiërs 1:3-14 is een van die besondere gedeeltes in die Bybel oor alles wat God vir ons gedoen het. Lees voort “DEBIETE EN KREDIETE EN EK EN GOD”

NIE VREDE NIE – DIE LEWE!

Jesus sê hierdie baie besondere woorde: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. Ek het gekom om tweedrag te bring tussen…” (Matteus 10:34-35a)

Volgelinge van die Here Jesus maak soms vyande en beleef dat mense nie van hulle hou nie en dan haal hulle hierdie vers aan om te verduidelik hoekom dit so is. Intussen is die vyandskap en die onvrede die gevolg van die manier waarop die Christen sy getuienis uitleef. Ons kry mos die idee dat mense dit aan ons verskuldig is om na ons te luister as ons teenoor hulle wil getuig. Intussen wil ons nie getuig nie, ons wil oortuig en intussen gaan dit nie oor God nie, maar dit gaan oor my en met die grootste arrogansie en vermetelheid druk ons ons oortuigings in ander se kele af. Ons antwoord, “Jesus het gesê dit sal so wees.” Nie waar nie! Glad nie waar nie! Lees voort “NIE VREDE NIE – DIE LEWE!”

‘N BRIEF AAN ‘N AFRIGTER

Meneer…

Ek weet nie of jy my sal onthou nie. Jy was een van baie onderwysers in ons skool. Jy het die rugbyspan afgerig waarin ek ook graag wou speel. Jy het van graad 8 af (Toe was dit Standerd 6) af die A-span afgerig. Ek weet nie of jy sal onthou nie meneer, maar ek het nooit die span gehaal nie. Ek het destyds verstaan dat ek nie goed genoeg was nie en dat Schalk wat in my plek skrumskakel gespeel het net eenvoudig die beter speler was.

Ek het nooit in my hoërskool loopbaan die A-span of die eerste span gehaal nie. Dankie dat meneer my ten minste elke keer kaptein van die tweede span of die B-span gemaak het, dit het darem gehelp alhoewel ons dikwels nie kon speel nie. Die skool was te klein meneer, al die spelers het nie altyd opgedaag nie. Dankie ook dat ek so nou en dan reserwe vir die eerste span kon wees.

Ek wonder of meneer raak gesien het dat ek baie getrou was by die oefening en nie een oefening gemis het nie. Ek wonder of meneer gesien het dat ek hard gewerk het in die af-seisoen om fiks te bly en my bal vaardighede te verbeter. Ek wonder of meneer gesien het hoe ek alles wat meneer my geleer het probeer toepas het. Ek wonder…

Want daar is vandag iets op my hart meneer. Lees voort “‘N BRIEF AAN ‘N AFRIGTER”

JÝ KAN LANGER BID!!

Die “post” met die titel “GEESTELIKE DROOGTE”  het nogal heelwat reaksie uitgelok en Ding het vir die ds. Droogte ‘n baie mooi brief geskryf. Ek hoop jy het die brief gelees. Indien nie gaan lees dit gerus, want die kanse is redelik goed dat jy een of ander tyd ook deur so ‘n tyd van geestelike droogte kan gaan.

Ek het bietjie gaan sit en dink hoe ek uit my eie droogtes uit opgestaan het.Terwyl ek toe nadink oor hierdie saak, tref dit my soos ‘n voorhamerhou: Jy kan nie uit die droogte uit opstaan as jy nie weet jy is daar nie. Klink vanselfsprekend, maar in mens se verhouding met die Here is dit nie altyd so nie. Jy maak jouself ‘n hele paar dinge wys met die doel om jouself te oortuig dat dit nie regtig so sleg gaan nie. Maar intussen is jy ernstig besig om te gly en jouself om die bos te lei.

Hoe weet mens as jy deur ‘n tyd van geestelike droogte gaan? Vir my persoonlik is een van die belangrikste simptome van geestelike droogte ‘n sukkelende gebedslewe. Ek bid, maar dit voel vir my meer soos ‘n selfgesprek as ‘n gesprek met die Here; of, ek het na drie minute klaar gesê wat ek wou sê; of, ek dink nog ek bid dan is my gedagtes lankal weer met iets anders besig; of, as ek my weer kom kry is ek weer besig met dieselfde rympie wat ek nou al vir ek weet nie hoe lank sê wanneer ek dink ek bid. Al hierdie dinge laat die rooiligte aangaan wat my waarsku: Geestelike droogte is hier! Lees voort “JÝ KAN LANGER BID!!”

LIEFDE VIR DIE WET OF DIE WET VIR DIE LIEFDE

Strikvrae… ons ken daardie ene. Wanneer jy die vraag hoor, dan is jy eintlik opgewonde, want jy ken die antwoord, jy weet hoe hierdie vraag geantwoord moet word, en dan antwoord jy hom net soos jy gedink het hy beantwoord moet word. Die enigste probleem is, die een wat die vraag gevra het, het ook die antwoord geken. Hy het reeds geweet wat jy gaan sê en hoe jy dit gaan sê, maar daardie antwoord het hom nog nooit in die verlede tevrede gestel nie, en al die antwoorde deur die jare het net nog meer vrae laat ontstaan, maar as jy eers begin het om daardie vraag te antwoord is jy vas. Jy moet die volgende en die volgende en die volgende vraag beantwoord, totdat jy nie meer kan nie. Jy wil nie antwoord nie, maar as jy nie antwoord nie, verloor jy “face” en die vraesteller kry net wat hy wou gehad het. Almal weet nou: Jy weet nie regtig so baie nie. Jou redenasies maak nie sin nie en jou antwoorde is eintlik geen antwoorde nie. Strikvrae. Lees voort “LIEFDE VIR DIE WET OF DIE WET VIR DIE LIEFDE”

BYBELLEESPROGRAM VIR DIE WEEK

Vir al die ouens wat saamlees, hier is die Bybelleesprogram vir die week.

Maandag: Lukas 10:30-37

Dinsdag: Jakobus 2:14-17 en 26

Woensdag: Lukas 16:10-13

Donderdag: Matteus 10:34-39

Vrydag: Efesiërs 1:3-10

Saterdag: Efesiërs 1:11-14

Sondag: Hebreërs 3:13-15

Groete en geniet die lees.

GEESTELIKE DROOGTE

‘n Ander dominee wat gereeld hier op my “blog” kom lees skryf vir my hierdie briefie. Ek plaas dit met sy toestemming onder voorwaarde dat ek nie iets moet sê wat sy identiteit bekend kan maak nie omdat hy vermoed van sy limdate kom lees ook hier omdat hy hulle na die “blog” toe verwys het. Die brief:

“Doom

Ek noem jou maar so, want ek sien baie van die “bloggers” spreek jou so aan. Ek kom lees gereeld hier omdat ek ook julle Bybelleesprogram volg en die stukkies wat jy skryf help my om die gedeelte wat ek lees sommer ook in my stiltetyd te gebruik. Ek het lidmate in my gemeente ook aangemoedig om dieselfde te doen.

Nou het jy hierdie laaste week bietjie “opgeslip” en nie so gereeld geskryf nie. Jy het Woensdag die stukkie oor die wagtende en soekende pa geskryf en Donderdag iets oor die kragkrisis en Vrydag niks nie. Lees voort “GEESTELIKE DROOGTE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑