VOETE WAS AS ‘N GEESTELIKE DISSIPLINE

Ek wonder hoeveel keer het ek al oor die voete was gedeelte in Johannes 13 gepreek.

Jesus en sy dissipels sit aan tafel. Judas wat Jesus sou verraai; Petrus wat Jesus sou verloën; Johannes en Jakobus wat saam met Petrus aan slaap sou raak nadat Jesus vir hulle gevra het om saam met hom te bid; Markus wat kaal sou weghardloop toe hulle Jesus arresteer, hulle sit almal aan tafel. Eintlik lê hulle aan by ‘n redelike lae tafel. Elkeen se voete is naby aan die ander een se gesig en aan sy bord kos. Voete moet skoon wees. Vuil voete moet gewas word. Al die dissipels is te belangrik. Voete was is ‘n werk vir die laagste van die laagstes. Nie vir dissipels nie.

Dan doen Jesus die onverwagse. Dit is nie vir ons onverwags nie, want ons ken die storie. Ons weet al wat gaan gebeur. Ons weet Petrus gaan sê dat Jesus nie sy voete gaan was nie en as Jesus hom teengaan wil Petrus sommer sy hele lyf laat vas. Altyd vir my interessant dat Petrus wel wil keer dat Jesus sy voete was, maar nie keer dat Jesus die ander se voete was nie, of dan nog meer, dat hy nie aanbied om self die skottel te vat en hierdie vernederende werkie klaar te maak nie. Lees voort “VOETE WAS AS ‘N GEESTELIKE DISSIPLINE”

DIENSBAARHEID IS BLOOTSTELLING

Ons leef in ‘n wêreld en in ‘n tyd waar mag baie maklik misbruik word. “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. (Matteus 20:20)

Jesus het nie gekom om op ‘n troon te sit nie, maar aan ‘n kruis te hang; nie om die septer te swaai nie, maar die die skottel en die doek rond te dra. Daarom kon die mense van sy tyd Hom nie verstaan nie. Die mense van Jesus se tyd het gedroom van die Messias, maar hulle het aan die droom hulle eie inhoud gegee en die Messias gemis.

Vandag gebeur dit nog steeds dat ons ‘n prentjie van Jesus skilder wat nie Skrifgetrou is nie. En die kerk is nie heeltemal onskuldig in die hierdie ver-tekening van Jesus nie. Soos Willem se kommentaar op ‘n ander inskrywing skryf dat hy vriende verloor omdat mense hulle rug op die kerk draai – let wel op die kerk en nie op God nie. Lees voort “DIENSBAARHEID IS BLOOTSTELLING”

VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (3)

Die onderwerp van versoekings het my baie aan die dink gehad.

My oorspronklike bedoeling was om Sondag-aand ‘n bietjie met die tieners hieroor te gesels. Ek gebruik gewoonlik die reaksie op die “blog” om my te help nadink oor die onderwerp. Tieners is ook deel van die dink-proses. Ons het ‘n tiener-selgroep waar min of meer 45 tieners elke Dinsdag-aand by die kerk bymekaarkom en dan kuier ons in vier groepe. Ek het ‘n groep van 14 meisies tussen Graad 10 (Standerd 8 ) en Graad 12 (Standerd 10). Die gesprek met daardie tieners Dinsdag-aand was baie interessant. Die ander groepleiers se belewenis was grotendeels dieselfde.

Ek het hierdie gevolgtrekking gemaak: Dit is vir die meerderheid van die tieners in daardie groep nie belangrik om versoekings te weerstaan en plekke en situasies te vermy waar die versoekings hulle kan oorweldig nie.

Dit is natuurlik weereens ‘n bevestiging van wat ons al baie lankal weet, maar sukkel om te hanteer. Daardie groepie tieners gaan nie nou skielik besluit om “nee” te sê vir ‘n versoeking en om weg te bly van die plekke af waar die versoekings is, net omdat ek wat hulle dominee is so sê nie. Lees voort “VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (3)”

KAN ONS SAAMWERK SONDER OM OOR ALLES SAAM TE STEM?

Ek lees graag die brief wat Paulus aan die Filippense geskryf het. Een van die redes is omdat die gemeente eintlik ‘n mooi en groeiende gemeente was – die eerste gemeente wat Paulus op Europese bodem gevestig het. Tog was Paulus baie bekommerd oor die eenheid in die gemeente. In ‘n sekere sin is eenheid ‘n bedreiging vir elke gemeente waar dit goed gaan.

Ons Afrikaners is glad nie onbekend met die probleem van verdeeldheid, skeuring, partyskap en tweedrag nie. Ons voel dit aan ons lyf. Dit is duidelik in die politiek, in kerke, in skole, in die sport. Ek sien dit ook in die manier waarop ons met mekaar in die kuberruimte gesprek voer. Ek dink soms ons Afrikaners het nie tweespalt, skeuring en verdeeldheid uitgedink nie, maar ons het dit naby aan vervolmaak. Lees voort “KAN ONS SAAMWERK SONDER OM OOR ALLES SAAM TE STEM?”

JÝ KAN LANGER BID!! (2)

Die eerste periode van vyf minute het gegaan aan lof en aanbidding. Die tweede periode van vyf minute is ‘n periode van wag.

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. Die Here die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting.” (Psalm 46:11-12)

Hierdie is ‘n periode van stilte in die teenwoordigheid van God. Ek verkies om dit te sien as ‘n tyd waar ek my afsluit van alles rondom my en enige moontlike invloede van buite uitskakel. Ek bevind my deur geloof in die teenwoordigheid van die lewende God. Ek het geen bewyse nodig om te weet dat ek in sy teenwoordigheid is nie, ek aanvaar dit omdat ek glo en weet dat Hy die alomteenwoordige en onsienlike God is.

Hierdie periode is ‘n tyd waar ek my oorgawe en toewyding aan God bevestig en herhaal. Ek probeer om met my hele wese (gedagtes – verstand; emosies – hart; persoon – siel; dade – liggaam)  te fokus  op wie God is.

Hierdie periode van wag is soms ‘n periode van intieme kommunikasie waar gedagtes gevange geneem word in gehoorsaamheid aan Christus. Lees voort “JÝ KAN LANGER BID!! (2)”

OP SOEK NA DIE ONSIGBARE GOD (2)

Die tweede hoofstuk van Yancey se boek is geneig om mens van alle pretensies oor jou geloof te stroop en jy voel welkom in die gemeenskap van twyfelaars wat glo. Met besondere diplomasie beskryf Yancey hoe sommige mense se een-tot-een vriendskapsverhouding verhouding met God ander mense verbaas en hoe ander hulle lewe lank op soek was na daardie intimiteit wat hulle nooit gekry het nie.

“Why, then, do we find it so difficult to relate personally to this God? At various times people tended to pray to local saints, who seemed more accessible and less scary. Protestant Reformers and Catholic mystics, though, challenged us to relate to God directly, without intermediaries. And modern evangelicalism summons us to know God, to talk to God in conversational language, to love God as one might love a friend. Listen to the “praise songs” in modern churches, which sound exactly like love songs played on pop radio, with God or Jesus substituted as the lover. Lees voort “OP SOEK NA DIE ONSIGBARE GOD (2)”

VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (2)

Gerald Jampolsky ‘n Amerikaanse Psigiater het die volgende opmerking oor versoeking gemaak: “When I am able to resist the temptation to judge others, I can see them as teachers of forgiveness in my life, reminding me that I can only have peace of mind when I forgive rather than judge.”

In 1887 het Henry Ward Beecher gesê: “All men are tempted.  There is no man that lives that can’t be broken down, provided it is the right temptation, put in the right spot.”

Paulus het in sy eerste brief aan die gemeente in Korinte geskryf: “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” (1 Korintiërs 10:12-13)

Vier dinge oor versoekings: Lees voort “VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY? (2)”

OP SOEK NA DIE ONSIGBARE GOD (1)

Ek lees Philip Yancey se boek “Reaching for the invisible God.” Hy beskryf die boek as “undertaking a journey to know God.” Eintlik gaan die boek oor onsekerhede in die geloofslewe – twyfel, en dit gee my hoop. As ek met twyfel mag lewe, dan het ek hoop vir myself. Hy skryf met die doel om bietjie realisme te bring in die Christelike wêreld waar soms onrealistiese verwagtinge geskep word, en die wat nie inkoop op hierdie onrealistiese verwagtinge nie, word as kleingelowig of selfs sonder geloof beskryf. Wanneer ek ‘n kansie kry gaan ek ‘n paar parragrawe uit die boek hier kom plaas. Ek sou graag julle kommentaar wou hoor.

“I have lived most of my life in the evangelical Protestant tradition, which emphasizes personal relationship, and I finally decided to write this book because I want to identify for myself how a relationship with God truly works, not how it is supposed to work. Lees voort “OP SOEK NA DIE ONSIGBARE GOD (1)”

VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY?

Dietrich Bonnhoeffer het oor die oomblik van versoeking gesê:

“At this moment God is quite unreal to us, he loses all reality, and only desire for the creature is real; the only reality is the devil. Satan does not here fill us with hatred of God, but with forgetfulness of God … The lust thus aroused envelops the mind and will of man in deepest darkness. The powers of clear discrimination and of decision are taken from us.”

Baie van my tyd en aandag word gegee aan tieners. ‘n Paar weke terug het ek met hulle gepraat oor die holrug geryde onderwerp van groepsdruk. Ek was nogal verbaas oor die reaksie wat ek van die tieners gekry het. Uit my gesprekke daarna het dit geblyk dat mens eintlik nie oor groepsdruk kan praat sonder om oor versoeking ook te praat nie. Versoekings is ‘n werklikheid waarmee tieners ( en volwassenes????) verskeie kere op ‘n dag te doen kry.

Ek verstaan ‘n versoeking as ‘n toets of ‘n beproewing wat so ontwerp is dat dit aan ‘n persoon die geleentheid gee om iets onaanvaarbaar te doen of te sondig deur iets te doen wat nie God se goedkeuring sal wegdra nie. Lees voort “VERSOEKINGS – WAT JY WAAR KRY?”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑