Die boodskap van die evangelie is van so ‘n aard dat ‘n kind dit kan verstaan. ‘n Uitdrukking wat graag deur mense gebruik word, maar ‘n uitdrukking waaraan mense verskillende betekenisse gee.
Kinderlike geloof sou vir sommige beteken dat hulle op ‘n kinderlike wyse alles glo en aanvaar wat in die Bybel staan en dit nie bevraagteken of te veel daaroor wonder nie.
Ander sal weer vir jou beklemtoon dat ‘n kind juis geneig is om baie vrae te vra. Kinderlike geloof is dan vir hulle juis om nie alles vir soetkoek op te eet nie. Maar aanhoudend vrae te vra totdat daar by ‘n antwoord gekom word, wat hulle tevrede stel.
‘n Voorbeeld hiervan is ‘n vrou wat vir my ‘n e-pos stuur (Ek moet nog die vraag antwoord) met die volgende vraag: Het die Here die duiwel lief? Sy vra dit vir my want haar kind vra haar die vraag. Haar kind se redenasie is dat die Here ons die opdrag gee om ons vyande lief te hê, en die duiwel is Jesus se grootste vyand. Het Jesus die duiwel lief? Terloops: Ek sal dit waardeer as iemand my kan help met ‘n antwoord op daardie vraag.)
Nou kan ons in ‘n teologiese debat met daardie kindjie gaan en probeer veruidelik waar die duiwel vandaan kom en dat daar sommige teoloë is wat reken dat daar nie ‘n duiwel is nie en dat dit vir daardie tyd dalk aanvaarbaar was dat ‘n duiwel bestaan het, maar vandag se mens kan tog nie in die duiwel glo nie. Maar, na al jou verduidelikings sal daardie kind maar net weer dieselfde vraag vra: Het Jesus die duiwel lief?
Maar, kinderlike geloof weet ook dat ek nie sonder my pa of my ma oor ‘n besige straat kan stap nie. Hierdie teks is vir my so ‘n besige straat:
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” (Matteus 7:21-23)
Die besige straat is vir my die vlak van gehoorsaamheid wat die Here Jesus van ons verwag. Ek kan dit nie doen nie. Ek kan nie volmaak en volkome gehoorsaam wees soos Jesus van my verwag nie. Een ding weet ek egter en dit is dat Jesus volkome en volmaak gehoorsaam was – tot aan die kruis. Wat ek ook weet is dat as ek in Hom glo, dan trek Hy vir my sy klere aan. Sy kleed van gehoorsaamheid en geregtigheid. Op daardie dag sal ek voor Hom staan en sê: “Meester, ek kon nie, maar U het.” Dan dink ek sal Hy my hand vat en saam met my oor die besige straat stap, totdat in die Vaderhuis.
Iemand het gesê dat Jesus die standaard so hoog stel sodat elkeen wat deur sy eie doen en late die ewige lewe probeer kry verstaan hoe “hoog hy sal moet spring”. Onmoontlik hoog. Ons sê mos graag dat mense wat preek en bose geeste uitdryf en wonders doen is die mense met die groot geloof”. Dit lyk my Jesus sê aan mense wat al hierdie dinge doen, dat hulle tog net nie moet dink dat Hy ook gaan dink dat dit tekens van hulle groot geloof was nie. Wie preek en bose geeste uitdryf en wonders doen met die doel om ‘n eerste plek op Jesus se naamlys te “score” maak ‘n baie groot fout.
Soek jou verlossing op ‘n ander plek, nie in jou eie gehoorsaamheid nie. Daardie besef maak my dors vir ‘n alernatiewe oplossing as my eie gehoorsaamheid. Jesus is die alternatief. Ek kan niks verdien nie, ek kan net staat maak op wat Hy reeds vir my verdien het.
Jesus verwag die onmoontlike, sodat ons kan weet ons het Hom nodig. Jesus het alles gedoen. Ek kan niks byvoeg nie. Ek vat sy hand en stap saam met Hom oor die besige straat.
Attie
Wat is die verskil in die uitdrukking “geloof in Jesus Christus” teenoor die uitdrukking “geloof van JesusChristus” …?
Dink jy nie dalk dat die vertaling soos in die KJV meer korrek is nie, en dat die afrikaanse vertaling eintlik beter vertaal kon word sodat die fokus nie op die indiwidu se “geloof in” Jesus Christus is wat vir sy saligmaking verantwoordelik is nie, maar dat dit die “geloof van” Jesus Christus is wat vir sy saligmaking verantwoordelik is?
(Gal 2:16) Knowing that a man is not justified by the works of the law, but by the faith of Jesus Christ, even we have believed in Jesus Christ, that we might be justified by the faith of Christ, and not by the works of the law: for by the works of the law shall no flesh be justified.
Selfs die ou Hollands of Nederlandse vertaling is nog korrek vertaal
(Gal 2:16) Doch wetende, dat de mens niet gerechtvaardigd wordt uit de werken der wet, maar door het geloof van Jezus Christus, zo hebben wij ook in Christus Jezus geloofd, opdat wij zouden gerechtvaardigd worden uit het geloof van Christus, en niet uit de werken der wet; daarom dat uit de werken der wet geen vlees zal gerechtvaardigd worden.
Dis mos eintlik die Pa wat die kind se hand vat om oor die straat te stap, al brand die teer die kind se voete…? Al wil die kind alles in sy vermoee doen om van die brandendpyne van die teer ontslae te raak (deur selfs van sy vader se stewige greep te probeer loskom), sy Vader weet dat die biekie (tydelike aardse) pyn van korte duur is en nie te vergelyk is met die gevare van die motorverkeer.
Soms as die brand te erg raak en die kind begin huil sal enig aardse pa sy kindjie selfs optel, soveel te meer ons Hemelse Vader. Die kind se geloof “in” sy Pa kan hoe groot ook al wees, as die voete eers begin brand vergeet hy van sy geloof “in” sy Pa.
Alleenlik wanneer die “Kind” die geloof “van” Sy Vader het kan die “kind” die beloofde land binnegaan, no matter what. Daardie geloof “van” die Kind gee God aan Sy Kind se mede erfgename as ‘n ewige gawe. Ons moet vir geen oomblik eers daaraan dink die finale keuse by die indiwidu berus nie. Ons kan maar net in stilte wag en hoop op ons redding..
(Lam 3:26) It is good that a man should both hope and quietly wait for the salvation of the LORD.
Dankie Attie,
Jou dagstukkie laat my dink aan ‘n sielkundige wat eendag gese het dat hy “probeer glo” in Jesus. Ons eie pogings om te “probeer glo” sal altyd tekort skiet. Dit kan net eenvoudig nie geloof skep nie. Dit is maar net die Man van Smarte, Jesus die gekruisigde en opgesande Here wat geloof aan ons skenk. Natuurlik beteken dit ook nie dat ons nie ooit weer deur worstelinge gaan nie. Maar wat duidelik is, is dat dit nie my “probeer glo” is wat dan bepaal of ek aan Jesus behoort nie, maar Sy Woord en Gees wat in my werk.
Geloof is ‘n gawe van God wat nie gekoop kan word nie.
Willem
Johannes: Ek verstaan geloof as iets wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word so ek kan nie eens op my geloof staat maak nie, maar net op die werking van God die Gees. Oor die vertaling: Die Grieks is “pistews Jesou Xristou” en laat waarskynlik ruimte vir beide vertalings. Hoe dit ook al sy is dit op die ou end nie my geloof wat my red nie, maar die genade van God.
Willem: Inderdaad gaan ons altyd weer deur een of ander vorm van worsteling. Maar geloof is uit en uit ‘n genadegeskenk van God. Dankie.
Het Jesus die duiwel lief? Terloops: Ek sal dit waardeer as iemand my kan help met ‘n antwoord op daardie vraag.)
Doom, hierdie vraag verg ‘n baie lang en ingewikkelde antwoord vir iemand wat nog die pad stap. Of baie kort.
God het ons geskape, volmaak en sonder sonde. Die slang (satan) het ons in versoeking gelei en die mensdom se baklei teen euwel begin toe. God het die gelowiges telkemale gelei maar Satan het weereens versoekings daargestel. Omrede sonde deel was van menswees, het Satan baie keer oorwin. God het sy Seun as verlossing gestuur en vir ons die verligting gebring. Jesus het verduidelik dat jy jou naaste moet liefhê, selfs jou vyande, hier op aarde. Jesus het self sy stryd teenoor Satan oorwin en vir ons die keuses gelaat watter pad ons volg. Die liefde van ‘n vyand op aarde is ‘n spirituele pad en ‘n gesindheid teenoor ander aardbewandelaars. Die duiwel is God se vyand en dus ons sin ook, maar nie vatbaar (in menslike vorm) nie. Oral val die duiwel gelowiges aan.
Dus is my antwoord dat dit oor baie meer gaan oor “het Jesus die duiwel lief”, dis op ‘n ander dimensie, totaal. Alles wat sleg gaan, is juis oor die groot aanval van die duiwel.
Ek dink tog dat mens moet nooit vergeet dat die duiwel die oorsaak kan wees van liggaamlike lyding, skending, maar dat ons siele altyd onaangeraak en heel gaan bly.
en ek wil n eiertjie lê, maar moet my pc onder bokse gaan soek… Selfoon te moeilik!
Die seuntjie se vraag: ek wil ook graag weet?
Sammie: Dankie vir jou opmerking oor die duiwel.
Plattertjie: Ek moet eerlik sê ek weet nie hoe om daardie kind se vraag te antwoord nie. Aan die een kant voel ek God is liefde, maar aan die anderkant is daar ook so iets soos heilige toorn. Toe be quite honest: Ek weet nie wat om te sê nie.
Ander kere dink ek daaraan dat die duiwel krediet kry vir stupid dinge wat ek aanvang, en tog bly God lief vir my. Ek weet nie.
God verafsku satan/die duiwel. Hoe kan ons enigsins twyfel? Die duiwel staan in die pad van God se volmaakte skepping…ONS! Moenie vir een oomblik twyfel hieroor nie. Haat, nee, God is begenadiging. Liefde vir die vyand was Jesus se les aan ons oor die aardlinge wat daagliks saam met ons loop. Die duiwel se pad is eeue lank, nie daagliks nie. Kyk deur die verkoopspul van liefde vir die vyand. Hierdie lewe op aarde is ‘”qualifying time” vir die hiernamaals.
God haat sonde. Die Duiwel is alls wat sonde is, dus haat God die duiwel.