JÝ KAN LANGER BID!! (1)

Dankie vir die reaksie oor die onderwerp van gebed. Interessant dat die meeste reaksies via e-pos gekom het. Ek gaan oor ‘n tydperk ‘n paar verduidelikende woorde skryf oor elkeen van die 12 fasette van gebed. Onthou een moontlikheid is om jou gebedstyd elke week met vyf minute te verleng. Ek waarborg jou een van die mees bevredigende ervarings van jou lewe saam met God.

LOF EN AANBIDDING

Lof en aanbidding is ‘n uitdrukking van verwondering oor en toewyding aan God. “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.” (Psalm 115:1)

Aanbid God in hierdie oomblikke vir wie Hy is: My Skepper; Die Een met die onfeilbare liefde; Die Een wat my verlos het; Die Een wat my deel gemaak het van sy doel en plan hier op aarde.

Lof en aanbidding is ‘n tyd waar ek deur my woorde opnuut weer bewus word van die waarheid dat Hy op die troon sit en dat Hy verdien om daar te wees. Deur lof en aanbidding eer ek God en verhoog (exalt) ek God.

Gee erkenning in die woorde wat jy sê vir wie God is en konsentreer daarop om met jou hele wese ‘n gesindheid van eerbied, ontsag en aanbidding uit te straal. Dink aan maniere hoe jy met jou liggaam kan uitdrukking gee aan die gesidnheid wat in jou hart is.

Dink aan al die verskillende name van God. Dink aan die eienskappe van God: Regverdig; Heilig; Liefde; Getrou; Barmhartig; Alomteenwoordig; God van die Woord; Teenwoordig; ens.
Dink terug aan jou lewe en herinner jouself aan die kere wat jy kan onthou dat God een van hierdie eienskappe aan jou geopenbaar het terwyl Hy betrokke was in jou lewe. Dink terug aan wat jy beleef het maar laat ook toe dat daardie belewenis jou help om God se karakter beter te verstaan.

Loof Hom vir Sy wonderlike Woord wat Hy vir ons gegee het.

Jy kan dalk kies om elke dag tydens jou tyd van lof en aanbidding op ‘n ander aspek van God se karakter te konsentreer. Sê soveel dinge as moontlik oor die spesifieke eienskap van God. Mediteer oor hierdie eienskap en laat toe dat die Heilige Gees jou wys op die implikasies van hierdie eienskap in jou lewe en in die lewe van ander.

“Here God, U is verhoog bo die hemel en die aarde, tog is U Vaderhart gevul met liefde en barmhartigheid en ontferming vir my U kind – ‘n verloste sondaar. Ek eer U vandag as die God van alle ontferming en goedheid en versorging. Daar is geen God buiten U nie. U is die Here.”

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Een uur van gebed

4 responses to “JÝ KAN LANGER BID!! (1)

  1. Thanx…

    Ek het die laaste week ‘kort’ gebid, was te bang B ‘gaan’ of word erger in daai rukkie MAAR die Here HET geluister… En gedoen….

    So, kort werk ook want HY verstaan…

  2. Platter: Ek reken altyd dat dit by die Here nie regtig saak maak of mens lank of kort bid nie, maar ek het beleef dat wanneer my gebedslewe in plek is is my en die Here se verhouding baie meer intiem. Dit is ampers soos my en my vrou se verhouding. Hierdie week was baie rof en vinnig en ek het min tyd gehad om regtig met haar te kuier. Die kere wat ek ‘n paar minute gehad het was dit vir ons altwee lekker. Vrydagaand het ons egter die hele aand net vir ons twee gegee en ons kon na mekaar luister en mooi dinge raaksien en sommer net rustig by mekaar wees.
    M.a.w: Die langer tyd in gebed is meer ‘n verhoudingsaak as wat dit daaroor gaan dat God eerder die gebed verhoor van die persoon wat die langste bid. Ons weet dit is nie hoe die Vaderhart van God werk nie.
    Ek vermoed as jy bietjie tyd by Hom deurbring gaan jy eers meer hartseer raak oor jou Boeshie en dan gaan jy beleef dat Hy jou trane afdroog en begin genees.

  3. Ag platter jy doen my sommer net goed vanoggend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s