NIE VREDE NIE – DIE LEWE!

Jesus sê hierdie baie besondere woorde: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. Ek het gekom om tweedrag te bring tussen…” (Matteus 10:34-35a)

Volgelinge van die Here Jesus maak soms vyande en beleef dat mense nie van hulle hou nie en dan haal hulle hierdie vers aan om te verduidelik hoekom dit so is. Intussen is die vyandskap en die onvrede die gevolg van die manier waarop die Christen sy getuienis uitleef. Ons kry mos die idee dat mense dit aan ons verskuldig is om na ons te luister as ons teenoor hulle wil getuig. Intussen wil ons nie getuig nie, ons wil oortuig en intussen gaan dit nie oor God nie, maar dit gaan oor my en met die grootste arrogansie en vermetelheid druk ons ons oortuigings in ander se kele af. Ons antwoord, “Jesus het gesê dit sal so wees.” Nie waar nie! Glad nie waar nie!

Iemand skryf so oor hierdie paar verse: “… the fact remains that it is possible for a man’s loved ones to become in effect his enemies, if the thought of them keeps him from doing what he knows God wants him to do.” Jesus praat met sy volgelinge. Die boodskap wat Hy aan sy volgelinge wil oordra is: Jy moet God meer liefhê as enige iets anders. Dit gaan oor toewyding – toewyding aan God. Toewyding wat nie toelaat dat enige iets of enige mens tussen jou en God kom nie. Wanneer jy as volgeling van die Here Jesus toelaat dat dit gebeur, het die mense vir wie jy lief is jou vyande geword – hulle verhinder dat jy God se doel vir jou lewe leef. Hulle hou jou weg van jou lewensdoel af. Hulle keer dat jy alles word wat God bedoel het jy moet wees. Net omdat jy nie tussen hulle en God wil kies nie, of omdat jy op jou eie voorwaardes ‘n keuse vir God wil maak.

Die evangelie bring my voor ‘n keuse – ‘n keuse wat ek heeltemal op my eie moet neem. ‘n Keuse waar ek nie mag vra wat sal enige ander mens daarvan sê nie. ‘n Keuse wat ‘n saak word tussen my en die Here. ‘n Keuse wat sê: My hoogste lojaliteit lê by die Here Jesus. Die keuse om Jesus die hoogste prioriteit in jou lewe te maak, beteken nie altyd dat jy ‘n keuse tussen jou familie moet maak nie, maar as jy die keuse maak moet jy baie goed bewus wees van die implikasies van jou keuse.

Die evangelie van Jesus Christus is die evangelie van die kruise. Die kruis van Jesus en die kruis van elke volgeling van die Here Jesus. “Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan my te behoort nie.” (Matteus 10:38) Een van die dinge wat elke Christen kruisig wanneer hy die keuse maak om ‘n volgeling van die Here Jesus te wees, is sy eie wil. Geen Christen is ooit weer vry om te doen wat hy wil nie, hy doen wat Jesus wil. Sommige, nie almal nie, moet hulle persoonlike ambisie en gemak en drome en selfs die eerste keuse van ‘n beroep offer om ‘n gehoorsame volgelinge van die Here Jesus te word.

Die volgelinge van die Here Jesus is in die wêreld ingestuur om God en mens te dien. In sommige Christelike kringe is die simbool die waskom en die handdoek – ‘n herinnering aan Jesus wat sy dissipels se voete gewas het en wat ons ook geroep om met dieselfde gesindheid ander te dien. Dit staan natuurlik die volgeling van die Here Jesus vry om nie die kruis te kies nie. “But that way he will lose all that makes life valuable to others and worth living for himself.” Die lewe van die kruis maak dit dikwels vir ander die moeite werd om te lewe, maar meeste van alles, dit gee aan die lewe van die volgeling van die Here Jesus nuwe betekenis. Ek sal nie weet hoe om te antwoord op die vraag: As iemand nie die kruis gekies het nie, het hy dan vir Jesus gekies? Ek los die antwoord op daardie vraag met groot vrymoedigheid in God se hande.

“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” (Matteus 10:39) Die lewe wat mens hier verloor is nie noodwendig die fisiese lewe nie – dit kan wel so wees. Hierdie keuse veroorsaak soms dat ‘n mens voel jy draai jou rug op die ideale lewe soos jy dit gesien het. Jy dink jy verloor die ideale lewe, intussen vind jy die eintlike lewe – die lewe wat God vir jou beplan het. Lewe wat geleef word as die rede waarvoor God jou hier op aarde geplaas het.

Sien in hierdie lewe wat jy as volgeling van die Here Jesus kan verloor, die lewe wat God vir jou beplan het. Die lewe as die rede waarom Hy jou op hierdie aarde geplaas het. As ek en jy die lewe wat ons dink ons wil hê offer vir die lewe wat ons weet Hy wil hê, dan dink ons dikwels ons verloor ‘n lewe, maar ons kry die lewe.

Wie ‘n keuse maak om God se lewe te lewe en nie sy eie uitge-droomde lewe nie, vind nou reeds die ewige lewe.

Advertisements

17 Kommentaar

Filed under Nagedink

17 responses to “NIE VREDE NIE – DIE LEWE!

  1. Attie, sal later kom lees, wil net se jy is geTag met ‘VAT VYF!”

    http://wagnbietjie.wordpress.com/2008/02/07/vat-vyf/

  2. Doom At

    Is daar dalk ‘n kans dat Jesus dalk teleurgesteld kon gewees het deur om te se dat hy die swaard gebring het en nie vrede nie, dus om te se dat dit nie was wat hy wou gehad het nie. Intrepreteer ons nie dalk die stuk verkeerd nie.

    Want ons praat van naaste liefde en om die te oordeel nie, maar dan wil ons volgens hierbo, stoot ons mense weg omdat hulle nie christelik is nie, dit klink kontrasterent.

    Want die evangelie is die blye boodskap, hoekom sal dit die swaard bring?

    Tiens

  3. Ek is nou arrogant nie, maar die gedeelte is seker vir my die grootste klippie in my skoen

  4. 'n leser

    Thinus: Ek sien Attie maak hierdie aanhaling: … the fact remains that it is possible for a man’s loved ones to become in effect his enemies, if the thought of them keeps him from doing what he knows God wants him to do.” Dit lyk vir my die vyandskap is bietjie op ‘n ander vlak.’n Vyand keer mens om jou doel te bereik. Jou geliefdes kan jou verhinder om God se doel vir jou lewe te leef, dan is hulle baie subtiele vyande, maar steeds vyande. Ek het verstaan dat God en God se wil die hoogste prioriteit in jou lewe moet wees en dat iets wat jou keer om dit te laat gebeur is jou vaynd. maar dalk het ek nie mooi verstaan nie.

  5. God se wil raak skielik baie ingewikkeld, en is verkillend van persoon tot persoon, maar sekerlik moet jy aanvaardig wees vir ander se swakhede en die feit dat hul “vyande” is, is omdat hulle lief is vir iemand maar in hul onkunde kan hul seker ‘n stumbling blok wees, maar om te se dat hulle vyande is is ‘n bietjie skerp so ek se. Maar dit hang seker af van die situasie.

  6. Thinus: Ek wonder as mens daaraan dink dat God se wil eintlik nie so ingewikkeld en moeilik is nie, maar dat die uitleef daarvan nie maklik is nie en dat dit juis jou liefde vir jou mense is wat dalk KAN veroorsaak dat jy God se wil nie kan gehoorsaam nie. Die vraag is dalk: As jy dalk sou moes kies tussen die doen van my wil en jou familie, wat sou jy kies?

  7. Doom At

    Ek sluk moeilik aan hierdie een, maar gaan my nie verder uitlaat nie, omrede ek dink dat dit verdeeltheid skep.

  8. Attie

    Is jy bekend met Family Radio se eindtyd teachings…?

  9. Thinus: Hierdie is ‘n moeilike teks. Sê maar hoe jy dit verstaan. Ons wissel maar gedagtes. Ek moet darem sê ek het hier end aar ‘n kommentaar ook geraadpleeg oor hierdie teks.
    Johannes_11: Ek is nie.

  10. ek lees, maar dit gaan nie verder as my oë nie…

    Dankie vir jou mooi woorde op my blog.

  11. Thinus

    Ek dink Jesus was in Homself teleurgesteld toe hy daardie woorde gese het Doom, Hy wou nie die verdeeltheid gehad het nie, aangesien hy gese het ons 77 x 7 keer vergewe, die wang draai, ens. Dus wou hy eenheid gehad het, want as daar nie eenheid is nie, dan is daar chaos.
    Nou waar die boonste stuk vir my toepaslik is is waar ouers of geliefdes iemand terug hou en hom/haar ontneem van vryheid, maar aan die einde van die dag het ons ‘n keuse, en mense word nie meer gepurge soos in die Nuwe Testamentiese tye nie.

    Dis wat ek verstaan Doom At

  12. Platterfuss: Ek sou dink jy is nie lus om nou iets te probeer verstaan nie. Nogmaals sterkte.
    Thinus: Watter verdeeldheid dink jy wou Jesus nie gehad het nie? Wat jy sê maak op ‘n manier nogal sin.

  13. Attie

    Daar is tog net “een ware gemeente” (die liggaam van Christus) wat verhoed hulle om wereldwyd onder een vaandel van Vrede te verening…?

  14. johannes_11: Ek wens die antwoord op daardie vraag was eenvoudig en maklik. Ongelukkig is dit nie. Die NG kerk sukkel nou al vir jare om onder een vaandel saam te werk met die NGKA en die VGK. Ek dink die antwoord lê waarskynlik daarby dat kerke bestaan uit sondige mense.

  15. Attie

    Sal jy aanhou preek al verdien jy nie ‘n salaris nie…?

  16. Thinus

    Hoekomk moet hy? is die arbeider nie sy loon werd nie? as hy hom nou besig hou met die gemeente, wie sorg vir sy familie?

  17. Johannes_11: Ek het vir tien jaar in die gemeente gewerk terwyl ek op ‘n ander plek my salaris moes verdien om my gesin te onderhou. “Been there done that.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s