JÝ KAN LANGER BID!!

Die “post” met die titel “GEESTELIKE DROOGTE”  het nogal heelwat reaksie uitgelok en Ding het vir die ds. Droogte ‘n baie mooi brief geskryf. Ek hoop jy het die brief gelees. Indien nie gaan lees dit gerus, want die kanse is redelik goed dat jy een of ander tyd ook deur so ‘n tyd van geestelike droogte kan gaan.

Ek het bietjie gaan sit en dink hoe ek uit my eie droogtes uit opgestaan het.Terwyl ek toe nadink oor hierdie saak, tref dit my soos ‘n voorhamerhou: Jy kan nie uit die droogte uit opstaan as jy nie weet jy is daar nie. Klink vanselfsprekend, maar in mens se verhouding met die Here is dit nie altyd so nie. Jy maak jouself ‘n hele paar dinge wys met die doel om jouself te oortuig dat dit nie regtig so sleg gaan nie. Maar intussen is jy ernstig besig om te gly en jouself om die bos te lei.

Hoe weet mens as jy deur ‘n tyd van geestelike droogte gaan? Vir my persoonlik is een van die belangrikste simptome van geestelike droogte ‘n sukkelende gebedslewe. Ek bid, maar dit voel vir my meer soos ‘n selfgesprek as ‘n gesprek met die Here; of, ek het na drie minute klaar gesê wat ek wou sê; of, ek dink nog ek bid dan is my gedagtes lankal weer met iets anders besig; of, as ek my weer kom kry is ek weer besig met dieselfde rympie wat ek nou al vir ek weet nie hoe lank sê wanneer ek dink ek bid. Al hierdie dinge laat die rooiligte aangaan wat my waarsku: Geestelike droogte is hier!

Een van my reddingsboeie in sulke tye van geestelike droogte is dikwels Dick Eastmann se boekie “The Hour That Changes The World”.Dick Eastmann skryf hierdie boekie na aanleiding van Jesus se eie gebeds-worsteling met die Vader in die tuin van Getsemanè. In Matteus 26:40 staan daar: “Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: ‘Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie.Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.'”

Nou weet ek nie hoeveel van julle is daar wat met gemak een uur in gebed kan deurbring nie. Ek kon nie en ek kan nog steeds nie. Maar as ek ‘n werkswyse het, is dit nogal nie te moeilik nie. Dick Eastmann wou graag een uur in gebed deurbring na aanleiding van Jesus se opmerking in Getsemanè. Hy het toe ‘n uur geneem en die uur opgebreek in kleiner eenhede van 5 minute elk waarin ‘n ander element van gebed elke keer aandag kry. Op die manier word dit prakties moontlik om ‘n uur lank te bid.

Jy hoef nie 5 minute aan elkeen van die elemente van gebed te gee nie, jy kan dit een minuut maak – dan bid jy vir twaalf minute lank. Deur die jare het ek geleer om nie na die tyd te kyk nie, maar ek maak seker dat ek aan elke element gebed aandag gee. Ek moet egter sê dat ek in die begin, terwille van die aanleer van ‘n nuwe gewoonte wel by die vyf minute gehou het. Ek was nog nooit een oomblik spyt daaroor nie.

Dit was nie maklik om die gewoonte te vestig nie. Toe ek die gewoonte gevestig het, het ek twaalf weke geneem. Een element per week. Ek onthou ek was daardie tyd in die weermag en as ek vyf minute wou bid, moes ek dit doen op ‘n tyd wat al die ander ouens geslaap het. Ek het een element per week gevat en elke week vyf minute vroeër opgestaan en ‘n volgende element bygevoeg en vyf minute langer gebid. Na twaalf weke kon ek met gemak ‘n uur vroeër opstaan en ek het oor twaalf weke elke week een nuwe element van gebed nie net bygevoeg nie, maar ook seker gemaak ek verstaan dit.

Ek deel graag ‘n opsomming van die twaalf elemente:

Die twaalf elemente is:

1. Lof en Aanbidding:

Begin jou gebed met woorde van lof en aanbidding. (Psalm 115:1)

2. Wag:

Dikwels woord-lose aanbidding en verwondering. ‘n Daad van oorgawe, liefde en verwondering oor God. (Psalm 46:11)

3. Belydenis:

Erkenning van my sonde en sondigheid voor God. “n geleentheid van skoonmaak waar ek simbolies skoon gewas word en voorberei word om in die heilige teenwoordigheid van God te wees. (1 Johannes 1:9)

4. Woord-gebed:

Die Bybel word in hierdie tyd my gebedshandleiding. Ek konsentreer veral op die beloftes van God se Woord en herhaal in my gebed die beloftes wat ek in die Bybel lees. Ek lees ‘n gedeelte en dan praat ek met die Here oordit wat ek lees.

5. Waarneming:

Hierdie is ‘n tyd waar ek die Here toelaat om deur sy Gees wat in my woon my bewus te maak van wat besig is om te gebeur en hoe ek sekere dinge moet verstaan. (Kolossense 4:2)

6. Voorbidding: 

‘n Gebed vir ander war ek in gebed intree vir  vir die nood en swaarkry van ander mense. Ek bid dat God sy doel sal bereik met ander mense. (1 Timoteus 2:1-2)

7.  Petisie:

Ek bid in nederige afhanklikheid  en vertroue vir my en my gesin se persoonlike behoeftes en omstandighede. (Matteus 6:11)

8. Danksegging: 

Ek dink terug aan die vorige dag en dank die Here vir alles wat gebeurhet en vir soveel dinge as moontlik in my eie lewe. (1 Tessalonisense 5:18)

9. Sang: 

Ek gebruik gewoonlik bestaande liedere met of sonder begeleiding. Ek sing liedere wat ek ken op my eie of ek sing saam met ‘n CD. (Psalm 100) Een van die liedere steek baie kere in my gedagtes vas en dan word dit my lof en aanbidding deur die loop van die dag.

10. Meditasie.

Meditasie is om na te dink oor ‘n saak of oor ‘n onderwerp en om dit in die lig van God se Woord te oordink of te probeer verstaan. Ek kan nadink oor iets wat ek besig is om te beleef of ek kan nadink oor ‘n gedeelte wat ek in die Bybel gelees het. Die doel is om mye gedagtes in lyn te bring met God se gedagtes. (Psalm 1:1-2)

11.  Luister:

Luister is ‘n tyd waar mens stil word om dit wat in jou gebedstyd gebeur het toe te laat om jou optrede te beïnvloed. Op hierdie punt is dit die Heilige Gees wat in elke een van God se kinders woon wat gedagtes by ons kom plant oor wat ons moet doen en hoe ons moet optree. (Jesaja 51:1-2)

12.  Aanbidding.

Ek sluit my gebed af  met ‘n tyd waar ek die Here in sy wonderlike grootheid aanroep. In hierdie fase sê ek vir die Here wie ek weet Hy is en waarom ek my groot vyrmoedigheid op Hom kan staatmaak vir die verhoring van my gebed. Aan die einde van my gebed is God in sy grootheid en heerlikheid op die troon van die heelal en die troon van my lewe. (Matteus 6:13)

Dalk help dit jou om ‘n klein bietjie langer te bid.

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Gebed

5 responses to “JÝ KAN LANGER BID!!

  1. Probeer

    Baie dankie Doom, ek gaan n uitdruk maak en vir n week lank op een element konsentreer en daarna nog een bysit soos jy gemaak het, tot ek gemaklik is met al 12. Miskien sal dit my help om weer my lewe en my verhouding nader binne die Here se wil te bring, en die seer omdat dit voel asof ek dit verloor het weg te neem.

  2. Probeer: Ek gaan probeer om elke week een van die elemente so ‘n klein bietjie meer te verduidelik sodat mens kan weet wat gebeur. Sodra ek kans kry skryf ek oor die eerste element van die gebed.

  3. BB

    Ek sien uit hierna ds! ek het die post geprint – dit lê op my bedkassie in my notaboekie. wee jy, dis vir jammer dat mense steeds nie aldag weet hoe om te bid nie (en dit sluit my by tye in!) – ek het die kinders maar van kleins af geleer, soos ek geleer is om die Onse Vader as riglyn te gebruik – tot my 11-jarige pas dit ongelooflik mooi toe – lofprysing, vergifnis, versoeke ens.. Miskien kan jy dit ook die een of ander tyd behoorlik blog?
    Dis my behoud – die afspraak wat ek met Hom daagliks kan nakom – en somehow het dit vir my ook die vrymoedigheid gegee om sommer op any given moment gou ‘n chat in te kry. Ek is lánkal beyond tantrums en ‘n humeur – Hy’t daarmee gedeal so met verloop van tyd (ek sal tot in die verkeer vir God vra: “Did You see that???!!!!” of as iemand my te na gekom het sê: “het U dit ook gehoor, of het ek dit dalk misverstaan?” – en altyd, maar altyd kry ek ‘n spiritual kopknik of smile en dan gaat ons (ek en Hy) maar weer aan.

  4. Terug pieng: JÝ KAN LANGER BID!! (1) « Attie se koffietafel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s