GEESTELIKE DROOGTE

‘n Ander dominee wat gereeld hier op my “blog” kom lees skryf vir my hierdie briefie. Ek plaas dit met sy toestemming onder voorwaarde dat ek nie iets moet sê wat sy identiteit bekend kan maak nie omdat hy vermoed van sy limdate kom lees ook hier omdat hy hulle na die “blog” toe verwys het. Die brief:

“Doom

Ek noem jou maar so, want ek sien baie van die “bloggers” spreek jou so aan. Ek kom lees gereeld hier omdat ek ook julle Bybelleesprogram volg en die stukkies wat jy skryf help my om die gedeelte wat ek lees sommer ook in my stiltetyd te gebruik. Ek het lidmate in my gemeente ook aangemoedig om dieselfde te doen.

Nou het jy hierdie laaste week bietjie “opgeslip” en nie so gereeld geskryf nie. Jy het Woensdag die stukkie oor die wagtende en soekende pa geskryf en Donderdag iets oor die kragkrisis en Vrydag niks nie. Ek besluit toe om Vrydag-oggend steeds my stiltetyd te hou al lees ek nie iets hieroor by die koffietafel nie. Daar maak ek toe die ontdekking wat ek wens ek nie gemaak het nie. Ek maak die ontdekking van geestelike droogte – geestelike droogte in my eie lewe.

Die geestelike droogte is nie omdat hier Vrydag niks was om by die koffietafel te lees nie. Ek het vanoggend die ontdekking gemaak dat die geestelike droogte nou al ‘n hele lang ruk daar is, ek het dit net nie besef nie.

Hoe lyk my geestelike droogte?

My passie is byna “non-existint”, daar is feitlik niks oor nie. Ek gaan deur die “moves”. Ek doen die regte dinge op die regte tyd op die regte manier. Ek open skole en besoek siekes. Ek begrawe mense en ek berei mense voor om te trou. Ek luister met groot erns na mense se persoonlike en gesinsprobleme vier middae elke week. Ek leer mense weekliks sekere vaardighede en berei my preke met groot toewyding voor en ek preek die preke (dink ek) met redelike oortuiging. Ek woon kommissie- en kerkraadsvergaderings by en lewer insette wanneer ek dink dit is nodig. Ek doen al hierdie dinge en nege uit die tien kere gaan dit gepaard met ‘n gebed een of ander tyd. Maar dit bly droog.

Lê die fout by my of lê die fout op ‘n ander plek? As ek die Bybel tydens my stiltetyd lees, dan kon ek net sowel enige ander boek gelees het. Intussen was Bybellees meestal vir my ‘n besondere ervaring. Wanneer ek die Bybel gelees het, het ek altyd probeer om nie dominee te wees nie, ek wou die Bybel lees en dit wat ek lees deel maak van my gesprek met die Here. Dis weg. Wanneer ek die Bybel lees is dit soos enige ander boek.

My gebedslewe was vir my baie besonders. Ek kon met die Here praat soos ‘n mens met sy vriend praat. Ek kon sommer net sê wat op my hart was en met Hom praat oor wat ek in die Bybel gelees het en meestal het ek die dag se program met Hom gepraat. Daar was tydens elke gebed stil tye. Nie ongemaklike tye nie, maar tye wat ek werklik beleef het dat ek stil is in die teenwoordigheid van die Here. Ek sal nie waag om te sê dat ek die Here se stem gehoor het nie, maar ek weet dat daar gedagtes en idees in my kop was na my tyd alleen met die Here wat nie voor die tyd daar was nie. Dis weg…

My gebed is na drie minute verby. Ek het niks meer om te sê nie. Ek kan nie dit wat ek in die Bybel lees gebruik om my gebed in te kleur nie. Ek kan nie stil wees nie. Die oomblik wat ek stil raak, hardloop my gedagtes in alle moontlike rigtings en dan staan ek op dan gaan ek maar liewers aan met my daaglikse roetine om vir die Here te werk.

Maar ek wonder deesdae of die Here deur my werk. Ek weet die feit dat ek sê dat ek vir Hom werk beteken nie noodwendig dat Hy deur my werk nie. Moenie ‘n fout maak nie, ek sien hoe dinge gebeur en ek sien hoe mense waarde put uit dit wat ek doen en waardering het vir die dinge wat ek doen, maar dit beteken niks as die enjin-kamer nie op al die slinders funksioneer nie. Ek wonder of die mense nie net ordentlik is teenoor my nie. Ek weet nie…

Ek wil niks anders as ‘n dominee wees nie. Ek twyfel soms oor baie dinge, maar dit het my nog nooit gepla nie, en pla my ook nie nou nie. Ek het ‘n keuse gemaak om in God te glo en saam met daardie keuse het die besef gekom dat ek sekere dinge gaan glo wat vir die ongelowiges en skeptici onlogies gaan lyk, maar daarmee het ek vrede. Ek verstaan dat die Here Hom nie van my onttrek wanneer ek deur ‘n tyd van geestelike droogte gaan nie, maar op hierdie oomblik beteken al daardie mooi woorde nie veel nie.

Ek vra nie regtig raad nie, want ek dink nie daar is raad nie. Ek wou net ‘n bietjie van die dinge wat op my hart is met iemand deel.

Dankie.

‘n Kollega.”

Wat sou jy vir hierdie man sê as hy jou dominee was en hy het hierdie brief vir jou geskryf?

33 thoughts on “GEESTELIKE DROOGTE

Add yours

  1. Al Die dominees

    Dis nou al die hoeveelste doom wat ek van les wat sy geloof verloor het die laaste week of twee en dit laat my dink…..

    Is dit ‘n goeie ding of ‘n slegte ding?

    Is dit omdat ons uit ons comfort zones uitgehaal word, en die realiteite in die oe staar – Misdaad, migrasies van afrikaners, nuwe denkwyses, christian bashing?

    Die kerk was al die jare voor 1994 deur die staat gehelp, die nuwe regering het sy steun ontrek, skole is nie meer CN nie, geen wonder die Dominees voel worthless nie…….Die kerk is nie meer die spreekbuis vir die regering nie, Die kerk onderhou nie meer die morele plig om mense te leer van wet en orde nie, en om verdeeltheid te saai nie, nee, die kerk kry sy ware doel en die dominees moet begin preek wat in die bybel staan, en ophou om die kerkraad te please……

    Ons is nou in die tyd waar die ware geestelike leiers na vore tree en die en kwaks val langs die pad, ons word beproef op alle tereine nie net die kerk nie.

    Die kaf word van die koring geskei…….

  2. Hallo Doom

    Ek kry min kans om te kuier want dinge gaan bietjie rof in hierdie geweste.

    Wat met jou op die oomblik gebeur noem mens GROEI. Ja, dis ongemaklik, maar beslis die moeite werd! Aan die anderkant van nou wag insig, jy sal terug kyk en weet ‘Hy is altyd met jou’

    Hy maak maar soms soos ‘n arend wat sy kleintjies leer vlieg, neem hulle hoog die lug en en dan los hy, sodat jy jou vlerke kan ervaar en toets. Vertrou HOM, hy weet wat hy doen! Hy sal jou vang as jou vlerke nog nie sterk genoeg is nie.

  3. Thinus; Ek dink nie jy het mooi gelees wat my vriend hier geskryf het nie. Ek dink jy was dalk ‘n klein bietjie haastig om te oordeel en sleg te se. Hy skryf: “Ek twyfel soms oor baie dinge, maar dit het my nog nooit gepla nie, en pla my ook nie nou nie. Ek het ‘n keuse gemaak om in God te glo en saam met daardie keuse het die besef gekom dat ek sekere dinge gaan glo wat vir die ongelowiges en skeptici onlogies gaan lyk, maar daarmee het ek vrede. Ek verstaan dat die Here Hom nie van my onttrek wanneer ek deur ‘n tyd van geestelike droogte gaan nie, maar op hierdie oomblik beteken al daardie mooi woorde nie veel nie.” Die man het nie sy geloof verloor nie, hy gaan deur ‘n moeilike tyd.
    Justine: Een van die eerste gedagtes wat by my opgekom het toe ek sy brief lees was juis groei. Ek dink mens voel alleen in sulke tye. Mense verwag een ding, jy verwag ‘n ander ding… en die gevolg is hierdie ervaring.

  4. Doom Attie

    Ek is lekik, ja en hoekom:

    Daar is niks onlogies om ‘n dominee te wees nie, nou is dit skielik nie meer cool nie, en alle die vrye dinkers kritiseer, sodoende plaas dit predikante om in hul self te twyfel, hoekom nou? na 2000 jaar waar daar geestelike leiers wat deur soveel erger gegaan het as julle, hoe de moer kom ons hier, wie het my gemaak, die big bang? wie het vir my sondes gesterf, sodat ek vry kan wees!!!!!!

    En die nuwe denkwyses kan OOK nie bewys word nie.

    En as dit nou nie bewys kan word nie – so what!!!! who cares, soveel Godsmanne voor julle het dit gedoen met geloof, geloof is ‘n besluit.

    Godsmanne – moenie die weduwees vergeet nie, die wesies, die armes en die ou mense, die agterlikes, die drek, die tronk voels en die wat graag net wil praat.
    Gaan kyk in hulle oe en sien hoekom het God die wereld so lief gehad, maar nee ons sit en huil oor geestelike droogtes waar die nood erg is, dis winter daar buite, daar is geloof daar buite!!!!!
    Dis verniet, as jul ‘n droogte ervaar gaan sit en dink hoe bevoorreg ons eintlik is, dan moet ons skaam kry, laat ons bloos! en se Here vergewe my klein gelowige.

    Geestelike droogte my voet, julle skryf op hierdie blogs dan bou dit ons op om net weer te hoor julle is droog – twak!!

    Doom jy is vriend, maar die’is twak!!
    Ons vergeet te gou!!

  5. Ek stem saam met Justine. Attie, ek wil graag byvoeg:

    Soms raak mens so besig met die dinge van die Here dat jy nie by die Here van die dinge uitkom nie. Soms het ons nodig om stil te word, sodat die Here weer ons vurige verhouding van lank terug met Hom kan aanblaas.

    Ander Doom, dankie vir jou eerlike brief. Selfs daar waar jy nie kan sien nie het die Here weer vandag deur jou gewerk.

  6. Thinus ek is die dominee wat deur die droogte tyd gaan. Ek kan nie verstaan hoekom jy so aggressief is nie. Deur al die eeue was daar dominees en ander geestelike leiers wat so gevoel het. Ek het lankal vrede met wat in die verlede gebeur het. Ek is maar net ‘n gewone mens met ‘n spesifieke taak rondom die geestelike. Gun my my twyfel.

  7. Thinus, moet nie vergeet dat hierdie “doom” ook net ‘n mens is nie! Doom’s is nie perkfek nie! Hulle het ook hulle “flaws” en is net menslik!

  8. Doom At

    Ek het deur so ‘n tyd gegaan, tot ‘n vrou wat in ‘n motorhuis bly wat aan pille verslaaf was en niks gehad het nie vir my ‘n koppie tee gegee en dis al wat sy gehad het, sy het gedink ek is die lig baken in die wereld, al het ek self nie so gedink nie, sy het gedink ek is die beste ding sedert gesnyde brood, en my geloof was swak agv Da Vinci code en nonsens, die essence Doom is nie altyd wat ons weet nie, maar wat ons doen en wat ons beteken, My liewe Doom sien jouself deur my oe vir ‘n sekonde en twyfel nog, beter nog sien jouself deur God se oe en twyfel nog…., ons se altyd die wereld is stukkend, kom ons kyk na die mooi wat daar ook is, God maak nie gemors nie,

    Doom At jy kan van my verskil ek sal dit respekteer, maar kyk net die blog van jou en sien self, al die hoop wat jy gee.

    Tiens

  9. My boodskappe sukkel vandag om deur te gaan. Probeer maar weer.

    Ek stem saam met Justine. Attie, wil net byvoeg:

    Soms raak mens so besig met die dinge van die Here dat jy nie by die Here van die dinge uitkom nie. Soms maak die Here ons stil, sodat Hy die vurige verhouding wat ons eens met Hom gehad het weer kan aanblaas.

    Ander Doom, dankie vir jou eerlike brief. Selfs daar waar jy dit nie kan sien nie, het die Here weer vandag deur jou gewerk.

  10. Droogte nee ek jou nie dit noem nie, Habibi ( my Dear ) Hayati ( My Life) hoekom twyfel jy? God het vir ons so lief, en ek weet die onsettende druk waardeur jul gaan, maar daar is mooiheid ook, liefde, kleur en geluk, die kombinasie van dit en alles wat die lewe die moeite werd maak, maar in die tyd het ons jou nodig meer as ooit te vore, twyfel is amper ‘n luxery wat ons nie kan bekostig nie, ons moet net glo, wanty dit is waaroor alles gaan, as ons geweet het hoekom sou ons geloof nodig gehad het?
    My broer sien jouself deur my oe

  11. Zee

    Ek weet hulle is net mense, en hulle is nie veronderstel om perfek te wees nie, maar nie te go nie? agv ouens soos waarnemer wat twyfel in hul inboesem, en JM en Spanneberg ens ens ens, nee dan praat ons hard, hulle kan maar naar wees, dis maar so…..
    Ek kan vir se wat hul wil hoor, maar ek kies om te se wat hul moet hoor….
    Sorrie manne!!! julle is my vriende en ons los ons maatjies nie!!
    En ek gaan ook nie – glo my!!

  12. thinus, dalk moet jy groener, minder droog weivelde soek. Hierdie is nie vir perfekte mense soos jy nie!

    Attie, dalk tyd vir ‘s’ knoppie!

    Doom Droogte, JY het my respek! Jy is mens, en dis wat tel! En jy het guts. Die Here het obviously rede vir hoe jy voel! Hy luister ook na 3 min gebede!

  13. Attie
    Ek dink wat jou vriend doen deur sy erkenning is grootmoedig en dit vertel ons baie van sy eerlikheid en opregtheid met die Here.
    Ek dink hy het net ‘n goeie laaang rus nodig.

  14. Zee: Ek dink jy sê dit raak. Dominees is net mense. Hulle raak moeg en leeg getap. Ek het met my vriende gepraat en dit is die geval.
    Thinus: Daardie vrou het vir jou ‘n koppie tee gegee. Dalk sal ‘n bemoedigende woord en ‘n woord van verstaan ook hier die verskil maak.
    Platterfuss: Jy is reg dink ek, die Here ken ons by die naam. In die doom se geval dink ek nie die Here is die wagtende pa ek dink hy is die pa wat gaan soek. Hy gaan bly roep tot hierdie doom en elke ander een wat Hom soek en na wie Hy soek weer by die huis is. Daai koppie koffie… doen daai ding.
    Alec: Ek dink jy verstaan dit vat guts vir ‘n dominee (en enige gelowige wat in ander se oë geestelik meer volwasse is) om so iets te erken. Ek het die lang rus aanbeveel.
    Dankie vir julle insette.

  15. Ek wonder of hier iemand is wat kan identifiseer met die geestelike droogte wat hierdie dominee vriend van my beleef. Thinus het nou al gesê dat hy so ‘n tyd beleef het en dat ‘n vrou se koppie tee die verskil gemaak het.
    Ek het einde verlede jaar so ‘n tyd beleef toe ek onder die skerp tong van ‘n vrou moes deurloop en sy my vir omtrent ‘n uur sleg gesê het, sonder dat ek een enkele woord in verdediging kon sê. Ek het uiters minderwaardig en verwerp gevoel. Ek het ‘n maand se verlof geneem en baie tyd alleen by die Here deurgebring.
    Ek wonder of jy ook al so ‘n ervaring gehad het, wat dit veroorsaak het en hoe jy daaruit gekom het. Dalk is jy nog nie daardeur nie.
    terloops: Daar is ‘n stuk genesing daarin om dit te sê of te skryf, en jy skryf mos meeste van die tyd onder ‘n skuilnaam.

  16. Dagsê, Doom

    Droogte.
    Is ongewens, maar nodig.
    Is ongerieflik, maar noodsaaklik.
    Is vernietigend, maar balanserend.

    Doom en Ds.Droogte, ou ding sal nogal kan luister na hierdie Ds. Droogte. Want hy ken van.

    Miskien verwoord Tiens homself net ‘n bietjie sterk – maar lees mooi wat hy sê en skei self die koring van die kaf. Nie een van die kommentare hierbo is net nat twak nie. Die kommentare hierbo spreek vir ding van omgee; nie van ordentlik wees nie, maar van OMGEE. Platsus, stadig oor die klippe, eeplaaaatmettiestrepie – Tiens is ‘n dierbare ou en hy is so tuis by hierdie koffietafel dat ding hom al as deel van die tafel begin sien, hoor. En Tiens het ook maar al op die harde manier geleer, dink ding, die dat hy nie tyd mors met commercials nie.

    Doom, jy vra wat ding sou sê vir die Ds. Droogte as hy nou sy briefie vir ding sou skryf. Ding skryf vir Ds. Droogte vandag op ding se stoep.

  17. Terug pieng: DING SE DINGE
  18. Nou dat ek almal kwaad het en ons het almal lekker gehuil en ons self jammer gekry, die bloed omloop is nou weer beter……..

    Ek is ‘n ou wat laaik om te hengel, en ek kan goed hengel.
    Maar so nou en dan dan blank jy heeltemal en vang niks partykeer vir weke aan een, dan is dit wanneer ons ander aas probeer en beter metodes soms is dit net back to basics, sien dit werk so: ‘n mens moet partykeer uit balans uitgaan om weer in balans te kom, so se ‘n springbok hengelaar, nou, dominees gaan julle uit balans uit, maar glo my, as jul weer in balans kom, dan gaan dit ander dominees wees die’, sterker, wyser en meer van alles…..

    Totsiens

    Tiens

  19. Hallo Julle almal
    Lanklaas geskryf…
    Ds Droogte graag wil ek vir jou se sterkte, ek kan sommer voel jy is n Doom wat omgee vir mense. My raad is as ek hierdie breif sou kry is om eerste vir jou te bid en te bid.
    Jy het stilte nodige n n pen of n skoottikmasjien. El glo ook aan die skryf ding dan kan ek later terug lees en sien hoe ek weer besig is om n groener omgewing binne te gaan
    ek sou ook vir jou se “DANKIE TOG” jy is nog steeds so n gewone mens soos jou gemeente lede en as ek in jou gemeente is sal ek jou af gee om te rus en vir jou n koek bak en dankie se vir n mense mens Doom!!!!
    STERKTE

  20. Liewe Doom

    Geestelike droogte is nie onbekend aan enige kind van God nie. Vele geloofshelde het tye van geestelike droogte beleef, dikwels na groot geestelike oorwinnings. Dink byvoorbeeld aan Elia se stryd teen Agab en Jesebel en die depressie wat hom daarna getref het. Verblydend dat God altyd sy diensknegte na geestelike oprig. Hy sal die geknakte riet nie breek nie. Die goeie ding van geestelike droogte is dat dit mens opnuut nadertrek aan God en mens bewus maak van die absolute bankrotskap van die mens voor God – ons is selfs in ons verhouding met Hom van Hom afhanklik! Daarom dat die gelowige waarlik “arm van gees” is.
    Wat dan gedaan wanneer ons geestelike droogte in ons lewens beleef? Verklaar opnuut jou absolute afhanklikheid van Hom. Hou vas aan sy belofte. Verwag die uitkoms terwyl jy volhard om sy wil te soek en te doen. Verbly jou in die Here in alles – ook wanneer jy terneergedruk is. Spandeer tyd in sy teenwoordigheid – doen juis dit wat jy moeilik vind om te doen: bestudeer jou Bybel, probeer nuwe metodes om dit effektief te bestudeer: sistematies, grondig met die verwagting dat God elke oomblik wat jy daarmee gemoeid is, met JOU wil praat; dat Hy jou wil onderrig.
    Vestig jou aandag op God se beloftes, dat alles wat ons oorkom, vir ons beswil is – selfs geestelike droogte. Verbly jou daarin dat God hierdie tyd met JOU bemoeienis maak – Dit is sy AFSPRAAK met jou persoonlik!

  21. Thinus; amper al bietie laat, maar sien jou punt raak broer!

    Ek het ook al deur sulke tye gegaan waar ek stitltetyd wou hou omdat ek ‘n verhouding met die Here het, nie omdat deel van my “werkbeskrywing” is nie.

    Sommer net op ‘n ander noot; ek verpes dit as die tieners my doom noem; veral nadat ek goed moes kry vir ‘n kamp en die een tiener vir my vra: “Kon doom hierdie week die goed kry”?
    Noem my dan liewer oom!

  22. Droogte of Woestynland

    Om sin te maak van my eie persoonlike ervaringe, spesifiek die ‘onuitgesproke gewaarwordinge’ veral as dit gaan oor aspekte wat mens nie kan, mag, of wil deel nie kan dit rampspoedige gevolge teweeg bring; dit veroorsaak geweldige innerlike konflik wat jou denkpatrone, optrede en innerlike vrede heeltemal kan saboteur. Ek kan identifiseer hiermee…

  23. To each his own

    Attie is ʼn baie dierbare mens en juis daarom het ons vir hom ʼn spesiale troetelnaam gegee; ‘Doom’

  24. Thinus en al die ander saamgeselsers

    Ek dink nie die probleem is regtig al die Da Vinci Codes en publieke antagonisme teenoor die kerk nie. Want “in die kerk” gebeur dit maklik dat jy jou nie eers steur aan sulke goed nie. Jy is in die kerklike sisteem, mense verwag sekere optredes van jou. En jy leer dit bitter vinnig.

    So jy begin funksioneer soos Microsoft Windows. Jy het ‘n klomp programmetjies wat gelyk hardloop. Op ‘n gegewe oomblik het jy wel net een window oop vir ‘n spesifieke program waarop jy fokus. Bv. ‘n begrafnis. More is dit ‘n preek, so jy kliek gou op die ander window. Jou geloof word jou werk. Wanneer jy Bybel lees, het die preekmaakprogrammetjie nie ophou werk nie, so jy luister nie vir jouself nie, jou brein hardloop om die moontlike preek-opsies te ontgin.

    En jy raak disconnected van jouself EN die mense om jou. Want hulle geloof raak jou verantwoordelikheid.

    Maar die grootste behoefte, dink ek, is nie om ‘n bekwame dominee te he nie. Iemand wat alles wonderlik kan doen nie.

    Die behoefte is om n dominee te he met wie jy kan connect as mens.

    Father Abraham is tog seker een van jou geloofshelde, Thinus? Hy word die vader van ons geloof genoem… Maar gaan loer bietjie wat vang hy alles aan nadat God hom laat wegtrek het van Tera af. Hy jok oor sy vrou. Hy kry by ‘n ander vrou ‘n kind omdat hy nie meer glo dat God hom en Sara ‘n kind gaan gee nie. En so aan. En dis in daardie verhale van die mens Abraham wat jy sien hoe dit eintlik gaan oor God, en wat Hy doen.

    (En sorry, Thinus, dat ek nou op jou kom pick, maar jy het die aas gegooi :lol:)

    So ek moes leer om myself weer te ontdek. Aanvaar dat ek in sommiges se oe ‘n mislukking gaan wees. En nou is ek vry om te connect met mense waar hulle is, want ek hoef nie aan hulle verwagtinge te voldoen nie.

  25. Is dit nie dalk daardie ding van “so besig met die dinge van die Here dat jy nie jy die Here van die dinge kom nie”.

    Ek kry ouens wat in die bediening staan soms baie jammer juis omdat hulle ander deurgaans moet bedien…maar min besef dat hulle mos ook bedien moet word deur hulle medemens…deur hulle broers in Christus!

    Ek dink Geestelike droogte is die mees produktiewe tyd in enige Christen se geloofslewe – want dis dan wanneer jy weer touch-base…weer terug gaan na die essensie van “waarom glo ek?” en ook “ek is net mens”.

  26. Freddy

    Ek aanvaar daai pakslae van jou, my bedoeling was goed ek wou die manne wakkerskud, was dalk ‘n bietjie zealous, maar ons het dit so nou en dan nodig, Ds Attie en Oom Droogte is my ligjare voor, miskien moet ek eers leer om te verstaan….

    Skaamkry Tiens

  27. Soos ek netnou daar by Ding se brief gesê het, God werk op wonderbaarlike wyses. Hier gebruik Hy Ds Droogte (as ek mag Ding) se situasie om met so baie ander mense te praat wat met dieselfde probleme worstel. God is waarlik groot. Baie dankie Attie vir die Koffietafel.

Lewer kommentaar op Thinus Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.

Up ↑