VRYGESPREEK

Die Romeine brief bring die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus. Die goeie nuus is: ‘n Nuwe manier waarop mense se verhouding met God reggemaak/herstel kan word. Omdat dit sonde is wat ons mense se verhouding met God  deurmekaar krap, kan ons mens se verhouding met God net reggemaak word as God iets aan die sonde doen. God spreek mense vry van hulle sonde enkel en alleen omdat hulle glo.

Romeine 3:21-31 verduidelik hoe hierdie vryspraak gebeur. Lees voort “VRYGESPREEK”

GOD KOM OM TE OORDEEL

Ons lees soms gedeeltes in die Bybel wat ons nie weet wat om daarmee te maak nie. In gister se gedeelte het ons gelees van die goeie nuus van die evangelie wat ‘n redding is vir elkeen wat glo. ‘n Wonderlike stukkie vertroosting. Vandag lees ons oor die oordeel van God.

Die mens in die een en twintigste eeu wil nie hoor of weet van enige vorm van oordeel nie. Tog is dit deel van die boodskap van die Bybel en deel van die geloofsbelydenis wat in baie kerke bely word – Jesus kom weer, en Hy kom om te oordeel, die lewende en die dode.

Vyf beginsels van God se oordeel: Lees voort “GOD KOM OM TE OORDEEL”

BYBELLEESPROGRAM

Ons gemeente lees vir ‘n paar weke uit die briewe van Paulus. Jy is welkom om saam te lees. Wanneer die tyd dit toelaat skryf ek hier op die “blog” ‘n paar woorde oor die gedeelte wat ons daardie dag lees. Ons leesprogram vir die week is:

Maandag 21 Januarie: Romeine 1:16-32

Dinsdag 22 Januarie: Romeine 2:1-16

Woensdag 23 Januarie: Romeine 3:21-31

Donderdag 24 Januarie: Romeine 4: 1-25

Vrydag 25 Januarie: Romeine 5:12-21

Saterdag 26 Januarie: Romeine 6:1-23

Sondag 27 Januarie: Romeine 7:1-25

MORALISM VERSUS RELATIONSHIP

Ek is op reis. Selfs my bestemming is vir my onseker. Ek sou dit met baie Bybelse woorde kon beskryf, maar selfs daardie woorde sou net ‘n vae beskrywing wees van waarheen ek regtig op pad is. In my op reis wees neem ek dikwels ander mense se woorde as rigtingwysers. Een van hulle is Leonard Sweet. Ek haal vanoggend ‘n stuk van Leonard Sweet aan uit “Out of the Question  – Into the Mystery.:

“Biblical faith is not about living a moral life. Thats religion. Biblical faith is not about living the “good life”. That’s capitalism. Biblical faith is about living the GodLife. An abundant life with the living God is living in a GodLife relationship.

Obedience, in the biblical sense is not “doing what you are told.” Lees voort “MORALISM VERSUS RELATIONSHIP”

ONS LEEF IN NUWE TESTAMENTIESE TYE

Op een van my opmerkings op iemand anders se opmerking op een van my posts (klink ingewikkeld nè) het ek die opmerking gemaak dat ons in Nuwe Testamentiese tye leef waarop iemand anders op daardie opmerking die opmerking gemaak het en gevra het of ek regtig dink ons leef in Nuwe Testamentiese tye. Ek wou nie daar antwoord nie, want ek wou nie die draad van daardie gesprek in nog ‘n nuwe rigting stuur nie. Die waarheid is, ek glo ons leef in Nuwe Testamentiese tye. Ek gaan probeer om aan die hand van ‘n voorbeeld te verduidelik wat ek (en ‘n hele paar ander mense) daarmee bedoel. Ek gaan die voorbeeld van vergifnis gebruik.

Hierdie is na aanleiding van iets wat ek by Scott McKnight gelees het.

In die Ou Testament is God se vergifnis aan die orde van die dag, maar daar is feitlik nie ‘n oproep of ‘n uitdaging vir mense om mekaar te vergewe nie. Lees voort “ONS LEEF IN NUWE TESTAMENTIESE TYE”

OM GEESTELIK VOLWASSE TE WEES

Tog snaaks hoe mense met ‘n verkeerde persepsie het van geestelike volwassenheid leef. Die een wat die Bybel die beste ken of elke godsdienstige vraag met die aanhaal van ‘n hele paar tekste kan antwoord of die persoon wat deur ander mense gesien word as ‘n geestelike leier of die persoon wat die maklikste en die meeste oor sy geloof kan vrae of die een wat ‘n vraag kan vra waarop iemand nie ‘n antwoord het nie of die persoon wat die meeste ure in gebed deurbring of die persoon wat die meeste Bybelstudie doen of die persoon wat al die meeste mense na “Jesus toe gelei het” – maklik en dikwels word hierdie mense gesien as die geestelik volwasse persson.

In ons Bybelleesprogram lees ons vandag 2 Korintiërs 13:5-10. Paulus bid onder andere vir die geestelike volwassenheid van die gemeente.

Die Korintiërs het gedink Paulus is ‘n swakkeling en het graag gespog met hulle eie geestelike krag teenoor die van Paulus. Daar was ‘n duidelike teken van geestelike hoogmoed – dalk selfs geestelike verwaandheid – by die gemeente te bespeur. In sy eerste brief aan hierdie gemeente beskryf Paulus dit so: Lees voort “OM GEESTELIK VOLWASSE TE WEES”

OM GOD SE VERGIFNIS TE BELEEF

In ons gemeente se Bybelleesprogram lees ons vanoggend Psalm 51. Dawid skryf die Psalm nadat hy deur die Here uitgevang is dat hy met Batseba owerspel gepleeg het. ‘n Doelbewuste sonde en moord met voorbedagte rade waar die koning van ‘n land sy magsposisie misbruik het om sy wellus te bevredig en selfs nie gehuiwer het om ‘n man dood te maak sodat sy oortreding minder sleg kan lyk nie.

Ek stel dit so kras, want as daar vir so ‘n man vergifnis is, dan tog sekerlik vir my ook. Ek wil nie eers begin om voorbeelde te noem van mense wat God se vergifnis nodig het nie. Mense neem aanstoot as mense hulle van sonde probeer oortuig. Ek het dikwels God se vergifnis nodig. Ek het dikwels my medemens se vergifnis nodig. Ek het dikwels nodig om Psalm 51 te lees.

Wat daarvan ons lees vanoggend hierdie Psalm deur en laat toe dat die Psalm met ons werk soos die Psalm met ons wil werk. Lees voort “OM GOD SE VERGIFNIS TE BELEEF”

OM GOD SE STEM TE HOOR

Kan ‘n mens vandag die Here se stem hoor?

Ek het gisteraand ons tieners se selgroep gehad – hard werk, hulle hou net nie op nie.  Uit ons gesprekke het hierdie saak ook aan die orde gekom – hoe weet mens as die Here wil hê jy moet iets doen? Ander sou die vraag dalk ‘n bietjie anders vra. Bv.: Hoe hoor ‘n mens die Here se stem?

Volgens ons gemeente se Bybelleesprogram, lees ons vandag ook die gedeelte in Handelinge 13:1-3 oor die eerste gemeente wat saam was en toe het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” (Handelinge 13:2) Die ander baie bekende voorbeeld in die Nuwe Testament is natuurlik Johannes op die eiland Patmos. Vyftien keer in die Nuwe Testament praat God met mense. (Uitgesonderd die sewe kere in Openbaring.) Lees voort “OM GOD SE STEM TE HOOR”

GROEPSDRUK – WEEREENS

Dit lyk my groespdruk is ‘n werklikheid. Ek gaan vandag kyk of ek ‘n paar tieners hier kan kry om saam te gesels. Ek wonder as mens die volgende raad vir tieners gee, of dit sal help:

(i) Weet wat jy weet en moenie toelaat dat iemand jou kop deurmekaar praat nie. (Ken jou persoonlike waardes.)

(ii) Sê wat jy dink en voel. Moenie iemand probeer oortuig nie, dan gaan hulle jou ook probeer oortuig.

(iii) Aanvaar dat jy een of ander tyd die ongewilde en “un-cool” ding sal moet doen om “nee” te sê vir iets wat vir die hele groep lekker lyk. Berei jou voor vir daardie dag.

(iv) Wanneer jy vir iets “nee” gesê het en nie met die groep saam gegaan het nie, gaan daar van jou vriende wees wat jou of vir ‘n paar minute of vir die res van jou lewe gaan terg daaroor, maar daar gaan ook daardie persone wees wat jou respekteer vir die feit dat jy jou standpunt gehandhaaf het. Lees voort “GROEPSDRUK – WEEREENS”

TIENERS – IS GROEPSDRUK ‘N “ISSUE”?

Tieners is kudde diere. Hulle leef, beweeg en bestaan in groepe.

My matrikulant tiener stap Vrydag-aand met ‘n lang gesig by die TV kamer in. Toe ek vra wat aangaan sê sy al haar vriende gaan vanaand by ‘n sekere kuierplek wees en sy het gesê sy het reeds gesê dat sy nie sal kan gaan nie, want sy weet ek sal haar nie toelaat om na ‘n plek toe te gaan waar onder andere drank bedien word nie en nog die potensiaal het dat ‘n groot klomp ander dinge ook kan gebeur. Einde laaste voel ek my kind se sosiale lewe kan nie lei onder my rol in die gemeenskap nie. Ek gee my toestemming dat sy mag gaan. Natuurlik was die manipulerende lang gesig toe vergete. My enigste voorwaarde was ek stap saam met haar in en gaan kyk wat daarbinne aangaan en as ek dink dit is nodig, dan kom sy saam met huistoe.

Ek voel omtrent soos ‘n “celebrity” toe ek daar instap, want die meeste van die tieners wat my ken is bly om my te sien. Lees voort “TIENERS – IS GROEPSDRUK ‘N “ISSUE”?”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑