‘N DAG VOL LIG EN WAARHEID

“Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” (1 Joh 1:5)

Die mens se karakter word in ‘n baie groot mate bepaal deur die karakter van die God wat hy aanbid. God is lig.

Om te sê God is lig wil ons aandag vestig op:

(i) God se grootsheid en heerlikheid.

(ii) God is self-openbarend. Lig kan nie weggesteek word nie. God wil dat ons Hom sal ken en raaksien.

(iii) God is alles wat rein en heilig is.

(iv) God is die een wat die pad aandui wanneer dit donker is.

(v) God ken alles en God weet alles, daar is niks wat weggesteek kan word in die teenwoordigheid van God nie. In sy teenwoordigheid kom ons eie onvolmaakthede na vore.

In Hom is daar geen duisternis nie:

(i) Die duisternis staan vir die lewe sonder Christus. God het ons as Christene uit die duisternis geroep na sy wonderbaarlike lig. ( 1 Petrus 2:9)

(ii) Duisternis is vyandig teenoor die lig. Die lig van Christus het in die duisternis van hierdie wêreld kom skyn en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. (Joh. 1:5)

(iii) Duisternis staan vir die mense wat niks van Jesus Christus wil weet nie. Die mens wat in hierdie duisternis van die een punt na die ander beweeg, weet eintlik nie waar hy gaan nie. (Johannes 12:35) Jesus het gekom sodat die wat in Hom glo nie in hierdie duisternis sal ronddwaal nie. (Joh. 12:46)

(iv) Duisternis staan vir die chaos van hierdie lewe sonder God. “In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!”En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.” (Genesis 1:1-4)

(v) Die duisternis staan vir immorele lewe sonder God. Die mense het eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. (Joh. 3:19) Die duisternis staan vir daardie dinge wat die mens sonder Christus in die skadus moet doen want hulle kan nie bekostig dat dit aan die lig gebring word nie.

(vi) Die duisternis staan vir geen groei nie. (Sien Ef. 5:11) Groei kan nie gebeur sonder lig nie. Die vrug van die Gees kan nie groei in die duisternis nie.

(vii) Die duisternis staan vir ‘n lewe van liefdeloosheid en haat. (1 Joh. 2:9-11) As iemand sy broer haat is dit ‘n teken daarvan dat hy in duisternis lewe.

(viii) Duisternis staan vir die magte waarteen die mense wat in Jesus Christus glo weerstand moet bied. (Ef. 6:12)

“As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.” (1 Joh 1:6-7)

‘n Meer geleerde man as ek skryf so oor hierdie twee verse:

“Here John is writing to counteract one heretical way of thought. There were those who claimed to be specially intellectually and spiritually advanced, but whose lives showed no sign of it. They claimed to have advanced so far along the road of knowledge and of spirituality that for them sin had ceased to matter and the laws had ceased to exist.”

In antwoord op hierdie “heretics” beklemtoon Johannes die volgende:

(i) As jy met God ‘n verhouding wil hê, dan moet jy in gedagte hou dat God lig is en dan rus daar op jou die verantwoordelikheid om jy in die morele en etiese lig van God te lewe. C. H. Dodd skryf: “The Church is a society of people who, believing in a God of pure goodness, accept the obligation to be good like him.” Dit beteken nie dat net volmaakte mense in ‘n verhouding met God kan lewe nie, maar dit beteken dat die mense wat in ‘n verhouding met God lewe altyd bewus sal wees van hierdie moreel-etiese verantwoordelikheid wat hy het.

(ii) Mense wat beweer dat hulle al so gevorder is in die waarheid dat hulle nie hierdie moreel etiese aanmanings nodig het nie, weet dalk die waarheid, maar die waarheid moet ook gedoen word. Die waarheid het nie net te maak met die verstand nie, maar het te make met elke stukkie van my liggaam en my lewe. Waarheid is nie net die ontdekking en die verstaan van abstrakte konsepte nie, waarheid het te make met die uitleef van die konsepte in die konkrete lewe van elke dag. Ons wil graag die waarheid en die kennis van die waarheid losmaak van die morele, maar ons kan nie.

Die Bybel gebruik baie interessante woorde saam met waarheid.

Rom. 2:8: Mens moet die waarheid gehoorsaam;

Gal 2:14: Waarheid is ‘n pad waarop ‘n mens loop.

2 Tim. 3:8: Mens kan jou teen die waarheid verset;

Jak 5:19: Mens kan van die waarheid wegdwaal.

Ten slotte:

“There is such a thing as might be called “discussion circle Christianity.” It is possible to look on Christianity as a series of intellectual problems to be solved and on the Bible as a book about which illuminating information is to be amassed. But Christianity is something to be followed and the Bible a book to be obeyed. It is possible for intellectual eminence and moral failure to go hand in hand. For the Christian the truth is something first to be discovered and then to be obeyed.”

Mag jou dag gevul wees met lig en waarheid.

One thought on “‘N DAG VOL LIG EN WAARHEID

Add yours

  1. Attie, nadat ek jou mooi uiteensetting gelees het kom daar toe ‘n bekende gesegde by my op: “the proof is in the eating””!
    Dankie vir ‘n bemoedigende stukkie kos.

    Willem

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: