TWEE DINGE

Twee dinge het gebeur.

Ek moes gister vir ‘n paar ure langs my pa sit en sy hand vashou. Ek was op ‘n stadium seker dat hy dit nie gaan maak nie. Twee keer het hy diep asemgehaal en elke keer het ek gedink – hierdie keer is dit die laaste keer. Skielik het ek gewonder: Sê nou daar is nie ‘n opstanding nie. Sê nou Jesus het nie uit die dood opgestaan nie. Wat dan? Gelukkig lewe hy vandag nog en lyk hy baie beter. Maar as die opstanding nie waar is nie…

In my voorbereiding vir vandag is dit deel van my boodskap aan die gemeente dat hulle nie moet ophou getuies wees nie en dat hulle met hart en siel getrou met bly aan die Here. Ek ek het besef dat ek nie dit vir die gemeente kan sê as ek self nie getrou kan bly nie. Ek sal terug wees, maar ‘n paar dinge gaan verander. Ek gaan heel eerste ‘n paar poste skryf oor wat hoe ek oor die opstanding voel en dink. Want, ek glo dat Jesus Christus gesterwe het en begrawe is en op die derde dag het dieselfde Jesus met ‘n verheerlikte liggaam opgestaan. Ek glo in die liggaamlike opstanding van Christus. As Christus nie opgestaan het nie, dan is ons die beklaenswaardigste van alle mense.

Hier skryf ‘n twyfelaar wat glo.  Ek is oor baie dinge onseker, maar dit beteken nie dat ek nie weet wat ek glo nie. Ek twyfel meet kere as wat ek glo, maar dit beteken nie dat die Hemelse my uit sy hand laat val nie. Ek verstaan minder  dinge as wat ek nie verstaan nie. Ek waarskynlik sal ek oor ‘n tyd oor die dinge wat ek dink ek verstaan bietjie anders dink. Maar dit beteken nie dat die dinge wat ek nou dink ek verstaan verkeerd is net omdat iemand anders dit anders verstaan nie.

Kommentaar is gesluit.

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: