Die Romeine brief bring die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus. Die goeie nuus is: ‘n Nuwe manier waarop mense se verhouding met God reggemaak/herstel kan word. Omdat dit sonde is wat ons mense se verhouding met God deurmekaar krap, kan ons mens se verhouding met God net reggemaak word as God iets aan die sonde doen. God spreek mense vry van hulle sonde enkel en alleen omdat hulle glo.
Romeine 3:21-31 verduidelik hoe hierdie vryspraak gebeur.
(i) Ek word nie vrygespreek omdat ek ‘n sekere aantal dinge reg gedoen het nie. (Rom. 3:21b)
In die tyd van die Ou Testament was daar die wet. Elke keer as ‘n Jood ‘n wet oortree moes hy eers ‘n offer bring. Afhangende van hoe groot sy sonde was en hoe ryk hy was, moes hy dalk selfs ‘n skaap bring, maar arm mense kon ook maar ‘n duif bring om te offer. Die enigste kans wat ‘n Jood gehad het om vrygespreek te word is om so min sonde as moontlik te doen, en met die offers een voor die sonde te wees. Al hierdie dinge het vooruit gewys na die Messias.
(ii) Ek word wel vrygespreek omdat ek in Jesus Christus glo. (Rom. 3:22a)
Die offers en die meeste van die ander gebruike in die Ou Testament het vooruit gewys na die koms van die Messias – Jesus Christus. Jesus is die offerlam van God wat vir ons geslag is. Jesus betaal met sy lewe die sondeskuld van die ganse mensdom. “DIt is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan elkeen wat glo.” (Rom. 3:21-22) Dit wat God aan almal gee wat in Jesus Christus
Vryspraak is ‘n juridiese term. Met ander woorde dit is iets wat in ‘n hofsaak gebruik word. Wanneer iemand van een of ander iets aangekla word, dan vind daar ‘n verhoor plaas. Die regter luister na al die klagtes en al die getuies en na die verdediging en wanneer dit klaar is, gee die regter sy uitspraak.
Romeine 3 sê dat wanneer ek in Jesus glo is dit asof daardie hofsaak gebeur het. Ek is aangekla, Hy het die getuienisse teen my oorweeg, maar Hy het ook gehoor dat ek as verdediging aanvoer: Alles wat teen my gesê word, is waar. Maar, ek wys U ook op Jesus se sterwe aan die kruis. Daardie sterwe was ook vir my. Dan… vryspraak. Jy is onskuldig. Jou skuld is betaal.
Vrygespreek deur my persoonlike geloof in die genadewerk van Jesus Christus.
(iii) Die vryspraak is vir alle mense. (Rom. 3:22b-23)God se vryspraak is sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het die vryspraak nodig, want almal het gesondig. Die Goeie Nuus van verlossing in Jesus Christus is vir alle mense. In sy Woord laat God ons verstaan dat geen mens nie die verlossing wat Jesus Christus bewerk het nie nodig het nie. Maar daar is ook geen mens vir wie die verlossingsboodskap nie bedoel is nie. In die Ou Testament was dit net die Jode – in die Nuwe Testament is dit alle mense.
(iv) Ek kan nie hierdie vryspraak verdien nie – vryspraak is genade van God. (Rom. 3:24)Warren Wiersbe skryf oor hierdie gedeelte: “God has two kinds of attributes: absolute (what He is in Himself), and relative (how He relates to the world and men). One of His absolute attributes is love: “God is love” (1 John 4:8). When God relates that love to you and me, it becomes grace and mercy. God in His mercy does not give us what we do deserve, and God in grace gives us what we do not deserve. The Greek word translated “freely” is translated in John 15:25 as “without a cause.” We are justified without a cause! There is no cause in us that would merit the salvation of God! It is all of grace!”
Dalk moet jy tyd neem om dit weer te lees. God se liefde in sy verhouding met ons kom tot uitdrukking in “mercy” – hy gee nie vir my wat ek verdien nie. (Ek verdien die ewige straf – Hy gee dit nie.) Maar God se liefde as “grace” beteken dat Hy vir my iets gee wat ek nie verdien nie. (Hy gee vir my die ewige lewe – ek verdien dit nie.)
(v) God se vryspraak is verniet maar nie goedkoop nie. (Rom. 3:24b-25)
Drie woorde: Offer; bloed; versoening. Dit is wat dit God gekos het. Die versoening beteken dat hier iets gebeur het wat vir God in sy absolute heiligheid die geleentheid gee om mense wat in die Naam van Jesus Christus na Hom toe kom kan vryspreek sodat Hy weer met hulle versoen kan word. Daar is aan God se eise voldoen.
“Bloed” sê wat die prys was – die prys was Jesus, God se Seun wat aan die kruis gesterf het.
Ek en my vrou was in Augustus verlede jaar in Pittsburgh in die VSA vir opleiding. Pittsburgh is nogal ‘n redelike groot stad. Die wonderlike ding vir ons was dat jy by enige stasie in Pittsburgh op die trein kan klim en na enige ander punt in Pittsburgh ry sonder om te betaal – dit was verniet. Maar, die trein was nie goedkoop nie. Dit het die munisipaliteit miljarde dollars gekos om daardie trein te bou en dit kos hulle jaarliks miljoene om dit in stand te hou. Die rit was verniet maar nie goedkoop nie. Die vryspraak in Christus is ook verniet, maar moenie die fout maak om te dink dit is goedkoop nie.
Baie, baie dankie.
Doom
Die snaakste ding gebeure met my gisteraand, en ek lees so deur Rev se blog, hy is kontroversieel maar goed, toe gaan slaap ek en word in die middel van die nag wakker en toe voel ek vir die eerste keer waarlik vry, ek swewe vandag omdat ek voel dat el lief gehet word, ek hoef nie meer skaam te kry of masker te dra nie, ek voel goed genoeg, ek verstaan nou eers na al die’ jare die evangelie van die Koningkryk van God.
Ek verstaan nou die Vryspraak baie beter
Tiens
Eintlik is daar ‘hoop’ vir almal van ons… Duur maar dis daar!
wag-‘n-bietjie: Ek is dankbaar omdat jy dankbaar is.
Thinus: AS mens se oë oopgaan vir God se liefde… vrede, onuitspreeklike vrede.
platterfuss: HEt jy gesien jou naam was vandag op die voorblad van Beeld. Die Goeie Nuus van die evangelie is: Daar is hoop. Hoop wat God sy Seun gekos, het, maar dit is hoop. Duur hoop. Kosbare hoop.
eish! Darem net die naam! Hehe! Sal my leer om my mond te rek! Blykbaar mag ek nie teen aborsie en egbreuk wees nie! Sal jou my handtekening stuur!
As dit nie vir hoop was nie…