HOE LANK NOG HERE?

Ek wens geloof en Christenskap was alles net lekker “plain sailing” gewees. In aansluiting by gister se gedagtes oor vyandskap, dink ek dit is waar dat ons as Christene dikwels self verantwoordelik is vir die vyandskap wat oor ons pad kom. Maar, dit is nie altyd so nie, daar is ook die mense wat daarop uit is om Christene te verkleineer en te verneder.

Ons menings en standpunte en oortuigings word soms op die mees brutale en gevoellose wyse aangeval en uitmekaar geskeur. Enige soortgelyke optrede van Christene se kant af word onmiddelik uitgewys as die rede waarom mense nie glo nie. Daarmee saam is dit ons primêre roeping om God en medemens lief te hê, met die gevolg dat ons soms soos vlugtelinge leef. Ons bly net, net buite bereik van die mense wat ons jag. Ons wil nie terugslaan nie, want die saak waarvoor ons lewe is baie belangriker as ons eie reputasie en ons selfs ons eie lewe.

Ons bly net op die vlug. Terwyl mens so op die vlug is, wonder jy: Is dit alles die moeite werd? Hoekom doen God nie iets hieraan nie? Mens se gedagtes klink soms so:

“Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?

Vir altyd?

Hoe lank gaan U nog van my af bly weg kyk?

Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring?

Hoe lank sal die vyande my nog oorheers?

Luister tog en antwoord my, Here my God!

Gee my tog nuwe lewenskrag.

Ek wil nie sterwe nie, anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang.

Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.

Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” (Psalm 13)

Dit gebeur van tyd tot tyd dat ek net gaan sit en hierdie Psalm aan die Here voorlees omdat ek nie my eie woorde kan genereer nie. Toe ek ons leesrooster uitgewerk het en die gebede afgewissel het met die een dag uit die Ou Testament en die volgende dag uit die Nuwe Testament, het ek nie besef dat dat ons twee gebede oor vyande twee dae na mekaar sal hê nie.

Na alle waarskynlikheid skryf Dawid hierdie Psalm in die tyd toe Saul se manne hom gejag het. In Dawid se hart het die hoop geleef dat die Here self een of ander tyd vir hom uitkoms sou gee. Juis omdat Dawid nie vir Saul wou doodmaak nie.

Ek neem vandag met my saam vers 6 van hierdie Psalm. “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” Niks het verander vandat Dawid die Psalm begin skryf het nie. Al wat gebeur het is dat terwyl Dawid die woorde geskryf het, het die Here Dawid se oë oopgemaak vir wie God regtig is, en in God self vind Dawid rus.

Geloof is om die uitkoms te sien selfs al is daar geen tekens daarvan nie.

Iemand het hierdie woorde oor hierdie Psalm geskryf: “This song as it were casts up constantly lessening waves, until it becomes still as the sea when smooth as a mirror, and the only motion discernible at last is that of the joyous ripple of calm repose.”

As jy in jou lewe dalk met God aan die worstel is oor enige iets, is my wens vir jou dat jy in jou worsteling by God rus sal vind totdat “… the only motion discernible at last is that of the joyous ripple of calm repose.”

Here, by U vind ek rus.

Advertisements

23 Kommentaar

Filed under Gebed

23 responses to “HOE LANK NOG HERE?

  1. Attie GOD is in beheer van ieder en elk van se lewens, net jammer dat SATAN soms in sekere mense oorwin het. Die SATAN sal nie my ook inwin nie!! EK IS ‘N STERK CHRISTEN.

  2. kleinvissie

    Vandag is my worsteling op ‘n vlak van: Kon U nie maar die vyand in my – ek self – finaal doodgemaak het nie. Ek is soms my eie grootste vyand. Ek weet ek gaan een of ander tyd weer rus vind by my Here, maar tot dan sal ek bly vra: Hoe lank nog Here?

  3. Ja, die lewe van ‘n Christen is sonder twyfel moeilik.. Ek dink ons moet net ophou luister na eksterne gedagtes,, ons weet mos wat aangaan… Dankie vir die stukkie vandag…:-)

  4. Sharks: Hy kan nie wen nie. Hy kan dalk hier en daar ‘n veldslag wen, maar die oorlog het hy klaar verloor.
    kleinvissie: Hy hoor jou. Jy sal sien die rus kom gou weer.
    Melanie: Nie maklik nie, maar einde laaste altyd weer die moeite werd.

  5. Zee

    Attie, ek wonder of jy ons gedagtes kan lees, dis so asof jy elke dag net met my praat!

  6. Ek stem met Zee. Jou inskrywings is geweldig insiggewend – dis ‘n ministry!
    Jou inskrywing laat my die vraag vra, wat van die sg. “prosperity teologie”. Ek kry partykeer die gevoel dat hierdie teologie nie ruimte laat vir daardie tipiese “Hoe lank nog Here?” vrae nie…Immers SAL jy dit ontvang wat jy van God vra – die oorwinning (met al die insentiewe) is jou klaar toegeken – jy moet net die geloof hê om dit aan te gryp. Bestaan die gevaar nie hier juis dat mense ontnugter kan word in God en Sy wil vir hulle lewens nie? Wonder weereens sommer hardop.
    Mooi dag!

  7. Zee: Ek praat maar eers met myself.
    duskant: Oor “prosperity” of voorspoed teologie. Ek dink prosperity teologie het God uit die middelpunt uitgeskuif en die mens in die middelpunt ingeforseer. Elke stukkie swaarkry word ‘n duiwel wat verdryf moet word. Elke gebed om genesing wat nie uitloop op ‘n wonderwerk nie, word die probleem verplaas na die een toe vir wie daar gebid is. Ontnugtering gebeur die hele tyd, ons hoor net nie altyd daarvan nie.

  8. Ek vind altyd weer ‘n tuiste in die Psalms. Sekerlik die een van die wonderlikste en tydloosste boeke in die Bybel. Die Psalms raak so die mens se alledaagse worstelinge aan…
    Oor voorspoedsteologie is ek dit eens met jou!

  9. Cara Meintjes

    In Francine Rivers se “Unspoken” (‘n storie oor Batseba) is ek regtig getref deur die feit dat Dawid regtig net ‘n high-profile ou was… soos enigiemand wat ons ken wat talentvol is en passievol oor sy geloof. Hy’t boeke geskryf wat NOU nog relevant is… dit het my oe oopgemaak vir die psalms en hoe naby aan my eie realiteit hulle kan wees. So hoekom worstel ek nie so hard met die Here soos Dawid nie?? Ek wil. Ek wil bid oor alles wat aangaan in my lewe.

    En ek LOVE die gedagte dat ons in ons worsteling gesus word tot daar net ‘n vreedsame vreugdevolle gekabbel van ons stormbranders.

    Nou… hoe begin ek?

  10. Cara Meintjes

    ek bedoel liedjies, nie boeke nie. whoops. konsentrasie-lapse.

  11. Bib: Ek het gewonder waar was jy. Alledaagse worstelinge is ‘n goeie beskrywing.
    Cara: Welkom hier! Ek het gewonder hoe om daardie sin te vertaal, en hier doen jy dit in die mooiste Afrikaans. Kan ek ‘n “rain check” vat op die vraag op “… hoe begin ek?” Sien, ek het ‘n paar idees en ek wil graag nog daaroor “blog”, maar kan ek net dit noem: As jy met Hom wil praat oor alles, doen dit. Tydig en ondtydig. Altyd en orals.

  12. Kati. . .

    Yes yes . . . . Lank trg hier in geloer, ai eks so besag om mt aleramne ander gud te worstel ekt verget van GOd klink nu vreslik ma ekt sy teenwoordigheid verloor, jamer o te se ma eks teleurgesteld in God en di mense wat h op m pad sit, ek sien dit as of hy di pyn in m lewe veroorsak, want h sit ni i stop an dit ni.vyhandskap is sme iets op sy eie, dit bring jaloesi op en mak dat j andr wil haat, ek prt nu nt met m ma, ek se vi ha as ek i vriendin moes gehad het wat net soos ek was sou ek har ni as vriendin wou he ni. . . En wa is God dis asof hy m lat verdwal n da bo vi my sit n lag en kyk hu ek sukel en struikel , hierdi almagtige God ht m gelos, eks oortuig darvan en dan wonder ek is HY my vyhand?¿?¿?

  13. Kati: So bly om weer van jou te hoor. Ek gaan jou persoonlik kontak om bietjie te gesels.

  14. Ruan

    Hi ds, dis Ruan

    Terwyl ons nog op die onderwerp van worstel is wil ek net sê dat ek self ook nogal geworstel he die afgelope tyd. van wat ek sover op ds se blog gelees het lyk dit my ek gaan so bietjie uitstaan oor my manier van God aanbid.

    My manier is nie volgens enige kerk nie, maar ek sou eerder sê die manier wat ek God leer ken het en dit wat ek uit die Bybel uit leer en lees.

    Ek het baie gesukkel met die feit dat ek altyd dadelik of binnekort reaksie sou kry van God as ek bid of deur iets sou gaan. Ek struikel ook noe weer so bietjie na dat die skool begin het met al die sonde om my. Ekt oor die vakansie baie verander en nou is dit as of my sondaar self van die vorige jaar toe die skool nog aan was besig is om my terug te trek.

    Ekt nie besef wat groepsdruk regtig is tot dat ek verander het nie. Ek het darm agter gekom dat as mens die Here vra om jou deur die goed te lei hy met liefde daar is om jou te help.

    Groete aan almal hier…

  15. Ruan

    Okay, dit het bietjie verkeerd uitgekom. wat ek bedoel met die manier waarop ek God ontmoet en leer ken het bedoel ek hoe ek God ervaar en leer ken het deur gebede, gesprekke, dele uit die bybel ens.

    Die groot rede daarvoor is dat ek nie so baie by die kerk kan uit kom soos ek graag sou wou nie. Dis nogal ‘n storie om op die manier geestelik te groei maar eks baie dankbaar vir die leiding en determanasie wat God my gegee het om voort te druk en met my hele hart, hele siel en amper hele verstand na Hom te soek en te streef.

    Jammer as ek ‘n wan-indruk van myself geskep het, of iets verkeerd gese of laat klink het. eks nogal nuut op die hele blog ding.

  16. Hi Ruan: Jy sal agterkom die meeste ouens wat “blog” verstaan as mens sukkel om te sê wat jy graag wil sê. Welkom op die blog en ek hoop dat die gesprekke hier op ‘n manier sal help om die leemte te vul wat jy beleef omdat jy nie so gereeld in di kerk kan kom as wat jy graag wil nie. Sterkte met jou matriek jaar in elk geval.

  17. Ruan

    Baie dankie ds. ek sien uit om hier te gesels ens. ek sal af en toe n boodskap los by ds en ek hoop ons kan op die manier in kontak bly. ekt n groot honger na die Here en ek hoop ek kan op die manier kan ek die homger maar begin stil, snaakr genoeg wil ek die honger he en wil he dat die honger groei. ek sien baja uit na 2008 en wil graag met ds gesels oor die versoek wat gestel is van more in die kerk.

  18. Al wat ek kan sê is dat ek seker is jy is ‘gestuur’…

    En as ek die kommentaar lees sien ek dat ek nie die enigste een is wat hier ‘iets’ kry en dankie sê nie… Weer thanx. En thanx dat jy ‘mens’ met ons is en nie dominee nie. Ek dink dat dit ook n groot verskil maak…

  19. Ruan: Kom gesels gerus saam. Hier luister ons maar na mekaar en leer by mekaar.
    platterfuss: Dis altyd vir my spesiaal as ek sien jy het ge-comment.

  20. Thanks…. Ek lees en leer baie, maar ‘praat’ nie altyd te baie nie! Meeste van die tyd ‘neem’ ek net ietsie hier uit… en is meeste van die tyd nie ‘slim’ genoeg om ‘intelligent’ te kan comment nie! 🙂
    Lekker dag…..

  21. platterfuss: Ek dink jy onderskat jou insette.

  22. Yolande

    Hello Ds

    Dankie vir jou goeie werk en ek moet se ek het perongeluk op hierdie webtuiste afgekom en juis vanaand wanneer ek die Here die nodigste het. Die afgelope twee jaar was vir my, my mede direkteur, ons personeel en kliente nie die maklikste jare nie en ons is steeds in ‘n uiterse moeilike posisie en ek moet se dat die Here ons nog elke keer hierdie afgelope twee jaar deur gedra het en elke keer was Hy daar vir ons, selfs toe die tye gevoel het die Here is nie meer naby nie en Hy andwoord nie wanneer ons wil he nie en ons kon nie verstaan waarom al hierdie aaklikge dinge gebeur het nie. Mense in die besigheidswereld het nie meer respek vir mekaar nie en die ergste is ‘n mens moet elke dag met mense van die wereld besigheid doen en ek voel as hulle sien ‘n mens is ‘n Christen dan is hulle net mislik en misbruik hulle magsposisies. Ek se dankie vir die Here dat Hy ons oe oopgemaak het en dat ons nooit nooit nooit dieselfde foute sal maak nie en om ‘n mens se naaste altyd lief te he, maak nie saak wat nie. Ek vergewe die mense wat ons te nagekom het en ek weet die Here gaan more vir ons uitkoms gee uit hierdie nagmerrie wand ons geloof het ons hier deur gedra! Dominie ek vra dat jy asb vir ons sal bid, Dominie ek is baie dankbaar vir alles wat ons het en dankbaar dat ons nog vir mekaar het en vir alles wat ons het. Die Here is belangriker as enige besigheid, mense ens, Hy moet die middelpunt wees van Alles, dankie vir jou webtuiste dit het my laat beter voel vanaand, ek het baie issues gehad Dominie en ek probeur nog deur van hulle werk en ek vra of Dominie met my asb sal kommunikeer wand ek het jou nodig, die Here het my vanaand na jou webtuiste gelei, ek wil graag met iemand van God praat oor dinge en ek wil graag voel dat ek naby hom is en ek wil deel wees. Ek wil graag die Here se liefde elke dag voel en ek voel sy liefde elke dag, Hy het my vandag so sterk gemaak en Dominie ek is so moeg, die afgelope twee jaar was baie erg. Ek voel die heilige gees lei my nou en dat die Here my toekoms bepaal ek wil nie meer alles self doen nie. Die Here is goed! Baie Groete Yolande

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s