OPPAD HUISTOE

Ek hoor gisteraand oor die nuus dat die paaie weereens ‘n riller gaan wees in hierdie week soos die meerderheid mense huistoe gaan na hulle vakansies. ‘n Oproep word gemaak dat ons waardige padgebruikers sal wees.

Christene is Padgebruikers. (Jesus het gesê: Ek is die die Weg (Pad))

Leo Tolstoy skryf in ‘n persoonlike brief hierdie woorde:

“Attack me, I do it myself, but attack me rather than the path I follow and which I point out to anyone who asks me where I think it lies. If I know the way home and am walking along it drunkenly, is it any less the right way because I am staggering from side to side.”

Gister gesels ek met ‘n vrou wat besluit het dat die Pad nie die regte Pad kan wees as dit is hoe mense op die Pad beweeg nie. Sy dink sy het omgedraai en ‘n ander pad begin stap, maar as ek na haar luister, het sy net langs die Pad gaan sit. Ek het simpatie met dit wat met die vrou gebeur het. Tog gee Tolstoy in hierdie aanhaling hier bo ‘n wonderlike perspektief op hierdie saak.

Die feit dat daar ‘n onderskeid getref moet word tussen mense van die Pad en die Pad self, vrywaar ons mense wat op die Pad is, nie van verantwoordelikheid nie. Ons moet ook nie ons vermoë om droog te maak terwyl ons op die pad is, onderskat nie. Ek identifiseer al te veel na my sin met die woorde van Paulus in Romeine 7:19 waar hy skryf: “Die goeie wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek wel.”

Ons is op hierdie Pad deur die wonderlike en oorvloedige genade van God.

Leonard Sweet wil dat ons met nuwe gewoontes op hierdie Pad moet beweeg.

Eerstens: Ek het geen reg om iemand te kritiseer voordat ek nie eers drie positiewe dinge oor die persoon kan sê nie. As ek nie drie positiewe dinge oor iemand kan sê nie, ken ek die persoon nie goed genoeg om hom te verstaan en hom dan te kritiseer nie.

Tweedens: Ek behoort nie met enige persoon ‘n redenasie aan te knoop totdat ek die persoon se standpunt en posisie so kan beskryf dat die persoon met my saamstem dat ek hom/haar reg verstaan nie.

Derdens: Luister na vriende wanneer jy op soek is na selfvertroue en waagmoed, maar luister na jou vyande wanneer jy op soek is na wysheid en inligting. L.L. Bean gebruik hierdie formule: Daar is 25 soortgelyke klagtes vir elke een wat jy hoor. Vermenigvuldig elke kritiek met 25. Ons vyande is ook mense met idees van hulle eie en ons kan heel waarskynlik heelwat by hulle leer.

Vierdens: Dit is my keuse gaan ek komplimente of kritiek rondgooi. Elkeen van ons kan daarop fokus om meer komplimente en verskonings aan te bied en minder kritiek lewer.

God is teenwoordige in elke stukkie van sy skepping. Die wese van hierdie geestelike reis – die lewe op die Pad – is die ontdekking van die teenwoordigheid van God in alledaagse dinge, alledaagse mense en die alledaagse lewe.

Vyfdens: Haal die “chip” van my skouer af. Dit is ongelukkig so dat Christene geweldig maklik aanstoot neem. Ons hoef nie met almal oor alles saam te stem nie en ons hoef ook nie saam te stem om goedkeuring te kry nie.

Hier is ‘n samevatting van die vyf gewoontes wat mens kan help om ‘n beter reisiger op die Pad te wees:

Een: Drie positiewe dinge voor ek kritiseer.

Twee: Ken en verstaan eers die ander persoon se standpunt.

Drie: Moenie doof wees vir die kritiek van my vyande nie.

Vier: Meer komplimente en verskonings as kritiek.

Vyf: Haal die “chip” van my skouer af – moenie so maklik aanstoot neem nie.

“Attack me, I do it myself, but attack me rather than the path I follow and which I point out to anyone who asks me where I think it lies. If I know the way home and am walking along it drunkenly, is it any less the right way because I am staggering from side to side.”

5 Kommentaar

Filed under Nagedink

5 responses to “OPPAD HUISTOE

  1. Magrietjie

    Time Has An End
    by Harld Camping

    Gepraat van wonderwerke, my rekenaar dans vanoggend sy eie dans en vat my na Salige rUS se blog toe. Hierdie boek lyk my na ‘n “moet hê”

  2. Magrietjie

    Liefde 21 Nov op Salige rus se blog

    Jy sal nooit weet hoe baie hierdie vir my beteken nie, maar God sal jou hiervoor seën, die weet ek sonder twyfel.

    Ek het weer terug gegaan na Salige rus se blog om die boek van nader te bekyk….

    Doom Attie, my epos aan jou vanoggend voor ek dit gelees het oor die hondjie en die EEN oor wie my storie gaan: God het so pas my eie Wonderwerk in my skoot kom lê, net om Sy stil tevredenheid en vreugde oor my gehoorsaamheid te bevestig.

    Ek is besig om myself skoon disnis te huil, ek kan nie eers die skerm behoorlik sien nie. Hierdie is my verhaal en God self het my rekenaar bekonkel sodat ek hier kan uitkom. Die boek wat ek gesoek het, het ek nie gevind nie, maar toe vind ek my storie.

    Sy het haar koppie saggies eenkant toe geknik sodat dit op die Ding se skouer tot rus gekom het. (onthou jy, ek het dit vir jou geskryf)

    Dat dit nou so maklik is om heeltemal verlief te raak, het ek gedink.

    Wanneer sy saans op haar kussingtjie lê en klaar die skop-skop drome en die knor-knor drome gedroom het, kom haar innerlike romantikus na vore. Dan sien sy hoe die Ding begin roer, kort nadat sy langs hom gelê en hom liefgehad het. Sy sien hoe die Ding weer opstaan, met die vlam van haar liefde wat hy in sy borskas brand, die vlam wat lewe gee. Die Ding het laatmiddag teruggesleep na die water, ingeplas en ‘n paar hale ver geswem. Vir oulaas het hy teruggekyk na die land om in sy gemoed van my hondjie afskeid te neem.

    “Julle sal nie glo wat ek gesien het nie,” vertel hy die ander robbe wanneer hy hulle êrens in die diepsee teëkom, “op die land is daar robbe, oftewel hul bolyf lyk soos ‘n rob, maar hul onderlyf lyk soos ‘n perd. Met vier pote en al. Ek het een ontmoet, sy was mooi, o so mooi, en haar kus het my heelgemaak sodat ek weer lewe.”

  3. Magrietjie

    http://www.timehasanend.org/

    Die boek: Time has an end.- Windows internet Explorer

    Ek gaan nie eers probeer verduidelik hoe ek dit weer gekry het nie.

  4. Magrietjie

    Inligting oor die boek ‘Time has an end’

    http://www.timehasanend.org/

  5. Goeie stuk die’, dit help ‘n ou om dinge op ‘n meer volwasse manier te hanteer, een van my resolutions.

    Doom At, skryf as jy kan iets oor kontemplatiewe gebed, my kennis is baie beperk, ek het nou ‘n hele stuk gelees oor die Jesuits en hulle ignasius exercise, nogal interressant maar hulle het nie veel oor dit nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s