Ek weet nie hoe jy dink oor Jesus se roeping van sy dissipels nie. Ek het groot geword in ‘n era waar alles vergeestelik is. Elke ding wat met Jesus en met sy dissipels gebeur het, het so ‘n “wasige” wonderwerk verklaring gekry. Neem nou maar die gedeelte wat ons vandag lees, Markus 1:16-20. In hierdie paar verse roep Jesus die eerste vier dissipels.
Met die eerste oogopslag is hierdie ‘n wonderwerk. Kan jy jou indink, Jesus loop langs die strand. Hy sien vir Simon en sy broer Andreas en daarna vir Johannes en sy broer Jakobus. Hy sê vir hulle: “Kom word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.’ En hulle het dadelik hulle nette gelos en Hom gevolg.” (Markus 1:17) Is dit nie wonderlik watter uitwerking Jesus op sy dissipels gehad het nie?
Ek onthou ‘n preek hieroor toe ek op hoërskool was. Lees voort “30 DAE: GEROEP OM TE…”