WOENSDAG 19 DESEMBER 2007: IN DIE NUUS

Zuma is die president van die ANC.

Beeld berig dat ‘n klomp senior amptenare waaronder Trevor Manual gaan loop as Zuma president word.

Die Burger spekuleer oor wat gaan gebeur as Zuma aangekla word terwyl die ANC vure probeer doodslaan dat hier ‘n linkse swaai gaan wees.

Ek weet dit was tyd vir Mbeki om te gaan. Maar wat nou? Nou is Mbeki uit die saal soos ons wou gehad het. Die enigste alternatief is nou in die saal. Is ander ook vanoggend ‘n klein bietjie ongemaklik en onseker?

En… van nou af is dit onwettig vir kinders onder sestien om te vry! Die Burger. Ek wonder hoeveel van ons sou ‘n misdaadrekord gehad het as dit in ons dae so was? (In standerd 8 en 9 is die meeste 16 jaar oud.)

30 DAE: MARIA DIE VERWAGTENDE MOEDER

Maria is nog altyd een van my inspirasies in die Nuwe Testament. Ek persoonlik is daarvan oortuig dat Maria die eerste en mees getroue dissipels (volgeling van Jesus Christus) was. Haar gebed in Lukas 1:38 was naas die Ons vader die eerste gebed in die Bybel wat ek gememoriseer het. Veral in tye van worsteling en stryd wanneer daar dinge met my gebeur wat ek nie verstaan nie, dan bid ek die woorde wat maria gebid het: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”

Die engel noem Maria geseënd en begenadigde. Lees voort “30 DAE: MARIA DIE VERWAGTENDE MOEDER”

VREDE TER WILLE VAN DIE VREDE

Een van my kollegas (Jan van Breda) het gisteraand gepreek. Ek kom deur ‘n tyd waar ek begin het om te aanvaar dat ek nie alles weet nie en dat ek gerus maar minder onbuigsaam kan wees in wat ek dink en waarvan ek dan nou so verskriklik oortuig is. Een van die gevolge van die benadering is dat ek nou nie meer ‘n boek lees om bevestiging te kry vir iets wat ek reeds glo en weet nie, maar ek lees ‘n boek in die hoop dat ek iets beter sal verstaan of selfs sal ontdek dat ek iets verkeerd verstaan. Ek gaan sit dan ook in elke erediens met dieselfde ingesteldheid – Wat kan ek leer?

Jan se vraag was: Vrede ter wille van vrede? Sy antwoord was: Nee. Ons kan nie vrede te alle koste najaag nie, dan aanbid ons vrede en nie vir God nie. Maar, vir te veel van ons Christene het dit geword: Konflik te alle koste! Daarmee het ek ‘n probleem!

Hy preek toe uit Lukas 2 en sy kernteks was vers 14: Lees voort “VREDE TER WILLE VAN DIE VREDE”

30 DAE: DIE MAAGD MARIA

Een van die moeiliker sake in die Christelike geloof: Maria was nog ‘n maagd toe Jesus gebore is.

Die engel Gabriël bring ‘n besoek aan Maria – op daardie stadium ‘n maagd. Wanneer die engele vir haar sê: “Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet hom die naam Jesus gee.” (Lukas 1:31), is Maria baie verbaas want: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” (Lukas 1:34) Die engel se antwoord is: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.” (Lukas 1:35) Lees voort “30 DAE: DIE MAAGD MARIA”

30 DAE: LIG VIR DIE WÊRELD

Ons het gisteraand ‘n vleisie gebraai. Die wind het bietjie gewaai hier by Umdloti, met die gevolg dat ek redelik gesukkel het om die vuurtjie aan die brand te kry. Gelukkig het ons ‘n boksie vuurhoutjies gehad en as die wind die een vuurhoutjie doodwaai voordat ek die “blitz” kon aansteek, het ek maar net die volgende een getrek. Op die ou end was daar meer vuurhoutjies rondom die kole as wat daar in die boksie was, maar die vuur het ten minste gebrand.

In die tyd van Jesus was daar nie vuurhoutjies nie en daar was ook nie elektrisiteit nie. Lees voort “30 DAE: LIG VIR DIE WÊRELD”

30 DAE: GESEËNDE …

Ek sou darem baie graag wou weet hoeveel keer word die woord “Geseënde Kersfees” op kersdag en die tyd voor kersfees gebruik. Daar is nou reeds ‘n paar mense wat hier in die kuberruim vir mekaar geseënde kersfees toewens.

Afrikaansse mense gebruik die woordjie geseënd, terwyl Engelse mense die woordjie “happy” gebruik. Ek vermoed die geseënd van Kersfees het sy oorsprong in die Bybel en die bedoeling was dat kersdag vir ons ‘n dag sal wees waarop ons die geseënd-wees van God sal beleef.

Sou dit nie wonderlik wees as ons as Christene hierdie jaar in ons wense vir die mense rondom ons baie spesifiek kon wees en vir elkeen een van ons naby-mense een van die “geseënd-is-jy” uitsprake van Jesus neem en dit vir hom/haar toewens nie. Lees voort “30 DAE: GESEËNDE …”

12 DESEMBER: VANDAG IN DIE NUUS

Jy kan die BEELD; BURGER en die VOLKBLAD se hoofartikels lees.

In die BEELD is almal opgewonde oor die polisie se sukses gister.

In die BURGER is Kapenaars aan die wonder oor die verwikkelinge rondom Inge Lotz se moord.

In die VOLKSBLAD word berig oor Winnie Mandela se voorstel om die huidige krisis te ontlont.

30 DAE: STILTETYD – HEMEL EN AARDE WORD EEN

Markus se eerste hoofstuk laat ‘n mens sommer gou-gou besef dat Jesus nie baie tyd vir Homself gehad het nie. Jesus was volledig mens en daarom het Hy ‘n paar dinge besef:

– Hy kan nie sonder God lewe nie.

– As Hy die hele tyd gaan gee en gee en gee, moet daar tye wees wat Hy inneem.

– As Hy Homself so ten volle vir ander gaan gee, dan moet Hy van tyd tot tyd geestelike versterkings inroep.

AD Belden het ‘n paar definisies van gebed:

– “Prayer may be defined as the appeal of the soul to God.” Lees voort “30 DAE: STILTETYD – HEMEL EN AARDE WORD EEN”

30 DAE: VIR ELKE DAG EN ELKE PLEK

Ons lees vandag Markus 1:32 -39.

Die Joodse dag het geduur van 06:00 tot 18:00. In Jesus se tyd was daar nie horlosies nie en die Joodse wette het bepaal dat die Sabbat verby was wanneer die son gesak het en die eerste drie sterre verskyn. Teen die aand, het hulle die mense wat genees moes word na Jesus toe gebring, want as hulle iemand wat siek was voor die einde van die sabbat sou help om by Jesus te kom, dan werk hulle op die sabbat en dit mag nie.

Die wonderlike dinge wat Jesus in Kapernaum gedoen het, kon nie ‘n geheim bly nie. Lees voort “30 DAE: VIR ELKE DAG EN ELKE PLEK”

Blog at WordPress.com.

Up ↑