Ek het onlangs ‘n boekie van Brian McClaren en Tony Campolo gelees met die titel: Adventures in Missing the Point. Brian McClaren is een van die “gurus” van die emergent beweging in die kerk. Sy boeke bied goeie leesstof, maar kan tog ook nie sonder kritiek gelees word nie. Die waarde van McClaren is dat hy mens se gedagtes prikkel en jou oor verskillende sake aan die dink sit. Dit wil voorkomk asof hy soms ding sê om reaksie uiit te lok. McCaren het my onder andere aan die dink gesit oor die skepping.
Ons as Christene glo dat God die Skepper van die heelal is.
Ek onthou dat ek in my rebelse tienerjare vir die onderwyser wat vir my katkisasie gegee het van tyd tot tyd vrae hieroor gevra het. Ek onthou by geleentheid was sy gefrustreerde antwoord: “Ek probeer jou leer hoe om te glo. Moenie te veel vrae vra nie, glo net.”
Wanneer ek nou dink aan die “post” oor fundamentalisme wat so baie reaksie uitgelok het, dan veronderstel ek (Ek mag verkeerd wees!) dat dit ietwat van ‘n fundamentalistiese antwoord is. Ware geloof vra nie vrae nie!
Die feit dat ons nie vrae vra nie, maak egter nie dat daar nie vrae is nie. Vrae soos: Gee die wetenskap werklik aan ons ‘n genoegsame verklaring vir die bestaan van die skepping? Anders gesê: Hierdie skepping is erg ingewikkeld en erg geheimsinnig. Tog is die skepping ook ‘n toonbeeld van wonderlike orde ten spyte van erge ingewikkeldheid. Die skepping is verder vol verskillende elemente wat van ander elemente afhanklik is vir voortbestaan en ontwikkeling. Die mens wat in terme van ons Christelike geloof die kroon van hierdie skepping vorm, het uitgebreide ervarings en waardes waaroor ons keer op keer verbaas is.
Vrae bly voortbestaan:
Is die meganisme van tyd en toeval ‘n genoegsame verklaring vir die skepping?
Die wetenskap blyk meer en meer toeganklik te wees vir die gedagte dat die skepping wel ‘n punt van ontstaan behoort te gehad het. (Bv.: Big Bang) Maak dit nie nou dalk meer en meer sin om te aanvaar dat daar wel ‘n Skepper-God is nie?
Indien ons aanvaar dat daar geen God is nie, is daar enige gronde vir waardes soos geregtigheid, barmhartigheid, skoonheid, goedheid en waarheid?
Mense het ‘n inherente behoefte of verlange na ‘n verhouding of kontak met ‘n geestelike wese. Is evolusie ‘n genoegsame verklaring vir hierdie geestelike behoefte of verlange, of kan dit dalk as ‘n bewys gebruik word dat daar wel ‘n geestelike dimensie in hierdie skepping is – God, die Skepper van die hemel en die aarde?
Kan die probleem van die bose regtig sinvol of bevredigend opgelos word indien daar geen God is nie?
Het dit nie dalk tyd geword dat ons as Christene die strydbyl tussen geloof en evolusie begrawe nie?
Wat daarvan as ons begin sê: Kom ons aanvaar evolusie is waar of ten minste gedeeltelik waar. Is dit moontlik dat evolusie self ‘n skepping van God is, ‘n proses wat deur God ontwerp waardeur Hy aktief betrokke bly by sy skepping en altyd besig is om nuwe vorme van lewe te skep?
Ek wonder wat dink jy?
Ek weet nie hoe die aarde ontstaan het nie, maar tog het ek Gen 1 in my agterkop, maar ek glo daardie info is nie vir ons beskore nie, anders sou ons al geweet het, en die lewe sou onsmaaklik gewees het, Die evolusie teorie and die Big Bang kon nog nie ten volle bewys geword het nie, Die mens kan nie lewe skep uit niks uit nie, trouens die mens kan nie lewe skep nie, as ons praat van kloning moet ons ‘n lewende sel gebruik om die proses voort te sit, nie eers te praat van die newe efekte nie.
Wat die relegie agter die storie vir my is, is dat ek weet nie hoe ons hier gekom het nie, maar ek weet my God is die oerbron van alles
Thinus: My gevoel is dat ons as Christene ons moet voorberei om op ‘n sinvolle wyse in gesprek te gaan met onder andere mense wat nie glo nie. As ons nie vir ons menings en gedagtes vorm oor aktuele sake soos evolusie en die skepping nie, verval ons getuienis tot iets soos: Drie stappe tot sekerheid, en meeste van ons weet dit werk nie omdat die drie (of vier of vyf) stappe nie Christene lewer wat ‘n verskil in hierdie lewe maak nie.
Ek hoor jou, however, om terug te kom na die skepping toe, moet ek weereens kyk na die natuur om my doel volkome agter te kom, ons se dikwels Dien God, ek het al probeer maar ek kan nie, omrede ek nie vir God al gesien het nie, maar dan lees ek iewers in die NT ” die geingste wat jul aan mekaar doen doen jul ook aan My” ek glo soos die Dalai Lama gese het en dit dat ons doel op aarde is om mense te help as ons hul nie help nie moet ons hulle ten minste nie seer maak nie.
Wat Christene wat ‘n verskil maak betref moet ons, die bybel in sy konteks lees en verstaan, doen ons? nee, en agv daarvan hou ongelowiges verby, en veralgemeen hulle en se dat die christelike geloof nie vir hulle is nie
Ek glo God het alles laat ontstaan, ek weet net nie hoe nie en dis die soeke na die hoe wat ons partykeer laat verdwaal. Ek dink God het in die oorspronklike “bronkode” veranderlikes ingebou sodat Hy nie van tyd tot tyd moet kom “updates” en “upgrades” doen nie, evolusie is deel daarvan. As die Bybel baie biljoene jare beskryf as een dag, dan is dit dalk ons wat iets nie reg verstaan nie. God gee net ‘n kort opsomming oor WAT Hy gedoen het nie HOE Hy dit gedoen het nie. Omdat ons God se werkswyse nie verstaan nie, wil ons dit nou bevraagteken.
Ds. Ek hou van die aanslag tov hoe ons moet dink oor evolusie. Die jaar 2007 was vir my ‘n jaar van verandering in vele opsigte. Ek het ook dan tot die konklusie gekom dat ons moet aanhou verander (evolusie teorie ?). Ek dink dit gaan makliker vir ‘n gelowige wees om die evolusie teorie(verandering) te verstaan en aanvaar as vir die wetenskaplikes om deur die geloof die evolusie te verstaan.
Ek het gehou van gisteroggend se preek wat ook daar begin oor hoe ons gaan dink oor 2008…
Attie, dis baie moeilik om iets te formuleer oor die skepping as ons self nie seker is oor hoe alles ontstaan het, in Genesis alleen is daar twee skeppings verhale, nl Gen 1 en Gen 2 en hulle verskil so effens, maar het tog baie waarde, nie net dit nie, in Gen1 is God aan die woord, en Gen 2 is dit die Here aan die woord wat dit duidelik maak dat twee verskillende mense die skeppings verhale geskryf het, dit laat baie ruimte vir gesprek, en twyfel, wat ons na moet kyk is hoe hierdie twee skeppings verhale mekaar aanvul.
Dis ‘n moeilike een, ‘jy glo dit 100% of glad nie
Ds. Ek hou van die aanslag tov hoe ons moet dink oor evolusie. Ek stem ook saam Alec dat ons nie moet bevraagteken oor HOE God dit gedoen het nie maar dat dit WAT Hy gedoen het – goed is. Die jaar 2007 was vir my ‘n jaar van verandering in vele opsigte. Ek het ook dan tot die konklusie gekom dat ons moet aanhou verander (evolusie teorie in ‘n kleine ?). Ek dink dit gaan makliker vir ‘n gelowige wees om die evolusie teorie(verandering) te verstaan en aanvaar as vir die wetenskaplikes om deur die geloof die evolusie te verstaan. Nooit sal ons ooit kan lewe skep nie. Evolusie beteken dat UIT lewe is lewe voortgesit.
Ek het gehou van gisteroggend se preek wat ook daar begin oor hoe ons gaan dink oor 2008…
Thinus #3: Ek dink die uitdaging is om die konteks te verstaan. Ek dink konteks kan twee (dalk drie) dinge beteken. Eerstens dat ‘n teks binne die konteks van ‘n perikoop (parragraaf) gelees moet word en die perikoop binne die konteks van ‘n hoofstuk en ‘n hoofstuk binne die konteks van ‘n bepaalde boek en ‘n bepaalde boek binne die konteks van een van die Testamente en die Testamente binne die konteks van die Bybel. Tweedens: Dan moet elke hoofstuk en boek gelees word binne die konteks waarin dit ontstaan het. Ek dink ons het redelik goed gedoen met die eerste konteks, maar die tweede konteks – die konteks waarbinne die gedeelte ontstaan het, daar doen ons nie altyd goed nie, en daar maak ons denkspronge en dan probeer ons ‘n 2000 jaar oue teks net met vandag se konteks lees. Dan…
Daar is natuurlik ook (Derdens???) die feit dat ek my interpretasie moet plaas binne die konteks van baie ander wat deur die jare ook probeer verstaan het.
Ds. Ek hou van die aanslag tov hoe ons moet dink oor evolusie. Ek stem ook saam Alec dat ons nie moet bevraagteken oor HOE God dit gedoen het nie maar dat dit WAT Hy gedoen het – goed is. Die jaar 2007 was vir my ‘n jaar van verandering in vele opsigte. Ek het ook dan tot die konklusie gekom dat ons moet aanhou verander (evolusie teorie in ‘n kleine ?). Ek dink dit gaan makliker vir ‘n gelowige wees om die evolusie teorie(verandering) te verstaan en aanvaar as vir die wetenskaplikes om deur die geloof die evolusie te verstaan. Nooit sal ons ooit kan lewe skep nie. Evolusie beteken dat UIT lewe is lewe voortgesit.
Ek het gehou van gisteroggend se preek wat ook daar begin oor hoe ons gaan dink oor 2008…
Alec #4: Gelukkig is God so groot dat ons nie in staat is om die maniere waarop Hy werk in eenvoudige boksies in te druk nie.
Thinus #5: Ek veronderstel jy bedoel met God (Elohim) en (Adonai.Jahwe/Elhoim) Here (Aan die woord in die verskillende hoofstukke die verskillende aanpreekvorme van God) Dis reg, daar is twee skeppingsverhale. Ek dink die verwarring ontstaan wanneer ons ‘n letterlike verstaan probeer. Dan dalk soos Alec dink, die Bybel as God se Woord gee vir ons ‘n kort opsomming van wat God gedoen het – Die Genesis gebeure moet ons lei om te bely: U is die Skepper van die hemel en die aarde. Dit behoort nie gebruik te word om die wetenskap te beveg nie.
Ek nou iets se, wat as ‘n mens die bybel ‘n kans gee om hom self te intrepreteer?
Weet nie, het jy ‘n antwoord op die?
Ettienne: Ons kan nie lewe skep nie. Ons mag die Sekpper van die lewe aanbid en dien.
Thinus: Ek dink as mens die Bybel kans gee om die Bybel te interpreteer, dan is jy by die eerste konteks. Dit kan gevaarlik wees om die tweede (Historiese omstandighede) en derde konteks (Teologiese geskiedenis) heeltemal buite rekening te laat. Maar, dit is maar hoe ek daaroor voel.
Dankie vir die antwoord, hoekom ek vrae is dat daar mense is wat dit se wat al openbaring glo uitgele het en baie ander profesie in die bybel wat ons nie kan nie en hulle was baie oortuigent
Iemand het my gevra eenkeer of ek in evolusie glo toe se ek ja, God said let their be light and BIG BANG there was light, hulle het nie gedink ek’s snaaks nie.
Die groot ding wat die skeppings verhaal so ‘n kluitjie maak is oordat mense wil weet waar ons ontstaan het en hoe, om vas te stel of daar lewe na die dood is en wat ons doel op aarde is in ‘n groter raamwerk buite die aarde
Iemand het gese ons moet nie die Bybel lees vir dit wat ons met die Bybel kan bewys nie, maar dit wat die Bybel openbaar. Ek beplan nog om ‘n “post daaroor te doen. Dink bietjie oor daardie opmerking.
Dis ‘n wyse antwoord, omdat ek dink on sal seker nooit weet nie, maar ons is NOU hier en wat doen ons terwyl ons NOU hier is, so ja wat beteken die bybel vir ons in die NOU.
Op die skaak website waar ek (en Boer) skaakspeel, het ‘n Brit nou die dag vir my gese dat hy NIE glo nie, maar oop is om daaroor te praat. Ons het ‘n “interessante” gesprek gehad totdat ek begin dele uit die Bybel aanhaal, toe kom ek agter dat ek liewer die gesprek moet stop. Hy het ook verwys na Evolusie…waarin ek nie glo nie…dis die wetenskaplikes wat daarin glo…my opinie! …Hy het my baie “bewyse” gevra, wat ek gegee het, natuurlik…. maar sommige mense “wil nie” glo, net uit “gerieflikheidshalwe” , glo ek… ek stem saam met Psalm 14:1,2…. Ek het ook as student my dominee gevra waarom die NG Kerk nie wil he mens moet dans nie…wel, dis wat hy ons van probeer af kry het..hy kon my nie reguit antwoord nie… dit laat mens so gefrustreerd as Dominees en Pastore/Sondagskool-onnies (ek het die grootste respek vir julle– ek het self Sondagskool ook gegee)…nie vrae reguit wil antwoord nie..ek weet daar is baie wat mens nie kan reguit antwoord nie, want daar is in werklikheid nie ‘n reguit antwoord nie, maar daardie vraag van my kon natuurlik baie reguit geantwoord word! 🙂
Baie goeie jaar vorentoe en sien uit na meer interessant “posts” hier!
Thinus: Ek gaan by geleentheid iets skryf oor die rol van die Bybel vir ons in die NOU. Ek is ongemaklik met ‘n enkelvoudige standaard antwoord wat vir jou dalk kon se: Gehoorsaam die Woord en dit is al. Die Bybel herinner my soms aan hierdie Russiese poppies. Elke keer as jy dink dit is die laaste poppie, is daar nog ‘n kleiner een. Die Bybel is ook so – die Bybel vertel die groter verhaal van God wat nie skep omdat Hy moet skep nie, maar omdat Hy uit liefde wil skep en dan die groter verhaal natuurlik van God se beytrokkenheid (of op weg wees) met sy skepping. Maar binne in daardie groter verhaal vertel die Bybel ook weer bv. die kleiner verhaal van God se op weg wees met een besondere groepie mense – die Joodse volk. Dink nou net weer aan die klomp kleiner verhale binne die groter verhaal van God se op weg wees met sy volk. Maar in sy op weg wees met sy volk is God juis op weg met die res van sy skepping en sy skepsels. ‘n Mond vol om te se dat ons die Bybel altyd moet lees as die vertelling van hoe God met sy skepping en sy skepsels op weg is na sy grand finale… Dit is vir my in ‘n neutedop die betekenis van die Bybel NOU vir ons beteken, maar dit is nog nie die laaste se daaroor nie.
Nikita: Ek het gevind dat mens nie ‘n persoon wat nie glo nie kan oortuig deur aan te haal uit ‘n boek wat die persoon nie glo nie. Maar as jy kan aansluit by dit waarmee die persoon worstel, en ‘n sinvolle antwoord of mening kan huldig, vorder ‘n mens baie beter. As ons die mense wat nie glo nie, wil bereik, sal ons meer en meer op hoogte moet wees met dit waarmee die mense wat nie glo in hulle gedagtes en gesprekke besig is. ‘n Geseende jaar vir jou ook.
Is daar 2 verskillende skeppings verhale met ander woorde is die skepping in genesis 1 verskillend as die skepping verhaal in genesis 2