GEDAGTES OOR FUNDAMENTALISME

Ek was die afgelope paar dae die slagoffer van wat ek gedink het as fundamentalisme gereken sou kon word. Aan die ander kant is ek deur die loop van die afgelope jaar op ‘n kongres as ‘n fundamentalis geoormerk omdat ek gepleit het dat ons nie fundamentaliste so moet beveg dat ons hulle verdyrf nie.

Ek probeer met hierdie “post” deur my vingers dink oor fundalisme. As jy ‘n gedagte het wat jy kan byvoeg sal ek waardeer as jy my kan help dink.

Die term “fundamentalisme” word na willekeur gebruik. Ek beleef dat enige iemand wat meer konserwatief of behoudend dink as iemand anders (Veral ten opsigte van die kerk en die Christelike geloof) se argumente met die grootste gemak van die tafel gevee word onder die term “fundamentalisme”.

“Fundamentalisme” as beweging het sy ontstaan in die Amerikaanse Protestantisme in die vroeë jare van die twintigste eeu. Hierdie beweging was onder andere ‘n beweging wat daarna gestrewqe het om die fundamentele waarhede van die Christelike geloof te bevestig.

Die manier waarop dit gedoen is kan as reaksionêr beskryf word. Die Fundamentaliste was veral reaksionêr teenoor die modernistiese en meer liberale interpretasie van die Skrif. Die probleem met Fundamentalisme ontstaan egter wanneer hierdie teenstand teen sulke interpretasies die allesoorheersende kenmerk van hulle godsdienstige identiteit word. Met ander woorde: Mense word bekend vir hulle teenstand of weerstand teen sekere sake in plaas daarvan dat hulle bekend word vir dit wat hulle glo.

Een van die fundamentele waarhede wat die Fundamentalisme onderskryf het was die onfeilbaarheid van die Bybel as die Woord van God. Fundamentaliste het egter nie net van mense verwag om die Bybel as die onfeilbare Woord van God te aanvaar nie, maar ook dat sekere interpretasies van die Bybel ook algemeen aanvaar word.

Een voorbeeld is die manier waarop die Fundamentalisme oor die skepping dink. Fundamentalisme aanvaar dat die aarde ongeveer ses tot tien duisend jaar gelede geskep is. (Ek weet van gevalle waar die dag en datum van elke skeppingsdag bepaal word.) Die Fundamentalisme aanvaar nie net die interpretasie van die skeppingsgebeure nie, maar verwag ook van alle Christene om dieselfde mening en interpretastie te huldig. Intussen is daar ernstige en opregte Chirstene wat aanvaar dat die skepping biljoene jare oud is.

Die Fundamentalisme bevraagteken dan andersdenkende Christene se opregtheid en hulle geloof en vertroue in die Bybel as die Woord van God. “As jy nie met my hieroor saamstem nie, dan kan jy mos nie sê jy glo die Bybel as die Woord van God nie.” 

Dit wil lyk asof die motief van die Fundamentaliste aanvanklik suiwer was.

Ervaring het waarskynlik gewys dat liberaliste onder die dekmantel van geloof in die Woord van God, die geloofwaardigheid van die Bybel stukkie vir stukkie ondermyn deur die Bybel in die lig van moderne kennis te interpreteer.

Ons kan nie vandag die verstaan van die Woord van God deur die eeue ignoreer nie. Sekere gedeeltes in die Bybel behoort op ‘n letterlik wyse verstaan en geïnterpreteer te word, ander nie.

Fundamentaliste raak myns insiens ‘n ernstige probleem en ‘n bedrieging vir die belangrikste roeping en taak en leefstyl van die Christelike kerk, wanneer hulle daarop aandring dat die hele Bybel letterlik geïnterpreteer moet word. Tekste word dan uit verband geruk om persoonlike menings en oortuigings te ondersteun en ander Christene se opregtheid en toewyding te bevraagteken.
Wat dink jy?

67 thoughts on “GEDAGTES OOR FUNDAMENTALISME

Add yours

  1. Attie, die blote gdagte om mens ein twee “kategoriee” te plaas tov hul Skrifhantering – so lei ek af in jou #1, is moeilik verstaanbaar.

    By jou verdidleiking van fundamentalisme sou ek graag byvoeg: Fundamentalisme is mos, soos alle –ismes, reeds die ekstreme vorm. Die –isme dui op die verabsoluteerde en daarom slegte verskyningsvorm van iets wat eintlik bedoel is om goed te wees. In hierdie geval is fundamentalisme die ekstreme vorm van fundamentele godsdiens. Dit dui reeds op iets wat te ver gedryf word en daarom in wese sleg is. Daar is nie so iets soos goeie en slegte fundamentalisme nie.

    Ek meen dat ons eerder moet soek na ander wordbeskrywings. Ek dink aan woorde, soos byvoorbeeld: “’n Bybels-gefundeerde geloof”, of “’n Tradisionele godsdiens”, of “Godsdiens wat op die oorgelewerde waardes gebaseer is”, of “Belydenisgetroue godsdiens”, of so iets. Maar fundamentalisme kan nie na enige matige of gebalanseerde vorm van godsdiens verwys nie.

    Die laaste twee paragrawe fokus op Skrifgesag en Skrifhantering, so lees ek dit. Ek is gemaklik met jou gebalanseerde mening dat ruimte gelaat moet word vir mer as een verstaans- en verklarigsmoontlikheid van ‘n saak.

  2. Christus was die eerste liberalis en het juis gepraat teen fundamentalisme, ek dink mense lees nie die Bybel in sy konteks nie, hulle glo net ander se intrepretasies van die Bybel, daar staan nie geskrywe dat jy mag nie ‘n katoliek, protestant of ‘n charismaat moet wees nie, se ook nie hoe moet die kerk lyk nie, en of jy ‘n dominee, pastoor of priester genoem moet word nie, daar staan ook nie geskrywe dat die bybel opgehou skryf moet word nie, nee al daai goed moet ons maar self oor besluit, net ‘n vraag, is die Bybel die woord van God of is Christus die woord van God?

  3. Attie

    Hoekom moet ons uitvind in die flieks oor die raad van Nicea, oor wie en wanneer die Bybel geskryf is, oor hoeveel skeppings verhale eintlik in die Bybel is, oor die Ariaanse geskil, oor Pelagius, die fyt dat die Drie – eenheid nerens pertinent in die Bybel voorkom nie?

    Mense vind hiedie goed uit en voel dat die kerk hierdie informasie van hul weerhou, dis dalk so goed soos jok.

    Ek glo dat die kerk ook ‘n verantwoordelikheid het om al die informasie weer te gee en die kerk doen dit nie, hoekom?

    Meeste mense in my kringe ag die kerk as ‘n klug, en ek kan niks se nie

  4. Thinus ek verstaan nie. Is dit verkeerd om ander se interpretasies te gebruik omd ei Bybel beter te verstaan? Is dit aanvaarbaar dat katolieke , protestante of charismate wel bestaan? Mag ons maar vir sekere mense dominee, pastoor of priester noem?

    Ek voel weer mens kan nie die woordjie fundamenteel heeltemal uit jou geloofswoordeskat uithaal nie.

    Dit is ‘n fundamentele of kernwaarheid dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het en ons sondeskuld betaal het. Dit is ‘n fundamentele of kernwaarheid dat die Bybel die Woord van God is. Geen ander geskrifte of opmerkings het dieselfde gesag as die Bybel nie.

    Christus Jesus volgens Johannes 1 is die vleesgeworde Woord. In Hom het die volheid van God gewoon. Hy is vir ons die openabring van God – ek verstaan dit as dat Hy vir ons kom wys het hoe God is. Om Christus die Woord van God te maak gaan bv. tot gevolg hê dat ons al daardie wonderlike Psalms en Profete gaan reduseer tot … wel ek weet nie wat nie.

    Ek is bereid om met ander hieroor te gesels, maar weet wat my vertrekpunt is. Daar is fundamentele of kernwaarhede wat my denke vorm.

    My stuiwer in die armbeurs.

  5. En so ver ek weet maak God nie hoerkinders nie, net kinders. daar word nerens in die Bybel gese hoe en wanneer mense gedoop moet word nie, ook nie hoe oud jy moet wees voor jy nagmaal mag gebruik nie, daar word ook nerens gese dat ons moet ” spiritual warefare doen nie”, baie predikante verlaat die bediening vandag omdat hulle nie die waarheid mag preek nie, soveel mense weet nie eens wat die evangelie is nie, ek bash nie nou nie ek praat net feite, met permissie natuurlik

  6. Liewe Ek Wonder.

    Feit: wat ons glo en wat ons weet is twee verskillende goed.
    Feit: Niemand op aarde het nog ooit vir God gesien nie.
    Feit: Bybel is deur mense geskryf.
    Feit: die Bybel is deur mense bymekaar gesit om die kanon te vorm
    Feit: Bybel kan nie bewys word nie
    Feit: Die oudste oorspronklike geskrifte( as hul oorspronklik is ) is nie meer as 1200 jaar oud nie

    Fundamentalisme sal heers tot en met die leiers met die waarheid na vore kom.

    daar staan geskryf dat ons nie onself Dominee ouderling od leier mag noem nie, want ons is almal broers

    Volgens Christus moet ons net net twee gebooie nakom.

    Volgens Christus maak hy nie afbreek aan die wet van Moses nie

    Ek hoop ek kon jou antwoord

  7. Ek wonder waaroor gaan die gesprek…

    “Fundamentaliste raak myns insiens ‘n ernstige probleem en ‘n bedreiging vir die belangrikste roeping en taak en leefstyl van die Christelike kerk, wanneer hulle daarop aandring dat die hele Bybel letterlik geïnterpreteer moet word. Tekste word dan uit verband geruk om persoonlike menings en oortuigings te ondersteun en ander Christene se opregtheid en toewyding te bevraagteken.”

    Skielik word die opregtheid en die toewyding van Christen en die kerk ernstig bevraagteken en verdag te maak… ek wonder nou skielik.

    Ek dink nie die kerk is volmaak nie, die “issues” oor die doop en die nagmaal is dinge waaroor ‘n mens kan gesels en lankal is die algemene gevoel: Ons gaan nie toelaat dat hierdie dinge ons uitmekaar dryf nie. Daar is kernwaarhede waarop ons kan fokus.

    Ek wonder: Is die antwoord nie dalk om gelyke aandag en energie en tyd te gee aan die stryd oor hierdie “issues” en die regte dinge te begin doen nie. Selfs te sê: Kom ons kom ooreen om oor sekere dinge te verskil dan werk ons ons arms stompies om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak nie.

    Ek wonder …
    is ons roeping en taak en leefstyl om te alle koste die regte dinge te leer

    of…
    is ons roeping en taak en leefstyl om die regte dinge te doen.

    Findamentalisme na enige kant toe lê die kerk en Christene lam.

  8. Fundamentalisme veroorsaak verdeeltheid, oa apartheid, inkwisisie, selfmoord bomme, ens, alles teenstrydig met Christelikheid.

    Die ” Issues” le die kerk lam, want mense is slimmer as wat hul 50 jaar terug was, ons mag nou se wat ons wil – demokrasie.

    Ons moet die leer gaan suiwer om eenheid te bring, die waarheid maak jou vry…

  9. Ek stem saam met “ek wonder in #4.” Natuurlik is daar ‘n verskil oor fundamentalisme en fundamentele denke. Die een probleem wat meerendeels voorkom is dat fundamentele denke dikwels vervlak word met die gevolg dat verdere verfynings en eietydse toepassings op ‘n intern-konsekwente manier moontlik gemaak word. Die voorbeelde wat in #4 gegee word is die fondament in die Westerse teologie. Daarmee is ek gemaklik. Ons moet net versigtig wees om nie in die slaggat te trap om geen ruimte te laat vir verskeidenheid in ons telogiese denke nie. Die teologie is vol vbe. waar vanuit dieselfde fondament verskillende fokuspunte belig word. Een saak net oor liberalisme.

    Klassiek, is liberalisme beskryf as “enige teologiese stroming wat iets van buite die Bybel en die hoofinhoude van die Christelike leer neem, en dit sentraal stel.” Die gevolg is dat die ware Christelike identiteit dan hérdefinieer word met die gevolg dat iets buite-Christeliks die sleutel word tot wat aanvaarbare geloof is.

  10. Thinus: Dit is vir my jammer dat jy op hierdie aanvallende wyse aan die gesprek deelneem. Jy probeer dalk nie “Bashing” doen nie, maar dit lyk vir jy kry dit baie goed reg.

    Jy is reg fundamentalisme veroorsaak verdeeldheid.

    Baie van die gemeentes en kerke het by die issues oor doop en nagmaal en hoe ons mekaar sou aanspreek verby beweeg. Ek gaan nie met jou ‘n redenasie oor enige een van hierdie dinge aanknoop nie, want my doop of my nagmaalgebruik of hoe iemand my aanspreek gaan geen duit verskil maak aan my verhouding met God of op die stukkende wêreld waarbinne ons die roeping van liefde teenoor God en liefde teenoor ons medemens moet uitleef nie.

    ek wonder: Ek hou van jou aanslag.
    Herman: Dankie vir jou inset.

  11. Ons moet onthou dat elkeen van ons as gelowegis wat die woord van God glo (onvoorwaarlik) wat Jesus aangeneem het as verlosser , nou die kerk is . Die kerk is nou in elkeen van ons en saam moet ons die veskil maak in die wereld .

  12. My Pa was aangekla vir hoogsverraad in die tagtigs omdat hy die waarheid gepraat het, toe opkop maak hoe mense gemartel word in sekere “kampe”, ek glo jy weet wat vonnis vir dit was, agv van ‘n beleid wat deur die kerk gekondneer was.

    Christus het duidelik gepraat en nie om dinge nie, hy was gekruisig.

    Ek se die waarheid, ek word beskuldig dat ek aanval.

    In jou hart van harte, gaan sit en dink met liefde oor die goed en hoe ons ontslae kan raak van fundamentalisme.

  13. Fundamentalisme is gebasseer op leuens en die mis intrepretasie van die Bybel wat goed en mooi is, met die doel om mense te manupileer.

    Jy staan nie vir so iets nie, jy verteenwoordig Christus soos ek, soos ek gese het daar is net twee gebooie, sien hoe breedt stek dit….

  14. Thinus: As ek sou sê ek is jammer oor jou pa dan bedoel ek dit. Ek was waarskynlik deel van die kerk wat die beleid gekondoneer het en dan daarvoor verantwoordelik was dat jou pa aan hoogverraad skuldig bevind is en dan die straf moes gekry het, want ek was toe reeds ‘n kind van die Here en deel van die NG Kerk en waarskynlik ‘n teologiese student.

    Ek vra jou om my en die kerk te vergewe vir wat gebeur het.

    Die kerk bestaan uit mense en die kerk het ‘n reuse verantwoordelikheid en die kerk kan nie wegkruip agter sy menslikheid vir die foute wat hy maak nie. Die kerk moet aan God verantwoording doen, maar mense ontvang vergifnis van God vir dit wat hulle ook in die kerk verkeerd gedoen het.

    Dalk kan jy dit oor jou hart kry om my en die kerk te vergewe vir wat met jou gebeur het.

    Intussen hou ek van Herman se opmerking: “Ons moet net versigtig wees om nie in die slaggat te trap om geen ruimte te laat vir verskeidenheid in ons telogiese denke nie. Die teologie is vol voorbeelde waar vanuit dieselfde fondament verskillende fokuspunte belig word.”

    Dalk: Fundamentalisme gebeur wanneer daar geen ruimte gelaat word vir moontlike interpretasie verskille nie.

  15. Attie

    Ek’s nie kwaad nie, ek is baie lief vir jou al ken ek jou nie persoonlik nie, maar ek jou blog praat vanself, dit is genoeg vir my, ek vat jou soos ek jou kry.

    Jammer dat ek combative was, vergewe my assseblief.

    Liefde
    Thinus

  16. Ek volg nog die hele tyd hierdie debat. Kan ek ook sê:

    Thinus: Ek is ‘n kleinvissie in ‘n groot see van mense wat baie meer weet as ek. Doom Attie is my dominee. As ons mekaar sien dan noem ek hom op sy naam. Maar wat ek wil sê is: Sal jy my as Christen en as lidmaat van die kerk – die liggaam van Christus – kan vergewe vir my aandeel in dit wat met jou pa gebeur het.

    Ek sal later terug wees om nog ietsie te sê.

  17. Thinus: Jy is vergewe. Ek glo jou as jy sê jy is nie kwaad nie. Ek vermoed jy het nog seer. As dit ek was, sou ek seer gewees het.

    Ek skryf juis hierdie “post” omdat dit vir my belangrik is om dat ons nie weer in dieselfde slaggate van die fundamentalisme trap nie.

    Fundamentalisme verdeel mense. Maar mens kan ook so bang wees vir verdeeldheid dat jy die waarheid offer op die altaar van eensgesindheid.

  18. Amper mis ek ‘n lekker gesprek hier. Was lanklaas hier. Thinus maak ‘n paar interessante opmerkings. Ek sien ook Dawie sê ons moet die Woord van God “onvoorwaardelik” glo. Ek is altyd skrikkerig vir so ‘n opmerking. Ek dink ‘n mens kan die gesag van die Woord handhaaf sonder om alles onvoorwaardelik te glo. bv.: Die skepping in sewe dae ongeveer ses tot sewe duisend jaar gelede? As ons dan nou die Bybel onvoorwaardelik aanvaar, wat van: “Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.” (Deuteronomium 14:8) Ek het nou vanoggend ‘n stukkie spek vir ontbyt gehad. As ek die Bybel onvoorwaardelik glo, dan het ek mos nou ‘n probleem. Of hoe verstaan ek hierdie saak dan nou?

  19. JY is reg pellie, ek het nou ‘n asblik gemaak van jou blog, dis nie mooi nie, maar partykeer sien ek hoe ons met oogklappe deur die lewe gaan en dinge so kompleks maak wat eintlik nie nodig is nie, daar is net een evangelie en een geloof wat universieel is, ons intrepretasie daarvan is verskillend, maar dit ook sy plek, dis ook mooi, solank ons mekaar nie seer maak nie, en solank ons kinders nie honger slaap nie.

    Ek se bv vir ‘n mede christen, hoekom was ons nie die kabinet se voete en waarborg hulle van ons steun en liefde, miskien moet ons dit doen met Zuma, ek glo hy sal ontvanklik wees.., hy het egter gese nee, ons het niks met huil te doen nie, dis nie ons doel nie, ek se kom ons vat die lysels he ons mede suid afrikaners lief, ek weet dis so moeilik veral vir diegene wat gely het onder gewelds misdaad, maar as ons volhard kan dit vir ons baie beteken, Ghandi het gese ” there is enough on this earth for everybody, but for greedy man the earth is not enough, ek se vir jul daar is genoeg in SA vir almal, ons is net uit voeling uit met mekaar, agv fundamentalisme, ek was in en uit lokasies, buurstate en ander lande, en ons mense swart en wit is pragtig maar somiges het leuens vir hulle vertel
    As jou bash is ek jammer, ek het ‘n ontsagtelike liefde vir my land en sy mense dat ek te passievol raak en vergeet in wie se geselskap ek is en wat die onderwerp is, ek sal my vurigheid moet kanaliseer.

    Groete
    Thinus

  20. Thinus: Ek “laaik” jou. Dankie dat jy terugkom en hierdie woorde kom skryf. Daar is so baie dinge waaroor ons met mekaar saamstem, dat ons in ons fundamentele verskille met mekaar soms fokus verloor. Jy dra ‘n gesindheid van versoening. Dis mooi!

  21. Wat die vark aanbetref, in daardie dae het hul nie ons tegnologie gehad nie, en varke het 9 uit tien masels wat lintwurms veroorsaak, so hulle kon dood gegaan het, hul moes daai wet uitbring vir almal se gesondheidsbelang vir daai tyd

  22. Jy raak hier ‘n baie intersante onderwerp aan. Die probleem is dat woorde se betekenisse verander. Fundamentaliste is mense wat die bybel as die fondament of bron van hulle geloof aanvaar en dan daarop uitbou. Ons is eintlik almal fundamentaliste en dit staan teenoor mense wat iets anders bv. Kerk tradiesie sou insluit. Die woord self het nou ‘n vloekwoord geword en sy betekenis heeltemal verander soos Thinus dit nou verstaan. Ek stem saam met Herman dat ons ‘n nuwe woord moet vind wat ons reg beskryf soos “kern waarhede” of “‘n Bybels-gefundeerde geloof” Ons raak egter so bang vir etiketering dat ons nie duidelik onsself wil omskryf nie en dan weet niemand waar ons regtig staan nie.

  23. Lees gerus Karen Armstrong se The Battle For God, oor die geskiedenis van fundamentalisme in Islam, die Judaisme en Christendom.

  24. Dis nogal nie so maklik om sommer net ‘n klomp goed oor die gemeente “uit te breek” nie. EK doen dit dikwels in groepgesprekke. Probleem is: in preke, is my ervaring, soek mense kits-antwoorde. Die dominee is die geleerde, so van my word verwag om die bestanddele te verwerk en op te kou sodat hulle dit net kan sluk. Ek doen dit egter nie graag so nie. Mense raak soms ongemaklik as jy n teks in sy eie konteks bietjie verduidelik, want hulle ervaring is dat jy die gesag van die teks aanvat.

    So dikwels, in ‘n poging om fundamentalisme aan te vat, versterk jy dit, want mense hou niks daarvan om nie so seker oor alles te wees nie.

  25. Alec

    Jy is heeltemal reg, hoe ‘n mens daarna kyk is om te verstaan, wat en hoe ons dinge doen is nie altyd waaroor dit gaan nie, maar hoekom ons dinge doen is eintlik die antwoord, mense word nie rerig geoordeel volgens jou aksies nie maar die gevolge daarvan, hetsy dit goed of sleg is.

    As ons die Christene kry om te bedien uit die woord sonder tradisies wat mense kan wegstoot het ons al geslaag, ons het per slot van rekening niks meer nodig nie, ek voel partykeer die Bybel het nie al die antwoorde vir my vrae nie, dis hoekom ons vertand het, wat God ons gegee het.

    As ons kyk in die natuur sal ons baie antwoorde kry, bv, dit is onnatuurlik vir ‘n mens om ‘n ander mens dood te maak, selfs in oorlog, hulle het ‘n studie gedoen en gevind gedurende die eerste en twee wereld oorlog was dit maar ongv 20% van die soldate wat hul geweer afgevuur het, uit die 20% het slegs 50% geskiet om mense dood te maak, vandag gebruik hulle breinspoel tegnieke om mense te kry om ander dood te skiet, hierdie tegnieke is gebasseer op fundamentalisme, bv om die “vyant” so te demonize dat hulle later gehaat word, en hulle word vrees ingeboesem deur om vir hulle te se dat almal se oorlewing afhang van hulle, en dat dit noodsaaklik is om dood te maak om ander te beskerm.

    Hoe noem ons onsself, mense wat Jesus volg!

  26. En oja:

    Daar was ‘n tyd wat ek baie verantwoordelik gevoel het as mense die “kerk” sou aanval. Die ou wat uit die kerk uitgaan, was ook deel vd kerk. Lidmate bepaal tot ‘n baie groot mate die rigting waarin ‘n kerk gaan en wat die sinode besluit. (Neem bv kerk-hereniging.) Maar, feit is, dat ons graag mense met ons wil saamneem, dan nie?

    So, ek is bewus van ‘n klomp fundamentaliste in my gemeente. Maar, so what? Is ek beter as hulle? Waaroor gaan dit eintlik? Ja, dit laat my keel soms toetrek, en ek haat soms wat ek hoor, maar nogtans is ek OOK deel vd kerk, en soos wat hy my moet verdra, moet ek hom verdra. Maak dit eerder: WIL ek. Want ons kry sommige goed in die community gedoen. Sy rede en my rede verskil, maar tog gebruik God ons albei. Dis vir my genoeg.

  27. freddy: Ek dink jy raak ‘n belangrike ding aan. ‘n Mens behoort Fundamentalisme te verstaan sodat jy nie in daardie slaggat trap nie, maar nie om ander mee te veroordeel nie. Ons kan dit nie wegredeneer dat die oorgang na die nuwe Suid Afrika mense se sekerheid op feitlik elke denkbare terrein weggeneem het nie. Hulle wil seker wees. Die enigste waaroor hulle nog seker kan wees is die Bybel en die kerk… skielik vra ons hulle om daar ook bietjie minder fundamentalisties en eenvoudig te dink, en hulle kry swaar. Die Here is baie geduldig met ons – met almal van ons, want almal ken maar ten dele. Mag fundamentalisme ons help om versigtig met die kosbare Woord van God en met die kosbare mense van God om te gaan.

  28. Thinus jy sê: “Wat die vark aanbetref, in daardie dae het hul nie ons tegnologie gehad nie, en varke het 9 uit tien masels wat lintwurms veroorsaak, so hulle kon dood gegaan het, hul moes daai wet uitbring vir almal se gesondheidsbelang vir daai tyd.” Dit is presies my punt. As ek dan nou die Woord onvoorwaardelik aanvaar, dan beteken dit ek kan nie nou sê tye het verander nie en daarom kan ek maar sommige dinge as nie meer van toepassing aanvaar nie.
    Dit lyk eerder vir my mens moet baie versigtig wees om een interpretasie reël vir die hele Bybel te hê en om absoluut alles wat in die Bybel staan op dieselfde vlak te reken. Bv. ‘n Gesprek oor die doop (EK probeer jou nie aanvat nie, dis net ‘n voorbeeld) kan mos nou nie op dieselfde vlak gereken word as die persoon en identiteit van Jesus van Nasaret nie. Kyk bv. wat gebeur met die homoseksualiteit gesprek?
    Raak ons nie aan fundamentalisme wanneer ons so met die Woord omgaan nie?
    Ek vra maar net.

  29. Kandas

    Jy moet my aanvat, dis hoe ons dinge reg verstaan en mekaar verstaan, Daar word nie in die bybel gese hoe ons moet doop nie, so ons maak ‘n voorveronderstelling of ” Dogma” nie een van die twee is verkeerd nie, bv ons het wyn en brood met nagmaal – weereens dit was die stapel voedsel van daardie tyd – dit kon chips en coke gewees het,

    Die Bybel is ‘n baie misterieuse boek wat al wonders gedoen het met die inhoud vir baie mense, en maak mense soos ek depressief omdat ek nie altyd verstaan nie.

    Ek was verkeerd om die mense op die blog aan te vat, want dit is nie die doel van die blog nie, ek glo baie mense vind troos en vrede in hierdie blog selfs ek

    Ek sal ‘n blog begin waar ek hierdie tipe goed kan bespreek, waar ons mekaar kan challenge oor sekere goed, en insette lewer. Ek moet net uitvind hoe om ‘n blog te begin, my e-pos is aangeheg as jy verder met my wil stry

  30. Thinus: Ons kan met mekaar verskil. Ek wonder as dit sal help as jy die dinge waarvan jy onseker is meer in die vorm van ‘n vraag vra as wat jy met ‘n finale stelling kom. Bv.: Chips en coke vir die nagmaal. Dalk is dit moontlik, maar ek was al teenwoordig waar die nagmaal deur ‘n groep tieners met chips en coke gevier is en dit was een reuse bespotting van ‘n geleentheid wat vir baie mense ‘n baie besondere geleentheid is.
    Ek identifiseer met jou wat sê “ek raak depressief omdat ek nie alles verstaan nie”. Ek voel ook so. Ek wil graag hê jy moet deel wees van die gesprek en ek dink jou insette later in die gesprek was lekker.

  31. Die vark storie … die woord se in die nuwe tes. na Jesus , dat God dit rein verklaar het …Ek se weer onvoorwaarlik glo in wat die woord se ….
    Act 10:11 hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
    Act 10:12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
    Act 10:13 Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
    Act 10:14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
    Act 10:15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

  32. Dankie Attie

    Ek moet maintain dat daar menigte jong mense is wat dieselfde vrae as ek het, hoekom dit vir my so moeilik is, is dat ek eintlik ‘n oud tokelok is, maar seker was die beroep nie vir my beskore nie, ek dink dis omdat ek so stout was…..nietemin wil ek mense help wat deur die selfde goed gaan as ek, ek skryf hierdie toe aan ondervinding, ek is ook van mening dat ek nie ‘n predikant hoef te wees om mense by te staan nie, trouens ek kan meer doen omdat ek out en about is, soos ek se ek wil graag die goed op die lappe laat kom, ek dink dit help iemand soos jy om ‘n vabond soos ek te he dan sien dalk dinge op ‘n ander manier, ek leer nou weer baie by jou en al die mense wat tot dus ver bygedrae vandag, ek sien dis regte Jesus mense die, vandag was ‘n goeie dag!

  33. Dawie: Ek het nogal gedink die Handelinge teks gaan handig te pas kom.
    Wat van die volgende teks onvoorwaardelik glo: “‘n Vrou mag nie mansklere dra nie, en ‘n man mag nie vrouensklere aantrek nie. Die Here jou God het ‘n afsku van mense wat dit doen.” (Deuteronomium 22:5) Hoe dan nou met vrouens wat langbroeke dra?
    My vraag is: Kan ons regtig alle teksgedeeltes in die Bybel op dieselfde manier hanteer en interpreteer?
    Of: “Oordeel julle nou maar self: is dit betaamlik vir ‘n vrou om sonder iets op haar kop in die erediens tot God te bid?” (1 Kor. 11:13) Hoe dan nou met vrouens wat sonder ‘n hoed kerk toe gaan?

  34. Kandassie

    Daai tyd het die vrouens baarde gehad, hulle moes onderskei, om confusion te vermy.

    Wat die kop bedekking aanbetref, tot vandag toe in die midde ooste dra vroue kop bedekkings sodat die manne nie verlei kan word nie, en sodat vroue nie verkrag word nie, dit is die arabiese redenasie. baie ou testamenties

  35. Attie

    Ek wil nie misleident wees nie, my pa was nie tronk toe of gehang nie maar hy moes ontslag koop uit die polisie uit, dit was hel vir my ouers omdat al die vrae gevra was oor sy doen en late, hy het eers die jaar gesterf weens kanker

    Thinus

  36. Sjoe, dinge is lekker warm:-)

    Thinus, jou eie blog sal ‘n goeie idee wees, jy skryf baie:-), gaan na wordpress.com, volg maar net die stappe. Ek het jou nie juis aanvallend beleef nie, was vir my half snaaks toe Attie dit sê, maar tog Thinus, ek wonder, hoe sou ek al daai dinge in ‘n gemeente moet sê? Ek sou graag wou, want die goed interesseer my, en ek sal graag die daaropvolgende gesprek wou hoor, maar in alle eerlikheid, ek dink nie die meeste mense in my gemeente stel belang nie, en dit is nie omdat hulle fundamentaliste is nie, dis bloot omdat hulle nie belangstel in al die tegniese detail nie. Ek hoop egter ek is verkeerd.

    O, en op ‘n tegniese puntjie. Die oudste oorspronklike tekste, en dit is oorspronklik, van die Nuwe Testament word in 150n.C gedateer, en dit deur die sogenaamde liberale mense waaroor hier so baie gepraat word.

    Fundamentalisme… klink my fundamentalisme gaan net oor hoe mens die Bybel lees in hierdie gesprek, reg? Maar is fundamentalisme nie ‘n filosofie meer as ‘n tegniek van skrifinterpretasie nie? Sou dit ons nie help om na fundamentalisme as ‘n verskynsel in verskillende godsdienste te kyk om iets van Christen fundamentalisme te verstaan nie? As ek ‘n link mag drop, lees hierdie storie, hierdie mense in Swaziland lees tog die Bybel baie letterlik, maar sulke gedrag pas nie by fundamentaliste nie, doen dit? Ek dink mense kan die Bybel letterlik lees sonder om fundamentaliste te wees, fundamentalisme is ‘n baie lelike ding, iets wat my liefdevolle ouma definitief nie van beskuldig kon word nie, maar vir haar was die Bybel die Bybel, en soos dit daar gestaan het, so het dit daar gestaan.

    Elkgeval, lekker verder stry.

  37. Cobus ek is eintlik bly jy sê “fundamentalisme is ‘n baie lelike ding, iets wat my liefdevolle ouma definitief nie van beskuldig kon word nie, maar vir haar was die Bybel die Bybel, en soos dit daar gestaan het, so het dit daar gestaan.”
    In ons eie kerk (Die NG Kerk) het fundamentalisme ‘n woord geword waarmee mense wat nie met ons saamstem nie, gebrandmerk word en hulle argumente van die tafel afgevee word. Want Fundamentalisme as filosofie is gevaarlik – lewensgevaarlik.
    Oor jou ouma en haar Bybellees. Daar is ‘n stukkie eenvoud in sulke mense se geloofslewe, ek beny hulle soms daardie eenvoud. Maar moenie eenvoud verwar met oppervlakkig nie.
    Maar wanneer ek in veroordeling staan van iemand wat die Bybel anders interpreteer as ek en dinge daarom anders doen as ek…
    ek wonder of daar nie grade of vlakke van fundamentalisme is nie?

  38. Ds Attie,Thinus het baie seer oor wat die NGK indirek aan sy Pa gedoen het in die 80s.
    Jy weet van die bitter en onredelike optrede wat die NGK direk aan my in 1971 gedoen het,en my eie optrede wat daartoe aanleiding gegee het.Dit het my jare geneem om oor die seer te kom. Tog het leraars van die NGK my oortuig dat geen kerk op aarde,en ook geen mens foutloos is nie.Vir hierdie insig dank ek die Here,en dat my lidmaatskap van die NGK vir my al die jare nog tot seen strek..
    Die Christendom,versprei in verskeie kerke,word soos altyd nog bedreig deur die Satan en sy magte.
    Nou sal dit nie help om verder na die foutlose en perfekte kerk hier op aarde te soek nie,ons kan ons tyd beter gebruik om verlore mense te bekeer.

  39. Dalk ‘n gedagte wat ek by julle sou wou toets. Fundamentalisme is nie gelyk aan letterlike interpretasie van die Bybel nie. Vir my ouma was letterlike interpretasie gewees mens moet vir ander lief wees en nie lelike goed doen nie. Eerder word daar in die fundamentalisme aan sekere dogmas vasgehou (meer as aan die hele teks, wat ookal jou teks mag wees), en dan word daar laer getrek om hierdie dogmas te verdedig.

    Wat sou die filosofie wees wat daaragter lê? Wat die emosie?

    Die ekstreme vorm hiervan is ‘jihad’. In ‘n meer gematigde vorm beleef die NG Kerk dit met klagtes en rumoars van leerdwaling wat al meer algemeen raak, en lidmate oproep tot laertrek teen die dwaalling. My ouma se geloof was beautiful, maar haar identiteit is nie bepaal deur die mense met wie sy in geveg was nie. Met die fundamentalisme beleef e dit dat die oponent my identiteit bepaal.

    Elkgeval, vind ons nie dan moontlik vorme va Fundamentalisme selfs by goeie opgeleide teoloë wat mooi van ‘konteks’ kan praat nie?

  40. Ek het gewonder wanneer iemand die opmerking gaan maak wat nou hier gemaak is. My mening hier word twee laers getrek. Die wat van leerdwaling beskuldig trek laer en die wat van leerdwaling beskuldig word trek laer. Altwee se aanslag is om die ander persoon verdag te maak. Ek het die debat redelik gevolg tot die byeenkoms in Moreletapark. Ek kan nie sien dat die huidige proses die kerk enigsins enige goed kan doen nie. My probleem lê presies by hierdie opmerking. Die wat van leerdwaling beskuldig word het die identiteit van die ander groep bepaal deur hulle as fundamentaliste te brandmerk (Hulle identiteit bepaal). Die wat die ander van leerdwaling beskuldig het hulle weer as Nuwe Hervormers gebrandmerk. (Hulle identiteit bepaal) Met ander woorde, soos ‘n geveg op laerskool het die klok gelui voordat die “bek”-geveg in ‘n “fuis”-geveg ontaard het. Ons het niks verder gekom as om mekaar lelike name te noem nie.
    So … ek wonder

  41. Jak: Ek respekteer jou vir die volwasse manier waarop jy die saak steeds hanteer. Jy is reg, die volmaakte kerk bestaan nie.
    cobus: Fundamentalisme is inderdaad nie gelyk aan ‘n letterlike interpretasie van die Bybel nie. In my “post” het ek probeer aandui waar Fundamentalisme as ‘n beweging sy ontstaan gehad het.

    Ek moet sê dat ek in my bietjie leeswerk nou oor die Fundamentalisme weer daaraan herinner is dat die punte waarop die Fundamentaliste gestaan het, baie ooreenstemming toon met die vyf sake wat nou in die brandpunt is.

    Maar ek moet ook sê dat die “beskuldigdes” nie duidelike antwoorde gee nie.

    Oor die letterlike verstaan van die Bybel en fundamentalisme. Dit is nie nie dieselfde nie. Maar, indien ek as leraar die Bybel net op ‘n letterlike manier interpreteer en dit as my metode van eksegese en al daardie dinge gebruik, dan loop ek gevaar om fundamentaliste te kweek. Indien ‘n lidmaat ‘n letterlike verstaan van die Bybel gebruik om skeuring in ‘n gemeente te veroorsaak. Waarmee het osn dan te make?

    Sien Cobus, as ‘n mens nou vir jou ouma sou gaan sê dat Jesus nie regtig uit die dood opgestaan het nie, wat sou die gevolg daarvan wees?

    ek wonder: Die geveg het inderdaad lelik geraak. Ek wil eers nie meer sê as dit nie.

  42. Fundamentaliste

    Die Fundamentalisme bevraagteken dan andersdenkende Christene se opregtheid en hulle geloof en vertroue in die Bybel as die Woord van God. En

    Fundamentaliste raak myns insiens ‘n ernstige probleem en ‘n bedrieging vir die belangrikste roeping en taak en leefstyl van die Christelike kerk, wanneer hulle daarop aandring dat die hele Bybel letterlik geïnterpreteer moet word.

    Ek loop al dae onbewustelik aan die dink oor hierdie ding van Fundamentaliste en waar pas ek in die prentjie in, want ek weet dat hierdie vraag tot my spreek.

    Toe my oë vanoggend oopgegaan het was my eerste gedagtes:
    Die Bybel; HOE en WAT glo ek en wat beteken dit vir my en wat doen ek daarmee?

    Ek glo onwrikbaar in die Drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees

    Vleesgeworde Woord van God; Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge, Hy wat mens geword het en onder ons kom woon het, om ons LIG te wees. Meer as ooit ervaar ek die onsienlike in my, Geestelike dinge wat nie sommer so maklik verduidelik kan word nie; Telepatie, gesigtesien, en ʼn innerlike wete (knowing) van sekere dinge.

    The Truth shall set you free! Ek het my lewe lank dit wat ek nie wou sien nie geïgnoreer, omdat ek nie verantwoordelikheid daarvoor wou aanvaar en dan daarvolgens wou optree nie. En toe gebeur die onvoorspelbare, ek ontmoet my liefdierbaarste sielsgenoot, en word my voetjies eensklaps uit my droomslaapsokkies uitgeruk en staan ek naak en kaalvoet op die grond.

  43. Bybel as die Woord van God.

    Fundamentaliste raak myns insiens ‘n ernstige probleem en ‘n bedrieging vir die belangrikste roeping en taak en leefstyl van die Christelike kerk, wanneer hulle daarop aandring dat die hele Bybel letterlik geïnterpreteer moet word.

    Ek loop al dae onbewustelik aan die dink oor hierdie ding van Fundamentaliste en waar pas ek in die prentjie in, want ek weet dat hierdie vraag tot my spreek.

    Toe my oë vanoggend oopgegaan het was my eerste gedagtes:
    Die Bybel; HOE en WAT glo ek en wat beteken dit vir my en wat doen ek daarmee?

    Ek glo onwrikbaar in die Drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees

    Vleesgeworde Woord van God; Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge, Hy wat mens geword het en onder ons kom woon het, om ons LIG te wees. Meer as ooit ervaar ek die onsienlike in my, Geestelike dinge wat nie sommer so maklik verduidelik kan word nie; Telepatie, gesigtesien, en ʼn innerlike wete (knowing) van sekere dinge.

    The Truth shall set you free! Ek het my lewe lank dit wat ek nie wou sien nie geïgnoreer, omdat ek nie verantwoordelikheid daarvoor wou aanvaar en dan daarvolgens wou optree nie. En toe gebeur die onvoorspelbare, ek ontmoet my liefdierbaarste sielsgenoot, en word my voetjies eensklaps uit my droomslaapsokkies uitgeruk en staan ek naak en kaalvoet op die grond.

    Alles het stapsgewys gebeur, eie aan Sy plan. Waterdruppels wat stroompies maak, riviere word en see toe vloei. Die Heilige Gees het my die pad van vervolging (insluitend ervaringe met Lucifer en sy demone) en oorwinning laat loop sodat ek toegerus kon word om Sy ‘n Spikkeltjielig’ te wees vir Sy ‘GESKENK VAN GOD’ (sielsgenoot se nuwe naam). Dis hier waar Fundamentaliste my aanhou pootjie, maar ek het Jesus deur alles saam genooi as my navigator en Hy sal aanhou padwys totdat ons, ons bestemming bereik het.
    Doom Attie ook jy is Lig vir ons pad. Ons drie was nes Jesus eers na die woestyn toe gelei deur die Heilige Gees om deur Satan versoek te word, oorwinning in Hom te smaak, en ek glo Sy Engele staan op aandag om in ons diens te wees. Gesalfdes, gelouter en gesuiwer in diens van die Allerhoogste, dit glo ek met my hele wese.

  44. Fundamentaliste

    Die Fundamentalisme bevraagteken dan andersdenkende Christene se opregtheid en hulle geloof en vertroue in die Bybel as die Woord van God.

    Fundamentaliste raak myns insiens ‘n ernstige probleem en ‘n bedrieging vir die belangrikste roeping en taak en leefstyl van die Christelike kerk, wanneer hulle daarop aandring dat die hele Bybel letterlik geïnterpreteer moet word.

    Ek loop al dae onbewustelik aan die dink oor hierdie ding van Fundamentaliste en waar pas ek in die prentjie in, want ek weet dat hierdie vraag tot my spreek.

    Toe my oë vanoggend oopgegaan het was my eerste gedagtes:
    Die Bybel; HOE en WAT glo ek en wat beteken dit vir my en wat doen ek daarmee?

    Ek glo onwrikbaar in die Drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees

    Vleesgeworde Woord van God; Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge, Hy wat mens geword het en onder ons kom woon het, om ons LIG te wees. Meer as ooit ervaar ek die onsienlike in my, Geestelike dinge wat nie sommer so maklik verduidelik kan word nie; Telepatie, gesigtesien, en ʼn innerlike wete (knowing) van sekere dinge.

    The Truth shall set you free! Ek het my lewe lank dit wat ek nie wou sien nie geïgnoreer, omdat ek nie verantwoordelikheid daarvoor wou aanvaar en dan daarvolgens wou optree nie. En toe gebeur die onvoorspelbare, ek ontmoet my liefdierbaarste sielsgenoot, en word my voetjies eensklaps uit my droomslaapsokkies uitgeruk en staan ek naak en kaalvoet op die grond.

    Alles het stapsgewys gebeur, eie aan Sy plan. Waterdruppels wat stroompies maak, riviere word en see toe vloei. Die Heilige Gees het my die pad van vervolging (insluitend ervaringe met Lucifer en sy demone) en oorwinning laat loop sodat ek toegerus kon word om Sy ‘n Spikkeltjielig’ te wees vir Sy ‘GESKENK VAN GOD’ (sielsgenoot se nuwe naam). Dis hier waar Fundamentaliste my aanhou pootjie, maar ek het Jesus deur alles saam genooi as my navigator en Hy sal aanhou padwys totdat ons, ons bestemming bereik het.
    Doom Attie ook jy is Lig vir ons pad. Ons drie was nes Jesus eers na die woestyn toe gelei deur die Heilige Gees om deur Satan versoek te word, oorwinning in Hom te smaak, en ek glo Sy Engele staan op aandag om in ons diens te wees. Gesalfdes, gelouter en gesuiwer in diens van die Allerhoogste, dit glo ek met my hele wese.

  45. Surrendering a situation to God means surrendering to Him our thoughts about it. What we give to God, He gives back to us renewed through the vision of the Holy Spirit.

    Doom jy is eerlik en opreg en soek nes ons na antwoorde, ek glo dat God nie vir jou ‘n slang sal gee as jy vir brood vra nie. Die Heilige Gees sal sorg dat dit wat jy hier doen; om eerlik te wees, seën. Dit het vir my ontsaglik baie beteken om te hoor dat jy ook vleis-en-bloed is.

  46. Daars nog ‘n ding wat my pla in die dabat en dit is dat ek vermoed dat daar mense is wat hulle geloof erns verloor het maar tog deel van die Christen gemeenskap wil bly om watter rede ook al. Hierdie mense het gewoonlik ‘n verskuilde agenda maar probeer hulleself regverdig en kom dan met die oulikste argumente en beskuldigings wat so mooi klink, baie Christene sukkel dan om die koring en kaf te skei.

  47. Alec
    Ek stem saam dat daardie mense is maar wat is beter – om deel te wees van die Christen gemeenskap en vra te vra en antwoorde te soek of om net ‘n bepaalde kerk of dogma te volg. Catharina sê dit so mooi hierbo en dit is dat as ons vra na antwoorde die Heilige Gees ons gaan oortuig met die regte antwoorde. Hoor my as ek saamstem dat ons nie met ‘n verskuilde agende of aanvalend die saak moet benader nie maar eerder as antwoord soekers op al die honderde vrae wat doom al die afgelope tyd na ons gegooi het op soek na antwoorde. Baie van die vrae en selfs die wat ander al hier gevrae het, het ek ook al oor gewonder maar was altyd bang om te vra.

  48. Attie, as jy dit vir my ouma sê sal jy haar waarskynlik uit haar graf laat opstaan:-)

    Ek sien baie draai die gesprek direk na die huidige situasie van die NG Kerk toe, so laat my ook maar toe vir ‘n oomblik.

    In die eerste fases van hierdie laaste reeks dinge (ek weet dit het ‘n lang aanloop gehad voor dit), toe dinge nog binne die fakulteit rondgemaal het, het ek baie keer die idee gekry dat vir die wat beskuldigings rondgooi dit nodig is dat iemand moet “dwaal”. Ek het die dokumente gelees, die belaglike bewyse wat op party plekke gebruik is bv, en die gesprekke dopgehou, en dit wat ek daar gesien het was fundamentalisme in ‘n ekstreme vorm: Daar was nie identiteit as daar nie iemand was van wie verskil kan word nie, as daar nie iemand was wie se geloof in twyfel getrek kan word nie.

    Dalk is dit wat my ouma anders gemaak het. Sy het nie nodig gehad om die foute in ander se geloof te loop soek om self te kan haar identiteit vind nie. Dalk klink dit baie hard, maar om so daarna te kyk help my om ruimte te maak vir ouens baie meer konserwatief as ek, en steeds te weet dat daar ‘n godsdienstige filosofie is wat nie mooi is nie.

    Iewers het ek vriende wat baie meer konserwatief is as ek, maar ons praat lekker saam, stry lekker saam, en soek lekker saam. Maar ek ken ook mense wat my goed wil laat verstaan dat ek op ‘n skewe paadjie is en dat die Here glad nie hou van wat ek doen nie, en dat ek eintlik ‘n dwaalleraar is. Fundamentalisme onderskei hierdie twee groepe vir my van mekaar.

  49. Cobus: “Daar was nie identiteit as daar nie iemand was van wie verskil kan word nie, as daar nie iemand was wie se geloof in twyfel getrek kan word nie.” Dit is juis hierdie saak wat my in ‘n groot mate van die gesprek en die debat laat onttrek het. Ek wil nie die identiteit hê van iemand wat nie kan bestaan as ek nie met iemand kan veg nie. Maar ek het ook die gesprek dopgehou en die mense wat van dwaalleer aangekla is (en vrygespreek is) was nie engeltjies in die manier waarop hulle aan die debat deelgeneem het nie. Die gevolg is dat ek bietjie vir myself gaan kyk het wat in die wêreld op die terrein van veral die historiese Jesus gebeur en ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die huidige stryd nie my aandag verdien nie. Daar is toonaangewende teoloë wat lankal by hierdie punt verby is en ek sal eerder toelaat dat die persone my denke oor hierdie kardinale sake vorm.

  50. Catharina: Dankie. Ek leer geweldig baie in hierdie tyd en daarvoor si ek erg dankbaar. Ek hou van wat jy sê oor die Heilige Gees.
    Alec: Dalk is daar mense wat nie meer wil glo nie, maar steeds aan die gesprek wil deelneem. Ek dink mens moet maar soms hoor hoe hulle dink. Ons kan net nie toelaat dat iemand wat nie meer glo nie, aan ons voorskryf hoe ons moet glo nie. Ek dink egter ook ons moet versigtig wees om nie mense wat met ons verskil as af te maak as mense wat nie glo nie.
    HeLo: Ons moet maar ons agendas op die tafel sit. Elkeen moet sê: Hoekom doen ek wat ek doen? Ek kan eerlik sê die teologiese gebeure in Suid Afrika was vir my as leraar erg verwarrend. Ek dink ook vir baie van ons lidmate. Ek het ‘n besluit geneem oor die dinge wat vir my vas staan. Geloof vra juis dat ek soms sonder bewyse sekere dinge as die waarheid moet aanvaar. Ek het daardie keuse gemaak.
    Cobus: Dankie weereens vir jou insette.

  51. Fundamentalisme word hoofsaaklik saamgevat in wette, ‘n klomp moets en moenies, maar ek het nou net aan Gal 5 gedink, waar Paulus se dat as ons volgens die Gees wandel ons nie onder die wet staan nie, dat ons egter verhewe bo die wet is, aas ons toelaat dat die Gees ons lei

    Met Fundamentalisme aanbid ons die wette en nie God nie, dis waarom ons soms moeilik aan dinge kou wat teenstrydig is met die norme van ons samelewing, maar as ons volgens die Gees wandel word dinge baie eenvoudig, en dan is daar nie rede vir twis nie.

    En soos jy se Attie, as ons alles geweet het dan was daar geen nut vir geloof, hoop en vertroue nie.

  52. Cobus, miskien is jou ouma ‘n fundamentalis en moet sy ten alle koste van vliegtuie, bomme en masjiengewere weggehou word. You never know . . .

  53. Bertus se opmerking onderstreep net my opmerking by #37. Ek dink Bertus maak waarskynlik ‘n humoristiese opmerking, maar op ‘n baie subtiele manier word daar gesinspeel dat iemand wat in die opstanding van Christus glo ‘n fundamentalis is, en daarom gevaarlik is.
    Ek sê maar weer: Ons het niks verder gekom as om mekaar lelike name te noem nie.

  54. Hallo HeLo Dankie!

    Jy’t gebring waarvoor ek gevra het;maar eerder as antwoord soekers

    DOOM ATTIE:
    Hebreërs het vanoggend vir my baie helderheid oor hierdie saak gebring. Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme”

    Die Woord as swaard – Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

    . (11) Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie. (12) Hy sê tog:……………..”Hier is Ek met die kinders wat God My gegee het” (14) Aangesien hierdie kinders MENSE VAN VLEIS EN BLOED is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood die een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig (15) en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry. (16) Dit is duidelik dat dit vir Hom nie oor die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham.

    Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy die wat Hom soek, beloon.

    Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red.

    Versterk daarom die slap hande en lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is nie uit lit raak nie, maar gesond word.

  55. ‘Geskenk van God’

    Ek het ʼn dag voor Kersfees vir myself ʼn Kersgeskenk gekoop: MISTER GOD, THIS IS ANNA. Met my pienk highlighter het ek sommer van hoofstuk l af begin strepies trek oor die gedeeltes waarmee ek kan identifiseer. Ek voel asof ek sy is.

    Hier volg ʼn paar voorbeelde:

    “Anna knew absolutely the purpose of being, knew the meaning of love and was a personal friend and helper of Mister God.”

    “….the way she demanded to be known: from the inside first.”

    “…but at the time I was on the verge of being destroyed….night was pure hell”

    “I believe for the very first time in her life she was entirely and completely happy”

    “…her face alight with some inner radiance, her eyes like two blue searchlights”

    “Thank you for letting Fynn love me”

    “That walk home was a pleasure; every step was one step nearer”

    “…come rain or shine, snow or icy wind, Anna was always there”
    “She had some uncanny knack of doing the right thing at the right time ….”

    Seer-gedurende-Kerstyd: “That kind of suffering you must bear alone. It’s for me and Mister God”

    DOOM, ook jy is; a personal friend and helper of Mister God.”

    Here my God. Seën vir Attie en sy vrou honderdvoudig vir elke saadjie wat hulle geplant het en oor waak in gebed.

    Mister God ek glo in U met my hele hart, siel en verstand. My voetspore is aan U bekend, U ken my diepste begeerte, Laat U wil duidelik sigbaar wees sodat ons ten volle gehoorsaam aan U kan wees.

  56. DOOM ATTIE

    ‘Geskenk van God’

    Ek het ʼn dag voor Kersfees vir myself ʼn Kersgeskenk gekoop: MISTER GOD, THIS IS ANNA. Met my pienk highlighter het ek sommer van hoofstuk l af begin strepies trek oor die gedeeltes waarmee ek kan identifiseer. Ek voel asof ek sy is.

    Hier volg ʼn paar voorbeelde:

    “Anna knew absolutely the purpose of being, knew the meaning of love and was a personal friend and helper of Mister God.”

    “….the way she demanded to be known: from the inside first.”

    “…but at the time I was on the verge of being destroyed….night was pure hell”

    “I believe for the very first time in her life she was entirely and completely happy”

    “…her face alight with some inner radiance, her eyes like two blue searchlights”

    “That walk home was a pleasure; every step was one step nearer”

    “…come rain or shine, snow or icy wind, Anna was always there”
    “She had some uncanny knack of doing the right thing at the right time ….”

    Seer-gedurende-Kerstyd: “That kind of suffering you must bear alone. It’s for me and Mister God”

    DOOM, ook jy is; a personal friend and helper of Mister God.”

  57. Rev.: Ek het bietjie daardie link van jou na Julian Muller gaan lees. Ek hou van sy gedagte dat ‘n mens dalk in terme van ‘n kontinuum moet dink. Op die een punt is fundamentalisme en aan die ander punt is liberalisme. So lank ons mekaar in een van die twee uiterste kampe injaag, is geen gesprek moontlik nie. Maar as ons aanvaar dat mense in hulle geloofslewe iewers tussen hierdie twee uiterstes rondbeweeg, dan is gesprek meer moontlik. Ek dink ook so ‘n aanvaarding of vertrekpunt het die potesniaal om agterdog te verminder.
    Dankie vir daardie skakel.

  58. Thinus: Een van die dinge wat in die laaste jaar met my gebeur het is dat ek daarmee vrede gemaak het dat ek van minder seker is. Daar is dinge waarvan ek redelik (lees baie) seker is, maar daardie dinge het al hoe minder geword. Die wonderlike ding wat toe gtebeur het was dat ek kon groei in my insig en verstaan van baie dinge. Ek dink ons moet mik vir die balans. Dankie vir jou hier wees.

  59. Jy se soos Sokrates van ouds ” Ek is die wyste van alle mans, dat ek weet dat ek nie weet nie ”
    Ek dink die gesprekke was ‘n goeie ding om ‘n mens op nuut te laat verstaan wat mense dink, ek self het tot beter insig gekom, maar dit beteken nie ek hou op vrae vra nie, en filosofeer nie, op daai manier kom ons ook tot beter insig en kennis, dis presies wat die’ soos Martin Luther en daai ouens gedoen, ons moet net nie stagneer nie

  60. Ds Attie se kommentaar nr 44 van 29 Des.oor geloof se wat gese moet word,hoe ons moet glo.
    So nie kan ons maar als oorboord gooi, en soos Omar Khayam oor die lewe se.”If we look at this sorry shape of things,will we not shatter it to bits,and then remake it nearer to the hearts desire.?”

  61. Bertus, dalk was sy, mens weet nooit:-) Maar ek weet ten minste sy IS nie meer nie, sy het ons huidige realiteit so tyd gelede verlaat vir ‘n ander. Maar dan weer, as ‘n persoon sy/haar fundamentalisme so goed wegsteek met liefde vir ander, is dit dan nog fundamentalisme???

  62. Op die kontinuum idee, kyk my eie bydrae van vroeër die jaar op daai post van prof Julian, ek sê wat ek wil sê. Selfs die idee van ‘n enkele kontinuum waar fundamentalisme en liberalisme die ekstreme vorm doen nie reg aan die kompleksiteit van menslike religieuse ervaring en gedagtes nie.

  63. Cobus: Ek dink daar is dalk meer mense wat hulle oortuigings wat deur sommige as fundamentalisme beskryf sou kon word, wegsteek onder die liefde. Daar is die mense wat ononderhandelbaar in die vyf punte van die fundamentalisme glo, maar met dieslefde ononderhandelbare oortuiging glo dat ons geroep is om ons liefde vir God en ons medemens prakties uit te leef.
    Oor die kontinuum – stem nogals saam. Ek het daardie kommentaar van jou daar gelees, solankd die kontinumm ons help om beter te verstaan, is dit goed, maar as die kontinuum weer ‘n poging word om uit te werk waar wie op die kontinuum is, dan ontken ons die kompleksiteit van die mens en veral van die Skepper van die mens.

  64. Kandas
    Sorry man ,was bietjie van die net af maar wil graag iets sê oor jou Deuteronomium stukkie (al die wette ….) Joh 1:17 sê wet deur Moses genade deur Jesus Rom. is ook val van dit die beste is in Gal.
    Gal 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, …. Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
    Die beste vir my pers. is Gal 4:3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
    Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
    Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
    Dir beteken nie ons kan nou God se genade en liefde misbruik nie ….

Lewer kommentaar op attie Kanselleer antwoord

Blog at WordPress.com.

Up ↑