30 DAE: DIE DAG NA KERSFEES

Kersdag is verby – ek hoop nie kersfees gaan gou verby wees nie. Wanneer Christene vir mekaar ‘n geseënde kersfees toewens, dan spreek hulle eintlik vir mekaar ‘n gebed uit. Dis my gebed dat die Heilige Gees die wonderlike teenwoordigheid van Christus Jesus  ‘n treffende werklikheid in elkeen wat hier lees se lewe sal maak.

Die verhaal word vertel van die pa wat by ‘n poskantoor gewerk het. As gevolg van sy jong seuntjie se onverwagse dood het die pa al hoe meer afgesonderd en eenkant gelewe. Hy het al hoe minder kontak met mense, ook sy eie gesin gehad.Op ‘n verrassende manier beland die briefie van sy dogter aan Kersvader toe in die man se hande. Die briefie het naastenby so gelees:

Liewe Kersvader, ons is hierdie jaar baie hartseer hier by ons huis. Ek wil nie regtig hê jy moet vir my enige iets bring nie. My klein boetie is vroeër vanjaar hemel toe. Al wat ek wil hê wanneer jy hier by ons huis verby kom is dat jy asseblief sy speelgoed met jou sal saamneem. Ek sal die speelgoed in die kombuis in die hoek neersit. Sy hobbelperdjie, sy gunsteling treintjie, en die paar karretjies. My boetie sal nie weet wat om te doen as hy nie hierdie gunsteling speelgoed van hom het nie. Vat asseblief hierdie speelgoed en moenie eers bekommerd wees daaroor om iets vir my te los nie, maar as jy vir my pappa iets kan gee wat hom sal maak soos hy altyd was, dat hy weer op die stoep by ons sal sit en sy pyp sal rook en stories vertel, dit sal regtig wonderlik wees.

Ek het eenkeer gehoor dat hy vir mamma sê dat Ewigheid die enigste ding is wat hom regtig gesond sal kan maak. Is dit dalk moontlik dat jy vir hom ‘n bietjie Ewigheid kan bring. As jy dit kan doen, sal jy sien hoe ‘n wonderlike en soet dogtertjie ek is.

Marian Bennett

Ek weet nie wat die reaksie van daardie pa was nie. Toe ek vanoggend hierdie verhaal lees het ek besluit om vandag ‘n paar oproepe te maak en die goeie wense van kersfees aan ‘n paar mense oor te dra. Mense wat ek dink gister dalk gewonder het waarom ek nie gebel het of kontak gemaak het nie.

Dalk is daar iemand wat jy ook kan kontak.

4 thoughts on “30 DAE: DIE DAG NA KERSFEES

Add yours

  1. Attie

    Ek weet dat God se plan wel uitgevoer sal word, lees sal daar gelees word, dalk bietjie later as nou, maar dit sal gebeur.

    Die vrede en nabyheid van Hom wat in my woon was duidelik aanwesig, en tog het dit vir my gevoel asof ek in ʼn leë onbekende wentelbaan om myself roteer.

    Vandag is ek swanger;
    Met leegheid, verlange, seer, en gemis, alles voel verlate. Ek voel soos ʼn offer op ʼn brandstapel. Ek huil my hart voos terwyl ek in die stort is, terwyl die inhoud van my siel uitgegiet word in smeek gebede, my siel is mank en die gemis is oorweldigend. Weet ek dat dit wat binne woed is nie selfsugtig nie, dit dra ʼn ander se belange op die hart; vra vir genesing, herstel, vrede, duidelike voetpaadjies.

    Ek luister na ‘n liedjie van ‘ek voel ook soos jy’ en dit pers druppels egtheid uit my siel wat tydsaam en pynigend in die Goue Offerhandebak drup, daar waar Engele wag om dit te suiwer en as wierook voorberei vir my Heer.

    Dankie Here vir hierdie uitlaatklep, vir die wete dat U weet waaroor alles gaan. Ongeag watter kant ek heen draai is verminking van ander onvermydelik! My God laat U wil geskied! Maak dit wat so lieflik kosbaar onverstaanbaar groot en seer maak eerder dood in sy hart as U wil skeiding is, sodat ek die seer van doodgebore drome kan ervaar en nie hy nie. Hy het genoeg seer en gebreekte glas op sy bord gehad. Ek vra dit in Christus Jesus Naam.

  2. Maandag 13 Aug. 07

    Jeremia 33 :39

    39Ek sal hulle onverdeelde hart ʼn vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir die van hulle kinders na hulle.

    40Ek sal ʼn blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie.

    41 Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in die land vestig.

    42 So sê die Here; Ek het hierdie groot ramp oor hierdie volk gebring het, so sal Ek ook al die goeie wat Ek hulle beloof het, na hulle toe bring.

    Ek het 3 uur wakker geword met die behoefte om vir Liezel en maatjie een te bid.

  3. Meer ernstig … die storie is goed maar my vraag is , moet ons kinders nog in “Liewe Kersvader” glo …. Ek sien dit so…, ons moet in God , Liewe Jesus en die Heilege Gees glo , en dit by ons kinders inskerp tydig en ontydig (Deut 6). Ek dink ons moet ons kinders geloofwaardig maak ,dat hulle sal glo van kleins af daar is ‘n Liewe Jesus nie ‘n Liewe Kersvader nie ….

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: