GESEËNDE KERSFEES

‘n Kunstenaar was by geleentheid besig om ‘n wintertoneel te skilder. Die toneel wat op die doek ontvou het, was een van ‘n sneeu bedekte aarde en bome. Met besondere vaardigheid het die kunstenaar se hand die dag tot ‘n einde gebring en die nag het vir die kunswerk aangebreek en die hele toneel was in ‘n aandskemer toegevou. Die hout-huisie tussen die bome was skaars sigbaar in die skemer en tussen die skaduwees. Toe het die kunstenaar sy kwas se punt in geel verf gedoop, en met ‘n paar hale het hy in een van die vensters van die huisie die warm gloed van ‘n lamp geplaas.  Hy het die skildery klaar gemaak deur die geel lig vrolik op die spierwit sneeu te laat weerkaats.

Die eensame lig het die hele skildery verander. ‘n Mistroostige en koue nag is vervang met ‘n warm en veilige  tuiste.

Wat op daardie skilderdoek gebeur het, het twee duisend jaar gelede gebeur. Toe ‘n babatjie in hierdie mistroostige en koue wêreld gebore  is en sy lig oor hierdie grys landskap van die wêreld laat val het terwyl Hy hoop, ewige warmte en veiligheid aan alle mense van alle tye aangebied het.

Mag jy wat hier lees die besondere vreugde, vrede en nabyheid beleef wat net te vind eis is by die opgestane Here Jesus.

Mag jou verlange na ‘n persoon wat vandag nie by jou kan wees nie, makliker wees omdat jy die teenwoordigheid van die Here Jesus in jou lewe beleef.

Mag jou wense vir ander ook ander se wense vir jou wees.

Kom alle getroues

vrolik en vol vreugde

o kom in die gees nou na Bethlehem.

Loof daardie kindjie

tot ons heil gebore.

Ons buig daar in aanbidding.

4 thoughts on “GESEËNDE KERSFEES

Add yours

  1. Ds Attie! Dis altyd of jou ‘timing’ net reg is! Dankie, en dankie dat jy kom blog het! Ek, en soveel ander leer elke dag hier!

    n Spesiaal Geseende Kersfees vir jou en jou familie…

  2. Dankie Attie, dis pragtig! Dit gee my sommer ‘n warm gevoel om die hart!

    ‘n Baie Geseënde Kersdag vir jou en jou gesin!

  3. ‘n Baie Geseënde Kersfees vir jou en jou gesin Attie! Dis ‘n pragtige vertelling wat my sommer warm om die hart laat voel!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: