DIS MAANDAG DIE DAG VOOR KERSFEES

Die naweek is agter die rug en Sondag is ook. Ek het vir die eerste keer in ses weke gepreek en ek het maar net weereens besef watter wonderlike voorreg dit vir my is om te mag preek.

Saterdag se begrafnis was baie hartseer. ‘n Jong man van 33 jaar wat selfmoord gepleeg het. Niemand weet regtig hoekom nie en dit laat ruimte vir baie spekulasie en die ontstaan van geweldig baie agterdog. Ek wens meer mense wat selfmoord oorweeg wil met iemand gaan praat.

Ons dogter wat volgende jaar in matriek is, was hierdie vakansie vir die eerste keer in haar lewe op Stellenbosch – en nes ek verwag het, het sy haar hart op die plek verloor. Nou wil sy te alle koste op Stellenbosch gaan studeer. Ek hets elf daar studeer en Renate was nog net een keer daar en sy kan nogal verstaan dat iemand daar wil gaan studeer. Ons sal maar daardie bruggie oorsteek as ons daar kom. Stellenbosch is en bly vir my een van die mooiste plekke in ons land.

Ding se stoep is afgebreek en die paadjie na sy stoep toe is nie meer begaanbaar nie. Dit was nogal vir my hartseer om sy laaste NA DIE LAASTE VUURHOUTJIE te lees. Ding het blykbaar besluit die stoep moet nou eers toemaak. Ek weet nie of hy nog gaan kom lees nie, maar ek gaan sy besondere manier van kuier en gesels en vriende maak mis.

Ding, ek weet nie wat jou laat besluit het om jou “blog” te stop nie, maar dit was lekker om jou te leer ken. Ek hoop jy sal maar so nou en dan hier opdaag vir ‘n koppie koffie en dalk eendag weer jou rekenaar nadersleep en ons lewens in die kuberruimte verryk met jou skrywes.

4 thoughts on “DIS MAANDAG DIE DAG VOOR KERSFEES

Add yours

  1. Sterkte met jou besige dag vandag Attie! Mag jy en jou gesin ook more ‘n baie geseënde Kersdag beleef. Dankie ook sommer vir al die lekker geestelike leesstof gedurende die jaar wat ek elke dag kon by kom rustig raak, oordink en toepas. Ek is nét so jammer dat Ding sy stoep gesluit het – dit is nes jy sê, hy het ‘n baie besonderse manier van kuier en gesels! Ek sal hom regtig mis!

  2. Sterkte met jou besige dag vandag Attie! Mag jy en jou gesin ook more ‘n baie geseënde Kersdag beleef. Dankie ook sommer vir al die lekker geestelike leesstof gedurende die jaar wat ek elke dag by kon kom rustig raak, oordink en toepas. Ek is nét so jammer dat Ding sy stoep gesluit het – dit is nes jy sê, hy het ‘n baie besonderse manier van kuier en gesels! Ek sal hom regtig mis!

  3. Ja, ai tog…? Sonder twyfel het ek op ‘n besonderse vriendskap uit gemis.

    “Some people don’t know
    how important it is that they exist.
    Some people don’t know
    how good it is just to see them.
    Some people don’t know
    how much poorer we would be without them…”

    Attie, dankie vir jou! Weet asseblief dat jy erg baie hier waardeer word.

  4. Stellenbosch – min plekke mooier dan hier. Maar dis nie meer soos jy dit onthou nie Attie, miskien moet jy ook maar ‘n slaggie weer hier kom draai. Jy onthou seker nog vir Finlay’s in Pleinstraat? Nou se dae sit hulle sommer 2 pubs op mekaar – dubbelverdiepings vir dubbele verleidings.

    Daai is net ‘n silly opmerking – as jy soveel jare in die Bos woon, vergeet jy dat daar bekorings is. Dan, nadat ek jou inskrywing gelees het, beloof ek myself om sommer baie die vakansie my dorp te gaan verken. En weer op hom verlief te raak…

    Die mense wat na ‘n vriend/familielid se selfmoord agterbly, wonder almal hoekom die persoon nie gepraat het nie. Maar soms gaan mense se monde oop, en ander so ore sluit instinktief. Ons is tog so bang om by ander se probleme ingetrek te word. Dis die sad realiteit.

    Seenwense!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: