‘n Rowwe naweek lê voor. Saterdag die begrafnis van ‘n man wat selfmoord gepleeg het; Sondag twee eredienste; (08:00 en 10:00) Maandag die begrafnis van ‘n ou oom wat in die ouetehuis oorlede is en die middag ‘n troue en dan Kersdag twee eredienste. (08:00 en 10:00) Die gevolg is dat die tyd ontbreek om vandag ‘n “post” te skryf.
Maar op Scott McKnight se blog is ‘n baie volwasse gesprek oor kleindoop vs. grootdoop aan die gang. Volwasse omdat die een groep nie die ander groep probeer demoniseer nie. Gaan kyk gerus by For John Franke: On Infant Baptism I of sy tweede “post” For John Franke: On Infant Baptism II.
Ek dink dit behoort interessant te wees om die vlak en die gesindheid van debatvoering te volg. Dalk leer ons iets oor die doop ook in die proses.
Sterkte vir jou naweek!
NS: Persoonlik glo ek die doop-debat is irrelevant.
BiB: Die debat oor die doop is lankal nie meer die kern van die gesprekke nie, maar tog is daar baie mense vir dit nog ‘n “issue” is. So dit is die een rede waarom daardie skakel daar geplaas het. Die ander rede die vlak van debatvoering en die manier waarop mense daar met mekaar verskil. Scott mcKnight verstom my elke keer met die manier waarop hy aan die ouens van wie hy verskil erkenning gee.
Dankie vir jou goeie wense.
…in daai geval sal ek bietjie gaan loer!
Naand Attie
Ek glo dat die doop net simbolies is, ek moet bieg dat ek saam stem met die leringe van Pelagius ( 380 AD ) dat die mens nie inherent boos is nie en dat die mens nie geskape is om sleg te wees nie maar goed, ek glo dat om in Christus te lewe ‘n leer proses is wat eendag oorgaan in praktyk, ‘n goeie voorbeeld is dat as ons nie gemaak was om te baklei nie, dan sou ons kloue en lang slag tande gehad het en ons het, te veel woede en agressie maak ons siek, as ek iemand met my vuis bykom kry ek seer, ek dink as God nie wou gehad het ons moet hier op aarde gewees het nie, sou ons dood eenvoudig nooit gebore gewees het nie.
Johannes Calvyn en andere se teologie het baie bydrae gemaak, maar ek wil net se dat dat alles ontwikkel tot vandag toe nog, net soos goeie dade kan die doop jou nie in die hemel bring nie, maar slegs God se ganade omdat ons verlee en afhangklik is van Sy liefde.
Ek is ook van mening dat die Bybel nog nie klaar geskryf is nie, die Bybel wat ons tans het is ‘n riglyn, maar kyk om jou in die natuur ander nationaliteite and gelowe, geestelykheid is immers universieel.
Die kerk en geloof is besig om in ‘n heel nuwe dimensie in te gaan, ons moet ons self aanpas, nog beter ons moet word wat ons eintlik is, die doop is ‘n mooi sakrament en dit moet op hou nie.
Ons Dominee hier by die Dubai Afrikaanse Gemeente het 5 kindertjies gedoop en een ingeseen op die aanvraag van die ouers, en daar was geen slegte gevoelens of resepsie daaroor nie.
Hi Thinus goed om van jou te hoor.
Stem saam – doop (groot of klein) is net simbolies. Dit is die geandewerk van God in Christus Jesus wat ‘n mens red
Stem saam – Johannes Calvyn was net nog ‘n teoloog wat probeer het om God se Woord te verstaan – hy het nie alles reg verstaan nie, maar hy het ‘n groot bydrae gemaak.
Oor die Bybel – Ek glo die Bybel is die die geïnspireerde Woord van God.
Die kerk en die manier waarop mense hulle geloof uitleef moet altyd aan die ontwikkel wees anders raak beide irrelevant.
Ek dink meer en meer gemeentes gaan in die toekoms die gebruik aanvaar om die kinders te doop of in te seën afhangende van die versoek van die ouers. Ek dink daar is ‘n verskil tussen die verbondsdoop (‘n Teken wat wys op die genadewerk van God in Christus Jesus) en die belydenisdoop (‘n Teken wat wys op my geloofsreaksie op die gandewerk in Christus Jesus.)
Geniet Dubai.