Zuma is die president van die ANC.
Beeld berig dat ‘n klomp senior amptenare waaronder Trevor Manual gaan loop as Zuma president word.
Die Burger spekuleer oor wat gaan gebeur as Zuma aangekla word terwyl die ANC vure probeer doodslaan dat hier ‘n linkse swaai gaan wees.
Ek weet dit was tyd vir Mbeki om te gaan. Maar wat nou? Nou is Mbeki uit die saal soos ons wou gehad het. Die enigste alternatief is nou in die saal. Is ander ook vanoggend ‘n klein bietjie ongemaklik en onseker?
En… van nou af is dit onwettig vir kinders onder sestien om te vry! Die Burger. Ek wonder hoeveel van ons sou ‘n misdaadrekord gehad het as dit in ons dae so was? (In standerd 8 en 9 is die meeste 16 jaar oud.)
Ek moet erken ek het nie besef ons land word regeer deur 3900 mense nie. Hierdie mense word nie demokraties verkies nie maar is almal lede van ‘n organiesasie (die ANC) en hulle besluit wie regeer en op welke wyse. Wat het dan nou van een mens een stem geword?
Alec, het jy vergeet hoe dit in die ou NP gegaan het? Die koukus het gesit en PW se opvolger gekies; asook Verword s’n; asook Vorster s’n ens. Die “10 milj”-volk was nie naby nie, praat nie eers van die res nie! Dis mos maar hoe proporsionele verteenwoordiging gaan. 40 miljoen kon tog nie op Polokwane toesak nie.
Loop in die wandelgange van die lewe, en jy sal hoor dit was die meerderheid se keuse.
Ongemaklik en onseker? Ek is nie eintlik ongemaklik en onseker nie. Dis soos die koerant iewers die week ook geskryf het – dis om te kies tussen die hemel en die diep blou see; ewe ongemaklik.
Hoekom is ek rustig?
1) Die Here is en bly in beheer van volkere geskiedenis en die skepping. Wêreldmagte en heersers het maar beperkte gesag. Hulle kan die lewe bra ongemaklik maak, maar die Here het nêrens gemak beloof nie, weliswaar beskerming. Ek hou maar aan die belofte vas met my lewe!
2) Mbeki het ‘n dooie oog gegooi oor misdaad en Zim. Wat Zim betref weet ek Zuma dink anders. Wat misdaad betref kan Zuma net verbeter. Mbeki het alte outokraties opgetree in vele opsigte. Dit blyk dat dit ook die rede is waarom die massas die Skerpioene wil toemaak – dit het die presidensie se wapen geword. Mbeki se lojaliteit teenoor Manto is duidelik én onverstaanbaar, behalwe natuurlik dat deel van die antwoord lê in Manto se man se posisie as Tesourie-Generaal van die ANC.
3) Veranderinge is onseker, maar dikwels ‘n goeie ding. Dit was dalk nou tyd vir ‘n verandering.
Ek is maar ‘n Afrikaan en is steeds opgewonde oor ons nuwe SA!
Sorry, tussen die duiwel en die diep blou see! Miskien wil ek die duiwel hier uit gehou het :->
Alec: Ek dink ook Zuma se toespraak en verdere opmerkings Donderdag 21 Desember gee dalk ‘n aanduiding van wat ons kan verwag.
Swartwitpens: My ongemak lê by die onbekende. Ek weet wat om van Mbeki te verwag, maar nie van Zuma nie. Ek moet egter sê dat Zuma in hierdie eerste paar dae reeds ‘n paar dinge gedoen het wat neig om my rustig te maak. Ek is verstom oor die verkiesing van 80. Duidelik is Mbeki se lojaliste die deur gewys.
Ek wil aansluit: Ek is ook ‘n Afrikaner van Afrika – ‘n Afrikaan. Ek kies om optimisties te wees oor ons land.