ESKOM – ONBETROUBARE EN ONBEVOEGDE ESKOM

Die hele land is gister weer geraak deur beurtkrag en volgens ‘n berig op die voorblad van Beeld gaan dit tot Donderdag so voortduur.

Beeld kon gelukkig met iemand van ESKOM praat wat die volgende veruideliking gee:

“Beplande én onbeplande herstelwerk word aan kragsentrales gedoen wat altesame 10 000 MW in gedrang bring, het Etzinger gesê.

Volgens hom word onbeplande herstelwerk “weens onverwante tegniese probleme” by steenkool-kragopwekkingseenhede by vier verskillende kragstasies in Mpumalanga gedoen.

Die beurtkrag is te wyte aan dié onbeplande herstelwerk, asook aan beplande herstelwerk.

Hy het gesê hy weet nie hoeveel kragopwekkingseenhede deur die beplande herstelwerk geraak word nie.”

‘n Mens sou ten minste van ‘n man wat met die media skakel oor so iets soos kragonderbrekings verwag om te weet hoeveel eenhede geraak word. Eltzinger weet nie?

Dit lyk verder dit vir my asof mense vasgevang is in ‘n stuk magteloosheid. Niks wat ons doen of kan doen sal iets hieraan kan verander nie. Ons kan sms’e stuur, e-posse stuur, ons kan betogings hou, ons kan ESKOM boikot (Ek vermoed hulle sal dit verwelkom.) Niks wat ons doen gaan enige iets aan hierdie situasie verander nie.

Mens mag ook nie kla nie. As jy kla oor jou wwonbuurt se krag so lank af is, dan skakel hulle net eenvoudig jou wwonbuurt se krag heel laaste aan. Magteloos!

My mening: Ons sit in hierdie situasie omdat ESKOM nie vooruit beplan het nie. Dit lyk vir my hullle het vir 13 jaar net seker gemaak dat daar soveel mense as moontlik in die tou staan om bvet salarisse by ESKOM te kry en niks omgegee vir die beplanning van die toekoms nie.

Maar nou ja, ek is gefrustreerd met hierdie situasie en ek wou net iets daaroor sê. Ek wonder hoe voel jy daaroor?

6 thoughts on “ESKOM – ONBETROUBARE EN ONBEVOEGDE ESKOM

Add yours

  1. Ek dink al lank daaraan om maar ‘n klein kragopwekkertjie te koop vir die nodigtes behoeftes. As ek van verlof terugkom en my begroting laat dit toe, dink ek moet ek maar so maak.

    Ek sê maar solank ‘n baie geseënde Kersfees, vandag is my laaste werksdag en Vrydag douvoordag is ek weg. Maar as my ADSL en my krag gelyktydig aan is, blog ek weer saam voor Nuwejaar!

  2. BiB: Ek dink ons moet gewoond raak, maar ek sal maar se soos Ben Said gisteraand op E-TV se nuus vir die voorsitter van ESKOM gese het: This is unacceptable. ESKOM wil nie praat oor die oorsake nie. ESKOM wil vir apartheid die skuld gee en reken daar moes in 1994 al begein gewees het met die bou van ‘n nuwe kragsentrale. Ek dink net in 13 jaar kon die nuwe “fat-cats” van ESKOM bietjie hulle salarisse verdien het en die beplanning gedoen het. Dit lyk my dit was net te lekker om ‘n vet salaris te trek.
    mykopop: Geniet jou vakansie. Ek oorweeg ook maar ‘n kragopwekkertjie om die frustrasies te verminder. geniet jou vakansie. Sien jou dan net voor nuwe jaar. Ek het gelukkig nou ook met die internet ‘n heerlike alternatief. Ek kan werk selfs al is die krag af, maar ook net so lank my battery hou.

  3. Ek se “gewoond raak” met hope sarkasme. Die tragiese is dat SAners baie stadig en subtiel gekondisioneer word om nie meer hoe verwagtinge van die regering te he nie en maar “gewoond te raak” aan misdaad, swak dienslewering, kragonderbrekings ens.

  4. BiB: Nou praat jy. Ek kan nie glo dat hierdie ESKOM fiasko met so min onsteltenis begroet is. Ek dink almal het gedink “April-fool” se datum is verskuif. Maar ek dink jy is reg, ons het gewoon geraak om al hoe minder te verwag. Ek wonder of Zuma iets hieraan sal kan doen? Ek wonder of Zuma sal maak dat ons weer meer en meer van die regering kan en wil verwag?

  5. DIE BURGER berig vandag dat Mbeki die regering die skuld gee vir die kragprobleme in Suid Afrika omdat die regering die ekonomiese groei verkeerd voorsien het. Dan geld die opmerking van onbevoeg en onbekwaam seker vir die regering.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: