30 DAE: 4 GROOT TERME IN DIE CHRISTELIKE GELOOF

Ons Bybelleesprogram bring ons vandag by Markus 1:14-15. In hierdie twee verse kry ons vier van die belangrikste begrippe in die Christelike godsdiens. Die vier begrippe is koningsheerskappy van God (of koninkryk van God); goeie nuus (of Evangelie); bekering; geloof.

Ek het reeds op die “blog” ‘n paar gedagtes oor die koningsheerskappy van God geskryf. Ek gaan op hierdie “post” net aandag gee aan die drie ander begrippe.

(i) DIE GOEIE NUUS (EVANGELIE).

Dwarsdeur die Nuwe Testament word die woord vir goeie nuus weer en weer gebruik. Daardeur kry ons ‘n idee van die inhoud van die goeie nuus wat Jesusgebring het.

Die goeie nuus is die waarheid. (Gal. 2:5 en Kol. 1:5)

Die goeie nuus bring hoop. (Kol. 1:23)

Die goeie nuus bring vrede. (Ef. 6:15)

Die goeie nuus het ‘n belofte. (Ef. 3:6)

Die goeie nuus van onsterflikheid. ( 2 Tim. 1:10)

Die goeie nuus van verlossing. (Ef. 1:3)

(ii) BEKERING

Daar is ook die woord bekering of inkeer (Grieks – metanoia) Bekering is nie so maklik as wat meeste mense beweer dit is nie. Die Griekse woord beteken letterlik om van mening te verander.

Ons is genieg om twee dinge met mekaar te verwar.

Die een is berou oor die gevolge van ‘n mens se sonde en die tweede is berou oor die sonde self. Ek waag dit om te sê dat die meeste mense erge berou het oor die gemors waarin sy sonde hom/haar laat beland het, terwyl daardie persoon baie goed weet dat as hy/sy ‘n waarborg het dat die sonde geen negatiewe nagevolge sou hê nie, sou hulle dit sonder huiwering weer doen.

Ware bekering beteken dat ‘n mens nie net jammer is vir die gevolge van sy sonde, maar dat jy op die punt in jou lewe kom, waar jy sonde self haat. Montaigne het gesê: “Children should be taught to hate vice for its own texture, so that they will not only avoid it in action, but abominate it in their hearts – that the very thought of it may disgust them whatever form it takes.”

Bekering beteken dat die mens wat ernstig verlief was op die sonde sy gedagte en mening en oortuiging verander tot op die punt waar dieselfde sonde met ‘n passie gehad word. Voor dit nie gebeur nie, was daar nog nie bekering nie.

(iii)  GELOOF.

Ons moet die goeie nuus glo. Om die goeie nuus wat Jesus verkondig het te glo beteken om ter aanvaar wat Jesus ons geleer het, om te glo dat God die God is waarvan Jesus ons kom vertel en wat Hy aan kom voorstel het. Om te glo dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy bereid is om enige offer te bring en enige prys te betaal om ons weer in die regte verhouding met Hom te bring.

Ons word gedaag om dit te glo wat eintlik te goed is om waar te wees.

Lewer kommentaar

Filed under 30 Dae met Jesus, Basiese Bybelse Beginsels

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s