IN DIE WÊRELD NIE VAN DIE WÊRELD NIE

Ek lees “Adventures in Missing the Point.” van Brian McClaren en Tony Campolo. Ek gaan waarskynlik nog ‘n paar keer oor hierdie boek skryf. Ek skryf onder andere hierdie “post” om die aandag te skuif na die vraag: Wat kan ons doen om meer effektief te wees wat God bedoel het ons as Christene en kerk behoort te wees?

Brian McClaren verwoord iets van my gedagtes oor dit waarmee ek besig is en wat ek sien gebeur in en om die kerk en die kerk in hierdie wêreld. Dit is juis hierdie gedagtes wat my op hierdie koers gestuur het. Hierdie koers waar ek wil probeer om die mens met wie ek werk ‘n bietjie beter te ken en te verstaan. Ek wou hierdie stuk vertaal het, maar dalk is dit maar die beste om te probeer om dit net so oor te tik.

“Despite our sincerity and best of motives, preachers like me mess people up. It’ s unintentional, believe me: we’re just trying to protect people. But we damage people, nonetheless.

We want to protect people from alcoholism and drunkenness, so we tell them not to drink any alcoholic beverages. To protect them from alcolhol we recommend they avoid establishments that serve it. To be on the safe side, we tell them to avoid people who drink alcohol… and to avoid excessive laughter as you’d hear from tipsy people… and, in fact, to avoid parties in general except boring ones.

We want to ptotect folks from extramarital sex, so we create so much tension around the subject that we make people uncomfortable not only with the opposite sex, but with their own sexuality, too. Okay, we preachers admit, maybe we’ll create a little sexual anxiety, maybe some of our hearers will become a tad nerdly, weird, uptight – but at least they won’t get into overt sexual trouble. We hope.

We want to protect folks from following the crowd and succumbing to peer pressure, so we imply – or outright assert – that good christians don’t go to R-rated movies (or any movies at all), don’t listen to rap music (or any popular music at all). We approve of them spending all their time in church services, church meetings, church activities – safe rabbit holes, a protective Christian ghetto.

We want to protect our folks from greediness – so we create a preaching climate that suggests it is morally and biblically dubious to make good money, to be extraordinary succesful, to maximize their earning potential. We imply that middle-class ambitions are okay, that mediocrity of any sort is safest.

We want  to protect folks from losing their faith, so we warn them against reading philosophy, from participating in culture and arts, from dealing with tough questions and controversial issues. We preachers exhort them to avoid the sciences (they might accept evolution!), avoid the social sciences (they might sympathyze with liberals, criminals and homsexuals!), avoid the arts (they may have to look at nudes!) We recite pat answers and platitudes, even when it makes us feel dishonest, shallow, trite, tortured. We feel justified, though, convincing ourselves that even a bad faith is better than a lost faith.

In short, wanting to protect our congregations from becoming of the world, we preachers tell them, “Don’t be in it.” We’re just comfortable to have Christians under our influence to be outside our culture rather than in it, into it, or with it.

There’s only one problem: in trying to save people from the world, we miss the point. We actually ruin people (and ourselves) as disciples, and probably damage them as human beings, too. What’s amazing is how patient our parishioners are with us, in light of the damage we do them. It’s amazing how patient the Lord is with us too, in light of the damage we do to his people and his cause.”

24 Kommentaar

Filed under Emergent

24 responses to “IN DIE WÊRELD NIE VAN DIE WÊRELD NIE

  1. Baie waar woorde! So dikwels is Christene “insecure” – dit, terwyl Christene ALLE rede het om juis 100% “secure” te wees. As jou Christenskap aangetas word deur wat wereldlinge oor God kwytraak, moet jy bietjie introspeksie hou! Ons moet ophou verdedig, want ons hoef nie te verdedig nie. Ons is nie omsingel of oorwin nie, want ons is al meer as 2000 jaat oorwinnaars! Ons is nie slagoffers nie…ons is oorwinnaars!

  2. Babette

    Nou verstaan ek sekere dinge sommer baie beter!

  3. BiB: Thanx, jy laat my altyd bietjie verder dink. Ons hoef nie te verdedig nie. Ons het reeds oorwin.
    Babette: Ek weet nie van jou nie, maar ek het nog nie klaar gedink oor alles wat Brian McClaren hier skryf nie. Jy was lank stil. Welkom terug.

  4. Babette

    Ek sal graag die boek wil lees. Waar kan ek dit in die hande kry?

  5. Babette: Die boek se naam is Adventures in Missing the Point van Brian McClaren en Tony Campolo. EK het dit gekry by Gospel Direct. Ek dink dit ook bestelbaar by amazon.com.

  6. Kati

    Lank laas ht iets m so getref, dis 1 van di belangrikste kwesis met os tienerz nou, os wil di reg en verkerd weet. En in di proses rak ons afgepiz want dis ni wat os altyd wil hoor ni, en soos di boek se ons word sergemak! Want ons verstan ni¡!!! En dan bgn os rebileer teen ons teen di besluite reels regulasier watokal j dit wil noem . . . . En dis wa di delema in kom . . . Kindrz rak kwad v di kerk ni in i agresiewe opsig ni mar in i :ek gee ni me om wat di kerk se ni, en dan kom di maskers di sogenamde oordentelikes ma dis leuns dis als nt leuns . . . . En di kerk se vondamente rak vir di kindirs leuns . . .

  7. Kati: Welkom. Ek sien sommer jy is gewoond aan Mxit taal, maar moenie “worry” nie. Skryf nes dit vir jou gemaklik is. Ek sal moet seker maak ek verstaan jou reg. Julle tieners wil weet wat is reg en wat is verkeerd, maar die antwoorde wat ons gee is nie die antwoorde op julle vrae nie (of is dit nie die antwoorde wat julle gehoop het julle kry nie.???) Omdat die kerk nie mooi hoor wat julle vra nie, gee ons die verkeerde antwoorde. Die gevolg is dat kinder “ordentlikheids maskers” by die kerk opsit en dan leef is hulle nie wat hulle regtig is nie en in die proses is hulle daarvan oortuig dat almal by die kerk net maskers dra en daarom is dit alles net leuens en is die fondamente waarop die kerk gebou is net leuens. Ek wonder of ek jou reg verstaan het…

  8. kleinswemmertjie

    Wow Doom Attie, Kati praat ‘n ding soos hy is, maar tog hou ek daarvan. Dit lyk vir my sy dink tieners wil nie die waarheid hoor nie, en dan raak hulle kwaad vir die boodskapper – maar ek kan verkeerd wees hier. Maar dit klink my ook sy dink die meeste mense by die kerk gee voor om iemand te wees wat hulle nie werklik is nie – dit maak dat alles vir haar net leuens is. Ek wonder net: Dink sy die fondamente van die kerk is leuens omdat die mense so optree, of omdat die boodskap nie die waarheid is nie?

  9. ‘n Tiener stuur vir my hierdie kommentaar: Ek verstaan net dat sy se dat mense baie keer maskers dra. Vir my beteken dit dat daar skynheilige Christene is wat die kerk volmaak. En dit is hoe ek ook baie keer voel. Daar is mense wat so hard probeer om soos Christene te lyk dat dit mens partykeer so kwaad maak. Ek ken so iemand en ek dink dit is een van die redes dat daar ook baie mense is wat nie kerk toe gaan nie. Een so iemand is ____________________!!! (Ek het die naam uitgehaal) En vir my voel dit of daar al hoe meer mense is wat skynheilig raak.

  10. Carla Bakker

    hallo oom… ja ek dink ook daar is skeinheilige mense in die kerk , maar daar is oral in die wereld elke dag skynheiliges om ons. van hulle noem ons even ons pelle ! maar een ding wat ek dink ons wel iewers in ons agterkop moet stoor is dat die Here op baie snaakse maniere dinge doen en dat ons defnitief nie altyd dit verstaan nie, en miskien eendag as daai skynheilige mens weer daar in die bank sit gaan iets wel iewers in sy of haar kop strike dat dit wat hulle doen of hoe hulle leef nie reg is nie . mens moet sulke mense net in gebed opdra en glo dat God een of ander doel het met dit wat ons nie sal verstaan nou op hede ni . ek dink ook die duiwel het wel mag en kan sulke mense gebruik juis om jou te probeer negatief maak teenoor die kerk en tieners en jong mense is teiken groepe want ons is ‘fragile’ en soms baie naive , daarom moet ons juis probeer om verby die skynheilige mense te kyk en met die liefde en krag van Jesus sterker in die geloof groei … want Jesus is ALMAGTIG !!!

  11. Freddie

    Jinne. Wat ‘n topic!
    Kati, jy vra 1 van 2 vrae…
    Dalk kan ek al2 op i manier antwoord:
    1. As dit was predikante (en wi okal nog) die vekere vrae beantwoord. Vra die regte vrae… Daars soveel plekke om vrae te vra as jy nie dit face2face wil doeni: Mxit, facebook, ens………. (Ek persoonlik love it as ek face2face kan praat mt iemand en saam daai persoon soek na antwoorde).
    2. Predikante (ens….) antwoord die regte vrae? Ek vemoed dis wat jy bedoel. Daars i spreekwoord wat se: “die waarheid mak seer”. Ai, ek wens ek kan dit aners antwoord. Soms moet ons die waarheid hoor om die leuen te confront.
    Daars ok maniere om dai seer te handle…
    1. Sit ‘n masker op.
    2. Praat mt iemand daaroor (soos die 1 wat die preek gegee ht of ‘n ander jeugwerker/jeugleier/berader/…….) (By the way, i berader is nie vir mense mt sielkundige probleme alleen ni! Baie van ons ouers gan na beraders toe. Hulle word nt aner gud genoem (soos makelaars, ens)

    Dis jammer dat ons voel ons moet maskers dra. Mar dis partykeer soveel makliker. Ek weet, want ek ht ok vir ‘n lang tyd maskers gedra. Ek ht baie gud gelyk vi baie mense. Di gevaar is nt dat jy soveel aner gud ok agter di masker wegsteek. Gud wat jy ni noodwendig wili. Ek ht ‘n masker afgehaal so 4 maande trug, en dit ht baie pyn veroorsaak. Ek ht werklik gevoel dis iets wat mus ytkom, en ini proses ht ek friendships veloor.
    Dis waarom ek se: Jy mut rerig moi kies mt wi jy praat. As jy jou masker ees kan afhaal teenoor iemand trustworthy, rak dit makliker om jou masker af te haal ini kerk.

    Nt iets oor mense wt maskers dra ini kerk… Ja, daars baie van hulle. Dit vestaan ek ok. Ek dink baie mense mt maskers voel soos dai straatwerker wat ini bed gevang is en toe voor Jesus testaan gekom ht. Jesus het gevra: “Die een soner sonde, goi jy di 1ste klip.” Niemand koni.Ons challange is mar om die klippe neer te goi, en in plaas v wegloop, eder yt te reik.
    Ek weet ook dit isi maklik nie. Want dit gebeur nt dat as jy ytreik, jou masker vroeer of later ok mut af kom.

    Carla, ek wil iets by se… Kom ons kyk na mense en soek Jesus in hulle. Skynheilig of nie…. Ja, en bid vir hulle. Mar ni judgmental nie

    Sory oor my antwoord. Dit musi so lank gwees heti…

    Kati, gud luck. Im here for you….

    By the way, my masker was oor ‘n gevoel vi i mysie. Dis dalk nie major nie, mar dis wel i masker wat my iemand aners lat wees ht wat ek ni helemal wasi.
    Dalk vertel ek v my masker nt voor ek Jesus as Verlosser angeneem ht op i aner stadium

  12. Freddie

    O, nt nog iets oor di fondamente v di kerk… Muni di fondamente judge op grond v di mense wat jy sien lewe alleenlik nie.
    Kyk of dit ooreenstem mt die Woord. Dis war die ware truth le

  13. Carla: Jy raak ‘n baie belangrike punt aan wanneer jy sê dat daar nie net in die kerk skynheilige mense is nie. Ons vergeet dit partykeer. En… moenie skynheiliges te vinnig oordeel nie. Moenie toelaat dat skynheiliges jou geestelike groei in die wiele ry nie. Dit lyk my jy wil sê: Moenie skynheiliges as ‘n verskoning gebruik omdat jou geestelike groei nie op standaard is nie.
    Freddie: Dis seker waar dat almal van ons op een of ander stadium maskers dra. Ek dink, soms dra ons maskers om te keer dat ons (weer/nog) seerkry. Mense verstaan dan daardie maskers as skynheilig en dit is nie altyd so nie.
    Dankie vir julle insette.

  14. Freddie

    Jip, dis waar. Ons dra maar partykeer dai “maskers” om ons te beskerm teen seerkry of weer seerkry.
    Maar ek wonder net of die Here ons volledig kan gebruik met ons maskers op. Saam met ons vrese vir seerkry, steek ons ook dele van onsself weg. Dele wat ons Pa dalk wil gebruik om ander te bereik.
    Dalk moet ons meer gereeld die kanse waag en ons maskers afhaal. Ek dink tog dit raak makliker

  15. Ons is nie veronderstel om na ander te kyk of hulle opreg of skynheilig is nie. Het jy jou sonders bely en werklik Jesus in jou hart ingenooi en Hom jou persoonlike saligmaker gemaak. Is Hy die begin en die einde in jou lewe. Dan se ek vir jou jy sal mense skynheilig of nie deur die oe van Jesus sien en vir hulle bid. Ons moenie klippe gooi nie want niemand is goed nie behalwe God. Dit is omdat predikante nie wedergebore is nie wat die kerke leegloop. Die woord se die letter maak dood en die Gees gee lewe. Wedergeboorte is n gawe van God en die agape liefde wat Hy in jou hart uitstort maak dit moontlik om ander van God se genade en liefde te vertel. Die begeerte in jou hart brand om die wil van God te doen en aan Hom alleen gehoorsaam te wees. Jesus se bloed wat gestort is vir sondaars het dit moontlik gemaak vir ons om in die teenwoodigheid van God te staan. Hy alleen is die absolute waarheid, die weg en die lewe en buiten Hom is daar geen ander nie. Die Here Jesus het ons gewaarsku teen al die valse leraars en n ander evangelie so ek is nie verbaas wat besig is om te gebeur in die Afrikaanse kerke nie. Die kerk moet nou ewe skielik by die wereld aanpas dit is andersom. Ons lewe in die laaste dae wie ore het om te hoor laat hom hoor. Lees maar Paulus se waarskuwings oor die vals profete elke gebeurtenis is vir ons uitgestippel in die Bybel. Word wakker!!

  16. Haai Magda kan jy asseblief verduidelik hoe jy weet dat mense weergebore is of nie. Jy maak ‘n “swaeping statement” wanneer jy sê “Dit is omdat predikante nie wedergebore is nie wat die kerke leegloop.” Net voor dit maak jy hierdie opmerking: “Ons moenie klippe gooi nie want niemand is goed nie behalwe God.” Verduidelik bietjie hoe die eerste opmerking nie klippe gooi is nie.

  17. Onthou ek was tot ouderdom 35 lidmaat van NG Kerk en het Jesus nooit werklik geken nie totdat my oudste seun tot bekering gekom het en ek die verandering in sy lewe gesien het. Eers toe het ek besef hoekom kan ek dit nie ook belewe nie. Ek maak nie n sweeping statement nie dit is n feit. Waarom soek lidmate ander kerke op of n ander evangelie? Daar is predikante wat wedergebore is maar van hulle het die kerk verlaat en is vrygemaak en doen wonderlike sielewerk vir Christus. Attie God het jou lief en al wat Hy vra is gehoorsaamheid. Hierdie onderwerp is nou afgesluit. God seen jou.

  18. Magda: As jou ervaring van die NG Kerk so was, dan beteken dit mos nie dat almal se ervaring dieselfde moet wees nie. Om te beweer dat alle weergebore predikante die kerk verlaat het maak dat iemand soos ek dan moet aanvaar dat ek nie weergebore is nie. En dan… wie is jy om daaroor te oordeel? Is weergeboorte nie iets waaroor net God kan besluit en dat dit net God is wat regtig weet wat in ‘n mens se hart aangaan?

  19. Attie ek het gese daar is predikante wat die NG Kerk verlaat het en maar nie God verlaat het nie. Hulle is in n bedienings waar wedergeboorte plaasvind want hulle is vrygemaak. Tweedens ek het nie gevra of jy wedergebore is nie want dit is n persoonlike saak as jy dit so wil aanvaar dit is tussen jou en Jesus. Onthou hy het jou lief en vir alle mense en hy wil nie enige een moet verlore gaan nie. Terloops ek kry gereeld dagstukkies van n oud NG Kerk predikant wat ook wedergebore is en in n bediening staan en hy noem toe dat hy eintlik op pad is na Stellenbosch vir n re-unie met ou studente maats wat vir predikante geswot het. Uit die 70 was daar net n paar oor wat nog in die NG Kerk dien die res is almal in n bediening waar hulle mense oproep tot bekering.
    Dan Attie wedergeboorte is n besluit wat jy neem om vir die Here Jesus te leef – jy bekeer jou van jou sondes. Daarna onder leiding van die Heilige Gees bely jy met jou mond met rou jou sondes voor en aan Jesus Christus. Alles jy kan die sondes opnoem wat dit ook mag wees. God die Vader het vir Jesus mag gegee om my te vergewe omdat Hy die Seun van God is. Mag die Here Jesus jou seen en ek wens jou n mooi dag toe. Liefde in Christus. Magda

  20. Magda: Weergeboorte is die innerlike werking van die Heilige Gees wat nie deur mense waargeneem kan word nie. Jesus verduidelik aan Nikodemus dat die wind (die Gees) waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom nie en waar hy heengaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is. Die Heilige Gees oortuig my van sonde en wys my op die verlossingswerk van Jesus en werk dan geloof in my om al hierdie dinge as die waarheid te aanvaar sodat ek die sekerheid kan hê dat ek ‘n kind van God is.
    Weergeboorte is die innerlike werking van die Heilige Gees en bekering is die mens se geloofsreaksie op die innerlike werking van die Heilige Gees.

  21. Ben

    Attie.jy is verkeerd.

  22. Ekke

    Ben: Dit klink my amper jy weet net so goed soos die Here wie weergebore is en wie nie. Ek dog Jesus het gesê dat ‘n mens liewers maar die onkruid en die koring saam moet laat groei anders trek ons dalk die onkruid saam met koring uit. Ek kies maar eerder om die onkruid te saam met die koring te laat groei. Intussen vertel ek mense van God se liefde en laat die res in die hande van die Heilige Gees om die saadjie wat ddeur my getuienis geplant is te laat groei en vertrou dat die Here weer iemand anders sal stuur om die saadjie nat te gooi, terwyl Hy dsiut laat groei. Ek is nie gered omdat mense sê ek wys genoeg tekens dat ek weergebore is nie, ek is gered omdat Jesus my sondeskuld betaal het en Hy deur die Heilige Gees geloof in my hart gewerk het. Ek kon niks doen nie – alles is net genade.

  23. Ben

    ekke:elkeen het maar sy tien sent wat hy in die sakkie wil gooi.Ek lees wat jy skryf en stem saam.God trek alle mense na Hom toe deur Sy seun Jesus Christus en elkeen op sy tyd.Ons saai maar net,en net God kan laat groei.Hy besuit wanneer en waar en hoe en wanneer Hy dinge deur Sy Gees openbaar,en al die heilige koeie moet dan weer geslag word en ons besef dan weereens dat ons gedink het ons weet, maar dat ons eintlik niks geweet het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s