EN AS DIT ZUMA IS?

Ons het ‘n paar dae terug bietjie gesels oor Mbeki of Zuma. Prof. Willie Esterhuizen skryf vandag in Beeld ‘n artikel oor wat hy dink die toekoms met Zuma vir ons inhou. Ek moet sê, volgens prof. Willie gaan die paadjie vorentoe rof raak. Dalk moet ons maar ons veiligheidsgordels aansit. Hier kom ‘n ding. Lees gerus die artikel.

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under In die nuus.

5 responses to “EN AS DIT ZUMA IS?

  1. Jak

    Met politiek het die geskiedenis geleer dat niks werklik voorspelbaar is nie,soos maar met ons eie brose bestaan hier op aarde.
    Die afleidings wat gemaak word is gegrond,maar die werklikheid van die verantwoordelikheidin in n amp noop die bekleer dikwels om t.s.v.wat hy voorheen gese en gedoen het, in die amp verantwoordelik op te tree.
    In die Nuwe SA het minderheidsgroepe nie n se nie,en selfs n meerderheidsgroep,soos Christene se voorregte is afgewater.By die onderhandelingstafels 1993 – 1994 het ons reeds gefaal,en voel ons dit daagliks aan.Lees maar enige koerant en sien hoe diensstandaarde verswak,en hoe misdaad handuit ruk.
    Vorentoe kan dit nog slegter gaan,en sal die situasie met ons sterkste wapen,Gebed,bestry moet word.Maar moet ons nie self daadwerklik optree nie?
    “As die Here die huis nie bewaak nie,tevergeefs waak die wagter”
    Maar die Here het nie gese ons moet nie n wagter verskaf nie,ons moet dus ons deel doen.Ons kan nie bid;”Here laat my die Eksamen slaag”,maar ek maak nie die studie boeke oop om my deel te doen nie.
    Wat kan minderheidsgroepe wat beskaafde waardes wil handhaaf doen?
    Wat kan ons as Christene doen? Wat gaan ons as Christene doen?

  2. Dis vir my ‘n voorreg om Willie van iets te beskuldig, waarvan EK dikwels beskuldig word: NEGATIWITEIT. Willie Esterhuizen, jy is NEGATIEF!

  3. Jak: Ek dink ons as Christene gaan min invloed he op wat in Pietersburg gebeur, maar ek is ook daarvan oortuig dat ons sal moet bid en dan sal ons moet begin om ‘n verskil te maak waar ons ‘n verskil kan maak. Ek lees gister weer van Brad Pitt wat in die VSA ‘n magdom huise gaan bou vir mense in vloedgeteisterde gebiede. Ek dink ons Christene meot die dinge begin doen wat die regering nie kan miskyk nie sodat ons mening op daardie manier vir hulle waardevol raak.
    BiB: Ek wonder hoe goed ken jy die man, ek het ook die artikel as baie neghatief beleef, maar ek kon nie anders as om ook te dink hy weet waarvan hy praat nie. Hy is ‘n uitstekende (ek wou skryf briljante) politieke analis en hy verstaan van hierdie dienge baie beter as wat die meeste mense dit verstaan – dink jy daar steek waarheid in sy voorspellings?

  4. Attie, ek is huiwerig om Willie as ‘n uitstekende (briljante) politieke analis te beskryf. Hy is wel goed ingelig, maar ek wonder of hy nie nog altyd deel was van die Mbeki-Imbongi koor nie? Dis nou as mens al sy uitsprake volg (meestal ‘n vurige Mbeki-ondersteuner). Ek het niks teen hom nie, maar wel teen die feit dat hy geneig is om kapitalisme en materiele voorspoed te verhef tot die “be-all-and-end-all”. Hy (en baie ander) hou hulle ook ietwat blind vir Mbeki se toenemende magsbeheptheid. Ek voorspel NIE noodwendig dat dinge gaan beter gaan onder JZ nie, maar ek is een van daai wat glo: “a change is as good as a holiday”. Ek is ook al hoe meer geneig om myself ‘n ABM-man te noem: “Anyone But Mbeki”.
    Ek dink ons het nou genoeg gehad van Mbeki se “visie” (Zimbabwe, VIGS, misdaad “is nie so erg nie” ens.). Ek is nie seker dat JZ se visie veel sal verskil nie, maar ek is bereid om ‘n kans te waag. Miskien is die kardinale verskil tussen JZ en Mbeki, dat eg. vir jou reguit sal se wat hy van jou dink, wyl Mbeki eers vir jou vol heuning sal smeer en eers dan die dolk in jou rug sal druk….
    Ons het genoeg van Mbeki gehad – gee nou vir iemand anders ‘n kans! (al kan nie een van ons die eindresultaat voorspel nie)

  5. BiB: Ja, jy herinner my daaraan dat Willie in die Mbeki koor sing. Ek is ook eintlik ‘n ABM man. Ek weet nie of jy gesien het nie, maar Mbeki het vanoggend weer gese die misdaadsyfers wat gisteraand bekend gemaak is, is oordrewe en dat dit nie regtig so sleg gaan as wat die syfers voorgee nie. Ek het by Willie klas gehad en hy het nogal in die 80er jare redelik raak voorspel oor hoe die pad vorentoe gaan loop, maar ek het ook iewers gelees dat hy een van Mbeki se raadgewers is. Dalk skerm hy ook vir sy job.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s