30 DAE MET JESUS: SY WERKSWYSE/STRATEGIE/METODIEK

NOVEMBER LEESPROGRAM

Vir 40 dae het Jesus sy werkswyse beplan en sy strategie uitgewerk vir hoe Hy sy doel op aarde sou vervul. Na die 40 dae in die woestyn dae begin Hy in Galilea. Hy begin in Galilea in die sinagoges. Wanneer ‘n mens mooi hierna kyk, besef jy dit was  ‘n beplande strategie of werkswyse.

Lukas 4:14-15

Die naam Galilea kom van die Hebreeuse woord galil wat sirkel beteken. Galilea is so genoem omdat mense van nie Joodse volke in ‘n sirkel rondom Galilea gelê het. Volgens die geskiedskrywer Josephus wat self op ‘n stadium goewerneur van Galilea was, was daar ongeveer 204 dorpies en nedersettings om Galilea en en nie een van hulle het volgens Josephus minder as 15 000 mense gehad nie. Byna ondenkbaar om te dink dat daar ongeveer 3 miljoen mense in en om Galilea gewoon het.

Galilea was ‘n baie vrugbare gebied en die besondere klimaat en die baie water het van Galilea die tuin van Palestina gemaak. As gevolg van die invloed van die verskillende volke rondom Galilea was die mense van Galilea meer gewoond aan verandering en meer ontvanklik vir nuwe idees. Die mense van Galileas was bekend daarvoor dat hulle maklik ‘n leier gevolg het wat hulle kon oortuig van sy saak.

Na die 40 dae in die woestyn het Jesus die “waar” vraag geantwoord met: In Galilea. Die volgende deel van jesus se strategie was: Hoe?

Jesus begin in die sinagoges in Galilea. Die sinagoges was die middelpunt van godsdienstige lewe in Palestina. Daar was net een tempel maar verskeie sinagoges. Volgense Joodse wette moes daar ‘n sinagoge wees waar daar ookal 10 Joodse gesinne was. Daar was geen offers in die sinagoges nie, dit kon net by die tempel gebeur. Die tempel was ontwerp vir offers, die sigagoge was die plek waar mense geleer het.

Die werkswyse of liturgie van ‘n byeenkoms of erediens in die sinagoge het vir Jesus die ideale geleentheid geskep om mense te leer. Die liturgie van ‘n “erediens” in ‘n sinagoge het gewoonlik drie dele gehad:

(a) Aanbidding waar daar geleentheid was vir gebede.

(b) Voorlesing van sekere skrifgedeeltes. Sewe mense uit die gemeente het gelees. Terwyl hulle gelees het, is die antieke Hebreeus wat nie meer gepraat is nie, in Aramees of Grieks vertaal.

(c) Lering – daar was nie een spesifieke persoon wat die lering waargeneem het nie. Die leier van die sinagoge sou enige iemand nooi om insette te lewer waarna daar ‘n bespreking plaasgevind het oor die Skrifgedeelte en oor dit wat die persoon sou gesê het. Dit is hoe Jesus die geleentheid gekry het om mense te leer. Die sinagoge was die ideale plek om die koms van die Koninkryk van God aan te kodnig en mense deur die oproep tot bekering sover te kry om Hom te volg.

So het Jesus begin om te doen waarvoor Hy na die aarde toe gekom het. Hy het sy boodskap gebring aan mense wie se harte ontvanklik was vir die “nuwe” boodskap wat Hy sou bring in ‘n omgewing waar kommunikasie maklik en welkom was.

Alhoewel Jesus die Seun van God was, was Hy terselfdertyd ook volledig mens. (Dit is een van die geheimenisse wat ek kies om te koester en nie te verklaar nie.) As mens het Hy nodig gehad om te bid (en te vas) om sy strategie saam met God uit te werk. Ek wonder wat sou die verskil in kerke en gemeentese se effektiwiteit wees indien daar ook tyd gegee word vir gebed en afsondering voordat daar besluit word wat volgende moet gebeur.

Ek het al gehoor dat mense Jesus se begin in die sinagoge gebruik het om te sê dat Jesus die kerklike strukture van sy dag gebruik het om die goeie nuus van die evangelie uit te dra. Dit lyk eerder vir my asof Jesus die plek gekies het waar Hy die maklikste ‘n gehoor sou kry. Jesus het die plek gekies waar iemand met nuwe gedagtes die maklikste gehoor sou kon word.

Dit is ook vir my baie interesant om te leer van die beginsel dat daar ‘n sinagoge behoort te wees waar daar tien gesinne is. Ons sou dit in ons tyd een of ander vorm van kleingroepbediening of selgroepe genoem het. Selgroepe of kleingroep toon baie ooreenstemming met die sinagoges en die “liturgie’ is ook baie dieselfde (Gebed; Skriflesing; Bespreking)

Hierdie gebeure in Jesus se lewe herinner my aan sy menslikheid en die feit dat Hy as Seun van God aan dieselfde beperkinge as ons onderwerp was. Hy het nie met ‘n bloudruk vir ‘n strategie aarde toe gekom nie; Hy het nie ‘n vanselfsprekende gehoor of gevolg gehad nie. Hy was volledig mens.

2 Kommentaar

Filed under 30 Dae met Jesus, Basiese Bybelse Beginsels, Die Bybel, Die Christelike Lewe, Nagedink

2 responses to “30 DAE MET JESUS: SY WERKSWYSE/STRATEGIE/METODIEK

  1. kleinvissie

    Ds. Attie:
    Ek moet vertel. Ek het hier op jou “blog” die gelykenis gelees van die vriend wat in die middel van die nag sy vriend gaan opklop omdat ‘n ander vriend by hom aangekom het en hy nie kos gehad het nie. Ek het uit daardie gelykenis geleer dat ‘n mens maar meer as een keer vir die Here dieselfde ding kan vra – jy kan maar aanhou klop. Ek het nooit so daaroor gedink nie. Ek het gedink ek bid een of twee keer oor ‘n ding en dan laat ek dit in die Here se hande. Ek het daardie dag begin om twee sake vir die Here te vra. Die eerste ding wat ek doen as ek wakker word in die oggend is ek praat met die Here oor die twee dinge. Die laaste ding wat ek doen voordat ek aan die slaap raak en die laaste gedagtes voordat die slaap my oorval was hierdie twee sake. Wanneer ek in my kar ry of iewers moet wag praat ek met die Here oor hierdie twee sake. Ek het nie die Here getoets nie, ek het net by Hom gesmeek en gepleit. Groot was my verbasing toe ek gister ontdek dat die Here reeds die eerste gebed verhoor het naastenby dieselfde dag wat ek besluit het dat ek op hierdie wyse met die Here gaan praat. Nou gaan ek by Hom bly pleit vir die ander saak, maar ook elke keer vir Hom vertel hoe dankbaar ek is omdat Hy my gebed beantwoord het en in (by wyse van spreke) in die middel van die nag opgestaan het om vir my te gee wat ek vra. My geloof is versterk.

  2. kleinvissie: Watter mooi getuienis. Ek wonder altyd of ons nog regtig in ons harte daarvan oortuig is dat gebed ‘n verskil kan maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s