Hierdie maand vier die Christelike kerk kersfees – die geboorte van Christus Jesus die Seun van God wat as ‘n babatjie in Jerusalem gebore is. Ons leesprogram vir hierdie maand is 30 DAE SAAM MET JESUS. Ons gaan hoofsaaklik aan die begin van die evangelies lees en rondom kerstyd gaan ons die gebeure wat verband hou met die geboorte van Jesus lees.
Vandag lees ons Lukas 4:1-13: Die versoeking van Jesus.
Jesus het gegaan dat Johannes Hom doop. Jesus het reeds ‘n paar mylpale in sy lewe gehad. Daar was die geleentheid in die tempel toe almal so verbaas was omdat Hy met soveel outoriteit of gesag geleer het. (So al asof Hy eerstehands ervaring gehad het van die karakter van die God waarvan die Bybel praat.) Daardie geleentheid in die tempel was waarskynlik die oomblik toe dit tot Jesus deurgedring het dat God en der waarheid sy Vader is en dat Hy waarskynlik met ‘n spesifieke doel op aarde geplaas is.
Die tweede mylpaal was Jesus se doop, die geleentheid waar God die Vader sy goedkeuring gee aan Jesus om te doen waarvoor Hy gekom het. By daardie geleentheid het almal wat daar was ‘n stem uit die hemel gehoor wat aankondig dat Jesus van Nasaret, die seun van Josef en Maria wat intussen ‘n jong man geword het, die Seun van Die lewende God is. En Jesus was vol van die Heilige Gees. (Ek wens soms ek kon daardie begrip ten volle verstaan.)
Die derde mylpaal was die tyd in die woestyn. Vol van die Heilige Gees is Jesus in die woestyn in. Die woestyn was ‘n onbewoonde gebied in Judea. Tussen Judea en die bekende Dooie See is die woestyn waarheen Jesus vol van die Heilige Gees gegaan het.
Vir daardie 40 dae het die duiwel Hom versoek. Voordat Jesus begin met dit waarvoor Hy na die aarde toe gekom het, moet Hy eers dink watter metode Hy gaan volg. Die 40 dae in die woestyn is Jesus se alleentyd waar Hy sy strategie bedink en beplan: Hoe gaan Hy mense sover kry om Hom te volg en as kinders van God te leef. Al drie die versoekings waarmee die duiwel oor 40 dae aanhoudend na Jesus toe gekom het, het te make gehad met Jesus se strategie of werkswyse of metode.
Ons moenie aan die versoekings dink as tonele in ‘n toneelstuk wat kom en gaan nie. Jesus het vir 40 dae in die woestyn geworstel met die vraag: Ek is hier met ‘n doel: Watter werkswyse? Watter strategie? Water metode? Hoe gaan Ek mense sover kry om my die boodskap wat ek kom verkondig te glo? Dwarsdeur hierdie worsteling, was die duiwel daar om vir Jesus sy alternatiewe te bied: Drie alternatiewe?
(i) Verander klippe in brood. In die woestyn was daar baie klippe wat soos broodjies gelyk het. Die duiwel se alternatief is: As jy wil hê mense jou moet volg, gebruik jou wonderwerk-vermoëns en gee vir die mense materiële dinge. Die duiwel se aanbeveling was dat Jesus mense moes omkoop om Hom te volg.
Jesus se antwoord kom uit Deuteronomium 8:3 waarin die Bybel leer dat die mens nie van brood alleen kan lewe nie. Die duiwel ken die swakplek van die mens. Die duiwel het geweet dat die mens nie die versoeking van die materiële sou kon weerstaan nie. Vandag nog word mense getrek deur allerhande beloftes. Mense volg Jesus nie omdat hulle sy saak steun nie, maar omdat hulle verwag om iets uit die “deal” te kry – sefls al is dit die ewige lewe.
(ii) In die tweede versoeking wys die duiwel vir Jesus die hele wêreld waaroor hy mag het. (Terloops, Jesus betwis nie die duiwel se aanspraak nie.) Die versoeking van “compromise” – kompromie: Moet net nie jou standaarde so hoog stel nie, gaan “compromise”, maak die eise van dissipelskap net so ‘n klein bietjie makliker, stel jou standaarde bietjie laer, mense sien nie kans vir commitment nie. Hierdie keer haal Jesus Deuteronomium 6:13 aan en gee nie toe aan die versoeking van die duiwel nie.
Vraag: Het die kerk en die Christene in die tyd waarin ons lewe effektief weerstand gebied teen hierdie versoekming, of het hulle toegegee aan die versoeking om die standaarde te verlaag vir mense om dissipels van Jesus Christus (Of eerder van mense of groepe of kerke of denominasies) te wees? Het dit dalk die maklikste ding onder die son geword om te kan sê: “Ek gaan hemel toe as ek doodgaan.”?
(iii) In die derde versoeking word Jesus uitgedaag om van die hoogste punt van die tempel af te spring -100 meter ver. Hierdie versoeking is die versoeking van sensasie. Gee vir die mense sensasie en hulle sal in hulle duisende agter jou aanloop. Jesus se antwoord kom uit Deuteronomium 6:16 wat daarop neerkom dat ‘n mens nie sinlose eksperimente met die wonderwerkende krag van God moet maak nie.
Gee vir die mense dinge wat hulle na hulle asem laat snak. Gee vir mense ‘n “WOW” ervaring. Sensasionele belewenisse en “WOW” ervarings hou net ‘n paar dae. As die volgende ervaring nie die vorige een oortref nie, het jy jou aanhang verloor.
Vandag nog treiter die duiwel ons met dieselfde drie versoekings. Enige iets om te keer dat ons as volgelinge van Jesus Hom volg en die saak van die Koninkryk bevorder. Koop mense om met beloftes van voorspoed en materiële oorvloed. Versag en verwater die eise van die dissipelskap – net so lank jy weet jy gaan hemel toe. Gee vir die mense een sensasie na die ander – dit is wat mense vandag wil sien en beleef – die sensasionele.
Die pad van dissipelskap is ‘n pad van diens en swaarrkry en beteken dikwels kruisdra, maar na die kruis kom die kroon.
Watter een van hierdie drie versoekings dink jy het die meeste Christene voor geswig?
Môre ds. Ek dink die derde versoeking is ‘n groot struikelblok in meeste Christene se lewens. Ons wil almal hê dat christenskap moet lekker en WOW wees en as díe een kerk MY nie pas nie gaan soek ek ‘n ander een. Ek weet ook dat die WOW ervarings in my lewe nie daar was vir ander nie maar eerder vir my eie groei en gehoorsaamheid aan die Heilige Gees. Op die vorige vraag: Ek dink nie die kerk of enige iemand kan die standaard van dissipelskap verlaag nie.(miskien in menslike standaarde). Om te antwoord “Ek gaan hemel toe” – aanvaar jy net vir Jesus as jou verlosser en is jy net soos een van die skare wat Jesus volg (huis toe gaan en dan as Hy weer preek weer opdaag). Dissispelskap is 24/7 in ons lewens waar jy okal is. Is dit die pad na Heiligmaking – om elke dag te verander nader aan die beel van Jesus?
Ns. geniet die vakansie – ons gaan julle mis.
Versoeking 1) Ek dink dit beeld gedeeltelik die tref-en-trap evangelisasie van “turn-or-burn” uit. In die tipe evanglisasie gaan dit nie oor God nie, maar net oor jouself.
Versoeking 2) Ek dink dis ‘n groot versoeking vir Christene. Nie noodwendig die Kerk wat “compromise” nie, maar veral “compromise” in die daaglikse lewe. “Compromise” waarmee jy jou gewete verkrag. Dit geld veral (dink ek) in die finansiele wereld, waar die doel geld opsigself is.
Versoeking 3) Ek stem saam met Etienne.
Ettiene en BiB: Ek raak al hoe meer ongemaklik met dit wat Ettiene van praat as die mense wat net luister ‘n n WOW eravring het en dan weer huistoe gaan om vir die volgende WOW ervaring op te daag. Dissipelskap dink ek om jou kruis op te neem en Jesus te volg, daar is nie veel WOW daarin nie.
Ek wonder soms in hoe ‘n mat is die tref en trap of “turn or burn” evangelisasie metodieke verantwoordelik vir ‘n Christendom waarvan die oorgrote meerderheid mense “geloofsekerheid” het, maar daar geen enkele bewys in hulle daaglikse lewens is dat hulle volgelinge of dissipels van Jesus Christus is nie, of is toewyde dissipels slegs vir ‘n paar mense gereserveer.
Wat is belangriker: Dissipelskap as moreel etiese gehoorsaamheid of dissipelskap waar mense se lewens deur liefdesdade geraak word?
Attie, jy raak soveel kernsake aan wat christenwees betref. Ek is kort-kort by die blog en lees ek weer. Ek wil die saak benader vanuit die stelling” vol van die Heilige Gees” Ek meen Jesus se Godheid was ‘n feit, maar in sy mensheid is Hy gedoop (om so die voorskrifte van die Joodse godsdiens na tekom). Oor die presiese betekenis van die doop met die Heilige Gees is verskillende teologiese groeperinge dit nie met mekaar eens nie. Selfs binne dieselfde denominasie kan lidmate dalk hieroor van mekaar verskil. Hierdie uitspraak moet waarskynlik in verband gebring word met die gebeure op Pinksterdag (Hand 2) toe die Heilige Gees uitgestort is. So het die Heilige Gees in die kinders van Jesus Christus kom woon. Die Gees sou in die toekoms nog baie mense laat deel kry aan die verlossing, heiliging en nuwe lewe wat Jesus vir ons deur sy kruisdood kom moontlik maak het. Die Heilioge Gees woon in elke ind van God, die gebed van Paulus in Gal. 5 beteken tog ook dat ek voortdurend gevul moet word met die Gees. Met dit as basis, kan ek nou die saak van versoekings beredeneer. Ek is oortuig dat versoekinge net weerstaan kan word as ‘n christen toelaat dat hy ten volle onder beheer van die Gees is. Die Gees sal my voortdurend oortuig van verkeerde sake, gedagtes of optredes. Selfs nog voordat dit gaan gebeur. Atttie, jy het elders op die ander weke geskryf van die gehoorsaamheid en die verband met ‘n lewe wat getuig van Jesus se werk deur die Gees. Ek sny die saak Sondag oggend aan as ek uit Mat 3 preek oor Johannes die Doper. Kyk gerus aansluitend by jou korekte waarneming in sake “draai of braai” wat antwoord Jesus in Matt 3 en Luk 11. Dus meen ek dat hierdie goedkoop evangelisasie metodiek nog nooit werklik susksesvol was nie. Ek sal gaan kyk op Barna se webwerf of daar dalk iets is.
Ds. Ek het al baie oor die punt gedink. In die wêreld is daar baie mense en selfs ander gelowe wat ook goed doen en hulle lewens geraak word deur liefdesdade. – Die verskil kom dan vir my in dat my dissipelskap gebaseer is op gehoorsaamheid omdat ek glo dat Jesus vir my gesterf het(en ek hemel toe gaan) en die Heilige Gees in my woon.
Wanneer ek lees oor die bediening aan die post-moderne mens, dan lyk dit vir my ‘n mens moet baie versigtig wees om die indruk te skep dat jy enigsins finale antwoorde het. Met die uitsondering van kern geloofswarhede moet mens maar bereid wees om altyd te leer. Iemand maak die opmerking dat ‘n mens enige verhouding met sekerhede, standpunte en redenasies moet laat vaar en ruimte moetn skep met dialoog, gesprek, vrae en geheimenisse. In daardie lig wil ek versigtig wees om finale uitsaprake oor sulke sake te maak. Met ander woorde om onmiddelik groot evangelisasie veldtogte negatief te beoordeel. Ons sou verder kom deur te praat van evangelisasie veldtogte as nie die enigste manier nie. Wanneer ons egter oor liefdesdade praat, is my gevoel dat ons as Christene met ‘n agenda besig is wanneer ons met liefdesdade besig is. Ek doen die dinge gedring deur die liefde vaan God wat in my is sodat ek jou kan vertel van dieselfde liefde wat God vir jou het.
My mening.