Ek is dikwels geskok oor die manier hoe kerkrade of ‘n gemeente se leierskap of selfs individue hulle leraars behandel, maar ek is net soveel kere geskok oor hoe leraars hulle kerkrade of leierskap of gemeentes behandel. Beide sou waarskynlik na aanleiding van gister en vandag se gelykenis kan sê: Ek is die slagoffer van die slegte en onbetroubare slaaf. Wie van ons sal dan nou doelbewus daarop uit wees om mede-gelowiges sleg te behandel? As die hale van die sweepslae en die slaan op jou rug lê dan is dit waarskynlik omdat jy dit verdien. Vandag se gelykenis laat my dink…
“Toe vra Petrus: ‘Here, is hierdie gelykenis net vir ons bedoel of vir almal?’
En die Here antwoord: ‘Wie is eintlik die getroue en verstandige bestuurder vir wie die eienaar oor die ander slawe sal aanstel om hulle op tyd kos te gee? Dit is die man vir wie sy eienaar, by sy tuiskoms, so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! Ek sê vir julle die waarheid: Sy eienaar sal hom aanstel oor alles wat hy besit.
Maar as die slaaf by homself sê: ‘My eienaar draai lank om te kom,’ en hy die slawe, mans en vrou, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word, sal die eienaar van die slaaf kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak, en hom die lot van ontroues laat deel.
Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” (Lukas 12:41-48)
Hierdie gedeelte is Lukas se voortsetting van die gelykenis wat ons ook gister gelees het.
Hoe sal ek wil hê moet die Here my kry by sy wederkoms:
(i) Ek sal graag wil hê dat Hy my moet kry met my werk wat afgehandel is. Wanneer die Here Jesus weer kom, sou ek graag wou sien dat daar niks onafgehandelde of halwe werk is nie. Ek sou wou hê dat ek moet kan wys op dinge wat ek begin het en dinge wat ek klaar gemaak het. Ek betrap my self soms, dat ek sekere dinge met groot entoesiasme aanpak, maar wanneer dit by die harde werk deel kom, dan gee ek moed op en begin weer iets anders wat opwindend lyk. Jesus het gesê: “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U my gegee het om te doen.” (Joh. 17:4)
(ii) Ek sou graag wou hê dat die Here Jesus my kry waar ek in vrede saamleef met my medemens. Ek wil nie hierdie wêreld verlaat om in God se nuwe hemel en nuwe aarde te gaan woon, terwyl ek bitterheid teenoor ander mense in my hart ronddra nie. Met hierdie opmerking stel ek die standaard vir myself baie hoog. Daar is net sekere mense “whom I love to hate.” “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie, moenie die duiwel vatkans gee nie.” (Ef. 4:26)
(iii) Ek sou graag wou hê dat die Here Jesus my sal kry terwyl ek vrede met God het. Ek dink dit is wêrelde uit mekaar uit sou ek die dag van sy wederkoms uitgaan om ‘n vreemdeling te ontmoet of uitgaan na die arms van die Vader wat my liefhet en vir wie ek lief is.
Die tweede gedeelte skets die prentjie van twee bestuurders van ‘n eienaar se eiendom. Die een was verantwoordelik en die ander een onverantwoordelik. In Jesus se tyd het ‘n bestuurder feitlik onbeperkte mag oor die eienaar se besittings gehad. Die onnosel en onverantwoordelike slaaf het twee foute gemaak:
1. Hy het gesê: Ek sal doen wat ek wil terwyl my meester en die eienaar weg is. Hierdie bestuurder het vergeet dat die dag van rekenskap sonder twyfel gaan aanbreek. Sy meester gaan eendag terugkom om te kom kyk wat hy met sy eiendom gemaak het. Ons is geneig om die lewe op te deel in kompartemente. Die een deel is die deel waar ons onthou dat God teenwoordig is en die ander deel is dit gerieflik om te vergeet dat God teenwoordig is. As die boodskap van die Nuwe Testament reg verstaan, sal ons weet dat daar geen oomblik of geen stadium is wat die Meester nie by my as Christen teenwoordig is nie.
2. Hy sê: Daar is genoeg tyd om dinge reg te maak voor die eienaar terugkom. Jesus het gesê: “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.” (Joh. 9:4) Juis omdat daar nou alreeds 2000 jaar verby is, dink ons daar is nog genoeg tyd. Ek kan nog ‘n bietjie met hierdie manier van “bestuur” aangaan, daar sal genoeg tyd wees…
Elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid om te leef in ooreenstemming met dit wat ons weet. Ons gaan geoordeel word in terme van dit wat ons geweet het en nie in terme van dit wat ons nie geweet het nie.
Terug by leraars en kerkrade en gemeentes, broers en susters, ons is nie die eienaars nie. Ons is almal net bestuurders wat deur God aangestel is. Nie een van ons kan bekostig om die eienaar se slawe te slaan terwyl ons self eet en drink en dronk word nie. (Lukas 12:45) Kom ek stel dit so: Nie een van ons kan bekostig om so teenoor ons medegelowiges op te tree asof ons die laaste sê het nie. Op ‘n ander plek het Jesus mos die gelykenis vertel waar Hy sê: In so verre as wat jy dit aan een van hulle gedoen het, het jy dit aan my gedoen het.
Kom ons werk saggies met die kinders van die Here.
In die ou Wes Tvl weet ons van NG Gemeentes wat hulle Leraars verdryf het,van Lidmate wat mekaar ten sterkste aangevat het en selfs hofsake.
Die geskiedenis toon ook wat in die 1850s tussen die NGK en die Hervormde Kerk gebeur het,hier in Rustenburg.
Is dit n goeie verskoning om te se dat die Kerk van die Here op aarde word deur mense bedryf,en selfs mense wat in die bediening staan maak dus foute,want hulle is nie volmaak nie,en word ook geteister deur sondige gedagtes en vooroordele teenoor ander mense.
Ja,ek stem saam met Ds Attie,”Kom ons werk saggies met die kinders van die Here”…………….en wat van ander mense ???
Jak: Die rede hoekom ek die opskrif gekies het, is omdat die voorbeeld wat Jesus hier gebruik het fokus op die wat namens die Eienaar bestuur – die kerk. Ek dink natuurlik nie dit behoort baie anders te wees nie. Ons behoort saggies met mekaar te werk.
i think most people treat church like its a restuarant… they want to sit down and receive great service and when something slightly goes wrong that they dont like, they wont tip good or they wont come back. I think if we change our mentality to being waiters instead of customers and going to church to see how we can serve those around us whether its at church or at work or at home, even in the smallest way… we would be surprised at the impact. Jesus came to serve, and so should we.
Life is found in giving life away.
just a thought… 🙂
I think many people look for an excuse not to go to church, because they might have to give up whatever sin they are living in or they have a distorted view of who God really is. So anything that is in the least bit not perfect is just a good excuse not to go. I have learned from being hurt by Christians that I cannot base my relationship with God on what people do to me. The truth is yes people hurt us, but God doesnt. If you come in contact with one fake $5 does that mean you are never going to touch another $5? Of course not. Yes we as Christians should be examples and act like Jesus does, but when we fall short (as everyone does) it can’t be an excuse to deny God and his free gift of salvation. Before I start rambling, I do agree that Christians need to treat each other better, which is part of becoming more like Jesus. He must increase and we must decrease.