GELYKENIS 26: VOORBEREID OF NIE?

Ons huis se alarm het verlede nag afgegaan. Ons het ‘n alarm-sisteem rondom die huis wat menslike beweging optel en dan afgaan. Mens skrik wanneer dit in die middel van die nag gebeur, omdat jy nooit weet wanneer iemand kom om in te breek nie. Ek het opgestaan en gekyk en niks gesien nie en die reaksie mag van die maatskappy het (wel ‘n halfuur laat) ook kom kyk en niks gesien nie. Ek het ‘n alarm-sisteem rondom my huis omdat geen dief laat weet wanneer hy gaan kom. My alarm waarsku my. In Matteus 24:42-44 gebruik Jesus ‘n dief wat inbreek as ‘n voorbeeld van die dag en uur wanneer Jesus weer gaan kom. Daar gaan nie ‘n alarm wees wat afgaan om ons te waarsku om voor te berei nie. Dit wat ons in die Bybel lees is ons voorbereiding en ons gereed maak. Dan vertel hy ook hierdie gelykenis:

“Wie is eintlik die getroue en verstandige slaaf vir wie sy eie naar oor sy ander slawe aangestel het om hulle op tyd kos te gee? Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! Dit verseker Ek julle: Hy sal hom aanstel oor alles wat hy besit.

Maar as dit ‘n slegte slaaf is, sal hy by homself dink: my eienaar bly lank weg. Dan sal hy die ander slawe begin slaan en saam met dronkaards begin eet en drink. Die eienaar van daardie slaaf sal op ‘n dag kom dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n ‘n uur wat hy nie vooraf weet nie. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak en hom die lot van die huigelaars laat deel. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matteus 24:45-51)

Jesus kom weer. Ek glo dit met met my hele hart. Hierdie tyd van relatiewe waarheid, is ‘n tyd waar ons van al hoe minder dinge seker kan wees, dit is ‘n tyd van groeiende onsekerheid. Dinge wat ons nog altyd as vas en waar beskou het, is skielik besig om te wankel. Maar ons as Christene mag glo dat die Bybel waar is en dat Jesus Christus die waarheid is. Een van die waarhede wat die Bybel verkondig is dat Jesus weer gaan kom. Ek glo dit.

In Matteus 24:36-44 praat Jesus oor die dag en die uur van die wederkoms – net die Vader weet wanneer dit gaan gebeur. Die boodskap is: Indien net God die Vader die dag en die uur van die wederkoms weet, dan sal ons hele lewe gekenmerk word deur voorbereiding en gereed wees vir die oomblik van Christus Jesus se wederkoms.

“Bly dus waaksaam omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.” (Mt. 24:42)  

(i)  Om te leef sonder hierdie waaksaamheid waarvan hierdie gedeelte praat kan op ‘n ramp uitloop. Die verskil tussen hoe ons wag en hoe mens op ‘n dief wag is nie angs en vrees nie, maar hierdie heerlike verwagting van ‘n dag waar alles tot  voltooing gebring gaan word.

(ii)  Die gesindheid wat tot rampspoed lei is die gesindheid wat sê daar is nog baie tyd. Daar sal genoeg tyd wees om dinge reg te stel voordat die Eienaar terugkom.

(iii) Verwerping deur die Eienaar wat terugkom is as gevolg van die feit dat verantwoordelikheid nie nagekom is nie. Die goeie slaaf wat getrou sy werk gedoen het, se verantwoordelikhede is vermeerder. Die slegte slaaf wat sy posisie misbruik het, sal die lot van die huigelaars deel.

As ek doen wat die Here van my verwag, maak nie saak hoe klein en sonder betekenis my werkie is nie, sal die dag van Jesus se wederkoms vir my ‘n wonderlike dag wees. Ek sal nie wakker skrik soos wanneer my huis se alarm in die middel van die nag afgaan nie, ek sal met vreugde opspring en roep: Hy het gekom! Hy het gekom!

3 thoughts on “GELYKENIS 26: VOORBEREID OF NIE?

Add yours

  1. In ons personeel-Bybelstudie vanoggend, wat oor dieselfde gedeelte gehandel het, maak een van die ouens daar hierdie waardevolle opmerking: Dit gaan hier oor die gesindheid waarmee ek doen wat ek doen. Elkeen van ons het iets wat ons in die koninkryk moet doen. My gesindheid moet die gesindheid wees wat in kol. 3:12 beskryf word.

  2. Ek wonder baie keer oor die koms van Jesus en hoe dit sal wees, ek glo dat ek deur Jesus bloed gered is en dat ek dan nou so ook die koningkryk sal betree met sy wederkoms. Ek wonder net aldag of ek genoeg doen en alle geleenthede gebruik om vir die Here te werk. Waar is die regte plek om oor God te praat en vir hom te werk?

    Ek het saam met die myn op Potties gaan golf speel, ek is gladnie n groot drinker nie maar ek sal met geleentheid ietsie neem. Met die eerste drankie wat ek toe saam die groep geniet se die een persoon daar ” Ja daar is net twee mense, n Kerk ou en n Keg ou.” Ek het net daar ophou drink want is dit nie deel van ons werk om waarlik n voorbeeld te wees nie?

    Ek wil net dankie vir die blog se en vir die informasie wat u met ons deel.

    Lekker dag

  3. Hi Jannie.
    Ek is bly jy lewer kommentaar op die “blog”. Kom praat gerus op hierdie “blog” oor die Here.
    As ek die Bybel reg verstaan dan is dit geloof in die verlossingswerk van Jesus Christus wat ons voorberei vir die wederkoms van Jesus Christus. As jy sensitief genoeg is om by sekere geleenthede bv. eerder nie te drink nie omdat jy bang is jy doen die Koninkryk van God skade dan dink ek sal jy ook weet wanneer jy wat vir Hom kan doen.
    Doen jou werk by die myn op Potties asof vir die Here en skakel in by een of ander geleentheid waar Christene betrokke is in die gemeenskap dan werk jy vir die Here.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: