‘N RIT OM TE ONTHOU

Roger Simms het sy laaste dag in die weermag gehad. Die dag was vir hom baie besonders en daarom sou hy nooit die datum vergeet nie – dit was 7 Mei. Die swaar tas wat hy saam met hom gedra het, het Roger baie moeg gemaak. Hy was opgewonde daaroor om vir eens en vir altyd sy militêre uniform uit te trek. Toe hy ‘n kar hoor aankom het hy sy duim in die lug gesteek as ‘n teken dat hy graag opgelaai wou word. Toe hy omkyk en sien dat dit ‘n swart Caddilac is, het hy moedeloos sy hand laat sak. Tot sy groot verbasing het die Caddilac gestop en die deur aan die passasierskant het oopgegaan. Roger het dankbaar nader gehardloop, sy tas in die kattebak gesit en langs die netjies geklede man ingeklim.

“Gaan jy vir goed huistoe?’ het die man gevra.

“Beslis.” was Roger se antwoord.

“Wel, dan is jy gelukkig as jy op pad is na Chicago.” sê die man.

Roger sê toe dat hy nie heeltemal so ver gaan nie en vra toe of die man in Chicago woon. Die man vertel toe dat hy ‘n suksesvolle sakeman in Chicago is en dat sy naam Hanover is.

Nadat hulle oor baie dinge gepraat het, het Roger, as ‘n Christen, gevoel dat hy iets van sy geloof in Jesus Christus met die man moet deel. Hy het die hele tyd die gevoel onderdruk en toe hy ongeveer dertig minute van sy huis af is, besef hy hy sal nie anders kan nie, hy moet met Hanover praat.

“Mnr. Hanover,” het Roger begin, “daar is iets baie belangrik waaroor ek graag met jou wil praat.” Roger het toe voortgegaan om die aan die man te verduidelik dat Jesus Christus mens geword het en vir ons sondes kom sterf het en dat elke mens ‘n keuse kan maak om in die verlossingswerk van Jesus Christus te glo. Hy het sy vertelling afgesluit deur Mnr. Hanover te vra of hy nie dalk so ‘n keuse sou wou maak nie. Tot sy groot verbasing het Mnr. Hanover die Caddilac tot stilstand gebring. Roger het eers gedink hy gaan uit die kar uitgegooi word. Maar die besigheidsman het sy kop gebuig en daar in gebed ‘n keuse gemaak om Jesus Christus as sy persoonlike Verlosser te aanvaar. Die besigheidsman het Roger bedank en gesê dit is die wonderlikste ding wat nog ooit met hom gebeur het.
Vyf jaar het verby gegaan. Roger is intussen getroud en het ‘n twee jarige seuntjie. Op ‘n dag moet hy vir ‘n besigheidsbesoek na Chicago gaan. Terwyl hy inpak kry hy weer die besigheidskaartjie wat mnr. Hanover vyf jaar terug vir hom gegee het.

In Chicago het hy Hanover Enterprises opgespoor. ‘n Verbaasde ontvangsdame het vir Roger gesê dat dit ongelukkig nie moontlik sou wees om Mnr. Hanover te sien nie, maar hy kon wel mevrou Hanover sien. Roger is in ‘n groot kantoor ingebring waar ‘n vrou agter ‘n luukse lessenaar gesit het.

Sy het haar hand uitgesteek en gesê: “Ek hoor jy het my man geken.”

Roger het toe verduidelik hoe mnr. Hanover so vriendelik was om hom op te laai toe hy op pad huistoe was.

Mevr. Hanover was onmiddelik verras en het gevra: “Kan jy onthou wat die datum was?”

Roger antwoord: “Baie goed, dit was vyf jaar terug op 7 Mei, die dag toe ek my ontslag uit die weermag gekry het.”

“En het enige iets besonders op daardie rit gebeur?” het Mevr. Hanover gevra.

Roger het gehuiwer. Hy het nie geweet of hy moes vertel wat gebeur het nie.  Kan dit wees dat dit wat op daardie rit gebeur het konflik tussen die twee veroorsaak het wat gemaak het dat die huwelik skipbreuk gely het? In sy binneste het Roger egter gedring gevoel om getrou te wees en te vertel wat gebeur het. “Mevrou,” het hy gesê, ‘Jou man het op daardie dag Jeus Christus as sy Verlosser aanvaar. Ek het die boodskap van die evangelie aan hom verduidelik en daarna het hy langs die pad stil gehou en ‘n gebed gedoen waarin hy die keuse gemaak het om in Jesus as sy Verlosser te glo.”

Skielik het die vrou onbedaarlik begin huil. Na ‘n hele paar minute, kon sy weer praat en verduidelik wat gebeur het. “Ek het in ‘n Christelike huis groot geword, maar nie my man nie. Ek het vir baie jare gebid dat my maan die geloofskeuse sou maak en ek het geglo dat die Here op een of ander stadium my gebed sou verhoor. Op daardie selfde dag, waarskynlik net nadat jy uit die kar uit geklim het was daar ‘n kop aan kop botsing waarin my man dood is. Hy het nooit by die huis uitgekom nie. Ek was daarvan oortuig dat die Here nie sy belofte gehou het nie, met die gevolg dat ek opgehou het om my lewe aan God te wy op daardie dag toe hy dood is omdat ek daarvan oortuig was dat God nie my gebed verhoor het nie. Ek was kwaad vir die Here omdat Hy nie sy belofte gehou het nie.

Vandag se gelykenis (Lukas 11:5-13) gaan oor die vriend wat by sy vriend gaan aanklop vir kos vir ‘n vriend van hom vir wie hy nie kos het nie. Aan die einde van hierdie voorbeeld staan hierdie woorde: “Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie.” (Lukas 11:8)

Jesus se eie verduideliking is in een vers: “Ek sê vir julle: vra, en vir julle sal gegee word.  Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop sal oopgemaak  word.” (Lukas 11:9-10)

Hierdie gelykenis is bedoel om ons aan te moedig om te volhard in gebed.

Ek wonder of jy ook al moedeloos geraak het en opgehou het om te klop en te vra en en te soek?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: