‘N GOEIE AARDE.

Die tyd waarin ons leef is boos, beteken dit dat die hele aarde ook boos is? In die tyd toe Jesus geleef het, was die algemene siening dat die tyd boos is en Jesus het daardie siening met die mense van sy tyd gedeel. Met betrekking tot die aarde het Jesus egter ook by die Hebreeuse gedagtegang van die tyd aangesluit en die aarde gesien as God se skepping. Alhoewel hierdie wêreld vol booshede was, was die aarde ‘n goeie aarde.

Jesus het dit duidelik gestel dat God die Skepper van die hemel en die aarde en die mens is. (Mk. 13:19; Mt. 19:4) Jesus het verder deurlopend illustrasies uit die natuur gebruik terwyl hy mense geleer het. Vir Jesus was die orde en die vasgestelde tye vir die gebeure in die natuur ‘n voorbeeld van die onveranderlikheid en die betroubaarheid van God teenoor sy skepping.  God is nie net die Skepper van die wêreld nie, hy is ook die Een wat die skepping onderhou.  Daar was by Jesus geen sprake van ontvlugting uit hierdie wêreld nie. Hy was gestuur om in hierdie bose wêreld die koms van die Koninkryk van God aan te kondig. Alhoewel satan die heerser van die tyd was, was die aarde steeds God se aarde. God het nie sy skepping prysgegee nie.

Alhoewel die aarde goed is en steeds God se skepping is, is daar niks in hierdie wêreld of op hierdie aarde wat die mense se diepste behoeftes sou kon aanspreek nie. “Wat help dit ‘n  mens tog  om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?”  (Mk. 8″36)

Dit is nie vekeerd of boos om op menslike vlak alles te wees en alles te bereik wat jy moontlik kan wees of kan bereik nie, maar op grond van die Skrif en op grond van mense se ervaring weet ons dat sukses en prestasie en oorwinning in geen mens se diepste behoeftes voorsien nie.  Die enigste plek waar en manier waarop in enige mens se diepste behoeftes voorsien kan word, is in ‘n persoonlike verhouding met die Skepper van hierdie goeie aarde.

Die manier waarop ‘n mens so ver kan kom om God heeltemal eerste te stel en sy natuurlike liefde vir hierdie wêreld af te lê, is deur die genadewerk van God. “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alle dinge moontlik.” (Mk. 10:27)

3 thoughts on “‘N GOEIE AARDE.

Add yours

  1. kandas: Dalk is Christene nie genoeg “ongewingsbewus” nie. My gevoel is dat ons dalk meer moet praat oor die verskil tussen gebruik en misbruik van die skepping.
    Johan: Die eintlike woord sou dalk “skepping” wees. Die mens is die kroon van die skepping, maar nie die enigste iets wat God geskep het nie. Ek is egter ook daarvan oortuig dat hierdie “rotsbol waarop ons in die ruimte ronddryf” deur God goed geskape is.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: