Daar is baie geskryf oor die rol van die leier. Blackaby kom op die ou end by ‘n baie kompakte beskrywing van wat die rol van die geestelike leier behoort te wees.
George Barna het volgens hom die mees omvattende definisie van leierskap: Barna praat van die drie “c’s”: “Call, character and competencies.” Blackaby sou een “c” wou byvoeg naamlik “consequences” Dan sê hy ‘n paar lyntjies verder: “While people may hold a position of leadership, one wonders if a person has truly led until someone has followed, and more importantly, until God’s purposes are advanced.”
Blackaby ondersteun ook Robert Clinton se definisie wanneer dit kom by die geestelike aard van leierskap en sê dan dat geestelike leierskap in ‘n hierdie enkele stelling vasgevat kan word: “Spiritual leadership is moving people on to God’s agenda.”
Die geestelike leier se taak is dan: (i) Geestelike leiers help mense om te groei van waar hulle is tot daar waar God wil hê dat hulle moet wees. (ii) Geestelike leiers steun op die Heilige Gees. (iii) Geestelike doen verantwoording aan God. (iv) Geestelike leiers kan alle mense beïnvloed, nie net God se mense nie. (v) Geestelike leiers werk vanaf God se agenda.
Jesus is die geestelike leier se rolmodel. Dan maak Blackaby die belangrike opmerking dat Jesus as die rolmodel vir Christen en geestelike leiers nie vir ons ‘n bloudruk gee van hoe ons leiers moet wees nie, maar dat Hy ons rolmodel is in die opsig dat Hy in alles gehoorsaam was aan sy Vader. ‘n Geoie leier moet ook kan volg. Geestelike leiers moet die leiding van God die vader ken, beleef en uitleef. Dit is nie die taak van die geestelike leier om drome te droom nie, dit is die taak van die geestelike leier om God se droom te ontdek en dit uit te leef. Hy bepaal die rigting – geestelike leiers volg die Vader. “He asks leaders to walk with Him so intimately that, when He reveals what is on His agenda, they will immediately adjust their lives to His will and the results will bring glory to God.”
Hy sê ook:
- Mense kan hulle doelwitte bereik en steeds nie suksesvol wees in die Koninkryk van God nie.
- Geestelike leiers probeer nie om die doelstellings en ambisies van die mense wat hulle lei te laat realiseer nie, maar wel die doelstellings en ambisies van God die Vader.
- Christen leierskap is nie net effektief in die kerk nie, maar ook in die werkplek.
- Mense wat nie daarin slaag om die mense wat hulle lei sover te kry om van God se agenda te werk nie, het eintlik nie gelei nie.
- Leiers gee nie aan hulle volgelinge die skuld as hulle misluk nie.
- God is nie regtig daarop ingestel om leiers se drome en doelstellings ‘n werklikheid te maak nie.
- Jesus se voorbeeld leer ons om altyd op soek te wees na die wil van die Vader.
Die volgende skrifgedeeltes kan mens help om hieroor na te dink:
- 1 Korintiërs 1:26-27;
- Lukas 2:52;
- Johannes 5″19-20, 30;
- Lukas 6:12-13;
- Johannes 17:6-7;
- Markus 1:37-38;
- Matteus 6:10.
Blackaby se kompakte stelling oor wat geestelike leierskap is, is vir my ‘n lekker beskrywing. ‘n Eenvoudige stelling, maar met verrykende implikasies vir die geestelike leier se persoonlike verhouding met die Here.
Ek vermoed dat dit ‘n groot aanpassing in my eie lewe gaan verg om my eie drome prys te gee sodat ek God se droom kan ken en uitleef.
Jesus se gehoorsaamheid aan die wil van die Vader is die leierseienskap wat ek graag wil najaag.
Laat 'n boodskap