GEESTELIKE LEIERSKAP

Ek wil graag bietjie nadink oor leierskap. Ek gaan vir die volgende tien dae elke dag ‘n hoofstuk lees in Henry & Richard Blackaby se boek Spiritual Leadership: Moving people on to God’s agenda. Ek sal vandag die eerste hoofstuk lees en more iets daaroor skryf.

Ek is ‘n dominee – een van vier – in ons gemeente. Ons het ‘n groot gemeente en elke leraar is ‘n geestelike leier in eie reg. Ek is nou met verlof. Ek het in my hart die behoefte om alles te wees wat God bedoel het ek moet wees, en juis daarom gaan ek bietjie lees wat ander oor leierskap sê. Ek gaan julle probeer uitlok om saam te gesels om te hoor hoe julle leierskap beleef en wat julle oor leierskap dink en wat ons van leiers kan en mag verwag.

Vandag wil ek begin deur ‘n paar definisies van leierskap te gee.

Lord Montgomery” “Leadership is the capacity and will to rally men and women to a common purpose, and the character which inspires confidence.” 

By ‘n ander geleentheid het Montgomery sewe eienskappe gegee van ‘n persoon wat die vermoë sal hê om in ‘n tyd van oorlog te lei: (1) He should be able to sit back and avoid getting immersed in detail. (2) He must not be petty. (3) He must not be pompous. (4) He must be a good picker of men. (5) He should trust those under him and let them get on with their job without interference. (6) He must have the power of clear decision. (7) He should inspire confidence.

A.W. Tozer: A true leader is likely to be one who has no desire to lead, but is forced into a position of leadership by the inward pressure of the Holy Spirit and the press of the external situation. I believe it might be accepted as a fairly reliable rule of thumb that the man who is ambitious to lead is disqualified as a leader.”

John R Mott: “A leader is a man who knows the road, who can keep ahead and who can pull others after him.” 

Johan R. Mott het die volgende vrae gevra: (1) Does he do little things well? (2) Has he learned the meaning of priorities? (3) How does he use his leisure? (4) Has he intensity? (5) Has he learned to take advantage of momentum? (6) Has he the power of growth? (7) What is his attitude to discouragements? (8) How does he face impossible situastions? (9) What are his weakest points?

Harry Truman (President van die VSA): “My definition of a leader… is a man who can persuade people to do what they don’t want to do, or do what they are too lazy to do, and like it.”

Grace Hopper (Admiraal in die VSA Vloot): “You cannot manage men into battle. You manage things; you lead people.”

Lao Tse: “The superior leader gets things done with very little motion. He imparts instruction not through many words but through a few deeds. He keeps informed about everything but interferes hardly at all. He is a catalyst, and though things would not get done well if he weren’t’t there, when they succeed he takes no credit. And because he takes no credit, credit never leaves him.”

Chester Bernard: “Leadership is the ability of a superior to influence the behavior of a subordinate or group and persuade them to follow a particular course of action.”

Warren Bennis:  “The first job of a leader is to define a vision for the organization…. Leadership is the capacity to translate vision into reality.”

James McGregor Burns: “The ultimate test of practical leadership is the realization of intended, real change  that meets people’s enudring needs.”

Murray  Johannsen: “Managers have subordinates – leaders have followers.”

J. Oswald Sanders:  “The spiritual leader, however, influences others not by the power of his own personality alone but by that personality irradiated and interpenetrated and empowered by the Holy Spirit. Because he permits the Holy Spirit undisputed control of his life, the Spirit’s power can flow through him to others unhindered.”

Watter van hierdie definisies of beskrywings is vir jou die naaste aan wat jy dink ‘n leier behoort te wees?

Wie is na jou mening ‘n goeie leier en hoekom sê jy so?

12 thoughts on “GEESTELIKE LEIERSKAP

Add yours

  1. ‘n Kerk het ten minste 2 unieke probleme.
    1) Daar is geen gemeenskaplike doelwit nie.
    In ‘n besigheid is die doelwit gewoonlik om die maksimum wins te maak. In ‘n gemeente het elke persoon sy eie opinie oor hoe die perfekte kerk moet optree. Elkeen is reg want ons smaak verskil soms maar van mekaar. ‘n kerk is mos maar net ‘n plek waar gelowiges bymekaar kom.
    2) Enige gemeente (maar vernaam ‘n groot gemeente) bestaan uit 2 dele.

    ‘n “Geestelike” deel (bv. Sending en armsorg) en ‘n “nie geestelike” deel (bv. Administrasie). Hierdie twee dele verskil so ver van mekaar af, dat 2 persone (of 2 bestuurspanne) nodig is en hulle kan nie maklik saamwerk nie want hulle gedagte rigtings is verskillend. Hulle doelwitte is gewoonlik ook verskillend (bv. Die armsorg wil alles weg gee en die finansies afdeling wil alles spaar vir die maer jare wat gaan kom.)
    Hoe los mens dit op? Ek weet nie maar ek dink hard en lank daaraan want ek wil deel van die oplossing wees en nie deel van die probleem nie.

  2. Ek dink mens moet onderskei tussen leierskap en bestuur. Ek hou van die definisie wat impliseer dat leierskap verandering tot gevolg moet he wat.op’n blywende wyse in mense se werklike behoeftes voorsien.
    Wie is my gunsteling leier? Nelson Mandela. Sy menswees het groot veranderings in Suid Afrika tot stand gebring en mense se ware behoeftes (Definitief nie alle behoeftes nie) is aangespreek.

  3. A.W. Tozer en J. Oswald Sanders se stellings bevat vir my die eienskappe wat ek dink ‘n geestelike leier behoort te hê.

  4. Ek stem saam met kleinvissie-mens moet nie bestuur met leierskap verwar nie.Maar tog verg elkeen ook n ietsie van die ander.Leierskap het dan ook vir my nog n eienskap wat handig te pas kom (soms noodsaaklik) en dit is wysheid!Wysheid kom ook met jare en ondervinding.Soos Stanley Goldstein gese het:”Geen foute,geen ondervinding;geen ondervinding, geen wysheid.”Bo alles moet ons ook aanvaar dat n ware leier net met die Genade van Bo kan lei-sonder dit glo ek is so n leierskap gedoem.Leiers is ook mense en daarom is hulle nie volmaak nie-foute gaan insluip.n Goeie leier moet sy foute kan erken en herken ,maar die belangrikste is dat hy leer uit sy foute en weet hoe om dit te oorkom. n Leier moet ook bereid wees om ongewilde besluite te neem-dit is waar hope wysheid en genade in kom!!

  5. Alec: Ek wonder of dit kan wees dat die verwarring ontstaan wanneer die primêre fokus (Om God se koninkryk op aarde te laat kom soos in die hemel) moet plek maak vir die sekondêre fokus om dinge (geld ens.) effektief te bestuur.
    kleinivissie: Moet sê Madiba sal altyd vir my een van die beste leiers bly. Wat my altyd verbaas is hoe hy sonder enige wrok oor al die jare op Robbeneiland funksioneer. Ek dink ek was bevoorreg om in dieselfde tyd as Nelson mandela te kon geleef het.
    Boer: Iemand het gesê mense soek leiers dan kry hulle politici. Is politieke leierskap nie wêreldwyd ‘n probleem nie. Ons het baie politieke opportuniste maar min politieke leiers.
    Ding: Ek verstaan Madiba, maar Hitler? Verduidelik bietjie vir ons hoekom jy so sê.
    kaalvoetkind: Ek hou van Tozer wat sê dat die ware geestelike leier nie die posisie soek nie en Sanders wat die belangrikheid van die werk van die Heilige Gees beklemtoon.
    Ansie: As ek reg onthou is dit die eerste keer dat jy kommentaar lewer. Welkom. Ek dink in die laaste paar dae dat ons ook binne die kerk te veel staat maak op sekulêre vereistes vir leierskap en nie genoeg vra wat die vereistes vir geestelike lierskap is nie. As ons die kerk soos ‘n besigheid wil bestuur of lei, is dit wat ons gaan kry – ‘n besigheid. ‘n Besigheid wat baie doelwitte bereik, maar nie op God se agenda werk nie.

  6. Oor geestelike leiers:
    Kyk, ding is mos maar sout vannie aarde, ja. Ding maak nie diep studies van die geloof en geestelike lewe en so nie. Bietjie ver bo ding se vuurmaakplek – in ag genome ding se houtkop, bly ding redelik ver van die vuurmaakplekmerk in elk geval! hehe So, ding weet nie van die “amptelike leiers” op geestelike gebied nie.

    Maar in doodse eerlikheid? Ek het al voorheen dit gesê: hierdie koffietafel maak ‘n verskil in my lewe. Drasties. My perspektief is moontlik totaal gebrekkig en redelik verwronge, want onthou, ek ken kwalik ten dele. Ek het bloot een naweek oor hierdie koffietafel gestruikel, ‘n paar kebers koffie gesluk … en sedertdien is daar nie beter koffie nie. Ek ken nie regtig die oorsprong nie. So, teen daardie agtergrond, sê ek die volgende:
    Vir my is ‘n leier, enige LEIER, ‘n touleier sonder toue. Onthou nou weer van ossewaens en die touleier? Hmmm… yep ja, daai ene. Die touleier praat nie (net) oor hoe die osse moet loop nie, ja. Die touleier se voete slaan eerste die spore in die pad. Hy loop voor! En ja, die osse volg. Omdat hulle WIL volg. En vir ding is DIT die sinkern van enige LEIER. Om ‘n rigting in te slaan en dit so te doen dat ander nie kan help nie, as om te volg omdat hulle ook so wil loop, in daai rigting. En dis hoekom ding gewoonlik vir leiers loop soek tussen die gewone mense. Daar waar ‘n bepaalde stroming is, sal daar ‘n amper onopsigtelike leier wees. En vir my het Doom die eienskappe van die tipe leier wie ek graag volg. Doom, ek is seker baie mense het al oorweging geskenk aan die bestaan van ‘n “kuber-kerk” – jy weet, waar Godsake gesels word. Hoeveel mense het die bul eenvoudig by die horings gepak? Doom, toe jy daai eerste inskrywing gedoen het, het jy voorsien dat hierdie koffietafel van jou vir jou so besig gaan hou soos dit doen? Want ek is oortuig daarvan dat ‘n groot hap elke dag uit jou dag geneem word deur hierdie koffietafel, ja? Maar jy loop nog steeds voor – jy lei nog steeds met elke tree wat jy gee. En ja, Doom, nog goeie eienskappe: jy is nie skaam om te erken dat jy nie weet nie, daar waar jy nie weet nie; jy is nie skaam om verskoning te vra daar waar jy reken jy verkeerd was nie.
    Ding weet hierdie klink soos ‘n Ode aan Doom; soos ‘n staande ovasie – dit is presies niks anders as juis dit nie. Want jy verdien dit in my oë. Doom, jy IS die toonbeeld van wat ding as die locus classicus van geestelike leiers beskou. Dankie daarvoor.

  7. Oor Madiba?
    Ding is nie elke dag ewe oortuig van die algehele altruïsme in die hele Madiba-legende nie. Waaroor ding dikwels wonder: ding kan verstaan dat ‘n sekere segment Madiba beskou as die opperste vorm van leierskap en vergifnis. Laat ding dit so stel: Daar is 5 kinders – drie sussies en twee boeties. Oudste is ‘n sussie. Almal lewe gesellig saam. Op ‘n dag besluit sussies maar hoe dan nou – hoekom kry boeties altyd eerste keuse en hoekom hoef hulle niks in die huis te doen nie, sussies moet alles doen en wat oorbly, kry? Kort weergawe: sussies raak moeilik teenoor boeties. Boeties oorrompel vir Ousus en sluit haar toe in haar kamer. En kyk, TOE gaan dit lekker in die huis – daai twee boeties het ‘n jolige tyd met die 2 sussies – hulle word behoorlik onderdruk deur die boeties. Op ‘n dag, later van tyd, slaag Ousus daarin om uit die kamer te kom. Die twee sussies het al die moeilike tye deurlewe en oorlewe in die hoop en smagting na die dag dat Ousus weer vry sal wees. Want DAN gaan die boeties dit ontgeld! En hier kom staan Ousus en sy sê: laat daar vrede en gelykheid wees, want die oordeel en die wraak kom ons nie toe nie…. natuurlik voel die boeties DIT is ‘n wonderwerk! Maar hoe voel die twee sussies??? Dink hulle ook Ousus is die coolste leier ooit? Mmmmm

    Hitler:
    Eenvoudig – waar kom Hitler vandaan? Is Hitler gebore uit ‘n koninklike familie? Is Hitler se pa ‘n gevierde leier / politikus / soldaat? Hitler het uit die onderste grom van die drom massa bevolking opgestaan, fanaties geglo waarin hy geglo het, soveel so dat hy, ‘n nietige, onbenullige stukkie skuim, ‘n hele nasie, ‘n land se bevolking agter hom laat aanloop het. I rest my case, your Honor. 😉

  8. Attie, jy het net die vermoe om my dieper te laat dink oor al die goete waaraan jy dink. Jy se soveel waarhede-dit laat my die bal soms mis putt op die setperk. Die opmerkings van Warren Bennis: “The first job of a leader is to define a vision for the organization…. Leadership is the capacity to translate vision into reality.” en J. Oswald Sanders: “The spiritual leader, however, influences others not by the power of his own personality alone but by that personality irradiated and interpenetrated and empowered by the Holy Spirit. Because he permits the Holy Spirit undisputed control of his life, the Spirit’s power can flow through him to others unhindered.”
    Hierdie saak maak my opgewonde en pas ook in by my eie verstaan van leierskap.
    Ek sluit graag met my eie idees hierby aan: leierskap is die vermoe om met jou gawes en talente altyd diensbaar te wees, maar ook om God in die groter prentjie te laat funksioneer. God se leierskap was nie om alleen oor die aarde te heers nie, maar die mens se potensiaal optimum te benut tot uitbou van Sy koninkryk (= aarde te heers). Setperk bely dat ek kan net leier wees as die Heilige Gees my elke dag beheer(s).

  9. Jorsie
    Ek doen navraag na wat mense as geestelike leierskap verstaan en wat dit eintlik in parktyk beteken vandag ….2012 en kom toe by die Attie se koffietaffel uit. Baie dankie hiervoor !!

    Hoe meer ek lees besef ek dat niks nog verander het van Jesus se tyd hier op aarde nie , veral nie die mens nie , die geetsleike behoeftes / nood en versorging is nog dieselfde, ook in ons kerke en gemeentes.

    As Geestelike leier het Hy vanuit die SKRIF as basis ‘n klein groepie mense(12) GELEER, (persoonlike kontak) GEWYS, (deur self te DOEN). Hy het ‘n PLAN gehad ( net soveel tyd hier op aarde gehad ) om hulle goed TOE TE RUS (kon op hulle later funksioneer) om die taak hier op aarde sonder sy fisiese teenwoordigheid uit te voer. Hy self het VOORGELOOP in goeie en slegte tye. Hy het VERTROUE geskep in Hom. Dit wat Hy belowe het, het Hy gedoen , deur hulle nooit alleen te laat nie, die teenwoordigheid van die Heilge Gees, Sy genade en liefde Sy sorg vir ons as mens getuig daarvan.
    Ek glo dat ons vanuit die lesse wat ons van Hom leer dit ook so vandag kan toepas in ons lewe, ons kerk, gemeentes, gemeenskap en werk.
    Groetnis

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: