INTERNET ON THE MOVE??

Ek gaan binnekort met vakansie. Ek het ‘n effense “laptop” wat ek saamvat op vakansie. Ek wonder wie het bietjie navorsing gedoen oor die mees bekostigbare manier om steeds internet kontak te hê. Ek verstaan dit is moontlik om jou selfoon aan jou rekenaar te koppel en as tipe van ‘n modem te gebruik??? Wil nou nie ons vakansiebegroting op internetkoste uitgee nie. Het iemand dalk raad oor hoe bekostigbaarheid en goeie diens ens?

Ek sal waardeer as iemand bietjie hulle kennis met my wil deel.

5 thoughts on “INTERNET ON THE MOVE??

Add yours

  1. Attie, ek weet nie wat ‘n “effense” laptop is nie? 😉
    In elk geval, as jy ‘n selfoon met Bluetooth het, werk dit uistekend saam met jou laptop (as jy natuurlik selfoon-ontvangs het). As jou laptop ingeboude Bluetooth-sagteware het (soos meeste nuwe laptops), is dit geen probleem nie. Indien nie, moet jy net Bluetooth-sagteware kry om op jou laptop te laai. Ek hoop dit help?

    NS: Waar is die vakansie?

  2. Boer: Dankie dit help tog. Met ‘n effense laptop bedoel ek dat ‘n mens waarskynlik beter kry, maar dit is wat ek nou het. Hy hetd arem “bluetooth” moontlikhede, so dalk is hy nie so effens as wat ek dink nie. Ek wonder of mens dan op een of ander manier lugtyd moet koop en watter netwerk werk die beste en is die meeste koste effektief. Ek vermoed egter daar waar jy is, is die dinge al bietjie meer gevorder as hier by ons.

  3. Attiie, as jou foon en die laptop “bluetooth enabled” is, is die Kaaps Hollands! As jy op ‘n kontrak is (met jou foon) is dit goedkoper, maar as jy “pre-paid” het, kan jy steeds dit gebruik (hoewel duurder). As jou foon “WAP enabled” is, kan jy die foon met ‘n USB-kabel aan die laptop koppel en steeds gebruik. Dan het jy nie “bluetooth” (wat “wireless” is) nodig nie. Ek dink egter nie dis noodwendig goedkoper as bluetooth nie. Om die laptop en selfoon te laat “gesels”, moet jy die regte “settings” op beide toestelle kies. As jy nie seker is nie, gaan na jou selfoon “service provider” (of skakel hulle) of besoek ‘n rekenaar-fundi.

  4. Dit hang ook af waar jy gaan vakansie hou en wie jou ‘internet provider’ is as jy by die huis is. As jy bv by MWeb is, kry jy iets soos 300 minute gratis internet tyd wat jy kan gebruik by Wi-Fi Hot Spots. Ek weet die lughawens het sulke spots en meeste Mugg & Beans ook. Maar soos ek sê, afhangende waar jou vakansie bestemming is.

  5. Attie, nou eers tyd om jou blog te lees. Ek het deur vodacom aangesluit, want ek het nie telkom ontvangs by my woonhuis nie. Daarom is die 3G wireless router en mobile connect card my keuse gewees. Die voordeel is dat die kinders met hul rekenaars ook op internet gaan as hul tuis is – dit alles deur die wireless konneksie wat ook in hul desktop rekenaars in gebou is. Ek neem ook in Desember die mobile connect card saam MUizenberg toe- sal dan vir jou se hoe dit gewerk het.
    Ek weet jou laptop is baie spoggerig.
    Groete

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: