GELYKENIS 10: KERK: EKSKLUSIEF OF INKLUSIEF?

“Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met die treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matteus 13:47-50)

Jesus se dissipels was vissermanne en daarom was dit byna vanselfsprekend dat Jesus ‘n voorbeeld uit hule alledaagse lewe sou gebruik met die doel om hulle bewus te maak dat die dinge in hulle alledaagse lewe vir hulle iets kan sê oor die koninkryk van God. 

Twee dinge oor die treknet:

(i) Iemand wat met  ‘n treknet visvang sal weet dat die treknet nie kan onderskei nie. Wanneer ‘n visserman die treknet intrek gaan daar alle soorte van vis in die net wees. Die kerk is die manier waarop God mense vir die koninkryk bymekaarmaak. In die kerk gaan daar ook verskillende soorte mense wees, goed en sleg, bruikbaar en onbruikbaar.

Daar was nog altyd twee benaderings oor die kerk. Die een benadering (EKSKLUSIEF) sê die kerk is net vir mense wat werklik aan God toegewy wil lewe. Die ander benadering sê die kerk is vir almal (INKLUSIEF). Wie gaan oordeel of besluit wanneer is ‘n mens genoeg toegewy is om deel van die kerk te wees? Ons is juis geroep om nie te oordeel nie. Die kerk moet eerder ‘n plek wees wat soveel mense as moontlik bereik en intrek sodat hulle dalk eerder na geestelike volwassenheid kan groei.

(ii) Die dag van onderskeiding kom egter sonder twyfel. Die dag wat bekend staan as die wederkoms van Christus of die laaste oordeel. Tot dan is dit die kerk se taak om soveel mense as moontlik bymekaar te maak en die oordeel in God se hande te laat. Christus Jesus en sy engele sal self besluit wie gaan waarheen.

Die kerk moet dikwels baie kritiek van die wêreld en soms ook vanuit sy eie geledere verdra omdat die kerk nie aan mense se verwagtinge voldoen nie. Die treknet gelykenis help my nogal om te verstaan waarom dit so is. As ons nie mense se “commitment” meet voor ons hulle deel laat wees van die kerk nie, gaan ons altyd tekort skiet in wie ons werklik wil wees. Maar, ons gaan waarskynlik die geleentheid hê om insette in hulle lewens te maak wat ‘n ewige verandering tot gevolg sou kon hê.

Hoe sien jy julle plaaslike gemeente? Eksklusief of inklusief en hoe voel jy daaroor dat jou gemeente so is?

5 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Christen tieners., Die Bybel, Gelykenisse, Nagedink

5 responses to “GELYKENIS 10: KERK: EKSKLUSIEF OF INKLUSIEF?

  1. Ek dink ons kerk is eksklusief, dis ‘n klein gemeente en almal in die kerk is erg toegewyd. Dit het my en my man 2 jaar geneem om te voel hulle aanvaar ons, en soms wonder ek nogsteeds. Dit was vir my baie moeilik en ek was baie keer baie hartseer daaroor. Ek hou niks daarvan nie, dit voel vir my of ons onsself die hele tyd moet bewys voor hulle ons heeltemal aanvaar.

  2. Babette

    My gemeente is ook baie ekslusief. Die Here het die laaste twee maande hard gewerk om my te oortuig dis OK. Ons behoeftes verskil, en al is my behoefte anders as die oorgrote meerderheid in die gemeente, is dit ook OK. God sorg vir my. Hy voed my in my persoonlike stiltetyd. Ek het geleer om uit te gaan en die manna te gaan optel waar Hy dit neersit. Net soos God die Vader na my kyk deur Jesus se oe, leer Hy my om ook na ander deur Jesus te kyk. Klink als goed, maar dit is vrek moeilik. Dan besef ek net weer elke keer hoe groot Jesus se genade is.

  3. Setperk

    Ek is dankbaar vir die onderskeid wat Attie maak oor ekslusief en inklusief.Ek is deel van makrogemeente. Baie lidmate leef hul geloof uit deur verskeie deel te neem aan gemeente aktiwiteite en bydraes. Tog meen ek dat eklusiwiteit ‘n keuse van die lidmaat is. Natuurlik is ons deur Christus se sterwe en liggaamlike opstanding anders. Hierdie woord “anders” sal ek wil byvoeg by die verklaring van die woord eksklusiwiteit. “Anders” stel my teenoor die Satanskind. “Anders” stel my oop om voortdurend hervorm te word deur die Heilige Gees. Beide vorige skrywers meen hul gemeentes plaas die klem op eksklusiewiteit verkeerd. Net jammer hulle noem nie wat hul gaan doen om die belewenis te verander nie.

  4. kleinvissie

    Setperk: Ek stem saam dat ‘n mens ‘n verantwoordelikheid het om jou gemeente meer inklusief te maak. Ek verstaan egter ook wat Lady en Babette sê. Ek was een maal in ‘n gemeente waar ek gereeld kontak gehad het met die meningsvorms in die gemeente, maar hulle het baie duidelike standaarde gehad waaraan ‘n mens moes voldoen voordat jy regtig deel kan wees. Tot dan moet jy maar net abie dankbaar wees dat hierdie mense jou oorlaai met die Here se liefde wat volgens hulle in hulle harte leef deur vriendelik en gaaf met jou te wees.
    Mt vraag is: Het die geestelike leiers van ‘n gemeente nie ‘n baie groot verantwoordelikheid om die gemeente te hlp om ‘n inklusiewe benadering te hê nie?

  5. tanzie

    Ek dink dit het tog te make met ‘n fokus verskuiwing. En glo my ek moet ook konsentreer om dit te doen. Ons is almal deel van ‘n groot prentjie. Op sig self is groen blare net groen blare, maar haal die groen blare uit die ruiker en die blomme lyk ook maar onindrukwekkend. Sommiges is maar net daar om ander te laat beter lyk, maar wat maak dit saak. Ons doen wat ons doen nie om goed te lyk of aanvaar te word in ander se boekies nie, ons almal doen wat ons doen ter ere van die Here. Ons leef Sy wil. As ons nie deel moes wees van ons gemeentes nie, sou ons tog seker iewers anders geplant gewees het. Toe ek my fokus so verskuif was dit asof ek blydskap en vrede beleef het, wat aanvaarding van geen mens my kon gee nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s