SOMS WENS EK…

Met tye wens ek die verlossing wat ons ontvang was nie verniet nie. Met ander woorde, ek wens dit het ons iets gekos. Ek wens soms dat elkeen wat in ‘n verhouding met God die Vader wil leef iets moes opoffer of prysgee. Dit sou dalk ‘n manier wees om te kan vasstel of iemand ernstig is oor hierdie dinge en of iemand nie ernstig is nie. Ons sou dan duidelik kon weet wie eerlik en opreg is met sy Christenskap en wie net voordeel wil trek uit die vryheid van God se genade.

Dalk sou ons geweet het wat mense se bedoelings was as ons verlossing ons iets gekos het. Dalk sou daar meer mense gewees het wat “nee dankie” gesê het as hulle moes hoor dat hulle een of ander opffering moes maak. Dalk sou ons dan onthou dat net omdat God se genade en vergifnis en liefde verniet is, beteken dit nie dit is goedkoop nie.

Ons kry dit verniet, maar dit het God sy Seun gekos. God moes sy Seun aan die kruis sien sterf. Net die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die God van onmeetbare liefde en barmhartigheid kon so ‘n verlossing uitdink en bewerk. Genadiglik het Hy. Maar, somtyds wens ek…

Advertisements

6 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

6 responses to “SOMS WENS EK…

  1. ding

    Doom, God se genade en vergifnis en liefde verniet? Doom, ding reken nogal dit is nie. Die aanbod daarvan is – omdat die prys reeds betaal is, soos wat Doom verduidelik. Maar Doom, God se genade, vergifnis en liefde eindig nie wanneer ons dit aanvaar nie: dit begin dan.

    Soos bv. die jongelinge wie belydenis van hulle geloof afle – hulle moet besef die fokuspunt is nie “HA, dis die einde van ‘Sondagskool’ nie” – dis nie jou nagmaalwyn-lisensie nie – belydenis van geloof beteken dat dit die begin is van ‘n pad waar jy verantwoordelikheid oploop, meer as in die verlede. Selfde: neem God se liefde, genade en vergifnis, maar weet jy betaal deurdat jy nou ‘n keuse gemaak het – hoekom se God Hy is ‘n jaloerse God, Doom?

  2. dissipel

    Ek stem saam met ding. Dis nie verniet nie. Soos Doom ook sê, dit het God sy Seun gekos. Wanneer mens Jesus as Verlosser ontdek, mag dit nie die einde van die pad wees nie. Dit moed die begin wees. Dit was vir my. Ek het baie keer weggedwaal, maar dan het God my iewers kom haal. (Is dit Koos Doep se liedjie se woorde?)

  3. Ek weet ek mag nie, maar soms kan ek myself net nie help nie. Ek wonder of mense nie God net gebruik as ‘n “paspoort” hemel toe nie. Mense is bagn vir die hel en daarom glo hulle, maar dan moet dit hulle net so min as moontlik kos. Moenie vir my sê my gewoontes moet verander nie. Moenie vir my sê my taalgebruik moet verander nie. Moenie vir my sê ek moet hierdie en hierdie ding wat in die Bybel staan gehoorsaam nie. Ek weet ek gaan hemel toe, einde van die storie.
    Ek weet egter ook, dat die evangelie God se Verlossingsplan is. Gelukkig hang dit nie van my af nie.

  4. ding: Ons dink langs dieselfde lyne. Dit is nie regtig verniet nie, want dit het God sy Seun gekos. Dit is egter verniet in die sin dat dit ons nie regtig iets kos nie. Jy is reg, ‘n geloofskeuse behoort die begin van die pad te wees en nie die einde nie.
    God ‘n jaloerse God: Hy wil my en jou met niks en niemand deel nie. Hy soek al my liefde en al my aanbidding en al my getrouheid. Hy wil hê ek moet oor Hom voel soos Hy oor my voel.
    Ek hoor graag wat dink jy?

  5. HeLo

    Ek dink ds. het dit nou in die laaste sin gesê. “Hy wil hê ek moet oor Hom voel soos Hy oor my voel”. Soos bespreek het Hy “alles” Sy enigste gegee vir ons en daarom behoort ons ons alles vir Hom te gee. Persoonlik dink ek ook ons as “Christene” het te veel vryheid – om te doen, te sê en te voel soos ek wil. In die huis word ons wel beperk tot sekere dinge maar wag net tot na skool dan is ek “vry” om te doen wat EK wil. Die uitdaging is juis dat ons KAN doen wat ons wil maar dat ons nie dit WIL doen nie omdat God dit van ons anders verwag.

  6. Alec Brough

    Jammer vir die laat pos.
    Ek kom so in opstand oor die goedkoop manier waarop ons mense probeer bekeer dat ek patykeer sukkel om n positiewe bydra te maak. Ek het nou so gedink: God werk dalk met mense ook in seisoene. Met tye is dit of mense tot bekering kom by die hope en ander tye is dit of daar n konsolidasie tydperk van swaarkry en vervolging is. Nou wonder ek net, watter seisoen gaan ons nou binne?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s