GELYKENIS 7: DIE INVLOED VAN DIE CHRISTENDOM

“Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: ‘Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totodat dit heeltemal deursuur was.'”

Jesus se gelykenisse kom uit die alledaagse lewe. Hy het dinge sien gebeur en dan die dinge wat Hy gesien het, het Hy gebruik as voorbeelde wanneer Hy iets vir mense verduidelik het. Jesus het die dinge wat bekend was gebruik om die dissipels (en dikwels ander mense ook) aan dinge te laat dink waaraan hulle nog nooit gedink het nie. In hierdie geval neem Jesus sy voorbeeld uit die kombuis van ‘n alledaagse huis.

Die punt van die voorbeeld lê in die veranderende krag van die suurdeeg. Suurdeeg verander die karakter van dit wat gebak word. Brood sonder suurdeeg is feitlik smaakloos en hard. Brood met suurdeeg is sag en lekker om te eet.

Die volgenede punte oor transformasie of verandering i goed om te weet:

(i) Die boodskap van Jesus Christus se lewe en sterwe en opstanding het die lewe vir die gewone mens verander. “Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het.” (Ef. 2:1-3) Jesus het gekom om slegte mense goed te maak. Die veranderende mag van Christus begin in die lewe van die individu. Deur die genade van Christus Jesus kan die slagoffer van die versoeking die oorwannaar oor die versoeking word.

(ii) Die boodskap van Jesus Christus het vier groot veranderings in die gemeenskap tot gevolg gehad. Eerstens is die lot van vroue dramaties verander. In sy oggendgebed het die Jood God gedank dat Hy hom nie ‘n vrou gemaak het nie. In die Griekse gemeenskap was die vrou ‘n afgesonderde wese wat niks anders gedoen het as huistakies nie. Genadiglik is die rol van die vrou in vandag se lewe radikaal anders en dit het begin by die manier waarop Jesus vroue behandel het en hulle deel van sy “geselskap” gemaak het.

(iii) Tweedens is die lot van die swakke en die sieke dramaties verander. In die gemeenskappe in die tyd van Jesus was die swakkes en siekes ‘n lastigheid. In Sparta is seuntjies by geboorte ondersoek en as hulle enigsins swak of misvorm was, is hulle buite gelos om te sterf. Die eerste hospitaal vir blindes is gebou deur Talasius, ‘n Christen monnik. Die eerste plek waar mense gratis medisyne kon kry is gebou deur Apolonius, ‘n Christen handelaar, die eerste hospitaal is gebou deur Fabiola, ‘n Christen vrou. Christenskap is in sy diepste wese gemoeid met die lewe van stukkende mense wat deur die genadewerk van Christus heel gemaak kan word. 

(iv) Die lewe en sterwe van Christus Jesus het die lewe vir die bejaarde dramaties verander. Net soos die swakke en sieke was die bejaardes ook ‘n lastigheid. Cato, ‘n Romeinse skrywer het vir enige persoon wat ‘n plaas gekoop het, die raad gegee om deur die voorraad op die plaas na te gaan en om so gou as moontlik ‘n ou of siek slaaf te verkoop of weg te gee. Vandag speel Christen-kerke ‘n baie groot rol in die versorging van bejaardes.

(v) Die genadewerk van Christus Jesus het die lewe van kinders verander. In die tyd van Jesus het huwelikke en gesinne uit mekaar gespat. Egskeiding was baie algemeen en dit was nie vreemd vir ‘n vrou om elke jaar ‘n ander man te hê nie. In hierdie omstandighede was kinders ‘n oorlas. Dit was redelik algemeen om kinders te laat doodgaan. Hilarion het ‘n brief aan sy vrou Alis geskryf waarin hy sê dat indien sy sou swanger raak en dit is ‘n seun moet sy die seun laat lewe, maar indien dit ‘n dogter is moet sy die babatjie laat sterf. In vandag se lewe draai ouers se lewens in die meeste gevalle om hulle kinders. Christen gesinne plaas klem op die gesonde verhouding wat daar tussen ouers en kinders behoort te wees.

Die boodskap van Christus Jesus is ‘n ‘n lewensveranderende boodskap. Die Christendom het ‘n positiewe uitwerking gehad op ons gemeenskap.

Advertisements

5 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

5 responses to “GELYKENIS 7: DIE INVLOED VAN DIE CHRISTENDOM

  1. dissipel

    Wanneer ek na my lewe as Christen in geheel kyk, dan sien ek die onsigbare werking van die koninkryk. Die koninkryk-suurdeeg het my lewe deursuur en vandag raak die veangelie feitlik elke aspek van my lewe. Daar is nog werk, maar die werk van die suurdeg is nog nie klaar nie.
    Ek wil graag aanvaar dat dit so is dat die Christendom ‘n positiewe uitwerking op ons gemeenskap gehad het, maar ek moet dan ook sê dat dit vir my wil voorkom asof die positiewe uitwerking al hoe minder raak. Ek sien eerder dat die politieke insisiatiewe en wlesynorganisasies is wat die pas aangee in die gemeenskappe waarin ons lewe. Ek wonder soms of die suurdeeg effek van die koninkryk nie dalk tot stilstand gekom het nie. Het die kerk in Suid Afrika ooit herstel van die skok na 1994? Ek wonder net.

  2. Vraag: Kan die suurdeeg ‘n simbool of verwysing na die werk van die Heilige Gees wees?

  3. dissipel: Ek dink daar is baie Christene wat erg bekommerd is oor die kwynende impak van die Chjristendom en in Suid Afrika of die kerk ooit daarin gaan slaag om op te staan uit die as van 1994. Ek bly ‘n optimis en ek glo bv, dat ons eie gemeente in ‘n baie groot mate opgestaan het, maar ook nog steeds besig is om op te staan.
    kandas: Ek is nie 100% seker nie, maar as ek kyk na bv. die onsigbare werking van die suurdeeg in die deeg, dan vermoed ek mens sou dit so kon verstaan.
    Ek wonder wat dink die ander?

  4. tanzie

    Kandas: dit maak vir my ook sin. Niks in eie krag nie. Die HG help ons om iets van onself te maak. Lei ons om te rys in die regte rigting. Sonder leiding van die Heilige Gees is ons maar droog en hard. Ja ek dink dit maak vir my sin.
    Ek is nou 37 jaar oud, en het al baie gewonder. Dit is vir my of my vriende & selfs kollegas in my ouderdomsjare baie meer bewus is van hulle Christenskap. Hulle kommunikeer oor hulle Christenskap, leef dit uit. Mens sien dit in hulle musiek keuse & leesstof. HEt dit te make met die stadium van ons lewens? Dwing ons kinders in ons hedendaagse klimaat van omstandighede ons op ons kniee? Of is die suurdeeg steeds besig om sy werkie te verrig. Dit is lekker & diep geestelik. Maar dan beleef ek bv ons kerk se Kermis nou die dag en dan sien ek al die gryshare wat werk. Dan wonder ek waar is ons nou? Kom dit nou weer in by opoffering … dit is nie meer net praat nie, jy moet fisies van jouself gee. Ek weet hoe verloop ‘n Saterdag in ‘n werkende mamma se huis. Soms werk ek self Saterdag, kinders moet uitgesorteer word vir die volgende week. Huis moet in beheer kom, kruideniersware, ens ens. Maar is hierdie nie net lee verskonings nie. Ek self is baie teruggetrokke en dit is vir my moeilik om net op te daag en myself aan te bied. Dan moet ek bieg ek nie altyd gehoorsaam nie

  5. kleinvissie

    tanzie: Ek lees gereeld hier, maar lewer nie dikwels kommentaar nie. Ek wil net sê dat ek baie hou van jou eerlike en praktiese benadering. Jou opmerking dat op 37 jarige leeftyd is daar dinge wat gebeur wat jou laat wonder of die suurdegie nog steeds sy werk doen, maak my skielik opgewonde. Dit is natuurlik waar (Wel, ek dink ten minste ook so.) Die werk van die suurdeeg in my persoonlike lewe kry nooit klaar nie. Jy laat my egter ook wonder of die suurdeeg in die ouer mensies se lewens al so ver gewerk het, dat hulle kans sien en bereid is om die opofferings te maak?
    Ek sien uit na ‘n lewe van eindelose geestelike groei omdat die suurdeeg in my sy werk doen. Ek wonder of ek suurdeeg met ‘n hoofletter kan skryf omdat dit vir my ‘n prentjie-storie is van hoe die Heilige Gees werk.
    Dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s