GELYKENIS 4: DIE SAAIER

Vandag is dit Sondag. Ek weet nie hoeveel lesers sal hier lees voor hulle kerk toe gaan nie, maar ek het ook ‘n vermoede dat daar getroue lesers hier is wat nie kerk toe sal gaan nie. Of jy kerk toe gaan of nie, as jy hier gelees het sal vandag se gelykenis op jou van toepassing wees.

Die punt is: Verskillende mense sal vandag dieselfde woorde en dieselfde boodskap hoor en verskillend resultate lewer. Daar is vier verskillende gevolge in die lewe van mense nadat hulle die woord gehoor het.

“‘n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ‘n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. ‘n Ander deel daarvan het op die klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. ‘n Ander deel het tussen die onkruid geval en, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. Die ander saad het in goeie grond geval en ‘n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. ‘Wie ore het moet luister!'” (Matteus 13:3-7)

Jesus het self hierdie gelykenis verklaar in verse 18-23:

Die by wie daar op die pad gesaai is: “Die Bose kom by elkeen wat die woord  van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is.” (Vers 18)   (The shut mind)

Die by wie daar op die klipbanke gesaai is: “… is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig.” (Verse 20-21) (Fails to think things out and think things through)

Die by wie daar tussen die onkruid gesaai is: “… is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” (Vers 22) (So many interests in life, that the most important things get crowded out)

Die by wie daar op die goeie grond gesaai is: “… is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms hondervoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” (Vers 23)

Die verskil in die opbrengs in hierdie gelykenis is nie die saad nie, maar die grond waarop dieselfde saad geval het.  Die gelykenis stel dit duidelik dat die meerderheid mense nie positief reageer op die Woord wat hulle hoor nie.

In hierdie gelykenis verduidelik Jesus onder andere waarom die Fariseërs en die ander geestelike leiers die waarheid wat Jesus verkondig het, verwerp het – hulle was nie goed voorbereide grond nie.

Die goeie grond was diep en skoon en sag. Die saad kon op ‘n manier onder die grond inkom en uit die grond ook die nodige voedingstowwe kry om te kan groei.

In die ontvangs van die woord is daar vier fases:

(i) Oop: Altyd gewillig om te leer.

(ii) Luister: Nooit te trots of te besig om te luister nie.  

(iii) Verstaan: Hy het dit wat hy gehoor het deurdink en weet hoe en waar dit op hom van toepassing is.

(iii) Doen: Hy vertaal dit wat hy gehoor het in dade van gehoorsaamheid. Hy dra die vrugte wat by die bekering pas.

“Here, maak my die saailand van God. Verander my hart sodat ek gewillig sal wees om deur U Gees geleer te word. Maak my stil sodat ek kan luister en laat U Gees my help om te verstaan hoe dit wat ek hoor van toepassing is op my lewe, en gee dan dat die woorde wat U deur U Woord en deur mense in my lewe saai, ‘n wonderlike oes sal lewer.”

Wat sou jy kon doen om seker te maak dat die woord waarna jy luister op goeie grond val?

Waar in jou lewe het die Here swaarkry en seerkry gebruik om die grond meer vrugbaar te maak?

Wat is die mees onlangs “vrug” wat vir jou in jou lewe sigbaar geword het as gevolg van saad wat op goeie grond geval het?

12 thoughts on “GELYKENIS 4: DIE SAAIER

Add yours

  1. Ek is een van die wat eerder vandag hier gelees het as om kerk toe te gaan. Maar ek gaan darem gereeld kerk toe 🙂

    Ek sou graag wou dink dat ek goeie grond is, Attie, maar ek dink mens is soms goeie grond en soms nie, met meer as net die Here se Woord. Soms hoor ons sonder om te luister en soms hoor ons weer meer as wat ons voor geluister het.

    Die dag toe ek uitvind EK is die een wat nie kinders kan hê nie, daardie dag was die begin van die Here wat my grond reggekry het vir die saaityd. Opstandigheid het mettertyd gehoorsaamheid aan Sy Wil geword. Daar kom nog dae dat ek wederstrewig raak, maar in geheel dra hierdie grond meer goeie oeste as nie.

    Jammer vir die gebabbel, Ds – vandag is ‘n dag vir ver dink.

  2. Ek was darem kerk toe vandag. Toe ek uno (ek sien ding noem hom trossie) se opmerking lees, toe onthou ek van my seerkry en my swaarkry wat vir ‘n tyd lank hierdie stukkie grond eintlik maar net ‘n klipbank gemaak het. Die saad van die Woord het geval, maar so vinnig as wat dit val was die voëls daar om dit op te pik. Die ergste van alles was dat die ergste swaarkry en seerkry was my eie toedoen – die gevolge van die dom dinge wat ek aangevang het. Die Here was geduldig met my. Twee jaar lank geduldig voordat ek stelselmatig deur al hierdie fases gewerk het. Ek sou ook wou glo dat ek vandag goeie grond is. Die Here het my swaar en my seer in diens geneem en juis daarmee die grond diep los gemaak, sodat saad wat vandag val voesel uit die los grond kan uithaal. Ek is die Here dankbaar vir my swaarkry, maar ek wil dit asseblief nooit weer oor hê nie.

  3. Ek het ‘n besluit geneem om vir 30 dae gehoorsaam te wees aan die dissipline van stilte. Ek gaan elke dag 30 minute eenkant sit. Ek gaan elke dag een gelykenis lees en die een gelykenis oordink. Ek gaan my gedagtes in ‘n joernaal neerskryf. Daardie joernaal word my gesprek met God. My stiltetyd gaan elke dag begin met die lees van die vorige twee dae se joernaal inskrywing. Dit is die vrug van die Woord wat in my lewe geval het. EK het geluister en dit oordink en dit van toepassing gemaak op my lewe. Skielik is hierdie 30 minuet ‘n baie spesiale deel van my dag. Iewers deur die dag kom lees ek dan ook op hierdie “blog” wat ander sê en so dra die saad vrug.

  4. Dissipel ek moet beaam dat ek dieselfde “commitment” gemaak. My belewenis is ook baie dieselfde. Ek het die wonderlikste belewenis. Verder het ek ook probeer om dit wat ek ondervind by my kinders tuis te bring. Ons het die gelykenisse as deel van ons oggendsgodsdiens as gesin gemaak. Ek & my man bespreek dit dan met ons dogtertjies ons kry ook dan elkeen ‘n beurt om die gelykenis te beskryf en verduidelik, en dan wanneer ons vannaand bymekaar is dan bespreek ons dit weereens na ons die dag daaroor gepeins het. Ds Attie ek wil dam ook net se dat hierdie blog vir my ongelooflik baie beteken in hierdie reis. Ek kan nie wag om ‘n tydjie te kry om hier te kom kuier nie. Ek bly dors! Daar is net een ding wat ek wil vra, miskien is dit nie regtig betrekking op vandag se besprekings punt nie, maar help my asb. Soms voel dit of ek “te intensief luister” … as dit sin maak. Ek laat los nie, gee nie oor nie, beheer te veel my gedagtes. Dan is ek baie teleurgesteld … die “connection” is nie noodwendig daar nie Ek luister maar hoor nie noodwendig reg nie, en is nie altyd oortuig of ek reg hoor nie. Hoe maak jy vrede as jy soms weet wat jy gehoor maar nie noodwendig gehoorsaam was nie, en hoe maak jy dan reg? Ek wil so graag doen wat God se opdrag is, ek wil ‘n verandering in mense se lewe maak… maar weet nie waar om te begin nie. Hoe weet ek waar God my lei.

  5. uno: “Opstandigheid het mettertyd gehoorsaamheid aan Sy Wil geword.” Elkeen van ons loop een of ander tyd hierdie pad. Ek het ook, maar getuienis soos joune laar mens deur jou opstandigheid worstel terywl jy weet: God wag vir my aan die einde van die donker tonnel.
    kandas: “Die Here het my swaar en my seer in diens geneem en juis daarmee die grond diep los gemaak, sodat saad wat vandag val voedsel uit die los grond kan uithaal.” Ons seerkry word kunsmis waarin die saad van die Woord groei.
    dissipel: Wil net sê: Dissipelskap is die pad van een commitment na die ander. Laat hierdie 30 dae jou dissipline van stilteyd vorm. Jy gaan nooit spyt wees dat jy ‘n joernaal begin het nie.
    tanzie: Daar is nie ‘n respe vir luister nie. Ek dink mens bly maar die hele tyd besig met wonder: Is dit my eie gedagtes of die stem van die Here? Is dit wat ek dink wat gedoen moet word, of is dit die Here wat wil hê dat ek dit moet doen? My eie ervaring het my geleer dat as ‘n mens in ‘n naby verhouding met die Here leef, word die onderskeid makliker, maar nooit maklik nie. Vertrou dat die Heilige Gees in jou, jou gaan help om te onderskei. Wat ek hier lees, gee egter vir my ‘n idee dat jy op die regte pad is! Ek dink daar is net een manier van regmaak en dit is dit die pad van vergifnis. As jy daarvan oortuig is dat jy ongehoorsaam was, erken dit teenoor die Here en aanvaar sy vergifnis. Praat jou hart uit teenoor Hom. Volgende keer gaan dit beter.
    Dankie dat julle hier kom kuier het.

  6. Sjoe, ek lees dit nou meer as 2 jaar later as wat ander mense kommentaar gelewer het. Ons selgroep gaan nou begin met Bybelstudie oor die gelykenisse en ek het toe ‘gegoogle’ en op hierdie interessante stukkie afgekom.

  7. Septembermaand 2010 is ook al lank na die aanvanklike blog, maar ek glo dis nooit te laat om kommentaar te lewer nie. Ek was op soek na ‘n preek oor die gelykenis van die saaier wat ek aan ‘n groep kampers wil bring hierdie komende naweek op Sondag, wat ek op hierdi blog afkom. Ds. Attie, as jy weer hierheen terugkeer – wel gedaan en ek is verryk met die ander se terugvoer ook. So probeer ons maar meestal die goeie grond verteenwoordig en Jesus vereer daarvoor.

  8. Om aan Christus te behoort:
    Het u al ooit bereken wat die voordele en beloning is om aan Christus te behoort?
    Wat leer die Skrif ons?
    Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

    Het u geweet- ʼn Gelowige persoon is nie noodwendig ʼn geredde persoon nie?
    1Korinthiers 1,21-Want aangesien in die wysheid van God die wêreld (mense) deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
    Vraag;
    Waarom moet ons gered word, en waarvan?
    Génesis3; Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ʼn sondige natuur geêrf en is gedoem om verlore te gaan.
    Maar God het die mense wat Hy geskape het lief,(Johan3,16) en gee uit sy groot genade sy eniggebore Seun Jesus Christus, as offer om aan ʼn kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort, tot vergewing van jou en my sondes kan dien.
    1Timótheüs2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
    ———–
    Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
    Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig.
    Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.
    ———–
    Nou ontstaan die vraag; is dit vir ʼn gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?
    Volkome geloof kan in twee dele beskryf word:-Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
    Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ʼn volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
    ———–
    Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde uit die Bybel.
    Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
    Ons sien ʼn engel verskyn aan hom en sê hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
    Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes3,16;-Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê, en 1Johannes5,20;-En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus,Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs3,26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie,daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
    En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
    Nou word die ander deel vir ʼn volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop ,en is sy geloof volkome.
    ——————
    Nog ʼn treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ʼn yweraar vir God, hy was opgevoed in die strengste Joodse geloof, hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het,nl om die Christen geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ʼn ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here?, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ʼn volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.
    —————-
    1Johannes3,2 Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
    Johannes14,6;Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Johannes10,9;Ek is die deur; as iemand deur my ingaan,sal hy gered word,en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
    Dit is baie belangrik indien ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
    Ons lees in Efêsiérs4,4-5;Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop. (God maak die reëls, nie ons nie)
    —————–
    In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11Timóteüs 3,16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En ʼn gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke30,5&6 Elke woord van God is gelouter, Hy is ʼn skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook ʼn vermaning in11Timóteüs 2,15 nl. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ʼn werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
    ————————-
    Een Here;-Markus12,29 En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is; Hoor Israel, die Here,onse God is ʼn enige Here.
    1Korinthiers12,3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ʼn vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
    Handelinge 9,5 En hy sê. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
    Filippense2,10&11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
    Johannes14,6 Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.
    —————–
    Een Geloof;-Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Johannes5,24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
    Johannes6,40&47 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
    Johannes12,44&45 En Jesus het uitgeroep en gesê. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
    Johannes10,30 Ek en die Vader is een.
    1Johannes3,23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ʼn gebod gegee het.
    1Johannes5,13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
    Johannes 3,18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
    1Johannes5,20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun,Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
    Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.
    ——————-
    Een Doop;- Mattheus28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    Markus16,15&16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
    Die evangelie wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense)gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom(Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    ———-
    Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word.Hy sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap,en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)
    Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle; Omdat dit aan julle(dissipels) gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie
    ———–.
    Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe,en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
    Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ʼn geluid soos van ʼn geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
    ———————
    Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken.Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig
    Ons lees in Handelinge2,37 van die eerste bekeerdes.Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sê Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
    Handelinge 2,38 En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot die geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Verder lees ons in Handelinge8,12,16 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.(16) want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    En nou kom Paulus in Handelinge19 en ons lees hy het in Efêse gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
    In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan.(Petrus-Filippus-Paulus)
    ————
    Een Here: Die Here Jesus Christus.
    Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beêrwe.
    Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde
    —————————— Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
    Antwoord;-Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
    Jy word nie ʼn kind van God deur jou te laat doop nie.(op welke metode ookal)
    Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling8,9-24)
    Jy word alleenlik ʼn kind van God deur die geloof in Christus Jesus.(Galásiérs3,26)
    Waar pas die doop dan in?
    Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
    ————
    (1)Glo;-Johannes3,16-Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé.

    (2)Aanneem;-Johannes 1,11-12-Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
    Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.

    (3)Bekering en doop;-Handelinge2,38-En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

    (4) Beklee;-Galásiérs3,27 want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
    Matthéüs22,11-12-En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan?En hy kon geen woord sê nie.

    (5)Wedergeboorte;- Johan3,5 Jesus antwoord; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
    —————
    1Korinthiérs15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms
    Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
    Jeremia15,16 Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
    11Korinthiers2,14& Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Romeine16,16 E-pos biggs.ben7@gmail.com

Lewer kommentaar op Ben Biggs Kanselleer antwoord

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑