GELYKENISSE 3: DIE VASTYD

Hierdie is die eerste Saterdag sedert Julie-maand waar ek nie êrens heen oppad is of waar daar nie iets is wat ek êrens moet gaan doen nie. Ons het ook gisteraand Rustenburg Laerskool se revue (Broadway) bygewoon waarin die jongste (Renè) opgetree het. Na die revue het ons vir ons elkeen by McDonalds ‘n melkskommel gaan koop en sommer net lekker gekuier.

In die lig van die ongewone verskynsel dat ek vandag heel dag by die huis is, het Renate en die kinders gisteraand besluit dat ek ook nie te vroeg mag opstaan nie. Hulle het gesê dat dit wat ek gewoonlik vroeg doen kan ek maar net ‘n bietjie later doen. Onder andere hierdie “blog” en my tyd alleen met die Here. Ek sien Volharding was reeds voor my op en worstel alreeds met die gelykenis van vastyd. Ek sien ook daar by die gelykenis van gister is ding ook weer homself en vrae ‘n vraag waaroor ‘n mens lank sal moet dink. So ek skryf eers hierdie stukkie voordat ek dit gaan waag om ding te probeer antwoord.

“In die tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: ‘Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?’

Jesus antwoord hulle: ‘Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom ‘n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan sal hulle vas.

Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter.

‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke , die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.'” (Matteus 9:14-17)

Vir die Jode was offers, gebed en vas die drie belangrikste geestelike of godsdienstige aktiwiteite. In antwoord op die vraag aan Jesus waarom Hy en sy dissipels nie vas nie, teken Hy ‘n woord-prentjie – Hy vertel ‘n gelykenis. ‘n Gelykenis oor vas en ‘n Joodse bruilof.

‘n Joodse bruilof was erg feestelik. Eerstens was dit gewoonlik ‘n “open house” partytjie vir ‘n week na die troue. (Klink omtrent soos die manier waarop tieners vandag “party” verstaan. Open house…)  Die paartjie wat getroud is, het ook nie weggegaan vir hulle wittebrood nie, hulle het hulle wittebrood by die huis gevier. Eerstens saam met hulle beste vriende, maar tweedens kon enige een in die dorpie of gemeenskap wat van die troue geweet het, instap en deel wees van die feestelikheid.

Vir daardie week is die bruid en bruidegom soos ‘n koning en sy vrou hanteer, en hulle is dikwels ook so aangespreek. Die getroude paartjie se naaste vriende het dan hierdie bruilofsfees was dan die naaste aan die feesmaal saam met die buidspaar.

‘n Letterlike vertaling van die die Griekse woord “bruilofsgaste” sou wees: “kinders van die bruidskamer”. In die tyd toe Jesus geleef het, was daar hegte verhoudinge veral tussen vriende. Die naaste vriende vier fees solank as wat die huis oop is. Die belangrike punt is egter dat die bruilofsfees ‘n tyd van ongekende feestelikheid, vreugde en blydskap in ‘n groepie mense se lewens was, en dat so ‘n feestelikheid baie keer net een maal in ‘n leeftyd gebeur het.

Jesus vergelyk homself met die bruidegom en sy dissipels met die bruidegom se naaste vriende – kinders van die bruidskamer. Hierdie is nie tyd om te vas nie, hierdie is ‘n tyd om fees te vier. ‘n Paar opmerkings oor wat hierdie gelykenis vir my sê:

(i) Jesus het gesê: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. In die teenwoordigheid van Jesus is daar lewe, polsende lewe. Hierdie gelykenis wil ons laat verstaan dat “lang gesig Christene” ‘n onmoontlikheid is. Die mens wat met Christus wandel, leef in vreugde, omdat Hy elke oomblik van elke dag in die teenwoordigheid van die lewende Here is. Ek wonder of my lewe die stempel van hierdie feestelikheid dra?  

(ii) Maar, geen vreugde hou vir altyd nie. Johannes was in die tronk, daarom sou sy dissipels nou vas en rou. Jesus se dissipels se tyd van vas en rou sou verseker kom, wanneer ook Hy gevange geneem sou word en gekruisig sou word. Maar selfs daardie tyd van vas en rou sou tydelik wees, want Jesus sou na drie dae opstaan en die vastyd sal verby wees. (Dink net watter treurmare verkondig die mense wat ons wil leer dat Jesus nie uit die dood uit opgestaan het nie.)

Die werklikheid is natuurlik dat ek weet dat ek in hierdie lewe baie keer oor baie dinge hartseer sal raak en ‘n tyd van “vas en rou” sal beleef, maar ek weet ook: Jesus het opgestaan. Jesus het oorwin – en ons met Hom. Dood waar is jou oorwinning?

(iii)  Hier is ook ‘n uitdaging. Natuurlik is dit ‘n wonderlike vreugde en ‘n fees om as dissipel van Jesus een van die “kinders van die bruidskamer” te wees, maar ons sal dit in hierdie lewe moeilik hê. Dit sal moeilik wees om altyd ‘n dissipel te wees. Mense gaan ons verwerp en ons bespot en ons selfs doodmaak. Sal ek my kruis kan dra? Die Christen se lewe is ‘n lewe van vreugde, maar dit is dikwels ook ‘n lewe van bloed, sweet en trane – Sal ek my kruis kan dra?  

(v) Die waagmoed van Jesus. Jesus het presies geweet waarheen Hy oppad was en wat vir Hom voorgelê het. Jesus het die hele tyd geweet: Voor My is die kruis. Ek gaan aan daardie kruis hang tot Ek dood is. Tog het Hy doelgerig in daardie rigting bly beweeg. Jesus het nie sys lyding en sy swaarkry en sy seer probeer systap nie.

In Jesus sien ons die karakter van iemand wat weet hoe moeilik dit kan wees om God tot die einde toe te gehoorsaam, en tog doen Hy dit. Hy het geweet dit kom, maar tog het Hy saam met sy beste vriende fees gevier. Sou ek te midde van swaarkry omdat ek ‘n Christen is, steeds met vreugde kan lewe?

Hierdie gelykenis het my aan die dink. Een ding weet ek, en dit is dat ek een van die “kinders van die bruidskamer” is. Jesus se sterwe aan die kruis was my uitnodiging na hierdie “open house party” toe. Ek glo sy sterwe aan die kruis was vir my – ek het die uitnodiging aanvaar en daarom vier ek fees.

Ek gaan bietjie heiroor nadink en later oor die “nuwe idee” iets sê.

Het jy jou uitnodiging na hierdie “open house party” aanvaar?

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Christen tieners., Die Christelike Lewe, Gelykenisse, Nagedink

2 responses to “GELYKENISSE 3: DIE VASTYD

  1. dissipel

    Geniet jou dag by die huis. Ek hoop jy los ook op ‘n stadium jou rekenaar uit.
    Ek is vanoggend stil in verwondering oor hierdie gelykenis. Nog nooit myself gesien as een van Jesus se naby vriende nie. Nou besef ek, ek is. Ek is genooi na hierdie bruilofsmaal toe. Die uitnodiging is in die vorm van ‘n kruis en afgelewer met ‘n deruboorde hand met die woorde. “Vat dit , dit is joune.” En ek is by hierdie “open house party”.
    Ek staan verstom oor die gedagte dat ek een van die “kinders van die bruidskamer” is. Unbelievable. Hoe lief moet Hy my nie hê nie!

  2. Alec Brough

    “daar kom ‘n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan sal hulle vas.”
    Ek dink ons mis iets omdat ons nie meer bid nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s