Watter teoloog?

Ek het hierdie baie interesante vraelys raakgeloop wat my help om bietjie te verstaan hoe my kop teologies werk.Jy kan ook die vraelys voltooi en kyk met watter een van ‘n paar teoloë identifiseer jy.HIER.  

You scored as Anselm

Anselm is the outstanding theologian of the medieval period.He sees man’s primary problem as having failed to render unto God what we owe him, so God becomes man in Christ and gives God what he is due. You should read ‘Cur Deus Homo?’

Anselm
100%
John Calvin
80%
Karl Barth
67%
Paul Tillich
67%
Friedrich Schleiermacher
60%
Jürgen Moltmann
60%
Martin Luther
60%
Augustine
53%
Jonathan Edwards
47%
Charles Finney
40%

As jy die vraelys voltooi het, laat weet bietjie vir ons die uitslag. 

DIE PRINS SOEK ‘N BESTUURDER

Ons het gisteraand ons tiener-erediens in die kerk in plaas van die saal gehou. Ek het gebruik gemaak van ‘n storie om ‘n punt te maak. 

‘n Prins van ‘n bergagtige klein eilandjie was op soek na iemand om sy motor te bestuur. Baie mense het aansoek gedoen vir die werk. Veral omdat hulle geweet het dat die prins baie ryk was en dat die salaris waarskynlik goed sou wees. Op die klein eilandjie sou hierdie persoon ook ‘n bietjie status hê. Lees voort “DIE PRINS SOEK ‘N BESTUURDER”

DIE WAARDE VAN STILTE

Ek preek more twee keer, met die gevolg dat ek nie baie tyd sal hê om te “blog” nie. My voorbereiding is eintlik klaar. Die grootste deel van die dag sal gegeeword vir wat Henri Nouwen “die dissipline van stilte” noem. In hierdie oomblikke van stilte word die inhoud van my preek my eie. Die oomblikke van stilte is geleenthede waar die Here deur sy Heilige Gees eers kans kry om my te laat hoor wat die gemeente gaan hoor. Stil tye is tye wanneer ek besonder sensitief probeer wees vir die sagte influistering van die Heilige Gees in my gedagtes en in my lewe.

‘n Aanhaling oor stilte uit Henri Nouwen se boek the Sacred Way: Lees voort “DIE WAARDE VAN STILTE”

DIE HOMOSEKSUALITEIT DEBAT (VERVOLG)

Sommige mense sal sê ek leer nie. Ek volg bietjie ‘n debat op Scott mcKnight (Jesuscreed.org) se “blog” oor homseksualiteit. Ek het ‘n ‘n vorige persoon se skrywe hierheen ge-copy en bietjie gesprek uitgelok. Soekend sal ek dit nou maar waag om nog ‘n jong man se brief in hierdie verband te plaas.  

My redenasie is dat die meeste mense wens dat hulle nie nodig het om oor hierdie sake te dink nie, omdat hulle nie duidelike en klinklare antwoord hieroor kan formuleer nie. Nou stimuleer ek maar op hierdie manier ‘n paar mense se gedagtes en vroetel aan nog ‘n paar se ontkennings. Ek het ook nie die finale antwoord nie, maar ek gaan aanhou wonder en soek en praat sof ‘n antwoord in hierdie lewe moontlik sou wees. My hart gaan uit na hierdie jong man.

Jy kan hierdie jong man se brief lees as jy wil. Lees voort “DIE HOMOSEKSUALITEIT DEBAT (VERVOLG)”

HOE LYK MY GEESTELIKE LEWE – ALLES IN EEN.

Hier is die 25 vrae wat jy kan gebruik om jou eie geestelike lewe te evalueer en bietjie van ‘n persoonlike strategie vir geestelike groei kan ontiwkkel. 

1. Ek beleef myself as geestelik wanneer: (1) Ek besig is om die Bybel te lees. (2) Ek iets godsdienstig vir iemand anders doen. (3) Ek ‘n erediens bywoon. (4.) Ek tyd alleen met God het. (5) Ek liefde teenoor God en ander mense uitleef. Lees voort “HOE LYK MY GEESTELIKE LEWE – ALLES IN EEN.”

Blog at WordPress.com.

Up ↑