HOEKOM GELYKENISSE IN DIE BYBEL

Gelukkig is die Bybel nie net 66 boeke met stellings en waarhede en moeilik verstaanbare teologie nie. Gelukkig is daar verskillende literêre vorme waarmee God met ons praat. God praat met ons deur verhalende gebeur, stories, gedigte, profesieë, apokalips literatuur, ens.

Gelykenisse is baie mense se gunsteling.

Wat is ‘n gelykenis?

‘n Gelykenis is waarskynlik ‘n fiktiewe of opgemaakte storie wat bedoel is om deur die vergelyking sekere waarhede oor die koninkryk van God te leer. Wanneer mens die storie hoor, dan kan jy dit vergelyk met jou eie lewe. Daarmee saam kan die storie wat Jesus vertel maklik onthou kan word.

Wat is die doel van gelykenisse?

Gelykenisse word so vertel dat net die wat regtig omgee die waarhede sal ontdek en verstaan en toepas. Die dissipels het baie selde die gelykenisse wat Jesus vertel het verstaan, maar hulle het dikwels gevra dat Jesus die gelykenis wat Hy vertel het aan hulle veruidelik.

Ons wil die gelykenisse lees as dissipels van die Here Jesus en probeer om goed te evrstaan wat Hy vir ons probeer sê. Ons gee genoeg om vir die Here Jesus dat ons graag wil weet wat dit is wat Hy wou gehad het dat ons moet weet deur die gelykenis.

Stappe in die verstaan van ‘n gelykenis.

1. Ken die storie.  Met ander woorde lees die gedeelte tot jy die ‘storie” in jou eie woorde sou kon oorvertel.

2. Ken die agtergrond. Probeer soveel as moontlik weet van die omstandighede waarin Jesus gelewe het en veral van die voorbeelde waarvan Hy in sy gelykenis gebruik maak. Jesus leef nie in ons tyd nie. Ons verstaan baie keer die gelykenisse verkeerd omdat ons vergeet dat die kultuur en die omstandighede waarin jesus geleef het en die gelykenisse vertel het, heeltemal anders was as die tyd waarin ons lewe.

3. Ken die probleem. Wat is die probleem wat gemaak het dat jesus die gelykenis vertel het. Wanneer Jesus ‘n gelykenis vertel het, was Hy gewoonlik besig om ‘n vraag te antwoord of iemand se gesindheid aan te spreek. Dikwels altwee.

‘n Goeie voorbeeld is die gelykenisse van die verlore skaap, die verlore muntstuk en die verlore seuns (Lukas 15) wat die gevolg was van mense wat Jesus gekritiseer het omdat hy saam met sondaars kluier en eet. Die vraag wat Jesus wil aanspreek is: Wat is God se gesindheid teenoor sondaars?

4. Ken die punt wat Jesus probeer maak. ‘n Gelykenis kan meer as een punt maak. Iemand het een maal gesê dat daar vir elke karakter in ‘n gelykenis ‘n waarheid is wat oorgedra word. Die vraag is: Wat is die belangrikste waarheid wat hierdie gelykenis wil oordra?

5. Ken die antwoorde op ‘n paar vrae. As jy die volgende vrae kan antwoord wanneer jy ‘n gelykenis lees, sal dit jou help om die gelykenis te verstaan: Wat sê hierdie gelykenis oor hoe God besig is om sy koninkryk te vestig? Wat sê die gelykenis oor wie in die koninkryk sal wees? Wat sê die gelykenis oor hoe hulle daar gaan kom? Hoe gaan die wat daar is op wat oppad soontoe is lyk?

6. Ken die toepassing. Hoe kan ons die waarheid van hierdie gelykenis prakties uitleef? As ons nie die Bybel lees met die oog op toepassing in ons eie lewens nie, val die saad op droë grond.

Ons gaan probeer om aan soveel van hierdie vrae as moontlik aandag te gee terwyl ons die gelykenisse lees.

4 thoughts on “HOEKOM GELYKENISSE IN DIE BYBEL

Add yours

  1. Attie

    Was Lukas 16:19 – 31 ‘n gelykenis?. In hierdie ‘gelykenis’ gee Jesus vir die arm karakter ‘n naam. Hy beskryf die arm man soos volg ” En daar was ‘n arm man met die naam Lasarus ….”.

    Net gewonder!.

  2. Goeie vraag, maar almal hanteer hom wel as ‘n gelykenis selfs al het Jesus vir Lasarus ‘n naam gegee. Ek het nie nou gaan seker maak nie, maar ek het ‘n vermoede die naam Lasarus het ‘n bepaalde betekenis.

  3. Ek het ‘n familielid in jou gemeente. Sal liewer nie sê wie nie, maar ek dink sy is gelukkig om ‘n dominee soos jy te mag hê.

  4. Net ‘n gedagte of wat oor Lasarus. Lasarus, die Griekse vorm van Eleàsar, wat beteken “God het gehelp”.
    ‘n Mens mag ryk wees met geld en bates of met kennis, tog kan mens nog van God afhanklik wees, soos ‘n Lasarus.
    ‘n Mens, omdat mens self onderhoudend is, weens rykdom met aardse besittings, kennis ingesluit, kan mens soos die ryk man wees in die vergelykenis omdat mens nie afhanklik van God wil wees nie.
    ‘n mens wat arm is, wat aardse besittings, kennis ingesluit, betref, kan weer ryk wees, met verwaandheid en eiesinnigheid en dus onafhanklik van God wees, soos die ryk man in die gelykenis.
    Daar is baie ingesluit in die vergelykenis wat mens soms nie eers na kyk nie, soos:
    Wat sou die honde voorstel, wat Lasarus se wonde lek?
    of
    Hoe is dit, dat Moses en die Profete, nog by die agterblewendes kan wees?
    Ek dink so ‘n vergelykenis, is baie dieper as wat meeste mense dink.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: