Ek het persoonlike onderhoude gevoer met 89 kinders in my belydenisklas. Ek is dalk subjektief betrokke by die kinders omdat ek nou al ‘n hele rukkie met hulle aankom, maar ek het ‘n draad opgetel in my gesprekke met hulle. Ek het opgetel dat die meerderheid van hulle in hulle diepste wese graag ‘n goeie verhouding met God wil hê. Hulle weet ook dat die Bybel ‘n baie belangrike rol speel in hulle verhouding met die Here. Hulle probleem is: Wat lees ‘n mens? Die meeste van hulle lees maar daar waar die Bybel oopgaan of een of ander stukkie wat hulle aandag trek.
Ons maak toe ‘n plan. Ons gaan almal saam elke dag dieselfde stukkie lees. Om te begin, gaan ons die gelykenisse lees. Baie van die gelykenisse is in Matteus, Markus en Lukas. Ek gaan dan elke dag ‘n kort stukkie oor elke een van die gelykenisse hier op die “blog” skryf en dalk ‘n paar vragies vra wat die ouens wat lees kan help nadink oor die gedeelte.
Ons begin 1 November. Op 1 November lees ons almal die gelykenis van die sout van die aarde en die lig van die wêreld. (Matteus 5:13-16; Markus 4:21-22; Lukas 8:16-17) Vra gerus as jy wil hê ek moet November maand se progam vir jou aanstuur. Kom kuier en gesels saam hier by my koffietafel.
Die gelykenisse is stories wat Jesus vertel het om vir die mense wat luister sekere waarhede te leer.
Attie stuur dit asb vir my
Dankie
Ds Attie ek dink dis ‘n wonderlike idee vir die kinders. Dis amper dieselfde wat ons in BSF doen en dit werk baie goed. Ons lees ook almal dieselfde stuk en elke dag is daar vrae. Ons is met Matteus besig. Ek dink die kinders gaan baie leer deur hierdie goeie idee van jou. Die vrae is wat dit nog lekkerder maak want dan moet hulle daaroor dink en die antwoord van sekere vra moet opgesoek word in die stuk wat hulle lees. Ek hoop hulle kry soveel daaruit as wat ek by BSF kry. Dit het my lewe verander. Ek het net soos hulle altyd gewonder waar begin mens, en helfte van die tyd verstaan jy nie wat aangaan nie. Veral in die ou Testament, maar deur vrae te vra wat hulle laat dink en soek is die sleutel. Ek dink ook dit help om te bid voor jy begin lees, ek vra vir God om my te help verstaan en dit vir my duidelik te maak.
Ja, asseblief, vir die lysie, Attie. Dit sal sommer meer betekenis aan my bybellees gee as ek weet ek doen dit saam met ander. Soms raak mens ook maar verveeld met wat jy lees of waar om te lees.
Ek het op ‘n stadium begin om die Bybel reg van voor te lees, maar dit gaan maar stadig.
Ds Attie ek wil graag saam lees, kan jy vir my ook daardie lysie stuur, dankie!
Attie,
Ek wil ook graag saam lees.
Attie, kan jy asb vir my ook die lysie stuur? Ek sien ek is net betyds terug om saam te begin lees.
Attie,
Stuur vir my ook aan asb. Ons jongste le ook belydenis af oor 2weke
(Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk) Ek sal sef ook die program wil volg