JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA

Biskop John Spong is ‘n afgetrede biskop van die Anglikaanse Amerikaanse kerk. Hy besoek Suid Afrika op uitnodiging van die Nuwe Hervormings Netwerk. Een van die belangrike rolspelers in die Nuwe Hervormings Netwerk is Sakkie Spannenberg, wat bekend is by Christene in Suid Afrika oor die manier waarop die gesag van die Bybel as die Woord van God afgebreek en tot niks gemaak word. 

Biskop John Spong speel voort op hierdie snaar, maar hy is net baie meer onsensitief en neerhalend teenoor Christene.

Wikipedia beskryf John Spong onder andere so: “He also calls for a fundamental rethinking of Christian belief, away from theism and from the afterlife as reward or punishment for human behavior.” Baie teoloë is uiters krities teenoor John Spong insluitend een van sy kollegas Rowan Williams.

Spong voel baie sterk daaroor dat die Bybel niks anders is as mense se godsdienstige ervarings waaroor hulle geskryf het nie. Daar is by hom nie die geringste moontlikheid dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is waarin Hy Homself aan ons bekend maak en waarin Hy ons onsself beter laat verstaan en die heerlike verlossingsplan aankondig nie. Die Bybel is woord oor godsdiens-ervarings en nie die Woord van God nie.

Spong ontken basies alles wat die Christelike kerk oor die laaste 2000 oor Jesus geglo het. Die maagdelike geboorte, die feit dat Hy die Seun van God is, die versoenende sterwe aan die kruis, die opstanding van Christus, die hemelvaart en die wederkoms. So sê Spong dit in een van sy boeke: “”All of them are Christ and none of them is Christ.”

Een probleem wat ons het met Spong se benadering is dat dit wat in die Bybel staan die enigste rekord is wat ons het oor Jesus Christus. Die Bybelskrywers was dus nader in ruimte en tyd as John Spong en het darem sonder twyfel die toets van die tyd deurstaan met betrekking tot geloofwaardigheid.

Daarmee saam verkondig Spong universalisme wat daarop neerkom dat elle mense gered gaan word ongeag jou geloof. (Terloops dieselfde geluide wat Desmond Tutu onlangs gemaak het.) Al wat ‘n mens moet doen is om ‘n moreel goeie lewe te lei en jy sal verlos word. Spong antwoord nie die vraag wanneer mens dan genoeg morele dinge reg gedoen het en wanneer mens dalk net te min gedoen het nie.

Een vraag vra mens maar altyd vir Spong en sy gespreksgenote: Hoe weet julle wat julle weet? Elke mens het dan mos maar sy eie God. Wie mag dan die radikale Moslems veroordeel as hulle glo hulle tree op in gehoorsaamheid aan Alla wanneer hulle duisende mense doodmaak. Dan is die Sataniste ook mos maar reg wat ‘n meisie doelbewus swanger maak sodat hulle die fetus aan Satan kan offer.

Ek sal eindig met ‘n aanhling van Don Closson oor Spong: “What strikes me most about Bishop Spong is his arrogance. He belittles those who disagree with him and questions their sincerity, attributing orthodox views of morality to “irrational religious anger.”Unfortunately, Bishop Spong’s rational Christianity would leave us with no Christianity at all.”

8 thoughts on “JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA

Add yours

  1. As ‘n mens die voorreg gehad het om verlede Saterdag te sien hoe ‘n Koreaanse gemeente ‘n splinternuwe Kerkgebou aan ‘n swart gemeente in Rustenburg geskenk het – en jy sien hoe God mense bymekaar bring van alle nasies ten spyte van ons ongeloof dan weet jy dit is tyd dat “Spong” en “SPONGenberg” ‘n “sprong” maak in die regte rigting.

    Hennie.

  2. Hy is net nog n ongelowige en ek het geen probleem daarmee nie, My probleem begin waneer hy my God belaster, beledig en my nie respekteer vir dit wat vir my belangrik en heilig is nie. Ek verstaan al hoe meer hoekom die moslems so oor reageer wanneer Alha beledig word.

  3. Ek wil ook graag sien dat daar vryheid van spraak is. Ek dink net mens moet Spong en Spannenberg verstaan as mense wat hulle rug op die tradisioneel (Bybelse) Christenskap gedraai het. Dankie dat ek gewaarsku kan word.

  4. Attie, miskien het jy vir my ‘n antwoord, want ek loop al lankal met hierdie vraag in my binneste: Hoekom, as ‘n persoon Christenskap afsweer, bly die persoon so besig daarmee om Christenskap af te breek? Ek bedoel, hulle verwys ook selfs soms na hulself as Christene. Is dit nie ‘n bietjie kinderagtig nie? Soos as jy ‘n verhouding met iemand beeindig…gaan jy dan nog voort om die persoon af te kraak en te beledig? Dis mos swak styl? As ek besluit Christenskap is nie vir my nie, dan se ek so, verskaf die redes en loop weg. Hoekom moet ek dan die heeltyd agtertoe kyk en nog steeds besig bly om Christenskap af te breek? As ‘n persoon wil glo dat alle gelowe redding en heil bied, is dit sy/haar goeie reg. Wat baat dit hom/haar dan om dan steeds die een geloof wat dan na heil lei (Christenskap) te kritiseer? As Christenskap dan (soos alle ander gelowe) na heil lei, wat’s dan verkeerd met Christenskap?

    En om na die ander gelowe te verwys, wonder ek soms hoeveel Moslems (byvoorbeeld) ‘n “nuwe” (sic) “Hervorming” van Islam verkondig? Daar is seker…En ek vra dieselfde vraag oor Hindus, Judaiste en Buddhiste. Ek hoop ek druk myself nou mooi uit. Maar ek verstaan net nie die obsessie met ‘n geloof nadat jy dit afgesweer het nie???? Can these people not move on?

  5. Boer: Ek wens ek kon vir jou ‘n sinvolle antwoord gee. Ek dink egter dit het juis te make met die liefde van God. In sy groot liefde skryf God nie hierdie mense af soos hulle Hom afgeskryf het nie. Hy bly besig met hulle. terwyl God met hulle besig bly, werk hulle al hoe harder daaraan om hulle keuse van ongeloof te regverdig, en dit is dan die uiteinde.

    Ek dink ook dit het daarmee te make dat hierdie mense ook maar hulle eie “dissipels” rondom hulle wil vergader sodat hulle kan sê: Kyk hoeveel mense volg my. (Ek wonder soms of die meeste van hierdie ouens nie aan een of ander messias kompleks ly nie.)

    In die res van die wêreld is hierdie ouens nie meer groot nie. Laas toe hulle al die noemenswaardige Nuwe Hervormers van oor die hele wêreld wou saamtrek, kon hulle nie eers 70 kry nie.

    Ten spyte van dit alles, doen hulle baie skade en die media gee graag aan hierdie dinge dekking.

  6. Die anti-Chris is daarop ingestel om verwarring te saai.Ons moet sorg dat die kinders van die Here die regte ammunisie het om die aanslae te weerstaan.

  7. Die gevaar lê daarin dat geleerde en prominente mense hierdie dwaalleer verkonding en duidelik aankondig dat hulle Christene was en toe “verder” geleer het.
    Hierdie tipe snert val nie vir my onder die “freedom of speech” vaandel nie, ons moet geen toleransie betoon vir die “scoffers” nie. Ek stem vir Alec se party- as hierdie mense na ons geweste toe kom moet ons ‘n GROOT toy-toy reël en hulle uit ons dorpie verdryf met Bybelverse en gesang met die boodskap: God is nog in “charge” hier…
    Ek besoek baie websites deesdae en al is hierdie beweging klaarblyklik klein is hulle deel van ‘n “New Age” beweging wat baie groot is en arrogant en agressief is teenoor die kinders van die Here. Attie, dit sal leersaam wees om gereeld hierdie tipe dwaalleerrigtings op jou blog te bespreek en bloot te lê.

  8. SUID-AFRIKA, EK BENODIG JULLE GEBEDE! As penniefluitjie instruktriese het die Staat befondsing toegestaan vir ‘n penniefluitprojek wat aangebied was vir groepe anders kleuriges in KANNALAND. Ek het ‘n sterk begeerte om ook vir minderbe-voorregte blankes hierdie program aan te bied. Tydens kursusse bemoedig en motiveer, ek; bou ek aan hul selfbeeld en hef hulle op, ens. Baie blanke afrikaners het hierdie bemoediging in vandag se tyd ook baie nodig! As jy ‘n christen is, BID asb. vir die penniefluitjieprojek dat ek fondse in die hande kry om onder die blanke Afrikaners in te beweeg met die penniefluitjie uitreik! Ek het hele ‘n lys van dorpe wat belangstel, maar niemand kry fondse in die hande nie. Ek werk met groepe mense en leer hulle om “saam musiek te maak!” Die eerste groot projek was ‘n reuse sukses, en ek wil voortgaan met die suksesvolle penniefluit-program in Suid-Afrika!!
    Ek het chirstene se gebede baie nodig!!!
    My website: http://www.penniefluitjie.co.za

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: