Ek kry hierdie vraag: Ons gemeente kom deur ‘n moeilike tyd. Hier is ‘n paar van ons wat voel dat ons die regte dinge doen, maar die opgewondenheid en passie en entoesiasme waarvoor ons as gemeente redelik onlangs nog bekend was, is skielik net weg. Kerk het werk geword. Liefde vir mekaar moes plek maak vir wedersydse ordentlikheid. Is daar iets wat ons kan doen?
Ek het bietjie gaan rondkyk by wat ander ouens in soortgelyke situasies sê. Onder andere het ek bietjie kers opgesteek by Scott McKnight; Internet Monk; John Piper: NT Wright.
Laat ek net heel eerste sê: Ek sien myself nie as iemand wat regtig in staat is om sukkelende gemeentes te help nie. Ek het egter gaan dink oor die vraag. Wat sou ek gedoen het as ek in daardie gemeente predikant was? Wat sou ek voorgestel het as ek geweet het die gemeente gaan my aanbeveling aanvaar? My antwoord sou naastenby so iets gewees het:
Ek sou begin het deur die evangelie van ons eindelose God te verkondig. Eindeloos in liefde, genade en vergifnis. Met ander woorde, ek sou nie op die simptoom (afwesigheid van passie en liefde) gefokus het nie. Afwesigheid van liefde is eintlik die simptoom van afwesigheid van geloof. Mense se Godsbegrip sneuwel voor hulle passie sneuwel. Mense se Godsbegrip sneuwel wanneer hulle die vermoë verloor het om God lief te hê vir wie en wat Hy is. God is waarheid. Wanneer die waarheid oor wie God is, nie meer verkondig word nie, dan gebeur die onvermydelike “people fall out of love with God.”
Begin onder en vier fees oor die heerlikheid en wonderlikheid van God. Maar moenie die feesvieringe te ver wegneem van die kruis af nie, want hierdie mense gaan vergifnis nodig hê. Hulle gaan hulleself en mekaar wil vergewe wanneer hulle weer verstom staan voor die grootheid en majesteit van God. “When people fall in love with God, they also fall in love with the people of God.”
As die gemeente daarin slaag om hulle te verlustig in wie en wat God is, help hulle om hulle in die waarheid van die kruis te verlustig. Hierdie verlustig in die kruis, sal egter ook moet kom by die punt waar mens kniel voor die algenoegsaamheid van die kruis. Algenoegsaam beteken maar net dat ons niks meer nodig het as dit wat Christus Jesus aan die kruis vir ons verdien het nie. Mens moet tevrede wegdraai van die kruis af, tevrede dat alles gedoen is wat moontlik gedoen kon word. “When people fall in love God, they experience the wonderful peace of God.”
Waar mense hulle deurlopend verlustig in die algenoegsaamheid van God en die algenoegsaamheid van die kruis is die volgende fees wat gevier word die fees van die vrug wat groei vanuit ‘n gelukkige gemeente. “When people fall in love God, they celebrate their hapiness and joy as the gathered people of God.”
Die rede waarom mense sukkel om mekaar lief te hê, is omdat hulle daarvan oortuig geraak het dat tevredenheid net kan gebeur indien hulle:
- die laaste woord in elke argument het;
- effektief kon wraak neem vir die kere wat hulle nie die laaste woord kon hê nie;
- nie nodig het om buite hulle gemaksone te beweeg nie. Solank as wat ek binne my gemaksone bly, het ek nie nodig om vir ander iets moois of iets goeds te beteken nie.
Al hierdie “tevredenheid” is egter die vernietigende leuen van die sonde. Die leuen is: Tevredenheid en geluk kan gevind word in liefdelose optrede eerder as om die God van genade en die kruis van Christus die middelpunt van ons lewens te laat wees.
Die leuen van die sonde is:
- Allesoorheersende liefde vir Christus en tevredenheid by Christus, kan nie uit my lewe oorloop na die lewe van ander nie.
- Dit is moontlik om ‘n lewe van tevredenheid en geluk te leef sonder, om self ‘n kruis op te neem en Jesus te volg.
Alles begin by die basiese vraag: Wat maak mense regtig gelukkig? Die antwoord is wanneer hulle tot vrede en rus kom in God.
Dalk het jy nog raad in antwoord op die vraag: Hoe bring ons die passie terug na ons gemeente toe?
Ek wonder ook baie oor die vraag, hoekom groei party gemeentes en ander kwyn maar ek het nog nie n antwoord nie. Ek lees dat die man wat die EE3 bekend gestel het oorlede is en dat sy klein gemeente gegroei het tot 10,000 lidmate. Ek dink dis soos enige suksesvolle onderneming (ons motief verskil net, van geld na gemeenskap van gelowiges) en daarom kan ons baie leer by ander suksesvolles. Ek dink ook die bestuur speel n belangrike rol.
Ek dink ‘n gemeente met passie word geken in of hy Sondag oggend die deure oopsluit, mense met ‘n glimlag groet (elke keer is dit die selfde ou wat jou by die deur ontmoet), na ‘n preek of twee luister, self besluit of ek daarvan hou en of dit op my van toepassing is en dan die aand weer die kerk so vinnig as moontlik toesluit tot volgende Sondag.
Feit is dat ons moet gemeente wees en groei reg deur die week, Sondae bymekaar om as gelowiges en ‘n fees hê saam God en LUISTER ook dit wat Hy vir ons wil sê deur die ds. deur die Woord. Dan kan ons ook die week in gaan as Sy kerk en dit gaan lewe. Betrokkenheid deur almal in die gemeente is ook belangrik
Alec: Ek dink bestuur is belangrik vir die sukses van ‘n gemeente. Die vraag waarmee ek nou al heeldag wonder is: Watter rol speel “Op God gefokus” en goeie verhoudinge dan saam met s♪6 nou maar iets soos goeie bestuur?
HeLo: Passie kan nie net Sondag brand gemaak geword nie. Dit is ‘n vuur wat aan die brand gehou moet word. Ek wonder, ek aanvaar jy is self betrokke by jou gemeente, wat het gemaak dat jy betrokke geraak het en dit nie beperk het tot iets wat op Sondag gebeur nie?
Ek het gou-gou kom inloer, interesante program geluister deur Niekie op RSG oor aanpassing by nuwe plekke. Daar is ook genoem dat om in te pas en aanvaar te word begin by jou. Ek was lank net lidmaat(toeskouer) totdat ek besluit het om deel te word. As toeskouer het ek geen sê oor die spel nie maak nie saak hoe hard ek skree nie. Word deel en neem deel en geniet die FEES van gemeente wees. Moet ook sê dat jy wil deel wees as die Heilige Gees jou oortuig dat kerkwees nie net Sondag is nie. Liefde teenoor almal (naaste) is ook kerk wees.
Ek was ook my hele lewe lank ‘n toeskouer in die kerk, todat die Heilige Gees ‘n vlam in my aangesteek het en ek ‘n nie anders kon as om betrokke te raak nie. Ek voel die rol van die predikante is kardinaal om die evangelie met ‘n passie uit te dra wat dit vir die gemiddelde lid verstaanbaar maak. Mense soek nie meer lang ingewikkelde preke nie! Baie lidmate glo ek wil betrokke raak maar het soms nie die moed van hul oortuiging nie en dus is dit nodig vir iemand om hul persoonlik uit te nooi. Die sukkelde gemeente moet dalk ‘n waarnemer stuur na Bergsig Gemeente vir ‘n rukkie!