CHRISTENE SE nie-CHRISTELIKE LEEFSTYL

George Barna het onlangs bevind dat vandag se Christen tieners baie graag wil gesels oor wat reg en wat verkeerd is. met ander woorde die “Wat is sonde?” debat is skielik vir die tieners regtig belangrik. Ek hoop van harte dit is omdat hulle bietjie van ‘n omkeer wil bewerk in die morele leefstyl. Almal van ons is tog op ‘n manier bekommerd oor die morele agteruitgang. Die probleem is egter wanneer dit begin lyk asof Christene deel is van die morele agteruitgang.

Scott McKnight bespreek op sy blog ‘n boek unChristian van Kinnaman en Lyons. Onder ander doen die twee here ‘n bietjie navorsing oor die kwessie van skynheiligheid. Die vraag waaroor dit op die ou end gaan is: Behoort ons bekommerd te wees oor die feit dat daar op die oog af geen verskil is in die leefstyl van mense wat sê dat hulle weergebore Christene is, en die leefstyl van nie-Christene.

Scott McKnight maak die volgende opmerkings:

1. Kinnaman en Lyons definieer nie skynheiligheid baie mooi nie, maar sê dit is ‘n algemene term wat deur baie mense vir Christene gebruik word. Daar is spesifiek twee generasies – Mosaik (42+) en Busters (24-42) – wat nie so erg gepla word deur skynheiligheid nie. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat skeptisisme en sinisme tot gevolg gehad het dat die meeste mense gevoel het dat daar nie op mense staat gemaak kan word nie.

2. Daar is weinig verskil tussen weergebore Christene en ander mense. Volgens hulle navorsing sê 84% buitestaanders dat hulle weergebore Christene ken, maar net 15% van daardie mens dink die weergebore Christene se leefstyl is anders as hulle eie leefstyl.

3. Die probleem is: Deel van die boodskap wat Christene oordra is dat daar ‘n morele verskil is tussen hulle leefstyl en iemand wat nie weergebore is nie. (Leefstyl – om goed te doen; om goed te wees; om die regte ding te doen; nie sonde te doen nie.) Hierdie is die woorde wat weergebore mens gebruik om te sê wat regtig uniek is van die leefstyl van Christene 

4. Hierdie feite het tot gevolg dat mens in die versoeking is om vals te wees en voor te gee. M.a.w. hulle ontken teenoor ander (en waarskynlik teenoor hulleself) dat hulle nie hierdie Christen-leefstyl leef nie.

5. Bitter min buitestaanders sê dat die rede waarom hulle nie Christene wil wees nie, is omdat die morele standaarde so hoog is.

Die volgende was nogal ‘n verrasing.

6. Weergebore Christen Busters (Nou 24-42 jaar oud) is moreel gesproke dramaties meer “los” as ouer weergebore Christene (42+). Bv., 59% vs. 33% aanvaar saamwoon voor of sonder die huwelik; 58% vs. 38% het geen probleem met dobbel nie; 44% vs. 23% het geen probleem met seks buite die huwelik nie. 35% vs. 13% het nie ‘n probleem met dronk word nie; 28% vs. 13% het geen probleem met selfde geslag huwelikke nie. Jong mense is besig om morele standaarde te herskryf!

7. Die wyse waarop Busters lewe het tot gevolg dat die “klag” al hoe duideliker klink dat Christene eintlik soos nie-Christene leef.

8. Deursigtigheid is ‘n belangrike eienskap vir weergebore Christene. Openbare verskonings ens. deur Christene is tekens van verandering en egtheid vir buitestanders.

Ek werk tans met tieners en daar is ‘n groot groep tieners wat regtig êrnstig is oor hulle verhoduing met die Here. My bekommernis het egter te make met die feit dat hulle baie graag wil weet wat reg en wat verkeerd is, maar nie noodwendig om daarvolgens te lewe nie.

Ek wonder wat is jou waarneming.

11 thoughts on “CHRISTENE SE nie-CHRISTELIKE LEEFSTYL

Add yours

  1. Ek wil vanmore n ander kant stel. Morele waardes verskil van tyd tot tyd en van plek tot plek en ons kan nie noodwendig ons geloof daaraan Koppel nie want dan verf ons onsself later in n hoek vas. Ek het in Zambie gewoon tussen die plaaslike inheemse mense en hulle morele gewoontes en gebruike goed leer ken. Elke groep het sy eie stel “customs” en hulle leef streng daarvolgens. Party van die goed wat hulle doen is vir ons moreel totaal onaanvaarbaar en ons sal dink dis erge sonde maar hulle is baie trots op hulle “customs” en op hulle christenskap. Selfs van die morele goed in die bybel is vandag vir ons totaal onaanvaarbaar want ons leef in n ander tyd en plek.

  2. Attie, dis interessant. Ek het net nog altyd ‘n broertjie dood aan die toutologie “wedergebore Christen”. Ek weet dis om ‘n onderskeid te tref tussen mense wat slegs hulself Christen noem (maar nie is nie) en die wat werklik in geloof Christene is. Vir my, egter, is mens ‘n Christen of nie. Punt. Christenskap omvat ‘n hele paar bergrippe, waaronder wedergebore. My probleem met die “wedergebore” semantiek is dat mense dit gebruik om hulle in ‘n “verhewe” klas van Christenskap te plaas. As jy ‘n Christen is, is jy ‘n Christen en basta!

  3. Nie eens geweet ek is ‘n Buster nie ! In ‘n geselskap tussen vreemdes is dit gewoonlik moeilik om te onderskei sonder dat iemand iets sê oor Christenskap. Maar as dit genoem word is almal Christene. Volgens Romeine 2:15 die nie-Jood ook aangekla deur hulle gedagtes en gewete ). Dit sê dat die Christen en nie-Christen so aangekla word, hoekom dan so moeilik om die Christen te onderskei? Tog leer die wêreld ons baie.
    “Niemand kan jou leer om ‘n Christen te wees nie; dis indiensopleiding van die hoogste gehalte!!”

  4. Ek stem saam dat die benaming probleme skep en dat dit eintlik nie nodig behoort te wees nie. EK het egter gereken die punt wat gemaak word is dat daar eintlik geen verskil is tussen die mense wat sê dat hulle Christene en die wat uitegsproke nie-Christene is. My vraag is: Mag die Here van ons verwag om (moreel ook) nuut en anders te leef?

  5. Attie ek stem met jou saam. Ek dink die verskil van iemand wat die Here gevind het is, hy lewe nie net meer vir homself nie maar leer om te gee omdat die Here vir hom gegee het (liefde ens)

  6. Etienne: Ek dink ook ons is bedoel om uit te staan. Vraag: Hoe staan ‘n mens uit sonder om wetties te raak?
    Alec: Dalk spreek jou opmerking al my vraag aan. Christenskap het primêr te make met ‘n nuwe verhouding. God word my Vader en ek word sy kind. Vanuit daardie verhouding wil ek Hom tevrede stel. Hoe kultuurgebonde is ons gehoorsaamheid? met ander woorde: Iets is dalk in die een kultuur nie so erg “sonde” nie, maar in ‘n ander “kultuur” mag dit net eenvoudig nie. Watter rol speel kultuur in hierdie opsig?

  7. Ds. Ek dink Alec het dit reeds genoem. Al wat God van ons vra is om Hom lief te hê en ons naaste soos onself. Deur dít te LEEF noem ek myself ‘n Christen. Ongelukkig word die gebod ook deur miljoene ander gebruik om te kwalifiseer as Christene maar ons kan mekaar nie eens verdra by die stop straat nie. Ek sê nie dat ek dit 100% reg kry nie ek dink net dat jy moet ten minste probeer om Christenskap te lewe. My verhouding met God kom na vore met deur my verhouding met my medemens, of dit met my vrou is, by die stop straat is met ‘n vreemdeling wat nie stop nie en voor my indraai, die Hindoe wat saam my werk en ook verdraagsamheid teenoor die mede Christen wat voor my indruk by ‘n kos tafeltjie. Ek het ook kos gekry (LOL)

  8. Wil net sê ek stem ook saam met Boer in Ballingskap. Christene is Christene hulle hoef nie verder gedefinieer of verduidelik te word nie. Maar, die lewe van gehoorsaamheid wat my anders laat lewe as die nie-Christen – dit bly vir my ‘n probleem. Ek sien dit nie baie nie, en ek leef dit self nie baie nie.

  9. Wat laat ‘n Christen uitstaan? Galasiers se dit die beste:

    liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing

    Dus kan ‘n mens uitstaan sonder om enigsins wetties te wees. Dit gaan nie oor wat jy doen of nie doen nie, maar oor jou daaglikse lewenswandel en hoe jy met andere in interaksie verkeer. So lewe mens die Christus-lewe, glo ek.

  10. Boer ek stem heel hartig saam met jou. Wees soos n kind in die uitleef van jou christenskap…nederig …..opreg …..VOL LIEFDE
    Ek glo hoe meer nederig jy bly en jou geloof laat groei wil jy meer uitstaan.
    Wat kultuur betref maak dit, dit n bietjie van n tamelletjie…
    dan kom ons net weer terug na ons riglyn…die bybel
    Ek dink ons moet als in die lewe baie meer eenvoudig maak ALmal wil beter wees en hoer en verder…dit is vandag se tendens van die lewe, maar Jesus het als mooi eenvoudig vir ons uiteengesit…begin oefen in jou familie…ek se nie ek doen als reg nie dit is glad nie altyd maklik nie, maaar as ons klein begin leef soos Jesus wil, raak dit al hoe maliker met elke treetjie
    Ek dink die Here verwag van ons om anders te lewe..Hoe anders gaan ons Sy naam wyd en syd verkondig?
    Tieners moet ons nie ligtelik opneem nie, hul het hul punt wat waar is, maar ek glo ons moet hul ook die ruglyn leer en leef dat hul ook kan besef wat reg en verkeerd is MOET ook geleef word want God verwag dit van ons.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: