RESEP: WANDEL MET GOD

Rustenburg Hoërskool samel fondse in vir ‘n oorsese toer in 2008. Een van hulle pogings is ‘n resepteboek. Een van die ouers vra toe vir my om een of ander geestelike “resep” te skryf wat hulle in die resepteboek kan plaas. Ek skryf toe ‘n “resep” vir WANDEL MET GOD.

Hier is hy:

WANDEL MET GOD 

Bestanddele.1 hart hoogvol met liefde vir God. 1 hart hoogvol naasteliefde1 lewe onder die heerskappy van die Heilige Gees1 passie gefokus op die eer van God1 verstand wat kennis van die Woord van God indrink. 2 gewillige voete2 biddende en werkende hande.  

Metode.

Neem die hart hoogvol met liefde vir God en meng dit daagliks vir 30 minute met 1 verstand wat kennis van die Woord van God indrink en 2 biddende hande soekend na die wil van God. Neem dan die 1 hart hoogvol naasteliefde en voeg dit by hierdie mengsel wanneer die 1 lewe onder die heerskappy van die Heilige Gees die lewensdag begin. Laat toe dat die 1 lewe onder die heerskappy van die Heilige Gees die mengsel deurdrenk met 1 passie gefokus op die eer van God. Voeg dit alles by die 2 gewillige voete en 2 werkende hande wat dan elke oomblik van elke dag met God kan wandel en vir God kan werk.

 Bedien in porsies van een tree op ‘n slag.  

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “RESEP: WANDEL MET GOD

  1. Etienne

    Ds. dit is ‘n baie moeilike resep en het baie gesoek na van die bestandele, ok maar dom want alles wat nodig is was voor my oë met verwysings in ‘n ander Resepte Boek. Dit wat toe reeds aangemaak is, het ek geproe en moet “waarsku” dat dit hoogs verslawend is. Wil net elke dag meer en meer hê. Sal ons ooit die resep perfek kan aanmaak?

  2. kaalvoetkind

    Dis goed geskryf en dit klink vir my na ‘n wenresep!! Ek sal nog eendag op my blog vertel van my verbintenis met Rustenburg maar meer spesifiek die Pilanesberge.

  3. Sielekind

    STUNNING!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s