DIE ORDE VAN MARIA THERESA

Ek wonder wie van julle het al gehoor van die orde van Maria Theresa. Maria Theresa was die koningin van Oostenryk in die agtiende eeu. Sy het na elke oorlog die Orde van Maria Theresa toegeken. ‘n Medalje vir die offisier wat ‘n oorlog wen omdat hy ‘n opdrag nie gehoorsaam het nie.

Ek kry soms die gedagte dat ons as Christene vir die orde van Maria Theresa mik.

 Hoe lank sal God my toelaat om nie te gehoorsaam nie?

Wat kan ek alles doen sonder om my saligheid te verloor?

Hoe lank is dit voor God se genade nie meer genoeg is nie?

Dit lyk soms asof ons God se genade en geduld tot op die uiterste toets.

Ek wonder soms of ons Hom verkeerd wil bewys.

Wat doen gehoorsaamheid aan God?

Gehoorsaamheid laat God glimlag.

Gehoorsaamheid is die beste manier om God te eer.

Gehoorsaamheid wys vir God dat jy Hom liefhet.

Gehoorsaamheid is ‘n lewe van aanbidding.

Gehoorsaamheid het geen plaasvervanger nie.

Gehoorsaamheid is die heel beste manier om vir God te sê: “Here, ek het U lief!”

Gehoorsaamheid is die beste manier om in die teenwoordigheid van God te leef.

Gehoorsaamheid is om God se wil te doen.

Ek gaan aanhou probeer en harder probeer om meer en meer in die teenwoordigheid van God te leef deur uit eerbied en liefde vir Hom ‘n lewe van gehoorsame aanbidding of aanbiddende gehoorsaamheid te leef. Ek gaan soek na maniere waarop my lewe kan uitskree: “Ek het God lief!”

Ek wonder of jy kans sien om ook op hierdie pad saam met my te stap?

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

4 responses to “DIE ORDE VAN MARIA THERESA

  1. Ek stap saam met jou Ds Attie!!!

  2. kaalvoetkind

    Ek stap ook saam, want daar’s niks anders wat ek graagter sal wil doen as dit nie!

  3. Volharding

    Ek stap beslis graag saam…….. het dit nodig om aan te hou met probeer.

  4. Fanie

    Ek is op hierdie bus. (sorry, staptoer)
    Merkwaardig dat “gehoorsaamheid” ‘n waarde is wat ons leer in die ouerhuis, ondersteun deur die skole en kerke en selfs sportvelde. ‘n Samelewing het reëls nodig en die wat gehoorsaam is sal die reëls volg en orde bevorder. Soms is dit nodig om die mensgemaakte reëls te bevraagteken en selfs te wysig om aan te pas by tye en omstandighede.
    My filosofie aangaande hierdie onderwerp (natuurlik nie noodwendig die opinie van hierdie blog nie): Gehoorsaamheid aan God is egter nie onderhandelbaar nie- dit kan nie aangepas word om by my omstandighede of persoonlike voorkeur te pas nie. Dit is daar gestel vir my eie beswil in die lang termyn en hoe minder energie ek mors om dit te bevraagteken hoe meer het ek oor vir gehoorsaamheid. Ons moet daarteen waak dat ons trots van ons slegte “volgers” maak. Ons is nie skape wat na die slagpale gelei word nie- ons Herder is ‘n liefdevolle, genadige en wyse God wat vir ons die beste wil gee waarheen ons Hom in gehoorsaamheid volg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s