HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (8)

Vanoggend het ons die laaste vier vrae wat ons kan gebruik om te bepaal waar staan ons geestelike lewe. Mens is aanvanklik skrikkerig om die self-evaluasie te doen, maar ek was aangenaam verras met die hoë punte wat die deelnemers met tye vir hulleself gegee het, en die eerlikheid waarmee hulle deelgeneem het.

Vandag se vier vrae is:

 22. Ek doen sonde. (1) Ek bely amper nooit my sonde nie;  (2) Ek bely somtyds my sonde; (3) Ek bely gereeld my sonde maar ek kan nie agterkom dat dit beter gaan deurdat ek die sonde begin “wen” nie; (4) Ek bely my sonde en ek kom agter dat ek groei; (5) Ek kom agter dat ek nou minder sondes bely as vyf jaar gelede.

23. Wanneer iemand my op een of ander manier te na kom, (1) Hoop ek gewoonlik dat hulle self sal swaar kry en vergewe ek so iemand nooit nie vir dit wat hy/sy aan my gedoen het nie;  (2) Somtyds hoop ek dat hulle ook op een of ander manier gaan swaarkry, en ek twyfel of ek hulle ooit sal kan vergewe; (3) Ek worstel met gedagtes waarin ek wonder hoe dit sal wees indien ek sou vergewe; (4) Ek worstel, maar ek is vasberade om te vergewe, en gewoonlik vergewe ek; (5) Ek worstel, ek is vasberade om te vergewe, en ek vergewe dan wel wanneer ek die geleentheid kry.

24. Ek is toegewy aan die koninkryk van God in Christus Jesus. (1) Maar ek het nog nooit iemand sover probeer kry om Christus Jesus as Verlosser te aanvaar nie; (2) Daar was ‘n stadium toe ek teenoor my vriende en teenoor ander getuig het; (3) Daar is nog geleenthede waar ek my getuienis deel en ek hoop dit het een of ander uitwerking op ander; (4) Ek deel soms die goeie nuus oor Jesus met ander; (5) Ek is dikwels besig met mense in ‘n poging om hulle sover te kry om Christus Jesus se boodskap van die koninkryk te aanvaar.

25. Alles wat ek in die Nuwe Testament lees, leer my dat God in Christus Jesus vir my alles voorsien het wat ek nodig het. (1) Maar ek kom dikwels agter dat ek op myself staamaak. (2) Ek kom te veel kere agter dat ek op myself staatmaak; (3) Ek kom agter dat ek dikwels op God staat maak, maar dat daar ook tye is wat ek op myself staatmaak; (4) Ek raak meer en meer afhanklik van wat God vir my gedoen het in Christus Jesus; (5) Ek is intens bewus daarvan dat ek vir alles van Christus Jesus afhanklik is, en ek is die meeste van die tyd nie eens bewus daarvan dat ek so afhanklik van Hom is nie.

22: Ek doen sonde, maar ek besef vanoggend dat ek nie genoeg tyd maak om stil te raak sodat die Here deur die Heilige Gees my van my sonde bewus kan maak en ek dit kan bely nie. Wanneer ek bewus raak van sonde probeer ek altyd daaraan werk, maar ek is bevrees dat ek die boodskap van God se vergifnis in my eie lewe dalk ‘n bietjie te ver geneem het. Ek gaan van nou af weer daagliks tyd maak om stil te wees sodat die Here deur die Gees my kan wys op sonde wat bely moet word, sodat ek deurlopend kan groei.

23: Ek worstel op hierdie stadium met ‘n onderwyser wat een van my kinders bitter seermaak en te na kom. Ek sukkel om te vergewe, maar ek weet ek sal op een of ander stadium dit wel doen.

24: Wonderlik vir my om te kan sê dat ek deurlopend besig is om ander sover te kry om die goeie nuus van Jesus oor die koninkryk van God te aanvaar.

25: Ek raak elke dag meer en meer afhanklik van dit wat God reeds vir my gedoen het, en van tyd tot tyd kom ek nie eers agter dat ek so in afhanklikheid van Hom lewe nie.

Ek kan met groot eerlikheid sê dat hierdie oefening my gehelp het om ‘n aanduiding te kry waaraan ek in die nabye toekoms in my geestelike lewe aandag wil gee. Ek verwag om geestelik te groei as gevolg van hierdie oefening.

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

2 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (8)

  1. Kandas.

    Ai, ek kom nog so baie kere agter dat ek nog te veel op myself staat maak. Ek weet as ek Hom staatmaak om te doen wat net Hy kan doen, sal ek ook minder teleurgesteld wees. Ek weet ek moet net doen wat ek kan doen en dan Hom vertrou om te doen wat net Hy kan doen. Hieraan moet ek werk.

  2. Se maar net

    Hierdie een is weer een wat ek moet se EINA!!
    22: Sonde…dit laat my weereens dink…..se ek genoeg ekskuus ….ek gaan in hierdie volgende week versker meer tyd maak ver sonde en in stilte hoor
    23 Jip daar kom dit nou sterk deur…. my tone is almal pers in hierdie een soos wat op hulle getrap word….ek raak kwaad maar vergewe gou,….MAAR vergeet??????
    Hier het ek nog baie leiding nodig
    24:Die praat is maklik maar ek is nie goed met hierdie onderwerp Ek glo eerder dat ek so leef dat nader vra wat is anders met haar en dan kan ek praat.
    25: Ek raak elke dag meer en meer afhaklik van God , want ek glo oortuigend dat Hy sal voorsien!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s